Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige
[pagina 169]
[p. 169]

XII.
Besluit.

Ons moet nou 'n flukse sprong neem en so mar o'er 6 maande heen stap. Dit kon nie langer verborge blywe dat David vry, of liewer verloof is; want hy ry kort, kort uit. Catharina woon nog altyd by tant Kaatjie.

Toen tant Kaatjie hoor, dat David en Catharina verloof is, was sy te danig bly en seg dat sy Catharina 'n bruidskat van £500 sal gé as sy trou.

 

Oom Jan was eers obstinaat, hy wil daar nie van hoor dat David sal trou met 'n nooi, wat nie kan brood bak en slag en melk nie. Wat maak so'n vrou op 'n boerplaas? vraag hy. Tant Betjie had daar niks op te'en, en seg: sy sal Catharina wel leer werk; die ander maal toen sy daar gekuier het, het sy tant Betjie wel beval. Dat sy arm was kon nou nie meer in anmerking kom nie, nou tant Kaatjie haar so'n bruidskat sal gewe en as die ou vrouw sterf, kry sy oek nog 'n goeje klomp. - David had dus syn moeder op syn hand, en ons weet 'n moeder kan baing uitwerk. Sy seg oek an haar man, dat hy David nie moet te'engaan nie; en na syn ou vrou luister oom Jan meer as na iemand anders, sodat hy eindelik syn consent geef.

Enige tyd daarna ry hy en David Kaap toe om met Catharina haar vader te praat - haar moeder had sy in die tussetyd verloor.

 

Meneer X was glad verander; hy was onder al die te'enspoed wel 10 jaar ouwer geworde; maar die te'enspoed was heilsaam ver hom gewees. Tant Kaatjie had hom al reeds omstandig geskrywe en by hom angedring om tog geen struikelblokke in die weg te lê nie. Sy had David 'n baing goeje karakter gegewe en ook haar planne met Catharina aan haar vader bekend gemaak. Toen oom Jan en neef David dus daar kom was meneer X. heeltemaal

[pagina 170]
[p. 170]

handelbaar, wat kon hy onder omstandighede oek doen? Van agter had hy spyt van die brief wat hy in die tyd an David geskrywe het, en hy vraag hom om ekskuus, wat David an syn aanstaande skoonvader van alle harte skonk. Hy beloof dat hy binne kort self by tant Kaatjie sou kom kuier en Catharina o'er die saak spreek. Hy stem toe dat die dag bepaal kan worde wanneer dit oom Jan gelege kom, dan kan hy en David oek daar wees. Op die bepaalde dag was hulle daar en die saak word beklonke tot genoege van alle belanghebbende. Hulle sal nog eers 'n jaar by oom Jan inwoon sodat Catharina met die pligte van 'n vrou in 'n boerdery kan bekend worde, dan sal oom Jan uit syn affaire gaan en David sal saam met syn oudste broer die plaas o'erneem.

 

Meneer X. die 'n nuw blaadjie omgeslaan had, sou na die huwelik van Catharina met David, na die Vrystaat gaan en syn verlore fortuin soek te herstel. Hy sal seker 'n knappe landdros uitmaak.

 

Die huwelik had plaas in alle stilte hoewel niet met 'n Liksens; want daar was oom Jan verskriklik op teen - né die gebode moes behoorlik in die kerk afgelees worde en in die kerk moes hulle trouw daar staat hy bepaald op. By tant Kaatjie was 'n maaltyd angerig, waarop die familie en 'n paar vrinde genodig was; dit was al bruilof. Dit sou oek nie gestaan het, om baing omslag te maak nie; want Catharina haar moeder was nog maar ruim 3 maande dood.

Onder die gaste tel ons, raai wie? Klein Pieter in eige persoon! Die klein kerel was baing vrolik. Verder Kandidaat A.... Dit moet ons nie verwonder dat hy naas Lenie sit nie. Hendrik L....het goed gesien, die kuijery werd elke vacantie herhaal en die end van die saak was, dat hy Lenie gevraag het of sy nie sin het eendag 'n predikantsvrou te worde nie. Sy had geen objectie om syn vrou te worde nie, en o'er 'n paar maande, as hy syn proponents eksamen gemaak het, sal hulle trou. Oom Jan het sonder aarsel syn toestemming gegewe; maar met George A.... syn vader het dit nie so gemaklik gegaan nie, dit het menige harde brief gekos. Hy was maar al

[pagina 171]
[p. 171]

besorg dat Lenie geen Engels ken nie, en so iemand wou hy ver syn skoondogter nie erken nie. Toen syn seun hom egter gerus stel dat sy goed Engels ken, was syn hart gerus en had hy geen ekskuus meer, ofskoon hy liewer gesien had dat syn seun 'n vrouw in Skotland gaat haal het, dan was hy sekerder van syn saak. Sou die goeje man tog nie eendag tot o'ertuiging kom dat hy ywer sonder verstand? Ons wil dit hoop.

Van die orige vrinde in ons geskiedenis kon ons nog sê: dat Jan H...sedert getrouwd is en nog altyd ewe dapper die regte van die Afrikaanders verdedig.

Oom Jan Vasvat en tant Mimie was regtig eendag opgekom na die Boweland en hulle het 'n hele week op ‘Welgelegen’ gekuier. Die gesprekke van die twe oom Jans was alles wat 'n mens maar kan hoor, genoeg om 'n boek vol te skrywe; en die twe tantes het genoeg gepraat om ver die niggies 'n nuttige boekie vol te skrywe. Wie wil dit onderneem? So's oom Jan Vasvat verwag het, is dit ook gebeur; 'n gedeelte van syn gemeente het hulle om al die nuwighede van die predikant, wat in die plek van Ds. Lekkerpraat gekom het, afgeskei, en hulle gaat 'n nuwe dorp aanleg. Mog dit hulle wel gaan! Van die o'rige vrinde val niks bisonders te melde nie.

David en Catharina leef regte gelukkig op ‘Welgelegen’; sy begin al heeltemaal te leer werk; insuur en o'ersuur gaat al goed, brood knee is nog bietjie swaar seg sy; maar teen dat David self die plaas het, sal sy dit oek wel ken. Tant Betjie is te danig tevrede met die vordering wat sy gemaak het, en almal het hulle Kaapse sussie lief.

Die jong paar wens tot besluit: dat al die neefs en niggies as hulle eendag trou, net so gelukkig mag lewe as hulle; maar dat hulle nie so baing te'enspoed in hulle vrijery mag ondervinde as hulle twe ondervonde het nie

Mog David en Catharina lang en gelukkig lewe, seg die skrywer eer hy syn pen neerleg - Wie seg meer so?

 

END.


Vorige

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken