Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 151]
[p. 151]

IX.
'N angename kennismaking.

Oom Jan Vasvat en neef Daantjie Loslaat is mense wat deur die hele land bekend is, Wie herinner hom nie meer die samesprake van die twe mense wat ver enige jare in die Zuid-Afrikaan gestaan het nie? Neef Flip het al meer as eenmal by oom Jan Vasvat uitgespan, en hoewel hy 'n kleine omweg moet maak, wil hy tog die ou syn plaas nie verby ry nie. Hy wens oek dat David met hom moet kennis maak. Hy vertel an David waarom hy hotweg gedraai het, dat dit was om daaruit te kom.

Dit was so kort voor sononder toen hulle die gasvrije plaas inkom.

 

Hulle word hartelik verwelkom deur oom Jan en Neef Danie, die juis met Hannie en klein Jannie daar was om te kuier. Tant Mimie, goeje ou siel, was nog mar altyd ewe druk besig om hulle behoorlik te ontvang, soos altyd haar gewoonte was. Ewa, die ou meid van tant Mimie, brom wel dat sy nog patats moet skil en rys met resyntjies kook, mar dit was mar so haar gewoonte - tant Mimie is dit al gewoon.

 

Eers word die vee goed versorg - oom Jan syn stalle is groot en syn solders vol gerwe, hawer, rog en gars, net wat 'n hongerige perd of esel kan begeer. Toen Neef Flip syn voorneme te kenne geef om die nag in syn wa'e te slaap omdat daar so baing negosie goed in is, was oom Jan half kwaad, en seg daar sou niks van kom nie, by hom op die plaas is geen diewe nie, hy sal dit ver syn rekening neem as daar iets wegraak. Twe Afrika'ers van die Boweland sal op syn plaas in hulle wa'ens slaap om hulle good op te pas! Foei! so iets sou hy nooit vergeet, so lank as hy leef nie. Hulle moet nie denk omdat Danie en Hannie ook daar was dat daar maar één vry kooi is nie, seg tant

[pagina 152]
[p. 152]

Mimie; as hulle so denk dan sal sy ver hullewys dat sy nog plek ver twintig mense het. Waarom loop daar buite 80 ganse? Denk hulle miskien dat sy al die vere verkoop en self op strooi slaap, dan is hulle vêr mis.

‘Nou ja, vrou’, seg oom Jan, ‘ons weet jy het plek; sorg nou maar dat die meide nog 'n paar lekker hoenders klaar maak.’

 

Tant Mimie: ‘Wees maar nie besorg nie hartjie, die bowelanders sal kos oek kry, ek sal hulle nie lege maag laat slaap nie.’ Toen sy dit geseg het, sy kombuis toe, en net nou kan 'n mens hoor hoe die stomme hoenders skree, hoe die vuur brand, en hoe tant Mimie met Ewa en Candaas angaat. Neef Flip seg ver oom Jan: ‘Tant Mimie is nog maar nes altyd ik is somar bang om hier te kom, sy maak altyd so baing omslag.’

‘Ag ja,’ seg oom Jan, ‘ik het al meer as eenmal ver haar geseg: as jy eendag doodgaat, kan 'n mens gerus op jou grafsteen set DOODGEWERK, mar sy lag myn altyd uit, dit is nou so haar gewoonte, sy is altyd bang die mense sal kla. Maar kom, terwyl die vroumense klaar maak lat ons nou maar so lank na die voorkamer gaan en 'n lekker pypie opsteek, of as julle bowelandse heertjies miskien gewoon is om saroete te rook, die kan julle ook kry.’

 

‘Dankie oom, verm yn nie, ek rook nie,’ seg David.

‘Hoe, wat, 'n Afrikaner wat nie rook nie? Dis 'n seldsaamheid!’ ‘Die rook doet ver myn kwaad oom.’

‘Og, jy verbeel jou dit.’

‘Ne, regtig oom.’

‘Nou wel, daar is mense wat dit nie kan verdra nie, en daarom dwing ik geen mens nie; as ik die waarheid moet sê, wens ik oek dat ik nooit geleer het nie, dit is tog maar 'n anwensel, en dis makkeliker om dit an as om dit af te leer, dit kan ik jou verseker. Wil julle glo dat ik een tyd perbeer het om dit te lat staan en dat dit net moeilik is. Ja, julle lag, mar ik seg julle wat rokers is, perbeer net ver een week, dan sal julle sien.’

[pagina 153]
[p. 153]

‘Mar Pa’, seg Danie, ‘as dit nie goed is, of as 'n mens dit nie mag gebruik nie hoe kom sal die tabak dan groei?’

‘Ne, Danie, dis geen ekskuus, want daar groei so baing dinge - giftige dinge, wat ons versigtig genoeg is om nie te gebruik nie. Ik wens wel dat ik eendag 'n boek kon kry, waarin die behoorlik uitgeleg word of dit tabak goed is of nie. Ken iemand van julle so'n boek?’ Almal seg ne, en so stap hulle van die onderwerp af, en intusse was die voorkamer al donker van die rook.

 

Dat die gesprek o'er die vernaamste gebeurtenis van die dag, die anhegting van die Transvaalse Republiek loop, is lig te denk. Wat oom Jan syn gevoele oe'r die saak was, kan ons maklik raai - die eigenste gevoele van elke reggeaarde Afrikaner. Die ander lede van die geselskap troos hulle nog maar altyd met die hoop dat die memories sal help en dat dit sal blyk dat daar ergens 'n fout is of dat ou Slypsteen syn instruksie te buite gegaan het; maar oom Jan skud syn kop, hy verwag geen heil van Burgers syn protes en van die memories nie. Die tyd het ons geleer dat oom Jan gelyk had.

 

‘Maar arrie oom’, seg neef Flip, ‘vertel ons tog hoe gaat dit nog met Ds. Lekkerpraat en hoe kom het hy nooit syn reis na Europa verder vertel in die koerant nie?’

‘Ja myn liewe neef, as jy van Ds. Lekkerpraat spreek dan raak jy die regte snaar an om myn bedroef te maak.’

‘Hoe so dan, oom?’

‘Wel, hy is nie meer ons predikant nie, het julle dan nie gehoor dat hy 'n ander beroep angeneem het nie? Ja, kerels, dit het ik nooit verwag dat hy ons sou verlaat nie. Ik het gedag hy sal by ons blywe so lank as hy leef.’

‘Maar hoe kom is hy dan weg?’

‘Ja, dis 'n lange geskiedenis, en ik het geen lus om ou koeie uit die sloot te haal, en dit van haver tot gort te vertel nie. In korte woorde sal ek julle dit vertel: Toen hy na Europa was is die ding begin. Hier in die gemeente is 'n klein klompie onrus-stokers, wat al lanktyd geerger was om syn Afrikaans gesindheid en wat hom in alles die voet dwars set. Dit staat hulle nie an dat hy met al die

[pagina 154]
[p. 154]

nuwighede nie wil meegaan nie, mar by die ou pade blyf. Die grootste gedeelte van die gemeente hou baing van hom, en daaronder die vernaamste lede. Wat die klein klompie ontvredene te doen het, toen hy terug was van Europa, strooi hulle oeral die gerug uit dat meneer liberaal geworde is, en begin teen hom in die koerante skrywe. En nie alleen dit maar allerhande smerige paskwille gooi hulle op syn stoep en steek dit onder syn deur. In die begin het hy hom daar nie an gestuur nie, daar hy in syn hart oertuig is dat hy dit goed met syn gemeente meen en dat alles wat die vyande seg, lastertaal is. Maar soos 'n mens is, eindelik begin hy moeg te worde en het 'n paar mal in die kerk 'n bitjie hard gepreek en op 'n dag seg hy ver myn, as hy 'n anberoep kry dan gaat hy. Ik het alles gedaan wat in myn vermoge was om hom van gedagte te doen verander, maar ver niet. Nie lank daarna nie kry hy werkelik 'n beroep van -. Die vyand juig, want dit was uitgelek dat hy sou gaan, mar syn vrinde het hom per brief versog om tog te blywe. Te vergeefs, reeds die vollende Sondag maak hy bekend dat hy ons gaat verlaat. In kort, hy is weg en die onrusstokers het hulle sin gekry. Maar ag, basta, ik word so maar aardig as ik daaran denk. Watter predikant ons nou het? Ja wat sal ik sê, een wat allerhande nuwighede in die kerk invoer. As dit langer so anhou dan skei 'n gedeelte hulle net nou maar af, daar is al so'n praatjie onder die mense. Julle moet nie ver julle verwonder as dit so kom nie, maar meer mag ik nie se nie, en wil ik oek nie. Dit nog om julle vraag te beantwoode waarom Ds. Lekkerpraat nooit syn reisbeskrywing voortgeset het nie: onder al die trawalla is dit in die steek gebly; maar wie weet wat hy een dag doet.’

 

Toen oom Jan syn hart uitgepraat het, neem die gesprek 'n ander rigting o'er die droogte waar deur so baing ve omgekom het, ens. Hulle was nog druk besig met gesels, toen Hannie kom sê dat die mense moet kom eet.

[pagina 155]
[p. 155]

Tante Mimie had by myn siks - 'n hele tafel kos gemaak. Hoe die ou vrou dit so gou reg kry, sou ik graag van haar wil leer. Verbeel jou, tot ryskluitjies was daar op tafel! Sy had geseg die Bowelanders sal nie leeg maag gaat slaap nie en sy het haar woord gehou. Onder die gesprekke an tafel kom dit uit dat David nog ver familie is, en oom Jan beloof, as hy eendag met syn vrou na die Boweland kom, dat hy seker by David syn ouwers sal ankom. As dit gebeur sou ik wel daarby wil wees as die twe ou patriotte an gesels raak! Na die ete, toen die avondgodsdiens verby was, rook die rokers nog 'n pypie, en die gesprek sou seker tot die ander oggend angehou het, as oom Jan om half twaalf, nie opgestaan was en geseg had: dat hy nie meer so jonk was en na syn kooi verlang.

So's tant Mimie haar kos was, so was oek haar vry kooi, net gaaf; sy had nie verniet gespog nie - Flip en David duik weg en slaap as of hulle die skade wil inhaal. Of dit van al die vleeskos was, weet ik nie; maar hulle droom alles deurmakaar. David was in die Kaap en siet Catharina en wie weet wat meer.

Die ander oggend wou hulle met krag en geweld verder; maar oom Jan praat hulle so om, dat hulle nog blyf tot na die middag om 3 uur. Die oggend het hulle nog so'n klein jagpartytjie opgemaak. Oom Jan, so oud as hy is, ook saam, op syn ou skietperd ‘Tromp’. Tot beskaming van almal, want hulle het niks geskiet nie, brand die ou kerl losen skiet 'n knewel van 'n springbok.

Na 'n hartelikke afskeit van oom Jan, tant Mimie, neef Danie en nig Hannie set hulle die reis vort, met die vaste voornemen om weer daar an te kom as hulle terug kom. Terwyl hulle vortgaat en by al die afgesproke plekke briewe van die Boweland kry en beantwoord, word dit tyd dat ons terug keer Kaap toe!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken