Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 118]
[p. 118]

III.
Twe skoolvrindinne.

Catharina was glad nie in haar skik toen sy die oggend na die Ball die bediendes moes bestier om die deurmakaar huis weer in orde te bring nie. Van sy van skool gekom het, was dit egter haar werk om na die huissouw te kyk en dus kon sy haar nie goed uitdraai nie. Hoe geheel anders siet dit daar die morge uit: hier was 'n stoel van die dure set van £65 sonder leuning; daar was 'n geslepe kraffie an stuk; die ronde tafel vol skrape, ens. Deur die onversigtigheid van die bediendes was menige bord en skottel, glas en kelkie in die kombuis gebreek; een silwer teelepeltjie was met die vuil water weggegoi of geskai, ten minste di's nooit weer uitgekom nie. Sy dag toen hoe geheel anders dit is in die huis van haar tant Kaatjie toegaat. Wat 'n onnodige geld daar uitgegewe was ver die eetmaal en dansparty. Vroeger, voor sy na die kostskool gegaan het, was daar ook wel 'n vrolikheid by haar ouwers an huis gewees, maar toen was sy nog 'n klein dogtertjie, wat om 9 uur deur die meid kooi toe gebreng werd en die dinge nie so opgemerk had nie, nou siet sy met ander oge.

 

Toen sy nog so in gedagte staat, hoor sy die stem van haar pa. Hy seg: ‘Wel, Kate, hoe het jy jou gister aant geamuseer?’ (Natuurlik praat hy Engels).

 

‘Tamelik Pa; maar ik dag daar juis om of dit nie sonde en jammer is om so baing geld uit te gewe. Kyk tog hoe baing goed is daar an stukkend en verniel!’

 

‘Nonsens, kind! ons mag mos tog vrolik wees oek op syn tyd; en die mense wat die goed maak, moet ook lewe.’

[pagina 119]
[p. 119]

‘Ja, Pa, maar ik dag as die arm mense in die onderveld, waar die droogte so baing skade gedaan het, en wat nou honger ly, maar net had wat hier vermors is, hoe dankbaar sou hulle wees!’

‘Waar kom jy tog an die wonderlikke gedagtes, kind? Jy vergeet skoon dat ons na ons stand moet lewe. Ik het baing lus om jou nog 'n jaar na 'n ander skool te stuur om goeje maniere te leer.’ - En vererg, maar daarom in syn hart getroffe, omdat hy voor 'n dag of wat nog geweiger het om op 'n lys ver die arme mense te teken, stap meneer X. weg.

Ik is maar dood bly, seg Catharina by haar self, dat Lenie M..., wat ik uitgenodig het om na Kaap te kom om myn pa syn verjaarsmaal by te woon, maar nie gekom is nie. Wat sou sy wel daarvan geseg hê?

Ons lesers moet weet dat Catharina en Lenie M... saam skool gegaan het en boesemvrindinne was, en dat hulle nog al dik briefwisseling hou.

Skaars was die gedagte by haar opgekom of daar klop die posbode an die deur en breng 'n brief van die vollende inhoud:

Welgelegen, 20 Junij 1877.

Liewe Catharina,

 

Duisendmaal exkuus dat ik jou laaste brief nog nie beantwoord het nie. Ik is jou regte dankbaar ver jou uitnoodiging om 'n dag of wat by jou in die Kaap te kom deurbreng en jou pa syn verjaarsmaal by te woon; ik kan daar egter tot myn spyt geen gebruik van maak nie. Pa seg dis so kort voor die nagmaal en hy siet nie graag dat ik nou gaat kuier nie. Jy weet ik word van deus maand angeneem en dus sal dit ook nie staan nie.

Maar ik het 'n ander versoek en dit is dat jy by myn kom kuier. Toen ons nog op skool was, het jy myn dikwils beloof om eendag ons plaas te kom bekyk. Jou tante Kaatjie het myn Sondag by die kerk vertel, dat sy binne kort na Kaap gaat, en dan an jou ouwers sal vra of jy met haar kan saam kom. As jy daar is, sal ik pa

[pagina 120]
[p. 120]

vra om een dag ver jou met die kar te kom haal. Die lamoene begin al ryp te worde. Nartjies is daar overvloed.

Nou sal ik jou verwag. Ik moet ophou; want Ma roep dat die karn af is en ik moet die botter gaat af haal.

In haas,

Jou liefhebbende Vriendin,

LENIE.

 

Eenige dage na die ontvangs van die brief, kry juffer X. 'n brief van tant Kaatjie dat sy ver 'n paar dage na die stad wil kom en vra of sy losies kan kry. Juffer X. is by die lesers nog nie geintroduceer nie. Dit wort tyd om met haar ook kennis te maak. Sy was 'n goeje mens; iemand sou sê dat sy lui was; maar sy was siekelik. Sy was een van die vrouens wat met die laaste modeboek op die rusbank kan sit en die klokkie lui, dat 'n bediende haar 'n glas water moet breng. Sy bemoei haár so weinig met die huissouw as sy maar kan, ten minste nou ‘Kate’ van skool is; o'erigens sal sy geen kat kwaaddoen nie, kyk mar die groot swart kat wat rustig op haar skoot leg te slaap.

 

Die aant vertel sy an haar man dat sy so'n brief van tant Kaatjie ontvang het. ‘So, kom tant Kaatjie! Ik dag dat sy dit in ons huis nie kon uithou nie. Sy het myn mos laas voor die stok gehad, dat ik saans en smorgens geen godsdiens hou nie; - net of ik 'n predikant is! Haar o'erlede man het daarvan moet lewe - ik nie - ik leef van die wet!’

 

Die toon waarop meneer X dit seg was snydend, en die opmerksame hoorder sou gau gemerk het dat daar meer rede was waarom hy nie op die besoek van tant Kaatjie gesteld was nie.

 

Ja daar was ander rede. Meneer het geld nodig gehad. Daar was geen ander raad as om syn fraai woonhuis te verbinde. Die Kamers vraag 6 percent. Hy had tant Kaatjie dikwyls sulke hoge rente hoor afkeur. Sy had geld. Hy neem £800 by haar op tegen 5 percent. Tant Kaatjie, die ingekrompe ou vrouwtjie, wat binne kort kom kuier, was dus in besit van syn skepekennis. Die rente

[pagina 121]
[p. 121]

was al 3 maande verval en nog nie betaal nie. Tant Kaatjie kom dit haal; want sy moes daarvan lewe. Meneer was maar kort van geld; so als dit gewoonlik met hom die geval was, en dus was hy gaar nie in syn skik met die voorgenome besoek van tant Kaatjie nie. Hy seg egter aan syn vrou: ‘dan kan sy maar by Kate slaap.’

 

Op die bepaalde tyd kom sy, breng 'n biltong, 'n lekker boerebrood en ander persentjies saam. Twe dage blyf sy en vertrek toen met die helfte van haar rente, en met die belofte dat sy binne kort 'n ‘cheque’ ver die restant sal kry. Op haar versoek kan Catharina ver 14 dage saam gaan. Ofskoon dit eers 'n bietjie moeite gekos het, wil hulle haar versoek nie afslaan nie; want Catharina is haar peetkind en sal in haar testament goed an gedink worde. Catharina was opgeruimd dat sy weer ver 'n tydjie die stilte van 'n buitedorp kan geniet. 'n Mens kon dit an haar sien, toen sy die oggend om 7 uur in die trein stap. Vier dage na haar ankoms kom Lenie M en haar vader haar afhaal om op Welgelegen te kuier. Haar tante had daar niks tegen; want sy ken oom Jan en sy huismense goed.

‘Nou sal jy tog ook eendag op ons plaas uitkom Catharina,’ seg Lenie; ‘ik het al so lang na jou geselskap verlang.’ Op die kar al had sy haar honderde dinge te vertel: hoeveul ganse al leg; hoeveel kuikentjies haar hen het; hoe die bont koei ‘Wakkermeis’ 'n fraai verskalf het; wat haar pa ver haar persent gegewe het, ens.; almaal dinge waar 'n stadse dame maar min notisie van sou neem, - maar so as ons weet was Catharina an die buitelewe en die omgang met buitemense gewoon. Sy had weer honderde dinge an Lenie te vertel: o'er die Regatta (bootresies) op Koningin Verjaardag, o'er die groot nuwe ‘steamer’ wat ingekom was en dat sy daar an boord was: o'er die laaste modes; hoe die meisies nou hulle hare draag nes hulle twee koppe bowe makaar het, ens.

Oom Jan sit met die lysels in die hand na die gesels van die meisies te luister sonder 'n woord te sê. Haar naam is Catharina X. en haar vader is advokaat, denk

[pagina 122]
[p. 122]

hy by homself - sal sy tog nie dalk 'n dogter wees van die meneer X., waar die Ball was die aand toen ik in die Kaap o'ergebly het nie; ik moet dit tog ondersoek. Ver die ogenblik blyf hy stil en laat die kinders maar vortpraat. Eindelik hoor hy Catharina an Lenie sê: ‘Daar was in die vyftig mense by ons die aand - hoe kom het jy my so gefop, waarom het jy nie gekom nie? Ons was so jolly.’

 

‘Miss X. of liever Catharina, mag ik jou so noem?’

‘Ja meneer M., as u wil toelaat dat ik oom Jan seg.’

‘Nou ja - ik wou jou vra in watter straat woon jou vader?’

‘In - straat.’

‘Omtrent in die middel?’

‘Juis, in die middel, die huis met die hoge stoep.’

‘Watter dag seg jy was die eetmaal by julle?’

‘Verlede week Dingsdag. - Maar hoe kom vraag u dit so?’

‘Ik sal jou sê: Die aant toen by julle, ik sal maar sê die Ball was, was ik net in die Kaap. Ik het te laat by die trein gekom. Ik gaat toe so'n rukkie na sononder na die Biduur, en deur die baing ligte en musiek angetrek, het ik by julle voor die deur so'n ogenblikkie bly staan.’

‘En hoe kom het Oom Jan nie ingekom nie?’

‘Meen jy dit reg reg? Sal die heertjies met hulle swart rokke en die dames in wit, wat ik daar uit die koets sien stap, dan nie met 'n ou boer soos ik is gespot het nie? Die Kapenaars verstaat dit so goed om met ons buitemense te spot.’

‘Ne, u doet ons onreg, u mag nie almaal o'er één lyn trek nie - u seg die Kapenaars.’

‘Wel, dan sal ik sê baing van die Kapenaars, en daaronder nog al die wat van die buiteman moet lewe.

 

Ik wil gelowe Catharina, dat jy uit vriendskap ver myn dogter haar ou vader vrindelyk sou ontvang; maar dis 'n ander vraag of die ander geselskap hom nie as 'n uil onder die vogels sou behandel hè nie. Daarom, al had ik jou ook vroeger gekend, is ik maar bly dat ik voorby gestap het.’

[pagina 123]
[p. 123]

Catharina was ook maar bly, sy gevoel dat oom Jan die waarheid spreek en dat hy glad nie thuis kon gewees hê onder die gaste van haar pa nie; 'n paar Afrikaanders soos Jan H. uitgesonder,

Onder die gesprek was hulle die rug o'er, en daar leg Welgelegen as 'n klein dorpie in die skitterende strale van 'n angename Junij-son!

‘Hoe fraai!’ roep Catharina, ‘is dit julle plaas, Lenie?’

‘Ja.’

‘Ja, dit is Welgelegen, kind! Voor dertig jaar gelede het dit nie so gelyk nie, dit kan ik jou vertel. Dit het onder Gods segen menig sweetdruppel gekos om dit so te kry.’

Catharina werd hartelik verwelkom deur tant Betjie en die o'erige bewoners van die plaats, en was net nou, met haar innemende maniere, met almaal bevrind.

Die eerste aant op Welgelegen was ver haar heel anders as an die Kaap. Toen die tafel afgeneem was, werd die grcte huisbybel gebring; oom Jan lees met eerbied n hoofdstuk; tot die kleintjies van syn seun weet as oupa lees, dan moet hulle stil sit. Die bediendes sit op 'n bank agteraf en oom Jan leg op eenvoudige manier uit, wat hulle nie goed verstaan het nie. Toen klink die heerlikke aandgesang deur die ruime eetvertrek:

 
'k Wil U, o God! myn dank betalen,
 
U prijzen in myn avondlied, ens.

Hoe geheel anders as by Catharina aan huis! Sy gevoel dit.

Die ander dag vroeg op, nie soos in die Kaap tot 9 uur in die bedompige slaapkamer bly nie. Sy denk terug an haar skooldage en wens die weer te kan o'erlewe. Heerlikke wandelinge onder die lamoenbome, in die dennebos, langs die riviertjie, wat by die wingerd verby loop - angename ogenblikke! Catharina was drie dage daar gewees en nog was daar altyd wat nuws te sien. Die skape en bokke as hulle saans na die kraal kom, die melkkoeje, die pluimve. ‘Ag hoe mooi leef julle tog hier! Hoeveel lekkerder smaak julle brood met melk en vis myn. as

[pagina 124]
[p. 124]

die taaie bakkersbrood met sterk botter en red herrings an die Kaap. Ik wens dat ik altyd by jou kon blywe, Lenie!’

‘Weet jy nog, wat jy eendag op skool geseg het toen ik jou geplaag het met 'n jonge boer, wat jou sakdoek opgetel het en dit ver jou kom breng? Weet jy nog dat jy half kwaad geworde is en geseg het jy sal vervas nooit met 'n boer trou nie; want hulle is te lomp en hulle hande is te grof? Om so'n plaas in order te hou moet daar groffe hande wees; die wit fijn handjies van menige Kaapse heertjie kan dit nie. Dus as jy so wil lewe dan moet jy nie om harde hande gewe nie - en dan moet jy self ook leer werk. Kyk hoe lyk myn hande nou, nie so fyn meer as toe ons op skool was nie - en ik is glad nie skaam daarom nie.’

Die steek was raak. Catharina was maar 'n bietjie snaaks en had die vorige aant, toen daar 'n paar jonkmans uit die buurt gekuier had, maar 'n bietjie uit die hoogte ver hulle behandel; en Lenie had gedag: ik sal jou dit laat voel. Sy had haar doel bereik.

Nog een dag kon Catharina op Welgelegen kuier en dan moes sy vertrek. Die plan was gemaak om die dag te pêrd te gaan ry. David M., die broer van Lenie, had al twee maal syn pêrd met 'n juffrouw-saal gery en die dier was doodmak, daar sou Catharina op ry. Lenie sou op 'n ander pêrd ry, en Hendrik L., die onder ons geseg, 'n goeje oog op Lenie had, sou ook saam gaan. Toen oom Jan en tant Betjie van die plan hoor, was hulle daar skrikkelik op teen; maar Catharina hou so an en seg sy kan so goed ry, dat sy die ou mense eindelik ompraat dat Lenie kan saam gaan. Hoe die rid afgeloope is, vertel ons in die volgende hoofstuk.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken