Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 92]
[p. 92]

Hoofstuk VII.
Die tweede tog van die broers van Josef.

Waar van af gaan en nie by kom nie, dat wort minder. Soo ook met die koning wat die seuns van Jacob van Egypte gebreng het. Daar was banja monde wat mot oopgehou worde, want die seuns het ook vroue en kinders. En dit duur nie lang nie of die koring was op-a-la!

 

Toe seh Jakob: ‘Wat kijk julle nou ver mekaar an, in Egypte is mos koring, loop haal weer.’ ‘Ja seh hulle, as Benjamin saam gaan, dan sal ons gaan, maar sonder hem durf ons nie by die heer in Egypte kom nie.’ Toe seh Jacob: ‘Maar waarom het julle dan soo stom gewerk om voor hem te vertel dat julle nog een broer tuis het.’ ‘Hij het ons zoo uitgevra,’ seh hulle, ‘en wie het dan kan dink dat hy sal seh ons mot die broer saam bring?’ Een van die seuns van Jakob, Juda, hou die meeste aan dat Jakob tog maar voor Benjamin mot saam stuur. Hij seh: ‘Pa, ek sal voor hem sorge en as daar iets met hem gebeur neem ek al die skult op mijn. Laat ons tog maar gaan, anders gaat ons almal nog dood van honger.’ Toe Jakob nou sien dat daar niks anders op staan nie, toe seh hy dat Benjamin dan maar mot gaan. Maar hy was bang dat die heer in Egypte sal kwaad wees dat hulle die andermaal hulle geld weer terug gebring het. Daarom seh hy dat syn seuns voor die man een present mot saam neem. Das waar, daar was wel geen koring in Kanaän, maar daar was tog nog vrugte. Daarom seh hij: ‘Neem wat heuning en amandels, ook wat balsem en mirre en specerije (das reukgoed) voor hem saam as een persent. Ook mot julle weer ander geld saam neem buiten die geld wat julle in julle sakke gekry het, om koring te koop.’ Jakob was banja verdrietig toe Benjamin sal weggaan, en hy bid tot God dat syn kinders voorspoedig

[pagina 93]
[p. 93]

mag wees op hulle tog, en dat Simeon en Benjamin gesond mag terug kom met die ander. Toe neem hulle afskeid en gaat met hulle esels weer na Egypte. Braa bang ook maar, dat hulle as diewe sal gepak word as hulle daar kom.

 

Toe hulle nou in Egypte aankom gaat hulle soo daadlik na die plek waar Josef besig was om koring te verkoop. Soo as Josef hulle sien, merk hy ook soo maar dat Benjamin by hulle is. Hy was daar banja bly oer, maar hy laat daar niks van merk nie, want hulle mag nog nie weet dat hy die ryke heer in Egypte is nie. Toe seh hy aan een van syn knegs dat hy die manne na syn huis mot breng en een groote eetmaal klaar moet maak, want hulle sal by hem eet. Die broers weet nie waarom hulle na die ryke heer syn huis gebring word nie, daarom was hulle bang dat hulle dalkies weer na die tronk sal moet gaan. Daarom seh hulle voor die kneg wat hulle wegbreng: ‘Og meneer! ons is eerlike mense, ons het nie die geld gesteel nie, ons het dit in onse sakke gekry toe ons naar huis gegaan het. Ons het al die geld weer gebring en nog ander geld om koring te koop.’ Die kneg seh toe ver hulle hulle mot daar nie bang oer wees nie, want die geld van die koring, wat hulle die andermaal gekoop het, is daarom reg gewees. Hulle merk toe ook gou dat hulle nie naar een tronk maar na een fraaje huis gaan. Hulle was maar soo kort daar of daar kom Simeon ook ingestap. Hulle sal wel banja blij gewees het om mekaar weer te sien. Dit duur toe nog een rukkie voor dat Josef self kom. In die tijd gee die kneg hulle water om te was en voer ver hulle esels; en hulle maak zoo lank die persente klaar voor die ryke heer. Die middag kom Josef tuis en gee syn broers hem die persente, en buië voor hem weer nes hulle gerwe voor syn gerf in syn droom. Josef vra toe regte vrindlik of hulle vader nog fris is, - hij was nieskierig om dat te weet. Hulle seh: ‘Ja hij is nog gesond.’ En toe hij voor Benjamin sien, vra hij: ‘Is dat julle jongste broer?’ Toe seh Josef ver hom: ‘Myn seun, mag God jou genadig wees en jou seën.’ Toe skiet syn

[pagina 94]
[p. 94]

gemoed vol, daarom gaat hij in een ander kamer. Toe hy daar uitgehuil het en syn gesig gewas het soo dat geen mens et sal merk nie, kom hij weer in die eetkamer en seh voor sijn knegs: ‘Breng nou die kos maar op tafel.’ Daar was drie tafels gedek. Een voor Josef alleen, een voor sijn broers, en nog een voor zijn knegs, want die Egyptenaars hulle geloof was nou soo dat hulle nie met die Hebreën mag saam eet nie. Josef wijs toe voor sijn broers hulle sitplek; hij begin van die oudste af tot hy bij die jongste kom. Nou kan jy nagaan hoe verstom hulle was toe hulle dit sien. Want hoe die vreemde heer in Egypte hulle ouderdom soo netjes weet, kan hulle tog maar nie uitmaak nie. Ons weet neh? Dat hulle lekker ge-eet het kan jy maar voor myn gloo, en dat daar kos genog was ook. Voor Benjamin wort vyf maal soo veul opgeskep as voor die andere. Josef was bly om al syn broers by hem te heh, vooral Benjamin. Julle weet dat Benjamin syn eige broer was, hulle was van één moeder. Die andere was maar halve broers van Josef. Dink myn kinders nog hoe lekker die broers ook een dag in die veld van Dothan het sit eet, toe Josef daar in die kuil leh, en hulle voor hem niks gee nie. Hy maak nou een bietje anders met hulle. Ja, kinders, die Heere Jezus, toe Hy op aarde was, het ook syn vyande vergewe en nog voor syn moordenaars gebit. Ons mot ook vergewe en vergeet as een ander voor ons kwaad doen en nooit haatdraend wees nie (Colos. iii:13). En nou die agste hoofstuk.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken