Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 89]
[p. 89]

Hoofstuk VI.
Josef zijn tien broers kom koring koop in Egypte.

Die tijd gaat altijd vort. Soo ook met die seuwe goeije jare. Toe die voorbij is kom die seuwe sleg jare aan. Daar groei nie koring nie en daar was gevaar dat die mense van Egypte sal honger lij. Almal gaat toe na die koning en seh: ‘Ons het niks meer om te eet nie, gee voor ons brood, anders gaat ons dood.’ Die koning zijn antwoord was: ‘Gaat maar na Josef, hij kan voor julle help.’ Ja en hij kan ook help, want hij het goet gesorg in die tijd van oervloed. Tot van vreemde lande toe kom die mense koring zoek, maar das niks nie, Josef het genog.

Een dag kom daar tien manne aan, ook om koring. Hulle kom met esels, en sakke om die koring in te gooi en dan op die esels te laai - hulle was broers. Wie was hulle tog? Josef sijn eige broers, net maar Benjamin was tuis geblij om Jakob geselskap te hou. Net soo as Josef hulle sien ken hij hulle ook soo maar van die plek af. Maar hulle ken nie meer voor hom nie; hij was banja verandert en dit was ook al soo lang dat hulle hem voor slaaf verkoop het en dan kan hulle ook nie denk dat hij soo'n groot en rijk heer is nie. Had Josef nou lus gehad om voor hulle te straf dan had hij dit nou mooi kan doen. Maar nee, hij wil voor hulle liewer goed doen. Tog denk hij, ek sal voor hulle op die proef stel om te kijk of hulle nog soo sleg is as toe hulle voor mijn verkoop het. Die broers kom toe en buig diep voor Josef neer. Hij het toe seker wel aan sijn droom van die koringgerwe gedink wat voor sijn gerf kom buië. Josef maak nets hij voor hulle nie ken nie en praat regte onvrindlik teun hulle en seh: ‘Wat maak julle hier, waar kom julle van daan?’ Toe seh hulle: ‘Ons kom van Kanaän om koring te koop.’ Josef seh toe: ‘Das nie waar nie, julle is spioene en julle

[pagina 90]
[p. 90]

kom net maar kijk waar die beste plek is, om in die land in te val, om naderhand met ons oorlog te maak.’ ‘Og nee, mijn liewe meneer,’ seh hulle toe, ‘ons is almal broers, ons is eerlike mense, ons kom maar net om brood te koop.’ Toe vertel hulle verder aan Josef, dat hulle eers met hulle twaalf broers was, maar dat een dood is en een bij hulle ou vader geblij het. Toe seh Josef: ‘Nou goed, ek sal sien of dit waar is wat julle voor mijn vertel. Een van julle kan na julle land terug gaan om julle ander broer te haal en die andere gaat soo lang na die tronk tot dat hij kom.’

 

Die broers het regte banja geschrik, toe hulle die woorde hoor. Hulle weet goed, dat Jakob voor Benjamin nooit sal laat saam gaan nie. En toe hulle nou regtig na die tronk gaan toe skrik hulle nog meer. Drie daë laat Josef voor hulle in die tronk sit en toe kom hij zelf bij hulle en seh: ‘Wee julle wat ek sal doen, ek sal voor julle na huis laat gaan, maar een mot hier blij tot dat julle weer kom en julle jongste broer saam bring. Maar as julle hem niet bring nie, dan gloo ek niks van alles wat julle mijn vertel het nie.’ Hulle was toe blij, dat hulle kan gaan, maar, dat was tog banja naar om een agter te laat blij. Toe praat hulle soo onder mekaar en seh: ‘Das God, wat ons nou straf, omdat ons soo onbarmhartig met Josef gehandel het toe ons hem as een slaaf verkoop het.’ Toe seh Ruben: ‘Ek het voor julle geseh, laat Josef staan, maar julle het nie wil hoor nie.’ Toe Josef zijn broers soo hoor praat, kan hij sijn trane nie inhou nie, maar hij gaat op sij om te huil. Hij was blij om te sien, dat sijn broers nou nie meer soo sleg was nie, en dat hulle spijt het van hulle zonde. Zijn broers weet nie dat hij hulle kan verstaan nie, want as hij met hulle praat dan praat hij die Egyptise taal en daar is een tolk om voor hulle weer oer te tolk. Toe hij nou uitgehuil het kom hij weer en laat voor Simeon vasmaak om gevange te blij in Egypte, die ander kan nou maar op reis gaan na Kanaän.

 

Voor hulle weggaan het Josef aan een van zijn knegs geseh, dat hy hulle zakke moet vol maak met koring en

[pagina 91]
[p. 91]

die geld wat hulle gebreng het om koring te koop weer booë in elk een van zijn zak moet sit, en patkos ver hulle moet gee. Maar die broers van Josef weet daar niks van nie. Toe hulle nou langs die pat afsaal en hulle sakke oopmaak toe krij ijdereen sijn geld weer in sijn sak. Hulle was verstom daaroer en met eens bang ook, want hulle dink dat iemand dit miskien met een sleg oogmerk gedaan het, om te laat skijn nes of hulle diewe was, die hulle geld wat hulle voor die koring betaal het, weer gesteel het.

Eindelik kom hulle dan tuis. Og hoe het die ou Jacob al na sijn kinders uitgekijk. Hulle vertel toe voor hem alles wat met hulle gebeur is. ‘In Egypte soo seh hulle, het ons een groote en rijke heer gesien, bij hem mot ijdereen kom wat wil koring koop. Hij het ons regte buffelachtig behandel en wil maar nie geloo nie dat ons eerlike mense is. Hij seh ons is spioene, wat na die beste kans kom kijk om in die land te val om dan naderhand oorlog te maak. Daarom het hij Simeon daar gehou en seh as ons weer wil koring heh, of voor Simeon kom haal, dan mot ons Benjamin saam breng, dan sal hij eers gloo dat ons fatsoenlike mense is.’ Die arme ou Jacob was regte bedroef en verslae toe hij dit hoor. ‘Nee’ seh hij: ‘Josef is dood en Simeon is weg, ek laat soo nooit voor Benjamin gaan nie, want hy sal ook een ongeluk krij. Ek et tog banja swaar in die wereld, alles loop mij teue.’ Sal dit nou goed gewees het van Jakob om soo te kla? Wat denk mijn kinders?

Ek denk nee, want die Heere het al soo banja keer voor Jakob gehelp en sal hem tog wel weer gehelp het. Maar syn droefheid was daarom tog banja groot. Hij het daarom tog naderhand voor Benjamin laat saam gaan. Maar das voor die ander hoofstuk waar ons sal lees van.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken