Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 162]
[p. 162]

XI.
David in die Transvaal hoor die nuws en kom na huis.

David syn reis was tot nog toe seer voorspoedig gewees. In Bloemfontein, waar hy so baing van gehoor het, had hy mar gou gemaak om weer uit te kom; want so'n Engelse plek en dat nog al in die Vrystaat had hy nooit verwag. Met uitsondering van die setlaarsdorpe in die Oostelikke Provincie is daar in die hele Kolonie geen plek wat so Engels is as Bloemfontein. David was verstom!

O'er die toestand van sake so's David dit in die Transvaal angetref het, swyg ons, altyd met die hoop dat hy self syn verhaal eendag sal lat druk. Een ding kan ons egter nie verswyg nie, en dit is, dat hy te vergeefs na die 98 uit die 100 gesoek het, wat volgens skrywe van Ds. Jooste sodanig bly was dat hulle land in ander hande was o'ergegaan, hy kon hulle maar nie vinde nie. Die gasvryheid van die Transvalers is genoeg bekend ook, om daar iets van te sê.

 

Op Pretoria lees hy in die Zuid Afrikaan die nuws, dat Catharina haar vader syn boedel o'ergegewe het, en kort daarna ontvang hy die brief van syn suster Lenie met die ingeslote brief van Catharina an haar. Die nuws had op hom glad 'n te'eno'ergestelde uitwerking as die wat Lenie verwag had. Ofskoon dit hom van harte spyt dat Catharina haar vader op die fles is, was die mo'entlikheid om haar te kry, tog nou veul sekerder as eers. Hy reken meneer X. sal nou miskien 'n ander taal praat as hy ansoek doet om die hand van syn dogter; want arm of nie arm, daaran steur hy hom nie; syn liefde was iets anders as die onding wat in ons da'e ver liefde deurgaat, maar waar dit eintlik die geld is en nie die nooi, wat een na vry. Hy had Catharina lief om haar selwers, nie om die geld of

[pagina 163]
[p. 163]

die stand van haar pa. Van haar afsien, nooit is nooit! Hy had haar nou liewer as ooit en dit skryf hy haar ook en sluit die brief an Lenie in, daar hy denk dat sy nog by tant Kaatjie sal wees as Lenie die brief ontvang.

 

David had nou wel gepraat volgens syn hart, maar dit was 'n ander saak wat syn vader daarvan sal sê.

 

Hy verlang al weer na die Boweland, - na syn ouwers en Catharina, en hy was bly die dag toen hulle draai. Hulle wa'ens, karre en negosiegoed was goed verkoop en verruil. In die Vrystaat had hulle 'n mooi klomp osse gehandel, die helfte waarvan hulle met 'n flukse wins op die Diamantvelde van die hand set, toen hulle opkom.

 

Hulle maak die draaitjie en kom weer by oom Jan Vasvat uit, waar hulle met blydskap ontvang word en die doopmaal bywoon van nig Hannie haar twede kleintjie, 'n waspoppie van 'n dogtertjie. Oom Jan draag an David 'n heel boel commissies op, wat hy ver hom in die Kaap moet verrig en met die beste wense vertrek hulle.

By meneer A ... gaat hulle nie an, ofskoon hulle o'er die dorp moet en so te sê verby syn deur. David had nog genoeg van die vorige besoek.

Die veld was o'eral mooi waar hulle deurkom, sodat hulle nog al tamelik vinnig kon trek, ofskoon Flip ver David partykeer moet keer. Want had hy syn sin gehad dan was hulle osse seker so afgejaag dat hulle brandma'er bowe gekom was en dit sou nie betaal nie.

By Ceres verkoop hulle 'n gedeelte van die mooiste osse an die slagters ver 'n groffe som. Neef Flip seg as David lus het dan kan hy maar op die trein klim dan sal hy en die jong die osse alleen anbring. David laat hom dit nie twemaal sê nie. Die aant toen die mense net sou begin met lees gaat die deur oop en David staat so onverwags in hulle midde. O, die blydskap! Tant Betjie huil en Lenie huil...almal spring op van hulle stoel. Dit was 'n groete en 'n vra'e, David wis nie wie hy die eerste moes antwoorde.

Hoe oom Jan syn avondgebed was, kan ons begryp. - Die gewoonte in oom Jan syn huis was om vroeg te gaan

[pagina 164]
[p. 164]

slaap; maar die aant gaat hulle o'er die tyd. David had so baing te vertel, dat hy die hele nag wel kon anhou. Eindelik seg die besorgde tant Betjie, wat maar gedurig haar bril moes afhaal om haar oge uit te veeg; ‘kom basta nou, David is seker moeg, morge kan hy by lewe en gesondheid weer vertel.’

 

Voor hy gaat slaap, vraag hy nog an Lenie: ‘Hoe is dit met Catharina, wanneer het jy van haar gehoor?’

‘Gister,’ seg Lenie.

‘Is sy nog by tant Kaatjie?’

‘Ja!’

Dat David die nag lekker slaap, van Catharina droom en die plan maak om haar die ander aant te gaan besoek, kan ons wel raai.

Die ander dag had David nog honderde dinge te vertel en honderde vra'e te beantwoorde. 'n Uurtjie voor sononder saal hy syn pêrd op en ry na 'n plek, wat ons wel weet, - na tant Kaatjie namelik.

‘So, Dawie, myn kind!’ seg tant Kaatjie, het jy van die tog gekom. Di's goed van jou om an te kom en jou gesig te wys. Gaat maar in die voorkamer; myn nig Catharina van die Kaap is daar, jy ken haar mos? Ik kom net nou maar.’

Dit was so net na David syn sin.

‘Catharina!’ seg tant Kaatjie toen sy die deur oopmaak, ‘hier is jongeheer M ... jy ken hom mos, hou hom so lank geselskap; ik kom net nou;’ en sy stap weg.

Catharina skrik so, toen David voor haar staat, dat sy geen woord kon praat nie.

‘Eindelik dan’, seg David, ‘siet ek jou weer, myn hart. Hoe bleek en ma'er is jy. Het jy om myn getreur? Het jy baing uitgestaan?’ Hy vat haar om haar nek. Haar koppie val op syn bors.

Sy huil ... Toen sy weer wat bedaar het en haar oge afgedroog, kom tant Kaatjie in die kamer met haar breiwerk en so was daar in die eerste halfuur geen kans om o'er andere dinge te praat as o'er David syn reis.

[pagina 165]
[p. 165]

‘Jy hou mos baing van musiek, Dawie?’ vraag tant Kaatjie.

‘Catharina is in die laaste tyd baing droefgeestig, nou ja, die arme ding het baing uitgestaan. Dit sal haar goed doen om 'n bietjie te speul. Toe dan, myn kind, speul dan 'n stukkie ver Dawie, ik gaat so lank klaar maak om te eet.’

Catharina speul net een stukkie, toen gaat tant Kaatjie weg. Om die waarheid te sê was David bly.

Catharina seg ver hom: ‘David, jy het alles gehoor, jy seg dat Lenie myn brief an jou gestuur het. Ik het jou brief uit die Transvaal ontvang maar myn besluit is onveranderlik. Ik is arm, jy moet van myn afsien. Hier is jou ring’...en sy huil weer.

‘Van jou afsien? Nee, jy ken myn nie! Denk jy dan dat ik jou om jou geld gevraag het? Is ik dan ryk? Hou die ring, geen ander meisie sal dit ooit dra nie.’

‘Ik mag nie, ik mag nie! ... jy is 'n beter vrou wêrd. Ik is die dogter van 'n arme bankroetier, jou vader is 'n ryke man’ ...

‘Kan jy dan daarvoor dat jou pa 'n ongeluk gehad het, dat jy arm is?’

‘En jou ouwers, jou vrinde, wat sal hulle sê?’

‘Niks kan hulle sê as hulle hoor dat ons verloof was eer jy arm geworde is. Juis dit doet jou hart eer an, dat jy nou myn woord terug wil gewe. Maar ik wil myn woord nie terug hê nie.’

‘O, David, spaar myn die verdriet, jy weet nie in hoe 'n tweestryd jy myn bring om myn besluit te verbreek.’

‘Juis daarom is ik dadelik hier na toe gekom en ik gaat nie weg, voor jy myn weer die gelukkigste mens onder die son gemaak het nie.’

‘O David jy weet nie wat jy vraag nie!’

‘Ja ik weet goed wat ik vraag. Het jy myn dan nie meer lief nie?’

‘Foei, hoe kan jy so denk?’

‘Sou jy dan met 'n ander man gelukkig kan wees?’

‘Nooit!’

[pagina 166]
[p. 166]

‘Wat wil jy dan doen?’

‘So bly! Daar is baing meisies, wat so gebly het. Nie omdat hulle nie ansoek gehad het nie, o nee; ik ken verskeie wat 'n goeije huwelik kan gedoen het; maar verkies het om maar nie te trou nie, en hulle is daar glad nie ongelukkiger om nie. Onse lieve Heer sorg ver hulle, en ik sal met skoolhou of met handwerk ook myn kos kan verdien.’

‘Ik het eerbied ver sulke meisies en het nooit met hulle gespot, so's die wereld dikwyls doet; maar sien jy, in jou geval is dit anders. Die meisies het miskien meer as eens 'n goeije huwelik kan doen, maar hulle het die mans wat ansoek gedaan het, nie lief gehad nie en daarom is hulle liewers ongetroud gebly, dis volkome reg en strek hulle tot eer; want as die liefde maar van een kant moet kom, dan is dit geen gelukkige huwelik nie; maar jy erken dat jy myn lief het, en ik jou; jy sou dus nooit so tevrede kan wees as hulle, Seg nou byvoorbeeld, dat ik myn moet terug neem en met 'n ander meisie trou, hoe sou ik trou? Sonder liefde. Ik sou dan gedurig an Catharina denk en jy an myn, en so sou ons, al twee ver ons schriklik besondig. Ik weet dat dit dikwils gebeur; maar mag dit, is dit reg? Kan daar segen in so'n huwelik wees? Toe andwoord myn!

‘Nê, ik moet jou gelyk gê.’

‘Wel, denk daaro'er na, en kyk of jy myn versoek kan weiger.’

‘O! wat moet ik doen? wat moet ik doen?’

 

‘Wat jy moet doen is, die ring wat jy nog altyd in jou hand hou, weer in jou vinger steek, en dit daaran hou tot jy daar eenmaal mê in jou graf sal daal.’

 

Hy neem die ring en steek dit weer in haar vinger; sy laat dit toe.

 

‘So, seg hy, nou is alle verkeerde besluite op 'n end en kwel jou nix langer met allerhande gedagtes nie; an die wereld sal ons ons nie steur nie.’

 

‘En an jou familie en an jou vader?’

[pagina 167]
[p. 167]

‘An myn familie ook nie, en wat myn vader angaat, hy het myn nog nooit iets geweiger nie, en in so'n gewigtige saak as 'n huwelik, waar myn aardse geluk an hang, sal hy na rede luister; ik ken hem, hy is myn vader en hy sal myn geluk nie te'enwerk nie.’

 

Die slot van die saak was, dat Catharina gelukkiger voel as sy ver 'n lang tyd was. Die swarte onweers wolke, wat lank o'er haar hart gehang het, gaat oop, en die son van geluk ver die toekoms kom deur en skyn vrindelik, as of hy goed wou maak dat hy so lank verborge was gewees.

 

Die ander dag was Catharina vroliker as voorheen. Tant Kaatje seg ver haar: ‘Dis goed ver jou myn kind, dat jy geselskap ontvang. Die gryse ou vrou wis nie die rede nie, had sy dit geweet sy sou haar verbly; want Dawie was in haar oge, 'n jonkman soos sy graag ver Catharina wou hê.

 

* * * * * * *

* * * * * * *

 

'n Week na die ankoms van David was daar vendusie van die orige osse. Vlees was net skaars en hulle haal goeije pryse. Toen David afreken met neef Flip, kry hy juis £225 skoon geld ver syn andeel in die tog. Al had hy ook gen stuiwer gekry, seg hy, sou hy tevrede gewees hê; want hy had baing van die land gesien, wat hy voor geen geld wou mis nie.

 

Daar David van syn kindsdage af altyd spaarsaam was, en die geld van syn eerste varkie en kalfie in die bank had geset, en toen hy later met pêrde begon te handel, waarme hy nog al tamelik gelukkig was, kon hy nou as hy eendag 'n plaas mog koop, dadelik 'n £500 af betaal; want dit was syn besitting, - menigeen het met minder begin as dit - baing lesers sal sê: ‘ik ook.’ - Skrywer dito.

[pagina 168]
[p. 168]

En nou nader ons storie syn einde. Wie weet hoeveul lesers daar is wat seg: gelukkig tog; want dit het myn al lank verveel! Wel is dit so, laat hulle dan eendag 'n storie skrywe, wat ons nie sal verveel nie!!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken