Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 113]
[p. 113]

II.
Die huisgesin van oom Jan M....

Oom Jan M....dit was die naam van ons buitevrind, wat die aant in die Kaap moes o'erbly omdat hy te laat by die trein gekom was. Toen die biduur uit was, moes hy die huis verby, waar die mense toen fluks op dans. Met 'n diepe sug en in gedagte loop hy na syn losieshuis in die Strandstraat. Hy kwel hom ook dat syn huismense onrustig sal wees as die kar verniet by die stasie kom; want dit is seker al 15 jaar gelede dat hy een nag van die huis geslape het. Vroeger, toen hy nog syn wyn met die ossewage na die Kaap ry, was syn vrou daaran gewoon; maar nou was dit al so lank dat hy weet hoe onrustig of sy sal wees. Di's waar hy het 'n telegram na die stasie gestuur:

‘Te laat gekom. Kom morge met die eerste trein’, maar die vraag is, het die stasiemeester dit wel an syn seun gegewe?

 

Dit was ook so. Toen syn seun Gert die aant by die stasie kom en syn vader met die trein nie kom nie, plaas van hy by die stasiemeester eens gaat hoor, ry hy huis toe.

Syn jongste sussie Betjie, 'n liewe krullekop, was die eerste, wat die kar hoor ankom. Haar ore was skerp, gen wonder; want pa had beloof om ver haar 'n grote waspop van die Kaap te breng. Teleurgestel moes sy die aant met traantjies in haar oge na bed. Die jeug, vermoei deur speel, slaap gou en vergeet syn verdriet; so ging dit ook met Betjie. Ver die o'erïge huismense was dit nie so maklik nie. Vader was die oggend na stad gegaan om met syn wynkoper af te reken en moes ruim £300 ontvang. Allerhande gedagtes, 'n mens is mos mar 'n mens, kom by hulle op; of hy nie miskien syn geld verloor het nie; of 'n skelm hom nie miskien vermoor en besteel het nie, en al sulke

[pagina 114]
[p. 114]

akelighede. Moeder seg wel: ‘hy is seker te laat by die trein gekom’, en vertel hoe pa vroeger soms 'n hele week op pad was met die ossewagens; maar tog kan sy die nare gedagtes nie verdrywe nie. Elk een van die huisgenote beveel hom in syn avondgebed an die sorg van die Heere - gelyk hy ook, ofskoon hulle dit nie wis nie, syn vrou en kinders an die Voorsienigheid opgedra het toen hy syn knie buig in syn kamer in die losieshuis in die Kaapstad.

Die nag met syn swarte vleugels daal neer en breng eindelik slaap en rus an die bekommerde harte.

Die ander oggend, 'n uur voor die trein ankom, was Gert alweer by die stasie.

Die trein kom. Pa stap fris en gesond daaruit en skud syn seun die hand.

‘Julle was tog nie onrustig nie?’ vraag hy.

‘Ons het wel kan denk dat Pa te laat gekom is, maar tog het ons allerhande gedagtes gemaak.’

‘Het jy dan nie myn telegram gekry nie?’

‘Ne, Pa.’

‘Nou, dis fraai!’

Hul stap in die kantoortjie en daar leg almelewe die telegram.

‘Wat 'n besorgdheid had jy myn huisgesin kon bespaar, as jy die telegram gister aant an myn seun gegewe had,’ seg hy ver die statiemeester.

Die eenige antwoord was norsweg: ‘Ik ken jou seun nie,’ en daarmee kon hulle vertrek.

 

Dat die pèrde die end pad van 'n flukse uur die oggend in drie kwartier afdraf, is onnodig om te sê.

Toen die kar ankom staat almaal al op die uitkyk.

Spoedig was alles opgeklaar, en die harte vol vreugde en dankbaarheid, dat vader met syn som geld en al behou thuis is; en was Betjie druk besig met haar fraaije waspop, wat pa al op die kar uit syn tapytsak gehaal had, om haar nie te laat wag nie.

Oom Jan M. was 'n man van belang in die samelewing. Hy was ouderling van die kerk, en ofskoon hy

[pagina 115]
[p. 115]

geen oulap onnodig sou uitgewe, was syn beurs ver goeje dinge altyd oop. Ver 'n Christelik of weldadig doel was nog nooit te vergeefs by hom angeklop nie. Hy geef dikwils en hy geef baing. Hy kon ook; want hy was 'n man wat ruim £10,000 wêrd was. Syn plaas was een van, indien al nie die mooiste, in die hele distrik. Onbelas, 'n mens kan maar op die Registrasiekantoor gaan kyk. 'n Gedeelte van syn geld had hy op vas verband uitgeset te'en 5 percent, hy wou geen 6 neem nie, hy ag dit woeker - en syn balans in die bank was altyd 'n mooi sommetjie. Baing arme jongbeginners en toggangers had hy vortgehelp, en iemand moes al baing sleg of 'n luiaard wees, as hy by oom Jan nie geholpe kon raak nie. Deur vlyt en suinigheid was hy so vêr in die wereld gekom. Georwe had hy en syn vrou maar bedroef min. Syn plaas was 'n verwaarloosde affêre toen hy dit kog. Jare lank had hy rente ver syn koopskat moet betaal; maar hy had nie stil gesit nie. Syn wingerd, wat maar 10 legger wyn oplewer toen hy die plaas koop, lewer nou in goeje jare tot 150 op; 'n pragtige lamoenboord, wat hom jaarliks £100 opbreng, was deur hom self geplant. Appelkoos, perskes, appels, pere, pruime, was by hom in o'ervloed. Die eerste jaar toen hy daar kwam, had hy 2 mud dennepitjies geplant en dit was nou 'n fraai bos. Eikebome had hy hele lanings geplant. In kort oom Jan was 'n boomplanter, so dat syn plaas wel die naam mag dra van Boomplaas. Baing van syn vrinde en bure had dikwils an hom geseg:

 
‘Boompie groot,
 
Plantertjie dood!’

maar hy had altyd geantwoord: ‘wel, dan sal die mense' wat na myn leef, die vrug daarvan geniet.’ Was daar maar meer sulke boomplanters in ons land nes oom Jan! 'n Nuwe geriefelikke woonhuis had hy gebouw; kelder, stal en wagenhuis was alles syn eie werk; en ofskoon hy die plaas ver £1000 gekog het, was hom meer as eens £5000 gebode; maar syn antwoord was altijd: ‘Die plaas is ver myn kinders en kindskinders, as dit die wil van die Heer is.’

[pagina 116]
[p. 116]

Hy had 6 kinders, 4 seuns en 2 dogters. Die twe oudste, Gert en Pieter, was getrouwd; maar woon op die plaas. Dawid was nog ongetrouwd, 'n flukse jongkerel van 21 jaar. Op hom volg Lenie, 'n gesonde noi met rooi wangetjes en anvallig van maniere, 18 jaar oud, die mooiste meisie in die hele buurt. Agter hom kom Charl, 'n vlugge skooljonge van 14 jaar, en eindelik die dogtertjie van die ouderdom, met haar waspop, waarme ons al kennis gemaak het.

 

So vèr as dit in syn vermoge was, het hy syn kinders na goeje skole gestuur. ‘Leer, kinders’, had hy altyd geseg, ‘geld en goed kan jy verlies, maar geleerdheid kan niemand as ons Liewe Heer julle ontneem.’ ‘Engels leer’, seg hy altyd, ‘is noodsakelik, hoewel dit geen hoofdsaak maar 'n bysaak is. Daarom doet jou bes ook met jou Engelse lesse; maar beskou dit nie as hoofdsaak maar as bysaak. Die regering is Engels, daarom leer die taal; die kerk is Hollans, daarom leer die taal.’ Van Afrikaans was toen nog geen sprake. Om die waarheid te sê was oom Jan net soos baing ander ou patriotte in die begin van die Afrikaanse taalbeweging maar 'n bietjie daarop te'en. Hy het dit beskou as 'n bespotting van die domheid van die Afrikaanders, en dit het moeite gekos om hom tot ander gedagte te bring. Die Patriot mog eers nie in syn huis kom nie. An syn oudste seun wat daarvoor inteken, het hy eendag geseg hy sal dit in die vuur smyt. Maar so's dit met baing te'enstanders gegaan is, so is dit ook met oom Jan gegaan; toen hy eenmaal van die nut en die opregte bedoeling van die Afrikaanse saak o'ertuig was, is alles omgekeer, want oom Jan was 'n man van verstand, en nie so verkeerd soos baing wat hulle nie wil lat o'ertuig as hulle eenkeer 'n ding geseg het, al siet hulle ook naderhand dat hulle verkeerd was. Nie alleen lees hy en syn kinders die Patriot, maar klein Betjie moet van die versies van ‘Jan wat versies maak’, uit haar hoof leer en ver hom opseg, dan kryg sy 'n persent. Dis nou ver hom al te mooi. Hy en syn drie seuns is almal lede

[pagina 117]
[p. 117]

van die Genootskap en ik geloof as oom Lokomotief die waarheid sou vertel, dan sou ons hoor dat hy in die stilte al menig pontjie van oom Jan gekry het ver die saak.

En nou die vrouw van Oom Jan, 'n enkel woordjie o'er haar. Tant Betjie was een van die huismoeders, wat ons so soetjies an begin te verlaat, en wat ons, so lank as hulle nog by ons is, wel in waarde mag hou. Stil en sag van aard had sy al ruim 30 jaar met haar man suur en soet gedeel. 'n Moeder in Israel, kan in waarheid van haar geseg worde. Iemand moet haar maar sien om haar lief te kry, as sy daar 's avons met haar breiwerk in die hand, en haar netjies geplooide mus op, by die tafel sit. Liefde, sagmoedigheid en nederigheid straal uit haar oge; godsvrug blink op haar gelaat. As tant Betjie eendag haar oge sluit, sal die arm mense haar mis. Is daar siekte of gebrek in die buurt, die eerste toevlug is na tant Betjie. Tant Betjie weet ver alles raad. Geen mens wat so goed medicyne kan aanmaak; geen mens wat so sag met sieke kan werk nie. Dat oom Jan jaarliks 'n os en 'n party skape meer slag en 'n paar mud koring meer gebruik, sal wel van al die karmnatjies en brode kom, wat die arme mense van tant Betjie kryg. As die winkelrekening kom, sal daar menige voersies en el flennie op staan wat die huismense nooit gebruik het nie - tant Betjie alleen weet watter harte sy verblyd en watter babetjies sy verwarm het. Oom Jan, wat 'n nauwkeurige man is, siet dit alles wel; maar sluit syn oge, hy dink: ‘Ons kan dit mis en ik wil myn vrou nie hinder nie. Dis sy wat die segen in myn huis breng, as ik haar tegengaat, dan sou ik die stroom van segeninge uit myn huis keer.’ Niemand wat die nederig geklede vrou Sondags in die kerk siet en haar nie ken nie, sal in haar die vrou van ryk oom Jan M. soek. Sy kan tot voorbeeld strek ver menig arme vrou.

Hier neem ons afskeid van die familie M.; ons sal hulle later wel weer besoek.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken