Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 3]
[p. 3]

Voorwoord by die eerste druk.

Dis 'n probeerslag hierdie. Die veld is so ruim, dat 'n enigsins volledige handboekie alleen saamgestel kan word met die hulp van belangstellendes uit verskillende dele van ons land, en dit eers na jare van inspanning en vlytige bymekaarmaak.

Die Afrikaner hou van sulke uitdrukkings. Luister maar na die lewendige verhaaltrant van die ongeleerde, plattelandse Boer en ons sal gou uitvind, dat die geheim van sy kuns toegeskryf moet word aan sy skilderende spreekwoorde, uitdrukkings en vergelykings.

Dis die dingetjies wat die toehoorder kielie! En wie kan beweer dat dit 'n blote pronkery is en net die storie rek?

Daar bestaan reeds 'n spreekwoordeboekie, nl. Afrikaanse Idiome, Spreekwoorde en Segswyse van P.I. Hoogenhout en J.J.A. Schoeman, maar hierdie een wou 'n bietjie meer gee.

Afrikaans word meer en meer populêr. Ons Engelssprekende medeburgers voel ook die behoefte, om met die ander offisiële taal kennis te maak. Vandaar dat ons probeer het om naas die kort, maar na ons hoop, saaklike betekenis van die spreekwoord, ook die Engelse ekwiwalent of 'n vertaling te gee. Dit was die moeilikste gedeelte van die werk, en dit het ons ook op meer as een plek lelik noustrop laat trek!

Volledig en volmaak is die werkie seker nie.

Baie spreekwoorde leef in verskillende vorms in ons land. Onder plaaslike en ander invloede het hulle verskillende betekenisse aangeneem. So sal meer as een persoon nie eers die vorm, wat hy as algemeen bekend beskou, hierin aantref nie. Maar met u hulp geagte leser, hoop ons om geleidelik die nodige aanvullings te maak.

'n Groot gedeelte van ons spreekwoordeskat is erfgoed. Daarom was dit moeilik om oral 'n duidelike streep tussen die geldende vorm in Afrikaans en die boekvorm in Nederlands te trek. Baie is seker na analogie gevorm. Ons kan egter ook nie help om te dink nie, dat die eerste gebruiker van die afwykende (?) vorm ook maar ‘die klok hoor lui het, sonder om te weet waar die bel hang’.

Vir die taalvorser en die student van Afrikaans is sulke dinge belangrik en hoogs interessant, maar dit help nie om hier oor die vorm te stry nie. Die beste sal nog wees as elke gebruiker ons wil help, om die ander vorms ook in hande te kry. Ons wil dan ook met dié doel 'n allerernstige en goedgemeende beroep op elkeen maak - die leerlinge nie uitgesluit nie. Laat Helpmekaar ook hier ons wagwoord wees. As twee hande mekaar was, dan word hulle albei skoon. Stuur dan asb. alle raad en hulp aan die eerste samesteller, T.U.K., Pretoria.

[pagina 4]
[p. 4]

Die Afrikaner-volk is nog altyd as godsdienstig beskou en as ons dink dat die ou Statebybel nie alleen die spelboek nie, maar ook die hoogste wetboek van die Voortrekkers was, dan is dit gladnie snaaks, om baie spreekwoorde wat direk aan die Bybel ontleen is, in ons taal aan te tref nie. Hulle is baie bekend en daarom het ons net 'n paar grepe daaruit gemaak.

Verder het 'n paar anglisismes, of wat daarvoor kan deurgaan, ook hulle plekkie in die versameling gekry. In seker dele van ons land krioel dit van hierdie soort uitdrukkings. Ander weer is taamlik letterlike vertalinge met allerlei puristiese eienaardighede. Gelukkig party is verdienstelik verafrikaans en is springlewendig.

'n Paar woorde oor die raadpleeg van die boekie.

Langsaan, in vet gedruk, word meer of min die hoofwoord aangegee. Gewoonlik is dit 'n selfstandige naamwoord. 'n Vaste reël kon ons nie neerlê nie, want daar sal wat die hoofwoord betref, altyd verskil van opienie wees. Om die naslaan te vergemaklik het ons een spreekwoord soms onder verskillende hoofwoorde gerangskik. Dit lyk na doellose herhaling, maar dit is seker alles behalwe aangenaam om keer op keer, as 'n mens haastig is, met die handige woordjie kyk op 'n ander snuffelspoor gebring te word. ‘Kyk’ moes egter op party plekke diens doen.

By die selfstandige naamwoord het ons in die reël die enkelvoudige vorm aan die kant gegee, b.v. oë val onder oog. Waar 'n samegestelde woord die hoofwoord is, word hy in die reël, onder die eerste deel van die samestelling gereken. By die werkwoorde word die verlede deelwoord gewoonlik onder die gewone vorm van die woord gegee. Orals kon ons dit egter nie doen nie.

Ons bring hierdie werkie op die mark al is ons meer as enige ander persoon bewus van sy onvolmaaktheid. Soos gesê: Ons maak staat op elke goedgesinde gebruiker. Verder kan dit belangstelling wek vir ons eie, wat dikwels verwaarloos word, net omdat dit nie van oorkant die seewater kom nie.

Dit sal seker die weg baan vir die groot etimologiese Spreekwoordeboek, wat glo in voorbereiding is. Hierdie werkie sal dan seker ook nog so 'n bietjie kan help, want uit die aard van die saak sal die groter en kosbaarder een nie vir almal toeganklik wees nie. En 'n kennismaking met ons eie spreekwoorde sal vir die student en leerling altyd noodsaaklik wees. Dié kennis kom mos ook nie vanself nie.

DIE SAMESTELLERS.

 

Pretoria, Augustus, 1922.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken