Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 107]
[p. 107]

Catharina, die dogter van die advokaat,
deur Klaas Waarsegger, Jr.
(Bekroonde Prysvraag.)

I.
Die eetmaal by advokaat X.

Alles was in rep en roer in die huis van advokaat X. Dit was syn verjaarsdag en daar sou 'n grote maaltyd wees. Wat ver geld te koop is, was dage te vore gekog; en an 'n dertigtal van die vernaamste families van die Kaap was invitatiekaartjies gestuur om ‘die goede der aarde’ te kom geniet. Op die bepaalde uur, 6 uur 's avons, rol die pragtige rytuige met gaste voor die deur in die straat, waar advokaat X woon. Honderde van Kaapse straatlopers, groot en klein en van elke kleur, staat voor die deur om die ongewone drukte an te kyk en om miskien 'n neus vol te kry van die lekkere reuk, wat uit die huis of deur die skoorsteen kom. Die bende van Alie en Jakob of Tom Parrot was ver die gelegenheid gehuur, om nie alleen te speul as daar na die ete gedans sou worde; maar ook om gedurende die maaltyd nou en dan 'n deuntje op te dreun. Dit was miskien nog meer as die lekkere reuk die rede waarom so baing om die huis bly staan; want musiek het antrekkingskrag.

 

Onder die toehoorders en ankykers, wat deur die musiek en die menigte ligte angetrokke was, was 'n man van omtrent 60 jaar, wat baing na 'n boer lyk. Dit was hy ook. Hy had die trein misgeloop en was verplig om die aant in die Kaap o'er te blywe.

[pagina 108]
[p. 108]

‘Wat is hier te doen?’ vraag hy aan een van die koelies wat daar staan kyk.

‘Meneer X geef 'n “Ball”, baas!’ was die antwoord.

 

Onse vrind, die buiteman, skud syn kop en loop voort om na die kerk te gaan, waar die aant 'n biduur sal wees, wat hy graag wil bywoon. Op weg seg hy by homself: ‘Advokaat X is 'n gebore Afrikaander! ik ken hom goed en ik het syn brave ou vader ook geken - hy was net so'n boer as ik. Hoe snaaks gaat dit tog in die wereld: myn seuns moet staan wingerdspit dat hulle so boeglam is, en syn seun is een van die grootste menere in die Kaap wat “Balls” geef.’

 

Gen al te stigtelikke gedagte ver die ou man, wat na die biduur gaat.

 

Hy gaat die een pad en die lesers wort uitgenodig om terug te keer na die huis, waar die mense nou al an tafel sit.

 

‘Kos en drank geen gebrek,’ kon hier in waarheid geseg worde. Die tafel blink van kristal en silwer. Jeugd en skoonheid was daar verenig. Die feesvreugde was op syn hoogste. Skater van die lag om die een of ander grap wat vertel word, word afgebreek deur die muziek wat speel ieder maal as die borde en skotels weggeneem word om weer skone en volle op te breng.

 

Had onse vrind, die boer, wat ons net nou verlate het, kan hoor en sien, wat ons siet, hy sou ongetwyfeld an die maaltyd van Belsasar gedag hê - miskien dag hy op die ogenblik wel daaran. Dit sal wel nie nodig wees om te sè dat daar conditie op conditie in gesteld word, en speech op speech gemaak. 'n Afrikaander, wat geen Engels verstaat, sou daar min an gehad hê; want alles was Engels; en geen wonder; want Advokaat X was daar hoogmoedig op dat hy by baing hooggeplaaste Engelse ver 'n Engelsman deurgaat. Stellig was dit meer as eens syn wens dat hy waarlik 'n Engelsman was; maar syn naam kon nie goed ver-engels worde nie. Wat ons egter bisonder trof was, dat daar geen enkele ‘toast’ gedrink word met Kaapse

[pagina 109]
[p. 109]

wyn; die was glad nie op tafel nie - alles was uitlandse dranke.

 

Nadat hulle fluks geëet en gedrink het en terwyl die heere nog an tafel bly sit en drink, staat die dames op om na die voorkamer te gaan. Laat ons saam gaan en hulle 'n bietjie nader bekyk. Daar was skoonhede van elke soort. Blonte, bruinette, vette en magere; oge van alle kleure, blauwe, bruine, gryse, swarte, ens. Eén egter beval ons die meeste; sy is 'n meisie van omtrent 17 jaar; maar voor haar ouderdom groot, in één woord uitgegroei. Helder blauwe, sielvolle oge, blonte hare, 'n griekse neus, hoge voorhoofd en 'n mondje waarom 'n egte (nie soos 'n mens dikwils ontmoet valse) glimlag speul; van middelbare lengte en 'n netjiese postuur; gekleed soos al die andere dames in wit, met ope hals en kaal arms. Sy is die dogter van Advokaat X; haar naam is Catharina; maar in die Engelsgesinde huissouwe word sy Kate, en deur die bediendes Miss Kate genoem. Opgevoed an die damesskool van Jufvrouw...an...(seker die beste damesskool in ons land), was haar Hollans nie verwaarloos nie, en was in haar die regte Afrikaanse gees ontwikkel; sodat sy om haar Afrikaanse gesindheid meer as eens die ongenoege van haar vader moes ondervinde, en tegen wil en dank sig als ‘I don't speak Dutch’ moes anstel.

 

Dat sy, wat onder die leiding van 'n musicus as die heer....was gewees, ver bowe die ander dames op die guitaar en klavier die aant uitmunt, kan ons verstaan, Maar wellig kom die vraag by iemand op, waarom haar Engelsgesinde vader haar juis na die skool gestuur had en nie na die Good Hope of Hugenote Seminary, skole, waar 'n eerste klas ENGELSE opvoeding gegewe word. Die rede leg voor die hand. Haar tante Kaatjie, 'n ryke ou predikants weduwee, had al die onkoste van haar edukasie betaal, onder die uitdrukkelike voorwaarde dat sy an die damesskool sou leer. Haar vader, die wel baing geld verdien, maar groots leef en ook baing uitgeef, was maar bly om die anbod an te neem; en so had Catharina vier

[pagina 110]
[p. 110]

jaar op koste van haar ryke tante geleer en 'n veulsydige opvoeding gehad, bevryd van alle bekrompe eensydigheid.

Terwyl die dames hulle in die voorkamer vermaak, sal ons 'n kykie by die heere gaan neem. Hulle stemme gaat te hoog, dit lyk of daar 'n twis of rusie is. Sommige gesigte hoogrood gekleur en dofblinkende oge, lewer die bewys, dat die kraffies goed rondgegaan is, terwyl ons in die voorkamer was. Dit sou egter na skender lyk om te sê dat almaal deur die wind was; né, daar was uitsonderings. 'n Dopsteker kan gou gekend worde; so was dit ook hier gemakkelik om die nathalse van die droge te onderskei.

Die gesprek wat anleiding tot die hooge woorden had gegewe was die algemeene onderwerp van die dag, namelik die Anhegting van die Transvaalse Republiek.

Advokaat X had getrag dit te verdedig op grond van ‘inherente swakheid’; hy had uitgewy o'er die segening van Brits bestuur; had met veragting van die Transvaalse bevolking gesproke, met hulle protes gespot, en verder, verhit deur die wyn, 'n taal uitgeslaan 'n Afrikaander gans en al onwaardig. Deur syn Engelse en Engelsgesinde gaste was hy toegejuig en op syn versoek werd die glasies nog eens boordevol geskink om op die Transvaalse Anhegting te drink. Een jonge heer, Jan H. genaamd, wat nie tot die nathalse-broederskap behoor en 'n Afrikaander in hart en siel was, had egter geweiger om syn glas te vul en die ‘toast’ te drink. Verontwaardig o'er die taal van die Advokaat, had hy in sterke bewoordings die onregvêrdigheid van die daad veroordeel; hy had die weiger van kruid an die Vrystaat in die Basuto-oorlog en die inpalming van die Diamantvelde daarby an die kaak gestel en geseg liewer 'n gifbeker te drink dan die dade goed te keur. Dit had anleiding tot die hoge woorde gegewe en die vrolike stemming van die geselskap gestoor. Hy had 'n paar Afrikaners met Afrikaanse harte an syn kant, wat nie positief weiger, maar versoek om van die drinke van die kondisie ontslage te worde en so had die gastheer eindlik, hoewel tegen syn sin toegestem om elk syn kans

[pagina 111]
[p. 111]

te laat en niemand te dwing nie. Dit had die vrede weer eenigsins herstel, hoewel die stemming voor die o'erige van die aant braaf gespanne was en luidrugtige vrolikheid ver gedwonge stilte plaas maak.

Die bende speel die Vrymetselaars mars: ‘Wy metselen sonder kalk of steen’, en dit was die teken ver die gastheer om van tafel op te staan en syn gaste te versoek om hom te volge na die voorkamer om die dames geselskap te hou tot die groote eetsaal opgeruim en in 'n danssaal herskape sal wees.

'n Koppie sterke koffie, of ver die wat dit begeer 'n sodawatertjie, breng die geprikkelde senuwe weer wat tot bedaar, en die klavier en guitaar met die singe van die dames doet die overige.

Opmerkelik is dit hoe soort soort soek. Daar is 'n geheime antrekkingskrag wat die harte same bind.

Catharina en Jan H., ofskoon hulle makaar so goed as onbekend is, was net nou op seer vertrouwelike voet met makaar. Eers weiger hy, maar naderhand vertel hy op haar versoek die rede waarom daar so hard gepraat was in die eetsaal, en hy bemerk gou dat sy ver haar land en volk 'n gevoel het en nie beskaamd is ver haar voorouwers en haar afkoms nie. So win sy syn hart, wat warm klop ver syn volk; en voor die o'erige van die aand was die twe ver so vêr die welvoegelykheid (etiquette) dit veroorloof, onafgebroke by makaar. Die vader merk dit wel en gis dadelik die rede, maar hy laat dit nie blyk nie; want ofskoon Jan H. van hom verskil in opinie, was hy tog as seun van een van die eerste en rykste Kaapse families, en 'n jonkman waarop niks an te merk was, 'n nie te versmade party ver syn dogter.

Terwyl die kaarttafeltjies klaar geset word en die oudjies 'n pottjie Whist, All fours of Loo speel, en daarby menig pondjie in ander hande o'ergaat, het die bende sig laat hoor en is die jongmense fluks besig op die baan. 'n Opsomming van al die polkas, masurkas, quadrilles, waltze, ens., wat daar gedans is, is te vervelend ver sommige en nie stigtelik ver ander lesers nie, daarom gooi

[pagina 112]
[p. 112]

ons 'n sluier o'er die dansparty. Genoeg as ons seg dat die rytuige om 1 uur in die nag bestel was om die gaste af te haal. Die treurigste is, dat eene Miss Brown, van so nat besweet deur die kouwe naglug te ry, 'n sware hoes kry, die in galloptering o'ergaat en sy juis 3 weke na die ‘Ball’ begrawe werd.

Die maaltyd en dansparty had Advokaat X so wat £50 gekos. Mar dis niks. 'n Watersaak van een of ander boer sou dit wel weer goedmaak; daarme troos meneer hom toen hy die nag of liewers die oggent gaat slaap; en in syn droom pleit hy reeds hard in 'n watersaak van A. vs. B. en bereken hoe veul maal hy die saak kan lat uitstel en hoe veul guinies hy ver dit en hoeveel ver dat hy kan laat betaal. Met 'n sware hoofpyn staat hy die ander dag omtrent 10 uur op. Hoeveul van syn gaste die ander dag ook hoofpyn gehad het, sal ons daar late. Jan H. seg, hy nie.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken