Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

L.

LAAG: Iemand die volle laag gee: Iemand ernstig aanval òf baie slegsê: To attack or rebuke.
LAAI: 'n Ou laai van hom: 'n Ou streek of gewoonte: An old trick.
[pagina 79]
[p. 79]
LAAISTOK: Dit lyk of hy 'n laaistok ingesluk het: Gesê van 'n persoon wat besonder regop loop: He looks as though he swallowed a ramrod, or poker.
LAASTES: Baie laastes sal die eerstes wees: Spottend gesê van persone wat probeer om hulle op die voorgrond te stel en dan met 'n beskeie plekkie tevrede moet wees; die geminagte kan nog uitblink: The last shall be first, and the first last.
LAAT: Jy is laat: Die saak is al heeltemal agtermekaar; jy's verspot: I don't think!
Beter laat as nooit: Liewers laat as gladnie: Better late than never.
Is dit so laat met hom: Staan sake so? Is that the state of affairs?
LAG: Wie die laaste lag, lag die lekkerste: Moenie jou verheug, voordat jy van die uitslag heeltemal seker is nie: He who laughs last, laughs best.
In sy vuis lag: Hom stilletjies verheug in die leed van 'n ander: To laugh up one's sleeve.
Iemand lag hom 'n skapie: Gesê van iemand wat lekker lag: To laugh oneself limp.
LAKENS: Die lakens uitdeel: Die baas speel: To rule the roost.
LAMSAK: 'n Pap, niksbeduidende vent: A lazy fool.
LAND: Land en sand aanmekaar praat: Baie praat: To talk unceasingly.
Die land aan iets hê: Nie van iets hou nie: To detest something.
Lank in die land, bietjie baard, maar klipsteen hard: 'n Ervare persoon: An experienced person.
LANG: Lang trane huil: Hartstogtelik huil: To sob one's heart out.
LANGOOG: Iemand is 'n langoog: Hy hou van ander mans se vrouens of andersom: Fond of other people's wives or vice versa.
Lang-oog trek: Jaloers wees: To be jealous.
LANGSLEWENDE: Die langslewende erf niks nie: Die boedel is bankrot: To be insolvent.
LANGWERPIG: Die wêreld het toe langwerpig geword: Dit het swaar gegaan om uit die moeilikheid te kom: Troubles accumulated.
LANK: Dit is so lank as wat dit breed is: Dit maak nie verskil nie, dis dieselfde: It is six of the one and half a dozen of the other.
Lank van draad wees: Nie gou kwaad word nie; langdradig wees: To bear much; to be longwinded.
[pagina 80]
[p. 80]
Jy kan lank wag: Dit sal nooit gebeur nie: That will never happen.
LANS: 'n Lans breek vir 'n saak (persoon): Om iets ('n persoon) aan te prys of 'n saak ('n persoon) te verdedig: To break a lance for a person.
LANTERN: Groot lantern, weinig lig: Sarkasties gebruik van iemand wat in jou lig staan: Said ironically to a person who stands in the light.
LAPPE: Op die lappe kom (bring): Word geopenbaar; kom ter sprake: To come (bring) up for discussion.
'N LAPPIESMOUS: 'n Persoon wat op vertoon van monsters, bestellings vir die goed neem: A commercial traveller.
LARIE: Dis larie: Dis onsin: Fiddlesticks!
LATER: Hoe later, hoe kwater: Hoe langer dit duur, hoe erger word dit: The longer it lasts, the worse it becomes.
LAWAAI: 'n Lawaai van die ander wêreld: 'n Besonder groot lawaai: A noise to rouse the dead.
LAWAAIWATER: Brandewyn; 'n luidrugtige persoon: Whiskey; a noisy person.
LÊ: Daar lê die ding (knoop): Dis juis die moeilikheid: Ay! there's the rub.
LEDE: Iets met lede oë aanskou (aansien): Iets met verdriet aansien; jaloers wees daaroor: To eye with envy.
LEDIGHEID: Ledigheid is die duiwel se oorkussing: As 'n mens niks te doen het nie, kom hy in allerlei versoekings: Idleness is the root of all evil.
LEEF: Leef en laat leef: Ander ook iets gun: To live and let live.
Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan: 'n Inkomste hê wat net groot genoeg is om die allerdringendste benodighede te koop: To have an income just sufficient to buy the bare necessities of life.
LEER: Leer om leer: Iemand net so behandel as hy jou behandel het: Tit for tat.
LEERGELD: Duur leergeld betaal: Baie skade kry, terwyl 'n mens ervaring opdoen: To pay dearly for one's experience.
LEES: Iets op dieselfde lees skoei: Dit op dieselfde ou manier doen: To cast in the same mould.
LEIDAKKIE: Dit gaan van 'n leidakkie: Dit gaan maklik: It goes very smoothly.
LEKKER: Lekker is 'n vinger lank: Alle genot duur nie lank nie: Pleasures are not lasting.
'n Lekkerbek: 'n Persoon wat graag lekker eet en drink: An Epicurean; to have a sweet tooth.
Lekkerlyf wees: Half dronk: To be tipsy.
[pagina 81]
[p. 81]
LELIK: As lelik siekte was, dan was daardie kêrel al lankal dood: Gesê van 'n lelike mens: He is very ugly.
LEPEL: Tussen die lepel (hand) en die mond, val die pap op die grond: kyk Mond.
Lepel in die dak steek:
Doodgaan; ophou; bankrot raak: To die; become insolvent.
Met 'n goue lepel gebore wees: Baie voorspoedig wees; talentvol: To be born with a silver spoon in your mouth.
Lepel-lê: Gebruik as 'n paar persone, wat bymekaar slaap, so nou lê, dat as een hom omdraai almal in dieselfde rigting moet draai: Lying spoonwise.
LÊPLEK: 'n Lêplek iewers maak: Daar baie, tot vervelens toe kom: To visit the same people continually.
LERINGE: Leringe (woorde) wek, maar voorbeelde trek: Dis beter om te wys hoe, as net te sê hoe, iets gedoen moet word: Example is better than precept.
LES: Iemand die les lees: Iemand streng berispe: To give someone a bit of one's mind.
LET: Dit let my nie: Dit traak my nie: It does not concern me.
Les opsê: Onder die tong verby kom; verantwoording doen: To be rebuked.
LETTERS: Iemand het baie letters geëet: Is geleerd: A learned person.
LEUEN: Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel: Leuens kom almal uit: Liars have short wings; a lie has no feet.
'n Leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood: 'n Leuen om jouself of 'n ander uit die moeilikheld te help: A lie comes in handy when one is in a difficulty.
'n Leuen om beswil: 'n Leuen met 'n goeie doel: To sell your soul for a pal.
LEVIETE: Iemand die Leviete lees (voorlees): Iemand berispe: To lecture a person.
LEWE: Tussen lewe en dood: Byna dood: Touch and go.
Nie sy lewe seker wees nie: Daar bestaan gevaar, dat hy van sy lewe beroof sal word: Not to be sure of one's life.
Lewe in die brouery: Dit woel en werskaf weer: To make things hum.
LEWENDIG: Lewendig dood: Baie stadig: Dead and alive.
LEWENSDRAAD: Iemand se lewensdraad is geknip: Hy is dood: The thread of a person's life has been cut.
[pagina 82]
[p. 82]
LEWER: Wat het nou weer oor jou lewer geloop?: Wat het jou oorgekom, dat jy so nukkerig is? What has stirred your bile?
'n Droë lewer: Iemand wat baie drink: A dry liver.
'n Vlieg het oor sy lewer geloop: Hy is in 'n slegte bui: To be in a bad mood.
LIE: Iemand lie maak: Iemand onder 'n verkeerde indruk bring: To give someone the dummy.
LIED: Hulle sit die lied te hoog in: Gesê van mense wat dadelik na die eerste kennismaking danige groot vriende is en later weer afkoel: Familiarity breeds contempt.
Altyd die ou liedjie sing: Altyd oor dieselfde ding praat: To harp on the same string.
Iemand 'n ander liedjie laat sing: Hom anders laat praat: To make a person sing another tune.
LIEF: Iets vir lief neem: Kyk Verlief.
LIEFDE: Van liefde en kou water leef: Gesê van 'n paar wat maar net altyd wil vry: To live on love and moonshine.
Liefde is blind: 'n Mens sien nie die gebreke in die voorwerp van jou liefde nie: Love is blind.
Ou liefde roes nie: Die liefde wat 'n mens eenmaal vir 'n persoon gehad het, gaan nooit heeltemal weg nie: First love never dies.
LIEG: Lieg of dit geskryf staan: Die onwaarhede baie goed agtermekaar sit: To lie like a gas-meter.
Lieg dat 'n mens dit met 'n stok (tang) kan voel: Vreeslik baie: To tell lies by the score.
Lieg soos 'n tandetrekker ('n perd wat skop): Vreeslik baie: To tell lies by the score.
LIER: Die lier aan die wilger hang: Treur: To hang one's harp on the willow.
LIGGERAAK: Gou kwaad word: Touchy.
LINKS: Nie links wees nie: Nie dom wees nie: To be no fool.
Iemand links laat lê: G'n notiesie van iemand neem nie: To give a person the cold shoulder.
LINKERHAND: Die linkerhand moenie weet wat die regter doen nie: As 'n mens iets goed doen, dan moet hy dit nie oral rondvertel nie: The left hand shall not know what the right one does.
LIP: Sole uit iemand se lippe kan sny: Hy is baie kwaad: He is in a temper.
Aan iemand se lippe hang: Aandagtig na sy woorde luister: To listen attentively to a person.
Iemand se lip hang: Teleurgesteld voel: To feel down-hearted.
[pagina 83]
[p. 83]
LOEF: Iemand se loef afsteek: Iemand voorspring: To outdo (outwit) a person.
LOESING: Iemand 'n loesing gee: Iemand 'n pak slae gee: To give a person a sound dressing-down.
LOF: Eie (uie-) lof (roem) stink: Dit is lelik om jouself te prys: Self-praise is no recommendation.
LOLPOT: 'n Persoon wat met alles ontevrede is: A troublesome person.
LONG-TOM: 'n Staatmaker: A mainstay, prop.
LOOD: Die laaste loodjies weeg die swaarste: Die laaste deel van 'n werk eis dikwels die meeste kraginspanning: The last mile is the longest; it is the last straw that breaks the camel's back.
Mekaar lood: Mekaar skiet: To fire at each other.
Die loodjie lê: Die mindere wees: To be the least.
Loodpille: Koeëls: Bullets.
LONT: Lont ruik: Suspisieus word: To smell a rat.
LOOI: Iemand looi (uitlooi): Iemand 'n pak slae gee: To give a person a sound dressing-down.
LOON: Sy verdiende loon: Net wat hy verdien het: That is just what he deserved.
LOS: Los en vas lieg: Baie onwaarhede vertel: To tell lies by the score.
Losvoor wees: Ander ver oortref: To be far ahead.
LOSIES: Vry losies; losies op staatskoste: Skertsend gesê vir in die tronk wees: To be in gaol.
LOSKRUIT: Met loskruit skiet: Skrik maak: To frighten.
LOSSTEEK: Iemand kom lossteek: Aanval, slegsê: To rebuke, reprimand.
LOT: Laat hom aan sy lot oor: Bemoei jou nie met hom nie: Leave him alone.
LOTJIE: Van die lotjie getik wees: Iemand is nie heeltemal by sy verstand nie: To be off one's nut; crazy.
LOUERE: Op sy louere rus: Nie meer werkend optree nie, nadat 'n mens deur eie inspanning eer behaal het: To rest on one's laurels.
LUG: Sy geleerdheid lug: 'n Ydel vertoon van sy kennis maak: To show off one's learning.
Sy hart lug gee: Uitpraat, sê wat in sy hart is: To speak one's mind.
Uit die lug gryp: Nie grond vir 'n bewering hê nie: To invent a story.
Lugkastele bou: Pragtige planne maak wat nie uitgevoer kan word nie: To build castles in the air.
[pagina 84]
[p. 84]
LUI: Lui by die werk, fluks by die bak: Gebruik van 'n lui persoon, wat by die ete natuurlik vol lewe is: A bad worker but a good eater.
LUIAARD: Die son in die weste, die luiaard op sy beste; òf As die son is aan die weste, is die luiaard op sy beste: Gesê van iemand wat laat in die middag eers fluks word: Used of someone who set to work at sunset.
LUITERS: Iemand hou hom dood luiters: Hom doodonskuldig hou: To pretend to be quite innocent.
LUNSRIEM: 'n Smerige kêrel: A dirty fellow.
LUS: Dit is sy lus en sy lewe: Hy het sy grootste plesier daarin: That is meat and drink to him.
LYF: Lyf vetsmeer: kyk Rug.
Iemand spaar (bêre) sy lyf:
Van iemand gesê wat so min doen as hy maar kan: He does as little as he possibly can.
'n Mooi lyf hê vir iets: Geskik lyk om iets te doen: Well suited for a task.
Alles aan die lyf hang: Alles in klere steek: To spend everything on clothes.
LYK: Jy lyk daarna: Jy sal dit nooit kan doen nie: I don't think.
LYN: Iemand lynslaan: Iemand verhinder om heeltemal te maak wat hy wil: To curb a person.
Iemand aan 'n lyntjie hou: Geen definitiewe antwoord gee nie: To put off a person continually.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken