Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 85]
[p. 85]

Hoofstuk V.
Josef kom uit die tronk en wort onderkoning van Egypte.

Nadat twee jaar voorbij was soo staat in die Bijbel, gebeur et op een seker nag dat die Koning Faro twee wonderlike droome droom. Hoor nou wat hij gedroom het: Hij droom dat hy by die ravier staan, en dat daar seuwe fraaje vette koeije uit die ravier opkom en begin te wei in die gras. Daarna kom seuwe andere leelike maëre koeije uit die ravier, en loop toe en vreet die vet koeije op. Maar nadat hulle die vet koeije opgevreet het, bly hulle tog maar net soo dun en maër as van te vore. Toe skrik hy wakker. Maar et duur nie lang nie of Faro val weer in die slaap en hy begin weer te droom. Hy droom dat hy een stoel koring sien met seuwe are; die are was vet en goed. Maar toen sien hy weer een ander stoel koring met seuwe roes are, sleg en dun. En toe eet die sleg are die goeje op. Faro was te danig onrustig oër die droome, en hy wens banja graag te weet wat hulle beteeken. Daarom laat hy al die slimste manne van syn land roep om die droome uit te leh, maar geen een van hulle was in staat om dit te doen nie. Toe sal die skinker eers aan Josef dink. Hy seh voor Faro: ‘O koning! van dag dink ek aan myn sonde. Die koning weet nog dat ek en die bakker in die tronk was, toe die koning kwaad voor ons was. Toe ons daar was het ons ook een nag soo snaak's gedroom, en daar was een Hebreese jongkerel wat voor ons onse droome uitgeleh het; en das ook net soo uitgekom as hy geseh het. Ek is weer de koning zyn skenker geword, en die bakker is opgehang.’

Toe Faro dat hoor seh hy dat die kereltje daadlik uit die tronk mot gehaal en by hem gebreng wort. Soo van die plek af wort daar een booskap na die tronk gestuur dat die koning voor Josef laat roep. Og hoe sal Josef syn

[pagina 86]
[p. 86]

hart nie geklop het nie toe hy dit hoor. Daadlik wort syn baard geskeer (want hy was nou nie meer soo klein nie), en kry hy skoone kleere om aan te trek. Eindlik dan het God syn gebed verhoor, want o hoe banja keer het hy tog nie gebid nie om uit die nare plek uit te kom nie. Maar die Heere weet wanneer et zyn tyd is, kinders! soo as julle sal hoor. Hoe vrolik was nie die gezig van huise en boome nie voor die arme Josef, die soo lang opgesluit was binne die hooë mure, toe hy weer in die vrije lug kom. Maar laat ons aangaan. Toe Josef nou by Faro binne gebring wort, seh die koning ver hem: ‘Ek het gehoor dat jy verstand het om droome uit te leh.’ Maar Josef seh toe: ‘Nee, uit mijnself kan ek dit nie, maar myn God in die hemel weet alle dinge en Hy kan voor myn leer wat die droome beteeken.’ Toen vertel die koning sijn twee droome van die koeije en die koring-are aan Josef. En Josef seh: ‘Die koning het wel twee droome gedroom, maar hulle beteekent al twee eenders. God het die koning twee maal laat droom, omdat die droome seker sal uitkom. Die seuwe vette koeije en die seuwe vette koringare beteekent seuwe jare van groot overvloed. Ja die seuwe jare sal daar oeste gemaak wort soo as nog nooit in Egypte gebeur is nie. Daar sal meer koring wees as die mense noodig het. Maar die seuwe maëre koeije en die seuwe sleg are beteeke seuwe jare van groote skaarsheid. Daar sal in die jare geen oes wees nie en as daar nie voor koring gesorg word nie sal die mense van honger mot sterwe. God het voor koning Faro soo laat droom, om voor die koning te laat weet wat sal gebeur. As die koning nou van mijn een goeije raad wil aanneem, dan mot die koning wijs manne aanstel om in die seuwe jare van owervloed, soo veel koring as moëntlik is op te koop en te berge in pakhuise, soo dat die volk van Egypte in die seuwe sleg jare nie van honger sterf.’

 

Faro was banja blij om te hoor wat sijn droome beteeken. Hij gewaar ook dat Josef verstandig is, daarom seh hij: ‘Daar is niemand wat soo bekwaam as jij is nie,

[pagina 87]
[p. 87]

Josef! om die koring in te samel. Daarom is jij van nou onderkoning in Egypte. Geen mens is hooër as jij - net ek maar.’ En hij seh aan sijn volk dat hulle almaal voor Josef mot luister en gehoorzaam wees. Toe gee hij voor Josef een gouë ring aan sijn hand en een gouë ketting om sijn nek en pragtige kleere om te dra en een fraaije koets om in te rij. En as Josef uitgaan mot elkeen voor hem op de knie val. Wat seh mijn kinders nou! Onderkoning van Egypte is een beetje anders as een arme slaaf in die tronk, neh? Is julle nie blij dat onse Josef soo verhoog is nie? Maar, nou wil hij ook nie lui wees nie, ah nee! Hij was regte iewerig. Hij versamel soo banja koring dat hulle naderhand moet ophou om te tel! Want nes Josef geseh het was daar in die seuwe vrugbare jare so banja koring dat die mense daar nie raad mee weet nie. Maar Josef weet goed raad. Oëral deur die land van Egypte laat hij die koring berg, want hij weet wat nog kom.

Faro het ook voor Josef een ander naam gegee Zafnath Paanéah, dat beteeken: ‘verlosser of uitlegger van verborgenheid.’ Maar ons sal maar voor hem Josef blij noem, das makkeliker as die ander naam. En buitendien die naam van Josef het ons ook al soo lief gekrei, nie waar nie kinders? Josef is ook getrout in Egypte, sijn vrou haar naam was Asnath en Josef het twee seuntjes gekrij en die noem hij Manassa en Efraim.

Al was Josef nou soo goed af in Egypte tog denk hij nog banja keer aan sijn famielje wat in Kanaän is, das tog seker. Nou weet hij waarom God hem soo banja het laat uitstaan en waarom hij na Egypte verkoop is. Om te sorg voor koring in die skaarse tijt. Nou was alles voor hem duidelik. En soo sal et met ons ook gaan. Nou loop alles ons partijkeer teun in die wereld, maar God die alleen wijs is, weet die beste wat voor ons goed is. Eén dag sal ons ook te wete kom waarom dat dit zoo was. Ons mot maar op God vertrouw. Dit het Josef gedaan en hij is nie beskaamt uitgekom nie.

[pagina 88]
[p. 88]
 
Wie op die hooë God vertrou
 
Het seker op geen sant gebou.

Die kinders het soo ver geluister en daarom sal hulle ook wel blij wees om te hoor dat Josef tijding van sijn famielje gekrei het. En nou kom die mooiste part van die geskiedenis nog maar eers aan. Daarom moet julle nou goed oplet hor!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken