Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

G.

GA(NG)! Dit smaak of ruik sleg: Faugh! Ugh!
GAAN: Dit gaan jou nie aan nie: Dit traak jou nie; dit is nie jou besigheid nie: It does not concern you.
GAAR: Iets gaar dra: Heeltemal stukkend dra: To wear something to rags.
GADING: Iets van sy gading: Iets waarvan hy hou òf wat hy kan gebruik: In his line.
GAL: Sy pen in gal doop: Bitter oor 'n onderwerp skryf: To dip one's pen in gall.
Bo iemand se gal: Bo iemand se begripsvermoë: Beyond somebody's comprehension.
GALG: 'n Kind vir die galg grootmaak: Hom in ondeug laat opgroei: To allow a child to grow up in vice.
Dit is botter aan die galg gesmeer: kyk Botter.
Dit lyk of hy van die galg gewaai is:
Maer en vervalle daar uitsien: To be very pale and thin looking.
Bou 'n galg vir 'n ander, dan hang jy daar self aan: Wil jy 'n ander in die moeilikheid bring, dan oorval die ongeluk jou dikwels self: Hoist with his own petard.
[pagina 39]
[p. 39]
GANG: Op eie gang aangaan: Werk soos jyself goeddink, sonder om na die raad van 'n ander te luister: To follow your own head.
Dit gaan so op 'n gangetjie (draffie): Nie te goed en ook nie te sleg nie: So-so.
GANSGAAR: Gansgaar nie (gans en gaar) nie: Heeltemal nie: Not at all.
GAT: 'n Gat in die dag slaap: 'n Groot gedeelte van die dag omslaap: To sleep far into the day.
Iemand 'n gat in die kop praat: Iemand ompraat of oorhaal: To induce someone not to carry out an intention.
Ons het gate uitgespeel: Lekker gespeel: We had an enjoyable game.
In die gate hou: kyk Dop.
GEBEENTE: Bewaar jou gebeente: Pasop! Ek sal jou kry: You had better be careful; beware!
GEBOOIE: Iemand die tien gebooie voorlees: Hom sy plig onder die oë bring: To lecture a person.
Hulle staan onder gebooie: Staan op die punt om te trou: They are on the point of being married.
Gebooie laat gaan: In die kerk die huweliksaankondiging laat aflees: To publish the banns.
GEBORE: Gebore en getoë: Gebore en opgevoed: Born and bred.
GEBREKE: In gebreke bly: Iets versuim, nalaat: To fail.
GEDAAN: Gedaan wees: Doodmoeg: To be dead tired.
Gedane sake het g'n keer nie: As iets eers verby is, kan jy daar niks meer aan doen nie: It is no use crying over spilt milk.
GEDAGTE: Die gedagte laat gaan: Oor iets nadink: To consider a matter.
GEE: 'n Mens moet gee en neem: Toegéwendheid moet met sorg vir eie belang saamgaan: One must give and take.
Nie vir iets omgee nie: Nie van iets hou nie: Not to care for.
'n Mens moet 'n gegewe perd nie in die bek kyk (sien) nie: 'n Mens moenie 'n geskenk kritiseer nie: Do not look a gift horse in the mouth.
Eens gegewe, bly gegewe: Wat aan iemand gegee is kan nie weer teruggeëis word nie: A gift remains a gift.
Eers gegee en dan (weer) geneem, is erger as 'n dief gesteel: 'n Mens maak hom aan 'n growwer misdaad skuldig as 'n dief, wanneer hy eers iets gee en dit dan weer terugneem: When you have given something away never take it back again.
[pagina 40]
[p. 40]
Wie gou gee, gee dubbel: Deur gou vir iets te gee, gee 'n mens feitlik dubbel: He gives twice who gives in a trice.
GEELBEK: 'n Kaapse bastermeid: A Cape girl (coloured).
GEEL: Géles; geelvinke: Goue ponde: Golden sovereigns.
Die geelbaadjie aan hê: Jaloers wees: To be jealous.
GEES: Die gees is gewillig, maar die vlees is swak: Iets goeds wil doen, maar in die uitvoer daarvan gehinder word deur liggaamlike swakheid: The spirit is willing, but the flesh is weak.
Iemand se gees blus: Hom ontmoedig: To deaden a person's enthusiasm.
Soos 'n gees lyk: Maer en vervalle wees: As thin as a lath.
Hoe groter gees, hoe groter bees: Talentvolle mense weet dikwels nie hoe hulle hul moet gedra nie: Masterminds are often very ill-mannered.
Teenwoordigheid van gees besit: Om dadelik te weet, hoe om onder enige moeilike omstandigheid te handel: To possess presence of mind.
GEHASIE: Vanwaar Gehasie? Waar kom jy so onverwags vandaan? Where do you come from so unexpectedly?
GEHEIM: G'n geheim van iets maak nie: Dit aan almal rond vertel: To make no secret of it.
GEHOORSAAMHEID: Gehoorsaamheid is beter as offerande: Gepleegde ongehoorsaamheid kan nie met mooi woorde reg gemaak word nie: To obey is better than sacrifice.
'N GEITJIE: 'n Vrou met 'n baie skerp tong: A shrew.
GEK: Al te goed is buurman (anderman se) gek: Die spot word met jou gedryf as jy te goed is: If you make an ass of yourself, people will ride you.
Elke gek het sy gebrek: Niemand is volmaak nie: Everyone has his faults.
Iemand vir die gek hou: Die spot met hom dryf: To play the fool with someone.
Alle gekheid op 'n stokkie: Grappe op 'n end: Joking aside or apart.
Die gek skeer met iemand: Hom vir die gek hou: To play the fool with someone.
Dis te gek om los te loop: Dit is darem te erg, te verspot: That is most absurd.
GELAG: Die gelag betaal: Alleen boet vir wat ander (of ander en ek) gedaan het: To pay the piper.
GELD: Staan of hy geld in die bank het: Hoogmoedig wees: To be conceited.
[pagina 41]
[p. 41]
Geld groei nie op sy rug nie: Hy moet hard werk vir sy geld: He has to work for his money.
Geld wat stom is, maak reg wat krom is; Geld wat geel is, maak reg wat skeel is: Met geld kan 'n mens alles verkry: Money rules the roost.
Vir g'n geld van die (ter) wêreld nie: Nie vir die grootste beloning nie: Not for all the money in the world.
Ek kon dit vir g'n geld of goeie woorde kry nie: Dit was heeltemal onmoontlik om dit in hande te kry: Not to be had for love or money.
Geld uit iemand se sak ja: Hom geld laat uitgee; geld uit hom maak: To cause someone to spend money; to make money out of someone.
Agter geld soos die duiwel agter 'n siel: Baie geldgierig wees: To be very covetous.
Geld in die water gooi: Roekeloos geld uitgee: To make ducks and drakes of one's money.
Geld soos bossies: Baie geld: Money in abundance.
'n Geldwolf: 'n Baie inhalige, gierige persoon: A miser.
GELEENTHEID: Geleentheid gee geneentheid òf Geleentheid maak die dief: As iemand 'n mooi kans kry, sal hy steel of kwaad doen: Opportunity breeds the thief.
'n Geleentheid beetpak: Gebruik maak van 'n geleentheid: To seize time by the forelock.
GELEERD: Die geleerde wêreld: 'n Gesamentlike benaming vir geleerde persone: The educated world.
Hoe geleerder hoe verkeerder: 'n Hooggeleerde weet dikwels maar baie min van alledaagse dinge: A mere scholar, a mere ass.
Iemand lug sy geleerdheid: Maak 'n ydel vertoon van wat hy weet: He shows off his knowledge.
GELEIDE: Iemand onder sy geleide neem: Iemand beskerm: To take someone under your charge.
GELUK: Jy mag (kan) van geluk praat: Gesê van iemand wat van 'n gevaarlike of moeilike taak goed afgekom het: Things might have been worse!
Dit was meer geluk as wysheid: Sy welslae is meer te danke aan geluk as aan sy eie bekwaamheid: More by luck than judgment.
Die geluk loop hom onderstebo: Hy is besonder voorspoedig in alles wat hy doen: Hy is overwhelmed by good fortune.
Die geluk loop hom na: Sonder inspanning is hy baie voorspoedig: Fortune follows his footsteps.
[pagina 42]
[p. 42]
Op goeie geluk afgaan: Sonder om die saak eers goed te oorlê, maar tog in die hoop, dat dit goed sal slaag: To do something at a venture.
GELUKSKIND(-VOËL): 'n Begunstigde (voorspoedige) persoon: A lucky dog.
GEMAAK: Iemand is so gemaak en so gelaat (laat) staan: Hy is sleg en wil (kan) homself nie verbeter nie: He is a stick-in-the-mud!
Vol gemaaktheid wees: Hy is aanstellerig: To be affected.
GEMEEN: Gemene saak met iemand maak: Sy party kies: To side with a person.
GEMEENSKAP: Met gemeenskap van goedere getroud: Hulle besittings behoort aan die man en die vrou saam: Married in community of property.
GEMOEID: Die hele toekoms is daarmee gemoeid: Is daarby betrokke: The whole future is at stake.
GENADE: Genadebrood eet: Van liefdadigheid leef: Eat the bread of charity.
'n Genadegif: As 'n guns en nie om verdienste gegee nie: As a gift of grace.
Iemand die genadeslag toedien: Verantwoordelik wees vir die laaste ramp wat 'n persoon heeltemal verpletter: Coup de grâce, death-blow.
GENANT: Hy is my genant: Iemand met dieselfde voornaam: Namesakes.
GENOEG: Genoeg is oorvloed: 'n Mens wat genoeg het, behoort gelukkig te wees: Enough is as good as a feast.
GEPIER: Gepier wees: Gekul wees: To be deceived.
GEROEP: Iemand kom of hy geroep is: Hy kom net toe hulle hom nodig het: To come as if one were called.
GESANG: Sy gesang is uit: Hy het niks meer te sê nie: He has exhausted his stock of talk.
GESÊ: Hom nie laat gesê nie: Nie gehoorsaam of na goeie raad luister nie: Not to listen to reason.
GESEGLIK: Iemand is geseglik: Gehoorsaam, luister na goeie raad: To listen to reason.
GESIG: Iemand iets in sy gesig sê: Onomwonde: To tell it to someone's face.
Iemand met twee gesigte: Hy is onvertroubaar: He runs with the hare and hunts with the hounds; he is double-faced.
GESKREEU: Veel geskreeu en weinig wol: Baie drukte maak oor 'n kleinigheid: Much ado about nothing.
[pagina 43]
[p. 43]
GESONDHEID: Gesondheid in die rondheid, al die mooi meisies in die blomtyd (blomtuin): Die uitdrukking word gebruik as 'n sopie gedrink word: Good health to all.
GESOUT: Gesout teen 'n siekte: Herstel wees van 'n siekte en nie gevaar loop om dit weer te kry nie; ook gesê van 'n nuwe student, wat die ontgroeningsperiode deurgemaak het: To be immunized or ‘salted’ against an illness; also used of an initiated student..
GESTELD: Op iets gesteld wees: Van iets hou; iets hoogskat: To value.
GESTEWEL: Gestewel (gelaars) en gespoor: Klaar vir die onderneming: To be ready; to be well prepared.
GESTOOK: Iemand het gestook: Hy is dronk: To be intoxicated.
GESWAWEL } Dronk: Intoxicated.
GETEE } Dronk: Intoxicated.
GETIK: Iemand is getik: Bietjie dronk: Slightly intoxicated.
GETROUD: Hy is nie daarmee (b.v. plek, werk ens.) getroud nie: Dit is nie noodsaaklik vir hom om altyd daar te bly, of die spesiale werk te doen nie: He is free to do whatever he desires.
GEURTJIE: Daar's 'n geurtjie aan: Die saak is nie heeltemal in orde nie: The matter is not quite clear; there is something mysterious about it.
GEVRY: Lank gevry, niks gekry: Iemand het lank na 'n dame gevry, maar het haar nie tot sy vrou gekry nie: Long courted, yet jilted.
GEWELD: Met geweld kan 'n mens die duiwel van die berg ja: Deur mag te gebruik, kan 'n mens enigiets doen: Might will do everything.
GEWENTE: Die gewente maak die gewoonte: Iemand het iets al so baie gedoen en is al so gewoon daaraan, dat hy nie meer anders kan handel nie: Use is second nature.
GEWOONTE: Gewoonte word 'n twede natuur: As iemand iets al herhaalde kere gedoen het, dan doen hy dit later onwillekeurig: Use is second nature.
GHOEN: } Iemand is 'n ghoeroe (ghoen): Hy is 'n pure man: He is a gentleman.
GHOEROE: } Iemand is 'n ghoeroe (ghoen): Hy is 'n pure man: He is a gentleman.
'N GHWAR: 'n Onbeskaafde, ruwe persoon: A rough, uncouth fellow.
GIER: 'n Gier kry: Skielik 'n sterk begeerte kry om iets te doen: To get a whim.
[pagina 44]
[p. 44]
GIERIGHEID: Gierigheid is die wortel van alle kwaad: As 'n persoon gierig is, dan is hy in staat om enige kwaad te doen: The love of money is the root of all evil.
GISTER: Nie gister (vandag) se kind nie: Al bejaard en dus ervare: No chicken.
Het jy my gister gehuur, dan het jy my vandag gehad: Gebruik as iemand wil te kenne gee, dat hy gladnie onder iemand se verpligting staan nie: I am under no obligation to you.
GLAD: So glad soos seep gaan: Sonder fout (van 'n les); sonder oponthoud: Things run smoothly.
GLAS: Iemand is van glas gemaak: Bang vir seerkry òf staan in die lig: Made of glass.
Was jou pa 'n glasmaker? Aan iemand gesê wat in die lig (pad) staan, sodat 'n mens nie kan sien nie: Do you think you are transparent?
Mense wat in glaashuise woon, moenie met klippe gooi nie: Moenie uitwei oor die foute van 'n ander as jy hulle self het nie: People who live in glass houses should not throw stones.
GLIEPS: 'n Foutjie wat 'n mens nie raakgesien het nie: A slip.
GÔ: Sy gô is uit: Dis gedaan met hom; hy is moeg: To be totally exhausted.
GOED: Ver van jou goed, naby jou skade: kyk Skade.
Hom te goed doen aan iets:
Lekker eet: To regale oneself with something.
Goeie weet: 'n Uitdrukking wat te kenne gee, dat 'n mens niks van 'n saak af weet nie: Goodness knows!
'n Goeie begin is 'n halwe werk: Kyk Begin.
Alle goeie dinge bestaan uit drie:
Kyk Drie.
GOEDKOOP: Goedkoop is duurkoop: Dit kos op die ou end meer om 'n goedkoop maar slegte artiekel te koop as 'n duurder, maar beter een: A bad bargain is dear at a farthing.
GOGGA-MAAK-VIR-BABA-BANG: Gebruik van 'n skreeulelike mens (wat met 'n kind speel): As ugly as sin.
O GONNA! O my liewe tyd! O dear!
GONSTOL: Soos 'n gonstol draai: Vinnig in die rondte draai: To spin like a top.
English fluently.
GOOI: Die rooitaal maklik gooi: Engels vlot praat: To speak
GORT: Die gort is gaar: Nou is dit klaarpraat; die moeilikheid is nou daar: The fat is in the fire.
GOU: Gou met die pen: Gesê van iemand wat maklik skryf: A good penman.
[pagina 45]
[p. 45]
GOUD: Dis nie alles goud wat blink nie: Skyn bedrieg: All is not gold that glitters.
In goud swem: Baie ryk wees: To be very rich.
Iemand is sy gewig in goud werd: Gebruik van 'n persoon wat 'n mens hoogag of wat vir ons baie werd is: He is worth his weight in gold.
O, die ding is seker van goud gemaak: Gebruik as iemand nie wil toelaat, dat 'n ander aan iets wat aan hom behoort, moet raak nie: Mind! it's made of gold!
GOUDIEF: 'n Sakkeroller; 'n dief wat op behendige, slinkse manier te werk gaan: A pickpocket.
GOUIGHEID: Dis elkeen se gouigheid: Elkeen moet gou maak as hy 'n doel wil bereik: First come, first served.
GRANIET: Hulle kou op graniet (Pres. Steyn in verband met die Afr. taal): Tevergeefs probeer hulle, om iets daarteen te doen: The attempt is fruitless.
GRAP: 'n Grap en 'n half: 'n Baie groot of goeie grap: What a joke!
'n Mooi grap! Word gebruik om onwilligheid aan te dui: Here's a how-d'ye-do!
Alle grappies op 'n stokkie: Sonder om nou grappies te maak: All joking aside, or apart.
GRAS: Iemand laat nie gras onder sy voete groei nie: Hy stel nie uit nie; hy gaan dadelik aan die werk om voordeel daaruit te trek: To let no grass grow under one's feet.
Daar gras laat oorgroei: Dit vergeet laat raak: Not to think or talk about it.
Die gras voor iemand se voete wegmaai: Hom voorspring in woord of daad: To cut the ground from under one's feet.
Van die gras af: Dood of uit die pad: To be out of the way.
Iemand van die gras af maak: Iemand dood maak:
GRASWEWENAAR (-WEDUWEE): Gesê van 'n man (vrou) wie se vrou (man) tydelik weg is: Grass-widower (widow).
GRENSBALIE: 'n Kind wat baie huil: A cry-baby.
GRIEKS: Dis Grieks vir my: Ek verstaan dit gladnie: It sounds like Greek to me.
GROEN: Dit word groen en geel voor my oë; Die vet braai by my ore uit: Ek word duiselig: I am feeling dizzy.
Ek is nie so groen, dat 'n koei my sal vreet nie: Ek is nie so dom as wat jy dink nie: I am not as green as I look.
GROETE: Sê groete; Sê ek kom ook: Gesê aan iemand wat baie eet: Goodbye.
[pagina 46]
[p. 46]
GROND: Op gevaarlike grond staan: In 'n gevaarlike posiesie wees: To be skating on thin ice.
Grond eet: Kyk Sand.
Grond wen:
Vooruitgaan, 'n oorwinning behaal: To gain ground.
GROOT: Eers grootmense en dan langore: Kinders moet wag totdat hulle meerderes klaar is: First grown-ups then children; elders first!
Soos 'n groot speld verdwyn: Ongemerk verdwyn of wegraak: To disappear; to clear off on the sly.
Grootpraat is niemand se maat nie: Dit help nie om groot te praat nie: One should not brag.
GROOTJIE: Na sy grootjie: Verlore: Lost.
Loop na jou grootjie: Trap! Go to Jericho!
GUNS: Met (van) gunste en gawe: Met die hulp van ander persone: With the aid of other people.
GUNTER: Daar gunter: Daar ver: Yonder.
GYSELING: Iemand vir siviele gyseling dagvaar: Hom in die tronk laat gooi vir skuld: To sue someone for civil imprisonment.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken