Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 146]
[p. 146]

VIII.
Die vertrek.

 
Die wa'ens staan al voor die deur,
 
Die perde graaf die grond,
 
Die jong sit op die bok en wag,
 
Die daglig skyn al rond.
 
 
 
AFRIKAANSE GEDIGTE.

Vóór die hoenders kraai was alles in beweging in die huis en op die werf van Oom Jan. Vro'er dan gewoonlik was die oggend godsdiens gehou. In 'n hartroerende gebed waarby al die huismense die trane o'er die wange rol, had oom Jan syn lieveling and die Heer opgedra. Hy had Ps. 121:4 lat sing; mar die stemme was bly steek, hulle was te angedaan; hulle gemoed was te vol. Die afskeid, wie kan dit beskrywe? Van almal gaat dit nog: van pa en susters; mar syn ma, toen hy haar soen, toen sy ver hom seg: ‘Davie, myn kind, miskien vind jy my nie meer op die wereld as jy weer kom nie, leef tog so, dat as ek sterf jy dan met 'n geruste hart na bowe kan kyk en sê: ‘daar woon myn moeder en daar sal ik haar weer sien; myn seun, myn kind, vergeet die Heere nie!’ Toen sy so seg en an syn nek hang en deur haar trane in syn oge kyk, so smekend kyk - wie sou hom toen kan inhou?..

 

Die laaste handdruk toen hy al op die wage sit was gewissel. Die sweep wort los gedraai. Die voorperde trap reg. Een klap, 'n harde klap, en die wagens rol. Tot so ver hulle kan sien kyk die huismense en swaai met hulle sakdoeke. Eindelik gaat die waens oer die rug en is ver die gesig verborge. Die mense gaat an hulle werk. Tant Betjie gaat na haar binnekamer. Julle weet, lesers, wat

[pagina 147]
[p. 147]

sy gaat maak; julle weet wat ons moeders ver ons so dikwils in die binnekamer gaat doen? Sy gaat bidde - bidde ver haar David.

 

Die van ons lesers, wat hulle nou klaar gemaak het om 'n uitvoerige beskrywing van David syn tog te lees, moet ons tot ons spyt teleurstel. Hier en daar sal ons die een en ander vertel, en dit verder an David o'erlaat as hy eendag terug kom om 'n boekie te skrywe (hy is bekwaam genoeg) van alles wat hy ondervonde het. Ons het die hoop dat David dit sal doen, en dat daar o'er 'n tydjie wel 'n boekie van hom in die lig sal kom getitel: ‘'N TOG NA DIE TRANSVAAL.’

 

Dit kan ons sê dat David baing gesien en gehoor het, en dat hy nie vergeet om by elke poskantoor waar hy verby kom briewe ver die boweland te pos nie en dat daar briewe ver Catharina by was an die adres van klein Pieter. Op die meeste plekke ontvang hy oek briewe van syn mense en klein Pieter het syn woord gehou, oek briewe van haar.

 

Ag dage na syn vertrek kom hy by die dorp waar Meneer A...predikant was. Hy gaat na die pastorie om die pakkie wat George an hom gegewe het te besorge. Meneer A....was regte vrindelik en nooi hom om een nag daar te kom slaap. Hy kon nie goed weiger nie, en neem die uitnodiging an, mar was mar dankie bly dat hy weer kan vertrek. Die insigte van die predikant, die Engelse maniere van die man syn huisgesin, stuit hom voor die bors; en ofskoon hulle alles doet om, daar hij 'n vrind van George is, hom goed te ontvang, kan hy hom glad nie daar thuis maak nie. Hy sal wel sê: dat as hy nie geweet het dat die man predikant van die Nederduitsch Gereformeerde kerk was nie 'n mens dit nooit sou geseg hê nie. Die eerste uur wat hy daar was haak hy al met hom - hulle was nou soos vuur en water by makaar

[pagina 148]
[p. 148]

- twe elemente, wat met makaar mar volstrek nie kan verenig nie. In plaas van met David 'n stigtelike gesprek an te knoop, was die eerste wat hy doet syn hart te lug teen die Afrikaanse beweging, wat hy sotterny van 'n party domme mense noem. David seg hom dat hy dit beskou ver 'n werk van die Here, anders was dit al lank verbroke, want die vyandskap wat dit al deurgestaan het was genoegsaam om enige menselike saak te laat misluk. Hy verhaal selfs van 'n vrou (arme siel, sy is al dood en begrawe) wat geseg het: dat dit haar dageliks gebed was dat die Here die saak moet verbreek. En tog by al die teenstand neem dit nog altyd toe. Meneer A ... noem dit 'n saak van die duiwel wat trag om te verhinder dat die alleen saligmakende Engelse taal verder vortgang moet maak. Mar dit moet, dit sal misluk. Die intekenaars op die ellendige PATRIOT, betaal hulle ook? Vraag hy. Want dit is gemakkelik om op enige koerant baing intekenaars te kryg, (dit sal wel die skuim van ons land wees) mar die betaling, die betaling. Die stomme man, hy weet nie hoeveul beurse ver die saak oopstaat al sou die inteekenaars oek so gemeen wees om nie te betaal nie. In kort die eerste uur dat David daar was moes hy 'n taal anhoor so's hy nog nooit gehoor het nie. Die senuwagtige meneer stamp met syn voet en swaai met syn arms dat dit 'n naarheid was, iemand wat nie beter weet nie sou sê dat die man nie reg is nie. 'n Paar maal het David al op die punt gestaan om mar liewer in die wa'ens te gaan slaap, gelukkig kom daar iemand om meneer te spreek en David werd die studeerkamer uit na die voorkamer gebring. 'n Paar nuffige spinnekoppies van nooitjies, tenger en ingekrompe, en stokoud ver hulle jare, ontvang hom daar met 'n medelydende glimlaggie. Natuurlyk praat hulle Engels met hom om te kan spot en lag met die grote lompe boer as hy hulle nie sal kan antwoorde nie, of met die saak verlege word. Hulle pret was uit toen hulle bemerk dat David in beter geselskap as hulle syn verkeer het en wel weet hoe hom te gedra. Die een was George syn suster, die ander 'n dametjie

[pagina 149]
[p. 149]

van die meisiesskool wat daar kom kuier. George en syn suster verskil so's dag en nag, dit het David met 'n oogopslag gesien. Nadat hy hom 'n halfuurtjie met Miss Mary en Miss Jane vreeslik verveel het, lui tog gelukkig die klokkie ver prayer en supper. Meneer lees 'n Engelse hoofstuk, ens. en die kos kom op tafel.

 

Op hulle manier was die mense baing vrindelik met David, mar tog David verlang mar dat dit slaaptyd is, dat hy kan wegkom. Toen meneer hom syn slaapkamer anwys, seg David ver hom dat hy morge dauw voor dag weg moet en daar Meneer A....seker nog sal slaap as hy vertrek, wil hy mar meteens groet.

 

Meneer bedank hom nog eens dat hy die pakkie besorg het, hy hoop dat hy syn aand angenaam deurgebring het, (?) dat hy gerus mag slaap, en dat syn reis verder voorspoedig mog wees. Hy seg hom verder dat dit hom seer angenaam sal wees as David terugkom dat hy weer by hom sal ankom. David denk ne, liwer ry ek twe dage om, as om by jou weer uit te kom, mar hy seg dit nie.

 

Met die gedagte hoe of dit George syn vader kan wees, dat George so'n suster kan hê; syn moeder was 'n andere vrou, een van die stil mense wat regte min praat, mar David merk dat sy nie so kwaad kan wees nie. Met die gedagte val hy in slaap en droom dat hy Ds. A...(wonderlik genoeg) 'n baing mooi preek in Afrikaans hoor doen.

 

Die ander oggend vroeg, toen almal nog slaap gaat David, sonder iemand wakker te maak, die deur uit, toen hy by die wa'ens kom brand daar 'n lekker vuurtjie en neef Flip, wat daarby gebly het, had 'n lekker koppie koffie klaar. Inspan en trek. Toen Meneer A ... en syn mense wakker word was David al omtrent 3 uur anderkant die dorp. David kon hom nie onthou om met 'n sug te sê an neef Flip: ‘'n arme verwaarloosde gemeente!’ ‘Hoe's dit mogelik’, seg hy, ‘hier is so baing skole en....’

 

‘Ja, en....’ seg David, ‘en trots en hoogmoed, meer as in enige gemeente waar ons nog deur gekom het, dit is

[pagina 150]
[p. 150]

die gedrag en voorbeeld van hulle predikant, wat die stomme mense na-aap, hulle is te beklage.’

Neef Flip kan die redenering van David mar glad nie vat nie. Hy denk as daar baing skole is en die mense die pure Engels praat of trag om te praat, as die mense nie meer seg Meneer A., mar Mr. A., dan bloei die gemeente baing. Daarom was hy so verwonder dat David kan sê: ‘arme verwaarloosde gemeente.’

Genoeg, wat David en Flip verder op die wa'e gepraat het sal ons daar laat, intusse moet ons tot die volgende hoofstuk oergaan om van 'n angenamer ontmoeting as by Meneer A....te vertel.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken