Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 156]
[p. 156]

X.
Advokaat X. in Moeilikheid.

As iemand groot wil lewe dan moet jou beurs en jou inkomste daarna wees ook anders gaat dit nie,

 

So's die leser weet was Advokaat X. 'n man wat ho'er wil vlieg as syn vlerke lank is. Hy had 'n goeje praktyk en verdien fluks geld, maar syn uitgawe was bowe syn inkomste. Sodoende was hy al dieper en dieper in die skulde geraak. 'n Twede verband op syn mooie woonhuis had hy by een van die Kamers teen 6 per cent gekry. Syn lewenspolis, want hy was ver £1,000 verassureer, was al verbonde in 'n bank. Hy siet self as dit so angaat dan moet hy eendag na die Master. Suiniger, baing suiniger lewe, dis al wat daar op staat, of hy moet spekuleer in andeele denk hy. Hy kies die laaste pad en denk daardeur weer bowe Jan te kom, maar wie seg, om ‘shares’ te koop moet hy van die krediet wat hy het gebruik maak om geld by die banke op te neem op wissels waarvoor hy tot 7 per cent moet betaal. Die andeele betaal nie sulke dividente as hy verwag het nie, en in plaas dat hy daaruit kom raak hy dieper daarin. Daarby kom nog dat hy een spekulasie, namelik 'n weddingskap op 'n resieperd verlies dit was so eventjies £300. In die begin het syn goeje vrinde met alle pleisier accommodatie wissels ver hom geteeken, maar toen hy gedurig kom om te vernuw begin hulle 'n bietjie steeks te worde. Omdat daar in die Kaap baing banke is, kon hy die spulletjie 'n tyd lank vortset en by die eene bank geld trek om die ander te betaal, maar as iemand eers so ver is dan is die einde nie meer ver af nie. Van syn skoonvader kan hy geen oortjie meer kry nie, hy het die ou kerel al diep genoeg ingetrek en al syn mooi praatjies en soet broodjies wat hy bak help nie. Menige dag as hy 's morgens opstaat weet hy nie hoe hy

[pagina 157]
[p. 157]

voor drie uur as die bank sluit geld sal kry om syn wissel te betaal nie. Hy weet as daar eers een wissel o'ergegewe word dan is syn krediet ook ver goed die nek ingeslaan. Had hy nou nog maar begin om syn spandalige leefwys op te gewe, had hy maar syn onnodige fraaie rytuig afgeskaf, wat hom so baing geld kos, dan kan die ding nog geloop he. Maar wie seg? Hy denk altyd hy moet syn stand ophou. Om al die sorg te verdrywe neem hy so's baing ongelukkige mense syn toevlug tot die drank en dink in die bedwelming van die wyn syn troos te vinde. Arme man! ja beklagenswaardige mense, wat dit doet!

 

Catharina merk wel dat haar pa hoe langer hoe slegter van humeur word, en dat hy an tafel meer drink as vroe'er syn gewoonte was, maar sy weet die rede nie - hoe sou sy dit ook weet - sy wis nie beter of haar pa was een van die rykste mense in die Kaap. Di's maar goed ook dat sy dit nie wis nie; want sy had alles behalwe 'n angename dag in haar ouwers huis.

 

Nou en dan as klein Pieter haar stilletjies 'n brief geef, wat van David kom, was sy weer wat opgebeur; maar tog die sorg kwam daar weer by, as haar pa eendag die briewe in hande kry, hoe sal dit dan gaan? Menigmaal as sy haar kamerdeur toegesluit had sit sy nog 's nags om twaalf uur an David te skrywe, uit vrees van ontdek te worde; en dan hoor sy soms nog hoe haar pa hardop in syn slaap praat of opstaat en na syn kantoor gaat. Daar was iets verkeerd, maar wat kon dit wees? Meer as eens had sy al met haar ma gepraat, die wis daar meer van; maar sy wou Catharina dit nie vertel nie.

 

Donkerder en donkerder werd die toekoms ver meneer X. - Een van syn vrinde, wat al tot omtrent £1000 ver hom geteken had, was die swa'er van die kassier van 'n bank; en ofskoon die kok nie uit die kombuis mag klap nie, en die kassier nie uit die bank nie, gebeur dit daarom tog.

Die kassier had ver hem geseg: ‘Swa'er, as jy van X kan afkom, doet dit; want ik geloof nie dat syn sake al te goed staat nie!’ Nou was dit juis die vrind, syn beste

[pagina 158]
[p. 158]

vrind, waarop hy die meeste staat gemaak het. Verbeel jou dus syn verwondering, toen hy by hom kom om 'n vernuwing, dat syn vrind rondweg weiger en seg: ‘nee X by lewe en sterwe ('n mens is sterfelik) is dit nie goed om verder te gaan nie. Ik doet geen stap verder nie; laat 'n ander nou weer teken, jy het mos baing vrinde.’ Al syn prate help nie, syn vrind verseg dit om syn naam weer op papier te set. O'er twe dage verval die wissel, wat word daarvan as hy nie kan betaal nie. Nog één raad, - syn rytuig en pêrde en huismeubels verbind by 'n woekeraar en kryg daar £400 op, genoeg om die eerste wissel wat verval op te neem. Maar hoe lank duur dit of daar verval weer ander wissels?

 

An tant Kaatjie had hy al 'n mooi brief geskrywe om te sien of hy van haar nie nog bietjie geld kon kry nie; maar die goeje siel had nie, anders had sy dit seker gegewe; dit was maar goed ook. Sy was egter verwonder dat 'n man soos haar neef, wat so baing geld verdien, by haar 'n ou weduwe geld te leen vraag - sy had gedag dat hy eerder die verband wat sy op syn huis had sou fabetaal. Sy wis nie hoeveul geld daar nodig is as iemand wil lewe soos haar neef!

 

Om kort te gaan, wat meneer die advokaat gevrees, en die lesers al vooruitgereken het, gebeur. Geld was op, krediet was weg. 'n Wissel verval en word nie betaal nie. Die andere krediteure val op hom an so's aasvo'els - geen ander weg oop as boedel o'ergewe.

 

Op 'n middag kom hy thuis om te eet en seg an syn vrou en dogter: ‘Ik is gedaan - ons is bedelaars!’

 

Syn vrou begin bitter te huil. Catharina verstaat daar nog geen woord van en vraag: ‘Hoe so pa?’

 

‘Arme kind! seg hy, ‘verstaat jy dit dan nie? moet ik met myn eige mond dit uitspreek? - Ons is bedelaars! - pa is bankrot - hy het syn boedel o'ergegewe! Die huis waar ons in woon, sal binne kort 'n ander syn wees, tot die stoele waar ons op sit en die bord waar jy van eet sal verkoop worde. - Ik is bankrot, hopeloos bankrot!’ -

[pagina 159]
[p. 159]

en hy skree so hard en syn oge rol so in syn kop dat dit naar is so woes as hy daaruit siet, bekwaam om enige daad te doen.

 

‘O, wat sal die wereld sê; hoe sal hulle met myn spot; waar is myn goeje vrinde nou? had hulle maar gewil dan had dit nie so ver gekom nie.’ En so gooi hy die skuld op syn vrinde. Weet hy dan nie dat die ou spreekwoord seg: ‘As die suikersak leeg is dan trek die vliege?’

 

‘O, ik kan myn kop nie buiten die deur steek nie; morge kom dit in die koerante; ik kan nie in die kolonie bly nie. Eén weg is daar voor myn, Vrystaat of Transvaal toe, daar is ik onbekend; daar kan ik myn weer opwerk,’ en so praat hy alles deur makaar.

 

Catharina begin eindelik te verstaan wat dit is bankrot te wees, tot haar fraai klavier en naaimasien sal verkoop worde - en David, wat sal hy sê? Sy moet met hom afbreek - sy is mos nou 'n bedelaarster! Arme Catharina!

 

Die vollende dag staat dan ook al in die koerante: ‘Nuwe Insolventies: Advokaat X van die Kaapstad: skulde £ -, te kort £ -,’ die hele wereld lees dit, ook Oom Jan op ‘Welgelegen’.

 

‘Raai’, seg hy an syn huismense, ‘die nooitjie van die Kaap, wat laas hier gekuier het, haar pa is bankrot, dit staat in die koerant.’

 

Tant Betjie seg: ‘Foei, die arme man, en die arme kind, sy was gewoon om so groot te lewe.’

 

Lenie skrik so, dat sy byna van haar stoel afval - sy denk an David. Hoe sal dit nou gaan? Sy het al swarigheid gehad dat haar pa nooit an David consent sal gewe en nou nog minder. Sy weet hoe David moet voel as hy dit lees in die onderveld.

 

Die ander dag ontvang sy 'n brief wat byna onleesbaar was van die trane wat daar op geval het, van haar vrindin Catharina. Sy skryf haar dat haar pa deur onvoorsiene omstandighede (neem haar nie kwalik, sy wis nie beter nie) verarm is. Dat binne kort syn goed verkog sal

[pagina 160]
[p. 160]

worde en hy graag siet dat sy die dag nie thuis is nie, dat sy daarom by haar tant Kaatjie ver 'n tydjie kom kuier. Sy seg verder dat daar die sake so staat, dat sy van David sal moet afsien; mar dat sy onmogelik dit ver hom selwers kan skrywe, daarom versoek sy Lenie om dit te doen. Waarlik geen angename taak ver die arme Lenie nie.

 

Nog die einste dag neem Lenie met baing sugte die pen op en skryf an David die treurige nuws so sag as mogelik. Die betraande brief van Catharina sluit sy in.

 

Intusse kom die dag an dat meneer X syn goed verkoop sal worde. Catharina is buite by haar tant Kaatjie en jufvrouw X by haar broer an Groenpunt om die ellende nie by te woon nie.

 

Vergeef myn leser, maar was jy al ooit op so'n vendusie? Het jy al ooit gehoor hoe 'n arme vrou te keer kan gaan, as al haar goed, tot haar kleerkas en kooi toe, opgeveil word? Ik voor myn het daar genoeg van gesien en wil sulke tonele liefs nie bywoon nie. An die één kant is die mense, wat kom koop, onbarmhartig vrolik; hulle loop van die een kamer in die ander; hier het hulle 'n anmerking op te maak, daar verkoop hulle 'n grap, terwyl die arme vrou met rood gehuilde oge van die een kamer na die ander die mense ontvlug; maar (in haar eige huis had ik byna geseg,) geen plekkie kan kry om alleen te wees nie. Ver 'n man, wat deur 'n ongeluk bankrot raak, het ik reg jammer! ver iemand wat deur sy ei'e toedoen bankrot raak nie; maar ver die arme vrouens het ik dubbel jammer, hulle ly gewoonlik die meeste daaronder. Maar ons dwaal af.

Tant Kaatjie had, omdat Catharina haar peetkind is, haar klavier, kleerkas, naaimasine en eenige andere dinge ver haar laat inkoop. Die ou vrou was baing jammer ver haar; maar sy kon maar nie begryp, hoe dit mogelik was dat 'n man so's haar neef bankrot kan gaan nie.

Die pragtige woonhuis haal skaars genoeg om die twe verbande op te breng. Die perde gaat goeje pryse maar die mooi rytuig word ver half geld weggegewe, ewe so met die meubels en andere huisraad.

[pagina 161]
[p. 161]

Meneer X ondervind nou die waarheid dat in die nood 'n mens jou vrinde kan leer ken. Met moeite kan hy onder syn vrinde iemand vinde, wat syn noodsaaklikste boeke wil inkoop. Waar hy vroe'er 'n welkomene gast was, siet hy nou onvrindelike gesigte. Die wat vroe'er te'en hom opgesien het, syn mindere, wil hom nou skaars groet; in één woord hy, wat dikwils met armoed gespot het, ondervind nou wat dit is om arm te wees, - en armoed is dubbel swaar ver iemand wat gewoon gewees is in alle prag en stasie te lewe, hy het gebrek an, of voel die gemis van honderde dinge, wat iemand die in armoed groot geworde is, miskien nie eens by name ken nie. In die stilte van Groenepunt verdwyn hy voor 'n tydjie van die woelige toneel van die Kaapstad; 'n christelikke vrind, wat daar woon, geef hom kos en inwoning totdat hy planne ver die toekoms maak. Ons laat hom daar, en keer terug na David.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken