Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 140]
[p. 140]

VII.
'N ontmoeting in die trein. David knoop vrindskap an.

Wie het hom nie meer as eens vererger nie om die skree en die laffe pratjies wat 'n mens dikwels in die trein moet sit en anhoor? David was die middag oek glad nie in syn skik met die luidrugtige vrolikheid van 'n paar jonge mense waar hy mee saam ry nie. Die een wou meer as die ander uithaal hoeveul Engels hy ken. Tot nog toe het hulle die hele gesprek ver hulle selwers, David en nog 'n jonkman wat in 'n hoek sit te lees neem daar gen deel an nie. Eindelik vraag die twe David syn opinie o'er 'n saak waar hulle o'er gestry het. In korte woorde geef David in Afrikaans syn gevoele. Die een seg an die ander in Engels: ‘Nou hoor jy dat ek gelyk het.’ Die ander seg toen; ‘Daar die meneer nie eens in Engels antwoord op 'n vraag in Engels gedaan, moet ek veronderstel dat hy die saak nie goed verstaan het en miskien gen Engels ken nie.

 

Daarop antwoord David dat hy wel Engels ken mar dit nooit onnodig praat nie; en daar hy veronderstel dat die twe here al twe Afrikaanders is antwoord hy hulle in hulle moedertaal.

Die een seg, dat dit onbeleef is en 'n bewys dat iemand geen opvoeding gehad het as hy 'n Engelse vraag in Hollans beantwoord, al kan die persoon, wat die vraag gedaan het oek honderdmal die taal verstaan.

Die jonkman wat in die hoek sit maak syn boek toe en luister nou die gesprek glad 'n andere rigting geneem het, met andag watter antwoord David sal gewe.

David seg dat hy dit nie kan insien nie. Was die vrager 'n Engelsman, wat gen ander taal verstaat, dan verander dit die saak en dan sou hy hom oek in Engels

[pagina 141]
[p. 141]

geantwoord het; mar an 'n Afrikaner in Engels te antwoorde, daartoe siet hy geen noodsaklikheid nie, mar mog die here miskien Engelse wees dan sou hy graag ver hulle vertaal wat syn opinie was. Ne, hulle is Afrikaans en het hom goed verstaan. “Nou goed,” seg David, dan getuig dit van Engelse narrow mindedness (kleingeestigheid om te wil hê dat iemand hulle in 'n vreemde taal moet antwoorde.’

 

‘Engelse narrow mindedness, wat bedoel u daarmee, meneer? Ik dag dat die Engelse ver die groothartigste natie op die wereld bekend is.’

 

‘Ja, in hulle eije oge en in Engelse boeke; mar in die samenlewing ondervind 'n mens die teenoergestelde.’

‘Helder ons dit op, maak ons dit duidelik.’

 

‘Wel,’ seg David, ‘wat is dit anders as narrow mindedness dat die Engelsman, waar hy kom dwing dat die natie syn moedertaal moet weggooi en syn taal anneem? In onse skole b.v. seg die regulaties: Instruction must be given through the medium of the English language. Waar in die wereld is dit op 'n buitedorp mogelik? As dit gen narrowmindedness is dan moet hy nog 'n paar jaar skool toegaan om die definitie van woorde te leer.’

 

‘Ne om beleefdheid te leer seg die een wat ongelyk gekry het en hom nie wil lat o'ertuige nie. U lyk myn een van die Patriots-gesinde.’

 

‘In welke skool het u beleefdheid geleer, meneer? Die skool recommandeer sig nie al te erg nie. En dat ek 'n Patriotsgesinde is, dit reken ek 'n eer, ek wens dat u dit oek was. Wil u die laaste woord? neem dit, ek ag dit bowe myn om iemand van so'n vername Engelse opvoeding verder te woord te staan.’

 

Die gesprek was deur David in Afrikaans en deur die ander in Engels gevoer.

 

Intusse was hulle by Durban Stasie gekom en daar stap 'n Engelsman in wat David ken. Hy kom naas hom sit en die twe raak druk in gesprek, en tot syn beskaming

[pagina 142]
[p. 142]

moes die Afrikaanse meneertjie met die goeje opvoeding, hoor dat David nou Engels praat - beter Engels praat as hy ooit in syn lewe sal kan praat.

 

Die jonkman met die boek was an d' nadenke gegaan en hy kon nie anders as David volkome gelyk gewe. Dis waar die gevoelens van David was glad 'n nuwe ding ver hom. Hy had altyd gehoor dat die Engelse ons Afrikaners en oek ander nasies in woord en geskrif beskuldig van narrow. mindedness, mar nou siet hy die sake anders in. Hy wens met David nader kennis te maak en begin 'n gesprek met hom, eers oer die weer en alle daagse dinge. Eindelik vraag hy na David syn naam. David seg wie hy is en vra wie hy dan is. Ons lesers ken hom seker al, hy was niemand anders as George A....., student te Stellenbosch.

 

‘Van jou vader syn mooi plaas het ik gehoor van 'n medestudent’, seg hy an David. ‘Ik was laas in julle buurt, as ik weer so'n toe kom sal ik so vry wees by julle an te kom.’

‘Ja, maak so, dit sal ons angenaam wees. Begin julle vacantie nie ander week nie?’

‘Ja.’

‘Nou ja, kom dan dadelik; want ek gaat binne kort n toggie of liwer 'n kuiertjie na die Transvaal maak.’

‘So! Dan sou jy myn 'n groot plesier kan doen om 'n pakkie saam te neem ver myn vader; jy moet tog o'er die dorp....’

‘Ja, met al myn hart!’

Die twe was net nou beste vrinde in die wereld.

By Kaaifontein stap George A....en die heer met die goeje opvoeding uit die trein. David en syn Engelse vrind blyf alleen o'er en stoom verder.

By syn thuiskoms vertel hy alles an Lenie. Sy was al besorg gewees en is bly dat die sake so goed afgeloop het en David so te vrede is in syn lot.

Hoe dit nou angeleg om oom Jan o'er te haal dat hy ver David 'n toggie laat maak? Meer as eenmal was daar al o'er gepraat. Baing keer het David al geseg hy

[pagina 143]
[p. 143]

wil die land sien: mar dit was nooit so ver gekom nie. Nou was daar 'n skone gele'entheid. 'n Buurman wat gewoonlik deur oom Jan gehelp word, sal o'er 'n veertien dage met 'n trek op tog gaan, en met 'n angenamer geselskap kan David nooit gaan, en an 'n beter man kan oom Jan syn seun nie toevertrou nie.

David praat met syn pa en seg dat hy hom al so dikwyls beloof het dat hy kan gaan - hy het tog so'n lus om die wereld te gaan kyk, en die kans is nou so mooi. Eers het oom Jan daar gen ore voor, mar David hou an tot vervelings toe. Oom Jan praat van al die werk, en David kan nie gemis worde nie, en hy kan nog altyd gaan, ens. Lenie doet oek 'n goed woordjie ver David en eindelik geef oom Jan syn toestemming. Hy moet tog baing skrywe seg tant Betjie, want dit is tog al te naar ver haar dat David so ver gaat. Oom Jan sal nog haastig 'n paar fraaie kapkarre bestel, wat David op 'n spekulasie kan saam neem. As die osse mooi is en goedkoop kan hy mar osse ruil daarvoor, of voor die geld koop, en dit met die troep van neef Flip, die man wat hy mee saam gaat, lat opkom. Hy geef hom oek nog £100 om te spekuleer. Sodra dit beslote was dat hy sal gaan, skryf hy 'n brief an Catharina, natuurlik onder adres an klein Pieter en vergeet nie om ‘Poste restante’, of soos die Engelsman seg, ‘to be left until called for,’ daarop te skrywe. Had Meneer X. die brief in hande gekry dan het hy seker perbeer om David 'n actie an te doen - ‘as hy kan’, seg die leser, ik seg oek so. Tot gerustelling kan ons melde dat Catharina die brief ontvang het, iets wat David twe dage later uit haar eije brief lees.

Dis miskien hier die regte plaas om te melde watter plan klein Pieter uitgedenk het om party dage as hy Catharina nie mooi alleen kan te sien kry nie, haar die briewe te stuur. In die gang hang 'n overjas (dustcoat) van haar pa, met 'n speld steek hy die brief binnekant vas, dan haal sy dit uit en steek haar antwoord weer daar vas, dan weet Pieter om dit uit te haal. As meneer nou eendag die jas moet antrek en die brief kry, hoe dan? An die gevaar denk hulle nie. Die spreekwoord seg: ‘Liefde is blind,’ - ja, liefde is blind!

[pagina 144]
[p. 144]

Net agt dae na die ontmoeting in die trein kom George A....op Welgelegen kuier. Dit was syn vacantie. Hy bring die pakkie ver syn vader, wat David sal saam neem, mee. Oom jan en tant Betjie, ja al die mense op Welgelegen was baing opgenome met die besoek van die jonge student. So as ons reeds weet was hy dan oek 'n redelike kerel niettegenstaande syn eensydige opvoeding. Hy weet om die mense angenaam die tyd kort te maak en hy voel hom oek heeltemal thuis in die gastvrye huis van oom Jan. In Lenie find hy angenaam geselskap en dit lyk braaf of Hendrik L....begin te wens dat die student mar syn velletjies moet vat en trek, anders is daar dalk kans dat Hendrik teleurgestel sal worde in syn plan, om een dag die groot vraag an Lenie te doen, of sy hom wil hê of nie. Tot groot genoege van Hendrik vertrek die jonge student na verloop van 'n paar dage. Dat Lenie in die geselskap van George A...behage gehad het, kan Hendrik goed merk toen hy die aand na syn vertrek by Lenie kuier, want gedurig het sy die mond vol van hom. Om die waarheid te sê het Lenie ver Hendrik tot nog toe oek meer nes 'n vrind of 'n broer dan as 'n vryer beskou, mar Hendrik het altyd gedenk dat hy an Lenie nie onverskillig was nie.

 

O'er drie dage sal David op tog gaan, alles word klaar gemaak. Tant Betjie het gen rus dag of nag. Dan moet dit nog gekoop worde, dan moet dat nog klaar gemaak worde, as hulle na haar geluister had dan het hulle seker 'n karvrag met klere en allerhande dinge ver David saam gegewe. So'n goeje, besorgde moeder! Neem dit haar nie kwalik nie lesers. Die wat nog sulke moeders het, lat ons hulle eer, hulle meen dit so goed. Ons wat ons goeje moeders nie meer het nie, hoe graag sou ons hulle weer wil hê om ver ons te sorge.

[pagina 145]
[p. 145]

Die aand voor syn vertrek was daar so'n kleine geselskap jong mense uit die buurt genooi om afskied te neem. In alle ordentlikheid was almal vrolik bymakaar, alleen David lyk wel wat bedruk en dit kan ook nie anders - hy denk an Catharina. Met 'n hartelike afskeid gaat die geselskap uit makaar, die ander oggent vroeg sal David vertrek, die wa'ens sal by hulle o'er die werf kom om die karre van hom an te haak.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken