Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 134]
[p. 134]

VI.
David en Catharina ondervind dat daar moeilikhede in die weg kom.

Die lesers sal nie verwag om hier 'n versameling van briewe te kry waarvan myn hartjie, myn liefie, myn skatjie instaan. Die wat vanslewe sulke briewe geskrywe het ken die inhoud, en die wat dit nog sal skrywe, sonder hulp van ander dit wel leer.

 

Di's wonderlik hoe gou 'n mens liefdebriewe leer skrywe - dit kom so van self. Wat sou die rede wees? Antwoord: Omdat die hart met die kop saam werk. Onthou dit, hoor; in 'n goeje saak mag die hart en hoof nie van makaar geskei worde nie.

 

Nog nooit was daar van één plek so baing briwe ver Catharina angekom, nog nooit het sy so baing na één plek geskrywe. So's te denke is, is Lenie die middelaarster, wat die briewe ontvang en wegstuur. Catharina skrijf die opskrif an Miss M. maar binnekant is 'n ander envelop an Mr. M. So ook David; de adresse van syn briewe moet Lenie skrywe. Maar wie seg, advokaat X. is 'n slimme rakker; toen daar so baing briewe by hom op kantoor (syn kantoor was naas die woonhuis) ankom ver Catharina, begin hy lont te ruik; die ding is verkeerd, daar leg 'n slang in die gras. Hy maak een van die briewe van David oop en og ja! daar kom die hele ding an die lig. Hy kry ook 'n brief van Catharina in hande en toen was alle twyfel weggeneem, - ‘Syn dogter is buite syn kennis verloof an 'n boere seun!’ Die stomme man was buite hom selwers van kwaadheid. Hy stamp met die voet en seg: ‘Dit sal nooit gebeur so lank as ik leef; ik 'n boer, 'n lompe boer ver skoonseun kry, hoe sal die wereld met

[pagina 135]
[p. 135]

myn spot en myn uitlag!’ Ja, so kan 'n mens ontaard, hy vergeet dat syn eige vader 'n boer was, dat hy self 'n boere seun is.

 

Toen hy om 3 uur van syn kantoor kom, kon syn vrou en dogter wel sien dat daar iets voorgeval is. Hy was kwalik in huis of hy roep Catharina in die voorkamer en sluit die deur toe. Hulle sal 'n half uur in die kamer gewees hê, toen sy uitkom en huil dat sy so snik.

 

Haar vader wou hê sy moet al die briewe wat sy van David ontvang het, ook syn portret en ring an hom o'er handig, en 'n brief skrywe waarin sy hom afskryf; dan sal hy dit met 'n brief van hom an David stuur. Dit was syn laaste woorde. Doet sy dit, wel, dan is alles reg, mar weiger sy dan mag sy nie onder syn oge kom nie, maar moet op haar kamer blywe totdat sy haar as 'n gehoorsame dogter weet te gedra. Wat sal sy doen, sy is radeloos. Twe dage blyf sy op haar kamer sonder na onder te kom. Die meid bring haar kos op, mar dit kom onangeroer weer terug. Intusse skryf sy 'n hartroerende brief an David, waarin sy hom alles vertel wat daar gebeur is. Maar hoe die brief weggekry? Sy kan niemant in die huis vertrou. Die meide sal haar verklap. Haar neef Pieter ('n weeskind) 'n kereltjie van 15 jaar, wat klerk by haar pa is en by hulle in huis woon en mar 'n sure stukkie brood eet, vertrou sy eindelik, en so kryg sy die brief op die pos, en hy ontvang oek die briewe wat David stuur en besorg haar dit 's morgens vroeg en 's avons laat. Eindelik besluit sy om haar pa te versoek dat hy te vrede moet wees as sy self die briewe van David in 'n pakkie maak en dit toelak en wegstuur. Hy stem toe, mar wegstuur wil hy self.

Intusse was David al angstig wat dit met Catharina sal wees. Hy het eenige dage gen brief van haar ontvang nie. Daar kom haar brief an wat sy in diepe bedroefdheid in haar kamer geskrywe het. David syn hart was baing seer, en hoe kon dit oek anders. Twe dage later kryg hy syn pakkie briewe op die pos met 'n brief (in Engels) van Advokaat X. daarby.

[pagina 136]
[p. 136]

Kaapstat....187...

 

Advokaat X.....wens an M......'n poereseun woonagteg te Welgelegen, hiermee te kenne te geve, dat hy eens én voor altyd die dwaasheid uit syn kop moet set om syn oge op te slaan na Miss X...Verskil van stand maak 'n huwelik onmogelik en buitendien Advokaat X. had syn dogter ver 'n ander bestemd. Indien M...mog vortgaan om vrypostig briewe an Miss X...te skrywe, sal daar sulke stappe in regte geneem worde wat hom nie angenaam sal wees.

 

(get.) X.

 

David was woedend kwaad o'er die belediging. Allerhande nare gedagtes kom by hom op; hy trag om dit te belet maar hy kan nie. Lenie was jammer ver hom toen sy siet hoe hy te keer gaat. Een plan blyf hem by - het Catharina hom reg, reg lief, dan sal hy haar steel! Hy sal Kaap toe gaan en net so lank daar blywe tot hy met haar mondeliks gepraat het. Hy vraag an syn pa verlof om 'n paar dage te gaan kuier. Hy wil dan so danig graag na Kaap en Wynberg. Hy kryg oom Jan syn toestemming, hoewel die ou man mar nie kan uitmaak watter gril dit is. Hy denk wel an die Catharina wat daar laas gekuier het, maar hy lag daarom en seg: Og wat, dis kalwerliefde! David neem 'n terug kaartjie van Saterdag tot Maandag. Hy denk as daar 'n plek is, waar ik haar sal kry, sal dit Sondag by die Engelse diens wees - sy seg dat sy altyd so'n toe gaat, omdat haar pa haar eendag geseg het dat al die hoge mense daar na toe gaat, en alleen die lage klas en ouderwetse mense in die Hollanse diens kom.

 

Hy kom in die Kaap an. Hy loop regelreg na die huis waar Catharina woon. Og hy het so'n lus om die kantoor in te loop en ver Advokaat X. te soebat hy wil voor hom kniel, of hy wil hom in die nek pak, sulke planne het hy al op die trein gemaak, - maar toen hy daar voor die deur kom, gaat hy nie eens in nie. Sou die grote, fraaie huis hom afskrik, wat sou die rede wees, dat hy hy meteen so banghartig geworde is? Hy kan dit self nie verklaar nie.

[pagina 137]
[p. 137]

Al wat hy doet is 'n paar maal op en neer loop, die huis ankyk, wegstap, 'n paar strate omloop, weer verby die huis kom en weer opkyk, met die gedagte miskien siet Catharina myn. Ses maal is min, maar so baing keer het hy seker die eerste voormiddag na die huis staan kyk; maar hoewel daar baing mense in en uitloop Catharina siet hy nie.

 

Haar neef Pieter - haar briefbesteller, sit voor die venster te skrywe en het al 'n paar keer die vreemdeling so danig na die huis sien kyk, hy beskou hom goed en og ja hy bemerk dat dit die einste man is van wie Catharina hom met 'n grap 'n portret gewys het toen sy laas van buite gekom het. Hy gis dadelik wie dit is. Syn oom, die Advokaat is uit; so kom hy uit die kantoor en loop na die vreemdeling en seg: ‘U lyk vreemd in die Kaap, soek u miskien na een of ander huis wat ik u kan wys?’

 

David wil ontkennend antwoorde, toen die kereltjie ver hom seg: ‘Is u nie Meneer M...?’

‘Hoe weet jy dit?’ seg David. Pieter vertel hom alles, hoe hy die enigste is, wat Catharina kan vertrou en dat hy haar briewe stilletjies op die pos besorg.

Eers wil David hom nie vertrou nie; maar die klein kerel syn gesig is so eerlik dat hy hom seg: ‘Ja, ik is Meneer M. en ik is Kaap toe gekom om met Catharina te praat, kan jy dit ver haar sê en myn die antwoord breng sonder dat haar ouers daarvan weet?’

‘Om 1 uur sluit die kantoor, Meneer M...! as u myn nou seg waar u loseer sal ik daar na toe kom, dan kan u in die tussentyd 'n brief ver haar klaar maak.’

‘Ja, myn liewe kerel, ik het nog geen losieshuis, kan jy myn een rekommandeer?’

‘U kan maar by Kootjie du Toit in die Strandstraat gaan, di's 'n goeje plek.’ David herinner hom dat syn pa ook altyd daar loseer en seg: ‘Nou di's goed, ik sal daar heen gaan, as jy myn nie fop sal ik jou goed beloon?’

‘Beloon, meneer? As ik Catharina, wat altyd vrindelik was met myn, 'n arme weeskind, 'n plesier kan doen, wil ik dit sonder beloning doen.’

[pagina 138]
[p. 138]

‘Na 1 uur dan, dit blyf afgesproke!’

‘Ja, meneer, na 1 uur. - Ekskuseer myn nou, daar kom myn oom an!’ David kyk. ‘So is dit Catharina haar vader?’

‘Ja!’ en die klein kerel wip die kantoor in.

Nadat David terdeeg die man, wat hy syn skoonvader wens te noem, beskou, en alles behalwe 'n gunstige indruk van hom gekry het, stap hy na syn logieshuis, vraag syn kamer, seg an die logieshouer om syn goed by die statie te laat haal, vraag pen en ink en skryf 'n brief, 'n brief vol hopelose smart, an syn Catharina; hy wil, hy moet haar sien.

Kort na 1 uur was Pieter by David in die logieshuis om die brief te haal en vóór 2 uur had Catharina dit al.

Sy een, twe, drie na haar kamer om 'n antwoord te skrywe, en om half 3 was Pieter weer daar en geef an David die volgende:

‘Pa gaat, so as alle avonde syn gewoonte is, van avond om 7 uur na die Loge; vóór 10 uur kom hy nooit thuis. Pieter sal by jou blywe om met jou die Kaap rond te gaan en tussen 8 en 9 sal ik op die stoep loop dan kan julle kom, dan kan ons 'n oogenblik praat en sal ik jou alles vertel.

 

CATHARINA.’

 

David was opgetoge van blydskap toen Pieter ver hom die briefie breng. Hy was ook bly dat die kleine kêrel by hom sal blywe. Hy huur 'n ‘cab’ en hulle ry ver 'n paar uur die Kaap plat. Die tyd duur David vreeselik lank. Eindelik gaat die son onder, die gasligte word opgesteek, dit slaat 7 uur, half 8, David kon nie meer wag nie. Langsaam stap hulle na - Straat. Catharina staat op die stoep. Pieter gaat eers so'n toe om te sien of daar geen onraad is. Die pad is skoon. David klim op. Pieter gaat op 'n afstand staan. Catharina leg an David syn hart. Sy vertel hom alles, alles. Sy seg, hy moet haar maar laat blywe, hulle sal makaar tog nooit kry nie. Haar hart sal breek as dit so moet wees, maar daar is geen ander weg. ‘Ja daar is 'n ander weg,’ seg David. ‘Watter weg?’ vraag

[pagina 139]
[p. 139]

sy. ‘Vlug met myn’, seg hy. ‘Waar na toe? Ja, waar na toe? en dan die skande!’ ‘Liewers skande as om jou te verlies,’ seg hy.

Die einde van die gesprek was dat sy nog baing jonk is, en David ook nog 'n paar jaar kan wag. Hulle sweer makaar op nuw trou. David gaat 'n tog na die Transvaal doen en hulle sal an die tyd o'erlaat. of hulle haar vaders hart nie kan versag nie. Intussen sil hulle geregeld an makaar skrywe. Pieter word daarby geroep, hy sal die briewe van haar op die pos besorg en David moet an syn adres skywe mar op die brief skrywe: ‘Poste restante,’ dan blyf dit op die poskantoor leg tot dat Pieter dit afhaal Tyd vlieg en dis tyd ver Catharina om binne toe te gaan en ver David om te vertrek. Morre sal hy haar by die kerk sien, net mar sien. Morge avond om 9 uur sal sy, as die pad skoon is 'n briefie an 'n lange draad gare uit haar venster lat sak dan sal David dit haal en 'n ander briefie vasmaak. Een hartelike afscheidskus en hulle sky. Dit gebeur soos hulle afgesproke het, en Maandag vertrek David met 'n ligter hart weer na buite. - ‘Die liefde hoop alle dinge.’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken