Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 64]
[p. 64]

K.

KAAK: Iemand aan die kaak stel: Sy skande bekend maak: To expose a person.
Uit die kake van die dood gered wees: Van 'n seker dood gered wees: To be saved from certain death.
KAAL: Kaal afkom van iets: Sleg, met skande: To come off without credit.
Iemand kaal maak (dop): Alles van hom wen: To win everything off a person.
KAALKOP: Iemand kaalkop die waarheid vertel: Reguit, sonder om te skroom: To go for somebody baldheaded.
KAAP: So oud wees soos die Kaapse wapad: Baie oud wees: As old as the hills.
'n Kaapse draai maak: Kort draaie maak: To take sharp turns.
Het jy dit in die Kaap gaan haal: Gesê as iemand wat gestuur is, baie lank weggebly het: Why did you take such an age about it?
By die Kaap omgaan: Iets baie langdradig vertel: In a round-about way.
Die mes is so stomp, dat 'n mens daarop Kaap-toe kan ry: Gebruik van 'n baie stomp mes: The knife is very blunt.
KAART: Dit is 'n deurgestoke kaart: 'n Vooraf beraamde plan: It is a made-up game.
In iemand se kaarte kyk: Op 'n sluwe wyse iemand se geheime of planne uitvind: To get to know a person's plans in a cunning way.
Met oop kaarte speel: Eerlik met iets uitkom: To deal above-board with a person.
'n Regte kaartman: Gesê van 'n klein persoon wat baie verspot lyk: A regular jack-in-the-box.
KAAS: Iemand eet kaas: Hy vry: To make love.
KAATJIE: Kaatjie Kekkelbek: 'n Vrou wat baie praat (vernaamlik skinderstories vertel): A chatterbox.
Kaatjie van die baan: Die leier wees in die vrolikheid: To be cock of the walk.
KABOEDEL: 'n Hele kaboedel: Die hele klomp: The whole lot.
KADUKS: Kaduks voel: Oud en afgeleef: To feel decrepit.
KAF: Die kaf van die koring skei: So te werk gaan, dat die slegte van die goeie gesien (geskei) kan word: To separate the true from the false, or the wheat from the chaff.
Kafloop: Oorwin; iets klaarmaak: To overcome; to finish off.
[pagina 65]
[p. 65]
Iemand met kaf vang: Maklik, sonder veel moeite: To impose upon a person very easily.
'n Mens vang nie ou voëls met kaf nie: 'n Ou mens laat hom nie maklik kul nie: You can't catch an old bird with chaff, i.e. he is not easily deceived.
Kaf verkoop: Bog praat: To talk nonsense.
Die kaf kan jy op 'n ander mark gaan verkoop: Ons is nie van jou lawwe praatjies gedien nie: Don't tell me such nonsense.
KAFFERTJIES: Kaffertjies onder die kombers: kyk Hotnotjies.
KAFFERPAK: 'n Kafferpak: Baie groot pak: A sound beating.
KAIINGS: Iemand se kaiings teëkom: Sy meerdere teëkom, van wie hy 'n pak slae kan kry: To meet one's match.
KAIN: Iemand wys waar Kain Abel vermoor het: Iemand op sy plek sit: To give a person a bit of your mind.
KAJUITRAAD: Kajuitraad hou: Beraadslaag: To deliberate.
KAKIE: Jy is kakie-laat: Jy is baie laat: That will never happen.
KALANT: 'n Ou kalant, lank in die land; 'n geslepe kalant: 'n Skelm, geslepe vent: A shrewd person.
KALF: Die kalf is in die put: Daar is moeilikheid, skade: We are in trouble.
Met die kalf van 'n ander ploeg: Die werk of kennis van 'n ander gebruik en laat deurgaan as joue: To plough with another man's heifer.
Die kalf is verdronke: Daar is nou niks meer aan die saak te doen nie: The die is cast.
KALKOEN: Nie onder 'n kalkoen (volstruis, skilpad) uitgebroei wees nie: Nie so dom wees as 'n ander dink nie: Not as green as one looks.
Kalkoeneiergesig: Vol sproete: A freckled face.
KALWERLIEFDE: Kinderverliefdheid: Calf love.
KAM: Oor dieselfde kam skeer: Almal eenders behandel: To tar with the same brush.
KAMMA: } Voorgee dat: Supposed to be.
KAMMELIELIES: } Voorgee dat: Supposed to be.
KAMMEKASTIG: } Voorgee dat: Supposed to be.
KAMTAG(IG): } Voorgee dat: Supposed to be.
KANIS: 'n Kanis; vuil kanis: 'n Vuil kêrel: A dirty fellow.
KANS: Die kans is verkyk: Die geleentheid is verby: The chance is lost.
KANT: Kant en klaar wees: Heeltemal gereed wees: Cut and dried.
[pagina 66]
[p. 66]
Kant nog wal raak: Dit is glad verkeerd of onsin: It is quite beside the point.
Alles het 'n goeie kant: 'n Saak is nooit net sleg nie: Every cloud has a silver lining.
Homself van kant maak: Selfmoord pleeg:: To do away with oneself.
Iemand van kant maak: Iemand doodmaak: To kill a person.
Kant en wal: Heeltemal vol: Full to overflowing.
KANTOOR: Kantoor-toe gaan: 'n Saak voor die hof bring: To institute an action.
KAPITTEL: Iemand kapittel: Iemand berispe, vermaan: To rebuke, lecture a person.
KAPOKHAANTJIE: 'n Klein parmantige kêreltjie: A cheeky little fellow.
KAPOT: Gedaan; stukkend; dood: Broken.
KAPPIEKOMMANDO: 'n Leërtjie wat uit vrouens bestaan: The petticoat army.
KARNALLIE: Iemand is 'n karnallie: 'n Geslepe persoon: A shrewd fellow.
KARNUFFEL: Terg, pla: To bully.
KARRINGMELK: Iemand het in karringmelk (melk) geval: Gesê van iemand wat 'n wit pak klere aan het: He is dressed in white from head to foot.
KASKENADES: Grappe, streke: Pranks.
KASSATERWATER: Gebruik van tee of koffie wat baie flou is (ook skottelgoedwater): A term used for very weak tea or coffee.
KARRETJIE: Met Jan Tuisbly se karretjie gaan: kyk Jan.
KASTAIINGS: Die kastaiings uit die vuur krap (haal): 'n Moeilike of gevaarlike werk vir 'n ander doen: To be used as a cat's paw.
KASTY: 'n Mens kasty wie hy liefhet: 'n Mens straf die persoon van wie hy baie hou: We chastise those whom we love.
KAT: Die kat uit die boom kyk: 'n Afwagtende houding aanneem: To see which way the cat jumps.
Dis nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie: Gesê van 'n kwaai vroumens: Not to be handled without gloves.
Wie sal die kat die bel aanbind: Wie sal hierdie gevaarlike werk durf doen: Who will bell the cat?
Soos kat en hond leef: Altyd rusie maak: To live like cat and dog.
[pagina 67]
[p. 67]
Soveel daarvan weet as 'n kat van saffraan (godsdiens): Glad niks daarvan weet nie: Not to have the faintest notion.
't Kat in die sak koop: 'n Slegte koop sluit: To buy a pig in a poke.
As die kat weg is, is die muise baas: As die baas weg is maak die onderhoriges net wat hulle wil: When the cat is away the mice will play.
Die kat in die donker knyp: Vroom voor oë, maar in die geheim allerlei kwaad doen: To do it on the sly.
As die kat vol is, smaak die muis bitter: As 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie: When you have had your fill, food is no longer appetising.
KATKISEER: Iemand katkiseer: Iemand berispe: To rebuke.
KATTESKEER: Katkiseer: To attend classes to qualify for confirmation.
KATSWINK: Iemand katswink slaan: Hom bedwelm slaan: To beat someone unsconscious.
KATTEKWAAD: Kattekwaad doen (uitrig): Allerlei kwaad doen: To be up to mischievous tricks.
KEEL: 'n Keel opsit: Hard skreeu: To cry at the top of one's voice.
Sy eie keel afsny: Sy eie ondergang bewerk: To cut one's own throat.
KEES: Dit is klaar met Kees: kyk Klaar.
'N KEKKELBEK: Skinderbek: A slanderer.
KEKKELPRAATJIES: Skinderpraatjies: Slander.
KENNIS: Kennis is mag: Deur kennis en geleerdheid kry 'n mens invloed en mag: Knowledge is power.
KENTA(G): Kenta(g) wees: Gebruik van iemand wat kwaad word as hy verloor in 'n spel ens., en dan nie verder wil aangaan nie: To be no true sportsman.
KEPER: Iets op die keper beskou: Iets baie noukeurig beskou: To examine very closely.
KEPS: Keps stoot: Vry na: To court.
KERF: Dit gaan bo sy kerf: Dit gaan te ver na sy sin: That goes beyond his liking.
KERFSTOK: Al baie op sy kerfstok hê òf sy kerfstok is vol: Hy het al baie kwaad gedoen en het dus baie te verantwoord: To have a great deal to answer for.
[pagina 68]
[p. 68]
KERK: Iemand se kerk is uit: Hy is in moeilikheid: He is done for.
In die kerk gebore: Van iemand gesê, wat nooit 'n deur agter hom toemaak nie: Used of a person who never closes a door when he passes through it.
So arm soos 'n kerkmuis: Baie arm: As poor as a church mouse.
KERMIS: Dit is nie elke dag kermis nie: 'n Mens kan nie elke dag plesier wil hê nie: Life is not all beer and skittles.
KERMISBED: Kermisbed maak: 'n Bed op die vloer maak: To prepare a shake-down on the floor.
KERS: So reg soos 'n kers: Baie regop: To be very straight.
Nie kers vir iemand kan vashou nie: Gesê van iemand (iets) wat ver onderkant 'n ander persoon (ding) staan: Not to be a patch on.
KES: Iemand sy kes gee: Iemand uitdaag: To challenge someone.
KETTER: Vloek (lieg) soos 'n ketter: Gedurig vloek (lieg): To swear like a trooper.
KIEP-KIEP: Moenie kiep-kiep roep nie: Moenie almal volgens dieselfde maatstaf beoordeel nie: Do not weave all pieces on the same loom.
KIERING: Kiering (kurang, kieringkies, tjurang) braai (uit): Die oneerlikheid kom voor die dag: The deception has been proved.
KIES: Kies of deel: Een van twee dinge moet doen: Hobson's choice.
Iemand maak 'n looikuip van sy kies: Hy pruim baie: Used of a person who chews tobacco.
KIET(S): Ons is kiet(s): Gelyk; ons is mekaar niks meer skuldig nie: We are quits.
KIND: Die kind van die rekening: Iemand moet alleen boet vir wat ander gedoen het: To pay the piper.
Die kind by sy naam noem: 'n Ding beskryf soos dit is, sonder om doekies om te draai: To call a spade a spade.
Nie vandag (gister) se kind nie: kyk Gister.
Hy het kind nog kraai:
Geen famieliebetrekking of persoon om voor te sorg nie: He has neither kith nor kin.
'n Mens is 'n kind van sy omgewing: 'n Persoon word deur sy omgewing baie sterk beïnvloed: A person is the child of his environment.
Die kind met die bad water uitgooi: Die slegte saam met die goeie weer: To reject the good with the bad.
Kinders praat (spreek) die waarheid: 'n Kind sê wat hy gehoor het en verberg niks nie: Children don't lie.
[pagina 69]
[p. 69]
Gaan jy met kinders uit, kom jy met kinders tuis: As 'n grootmens op kinders staatmaak, dan raak hy gekul: If you depend on children, you will be deceived.
Kinders is 'n seën van die Here, maar hulle hou die mot uit die klere: Die grootmaak van kinders kos baie geld: Children are God's blessing, but they demand a lot of money.
'n Kind des doods: Gebruik as 'n soort dreigement: To be doomed.
Dit is nie kinderspeletjies nie: Dit is 'n moeilike saak: It is no childplay.
Van sy kindsbeen af: Van jongs af: From childhood.
'n Kinderhand is gou gevul: 'n Kind is gou (maklik) tevrede: A child is soon satisfied.
KINK: Daar is 'n kink in die kabel: Daar het moeilikheid gekom: There is a rift in the lute.
KISKLERE: Sy beste pak: His Sunday best.
KITS: In 'n kits: In 'n oogwink, gou: In no time.
KLAAR: Klaar wees met iemand: Niks meer met iemand te doen hê nie: To have done with someone.
Dit is klaar (klaarpraat) met hom: Hy lê op sy uiterste; is bankrot: His days are numbered.
Dit is klaar met Kees: Daar is niks meer aan die persoon of saak te doen nie: To be done for.
KLAASVAAK: Klaasvaak het hom gevang of Klaasvaak strooi sand in iemand se oë: Gesê van kinders as die slaap hulle oorwen: The dustman is about.
KLAP: Dit is 'n klap in sy gesig: 'n Belediging vir hom: That is a smack in his face.
Uit die skool klap: Geheime vertel: To tell tales out of school.
Hy ken die klap van die sweep: Hy verstaan daardie werk goed: He knows the ropes.
'n Klap van die windmeul weghê: 'n Bietjie mal wees: To have bats in the belfry.
KLAPPERDOP: Die kop: The head.
KLEIN: Nie iets klein kry nie: Dit nie verstaan nie: Not to understand.
Iemand kleingeld maak: Iemand oorwin: To overcome.
KLEI: Klei trap: Rondval om uit 'n moeilikheid te kom: To struggle to get out of a difficulty.
KLERE: Die klere maak die man: 'n Mens oordeel dikwels iemand na sy uiterlik: Fine feathers make fine birds.
Dit raak my koue klere nie: Ek steur my gladnie daaraan nie: I do not care a button for it.
[pagina 70]
[p. 70]
Dit gaan nie sommer in 'n mens se klere sit nie: Dit sal 'n diep indruk maak: It makes a very deep impression.
Nie sonder klereskeur nie: Met groot moeite: With great difficulty.
KLETSKOUS: 'n Babbelbek: A chatterbox.
KLEUR: Sy kleure wys (ook kleure beken): Uitkom met sy oortuiging: To show his true colours.
KLIK: Van iemand klik (ook iemand verklik): Vertel watter kwaad hy gedoen het: To tell tales about a person.
KLIP: 'n Klip aan rol sit: Met 'n seker saak 'n begin maak: To set the ball rolling.
Iemand 'n klip uit die pad rol: Iemand 'n diens bewys: To do somebody a favour.
Baie klippe versit: Baie uitrig: To do much.
Stadig (soetjies) oor die klippe: Wees matig, langsaam en versigtig: Go slowly and carefully.
Soos 'n klip slaap: Baie vas slaap: To sleep like a top.
KLIPSTEENHARD: Baie swaar: Very hard, difficult.
KLITS: Soos 'n klits vassit aan iemand: Altyd by iemand wees: To dog a person's footsteps.
Iemand klits: Iemand slaan: To give a hiding.
KLOK: Aan die groot klok hang: Oral rond vertel: To noise abroad.
Hy het die klok hoor lui, maar weet nie waar die klepel (bel) hang nie: Hy het iets gehoor van die saak, maar van die kleiner besonderhede daarvan weet hy niks nie: He has not got the hang of it.
'n Man van die klok: Alles op 'n gesette tyd doen: To be punctual.
Die klok sal lui: Hulle sal bankrot raak: They'll go bankrupt.
KLUIT: Iemand met 'n kluitjie in die riet stuur: Iemand met mooi praatjies afskeep: To put off with fair words.
'n Kluit slaan: 'n Slag slaan: To make a bargain.
Kluitjies bak: Leuens vertel: To tell lies.
KLUTS: Die kluts kwytraak: Nie meer weet, wat 'n mens doen nie: To be put out.
KNAKS: Knaks wees: Vir mekaar kwaad wees: To be at loggerheads.
KNEWEL: Iets wat baie groot is (bv. 'n springbok): A giant of (e.g. a springbuck).
KNIE: Knieë dra: Vinnig weghardloop: To take to your heels.
KNIEHALTERSPAN: Iemand kniehalterspan: Iemand nie vrye beweging toelaat nie: To handicap a person.
[pagina 71]
[p. 71]
KNIP: 'n Uiltjie knip (knyp): So 'n bietjie slaap: To take a nap.
Nie 'n knip voor (vir) sy neus werd wees nie: Baie min beteken: Not worth a straw.
KNIPMES: So gou as jy kan sê knipmes: Baie gou: Before you can say Jack Robinson.
Buig soos 'n knipmes: Oorbeleef wees: To be very servile.
'n Perd knipmes ry: Die perd met krom nek laat loop: To make a horse prance.
Sy lyf knipmes hou: Na 'n nooi wil vry: To have intentions towards a girl.
KNIPPELDIK: Knippeldik eet: Baie eet: To eat one's fill.
KNOLLE: Iemand knolle vir sitroene verkoop: Iemand allerhande dinge wysmaak: To make a person believe the moon is made of green cheese.
KNOOP: Daar's 'n knoop in die draad: Moeilikheid; teleurstelling: There's a rift in the lute.
Baie knoop: Baie vloek: To swear like a trooper.
Die knoop deurkap: Die beswaar deur 'n kragtige besluit verwyder: To cut the Gordian knot.
Daar sit die knoop: Daar is die moeilikheid: That is the hitch (rub).
'n Knoop in die sakdoek maak: Iets probeer onthou: To try to remember something.
Die knoop sit aan die end van die riem: Pasop vir die gevolge: Merry is the feast-making till we come to the reckoning.
KNOP: 'n Knop: 'n Minder beskaafde persoon: An uncouth fellow.
Iemand 'n knop draai: 'n Poets bak; iemand iets slegs aandoen: To play a trick on a person.
'n Knop in die keel: Van aandoening nie kan praat nie: To have a lump in one's throat.
In sy knoppies (noppies) voel: Baie gelukkig of tevrede wees: To be in high feather.
KNYP: In die knyp wees: In die moeilikheid wees: To be in a scrape.
KOEËL: Die koeël is deur die kerk: Die saak is beslis, daar is niks meer aan te doen nie: The die is cast.
'n Koeël is te goed vir hom: Hy is baie sleg; hy is 'n skurk:: He is a scoundrel.
[pagina 72]
[p. 72]
KOEI: Dis nie die koei, wat die hardste bulk, wat die meeste melk gee nie: Die luidrugtige persoon doen gewoonlik nie baie nie: It is not the hen that cackles most that lays the biggest egg.
Moenie ou koeie uit die sloot haal (grawe) nie: Moenie weer pynlike herinneringe opwek nie: Let bygones be bygones.
Oor koeitjies en kalfies praat: Oor allerlei nietige dinge praat: Small talk.
KOEIPAAL: Soos 'n koeipaal op die plaas: Gebruik van iemand wat baie lui is: An indolent person.
KOEK: Die koek het in die as geval: Dis 'n mislukking: It's a failure.
KOERASIE: Hy is 'n man van koerasie: Hy is 'n dapper, moedige kêrel: He is brave, courageous.
KOERLAND: Van Koerland se vleis eet: Baie lui wees: To be very lazy.
KOESKOP: Soos 'n koeskop-bok lyk: Sy hare is plat op sy kop geborsel: Used of a person who brushes his hair smoothly.
KOFFIE: Koffie soos die kan hom skink: Wees tevrede soos jy dit kry: Take things as they come.
KOK: As kok en koksmaat rusie kry dan hoor jy waar die spek gebly het, of As kok en kok se maat rusie kry, kom dit uit waar die sopvleis bly: As twee samesweerders rusie kry dan openbaar hulle mekaar se geheime: When two accomplices quarrel their deceit comes to light.
KOL: 'n Kol skiet: } Iets goed doen: To do something well.
Die kol raak: } Iets goed doen: To do something well.
KOMBERS: Onder een kombers slaap: In alles saamstem met mekaar: To be hand and glove together.
Hulle kombers is geskeur: Gesê as 'n man en vrou geskei is: They have been divorced.
KOMBERSSTEM: Kleurlingstem in die Kaap: The coloured vote.
KOMBUIS: Hy is by die kombuis langs: Hy het swart bloed in sy are: He has a touch of the tar brush.
Iemand het in die kombuis groot geword: Hy het baie lelike maniere: He is ill-mannered.
KOMKOMMERTYD: 'n Tyd waarin daar niks van belang gebeur nie en nuus maar skaars is: A dull, slack season.
KOMPAS: Sy kompas staan stil: Hy weet nie wat hy moet doen nie: To be in a fix.
KONFYT: Konfyt wees in iets: Op die hoogte wees daarvan: To be au fait with something.
[pagina 73]
[p. 73]
KONING: Hy verbeel hom hy is die koning se hond se oom (neef): Hy is baie hoogmoedig: To be very conceited.
KONTANT: Iemand is te kontant met____: Hy is baie gou gereed met, baie reguit met____: To be too ready with.
KOOI: Dit sit hom in die kooi: Dit gee hom hoofbrekings: He has to rack his brain over it.
KOOL: Iemand 'n kool stoof: Iemand 'n poets bak: To play a trick on a person.
Kool sonder spek: Kêrels sonder nooiens (of andersom): A cock (or hen) party.
Die kool is die sous nie werd nie: Die saak is nie die moeite werd nie: The game is not worth the candle.
Op hete kole sit: In groot angs of onrus wees: To sit on pins and needles.
Iemand oor die kole haal: Iemand goed berispe: To haul someone over the coals.
Vurige kole op iemand se hoof hoop: Deur kwaad met goed te vergeld die vyand pyn aandoen: To heap coals of fire on a person's head.
By my koliewaar: Dit is die reine waarheid: By my faith.
KOOP: Met iets te koop loop: Iets oral rond vertel: To show off.
KOORS: Iemand se koors is hoog: Gesê van 'n haastige persoon: A hasty person.
KOP: Die kop bo die water hou: Met moeite genoeg verdien, om aan lewe te bly: To keep one's head above water.
Sy kop in 'n bynes steek: Jou met 'n saak bemoei, wat groot moeilikheid sal veroorsaak: To bring a hornets' nest about one's ears..
Kop bymekaar hou: Al sy aandag aan een saak wy: To pay undivided attention to one matter.
Sy kop laat hang: Moed opgee: To lose heart.
Dit laat hom sy kop krap: Hy weet nie wat om te doen nie: To rack, or cudgel, one's brains.
Kop in een mus: In alles met mekaar saamstem: To be hand and glove together.
Iemand stamp sy kop: Hy misgis hom; raak teleurgestel: To run into a noose.
Iemand se kop was: Hom goed berispe: To give a person a bit of your mind.
Iemand van kop tot voete (tone) opneem: Hom van bo tot onder bekyk: To eye a person from top to toe.
Sy kop in die skoot lê: Hom onderwerp aan sy lot: To submit to his fate.
[pagina 74]
[p. 74]
Iemand voor die kop, maar nie in die krop sien nie: 'n Mens oordeel na die uiterlike: One judges by appearances.
Nie kop of stert van iets kan uitmaak nie: Daar nie die minste begrip van kan kry nie: Not to be able to make head or tail out of a matter.
Kop in die strop steek: Hom met iets inlaat, waaruit hy nie weer maklik kan kom nie: To run one's head into a noose.
Iemand se kop tussen sy ore sit: Hom op sy plek sit: To keep someone in his place.
Sy kop is op hol: Hy weet nie meer wat hy doen nie: His head is turned.
Kop uittrek: Terugtrek uit 'n saak: To withdraw from an affair.
Sy kop is deur: Hy het 'n sukses daarvan gemaak en nou sal dit goed gaan: He has feathered his nest.
Iemand iets voor die kop gooi: Iemand verwyt: To throw something in another's teeth.
Sy kop staan soontoe: Hy is van plan om 'n besonder iets te doen: He intends doing something.
Iets in die kop kry: 'n Plan kry: To take into one's head.
Met die kop voor die bors loop: Skaam en terneergedruk voel: To feel dejected.
Sy eie kop dra: Vir homself dink: To think for oneself.
Iemand oor die kop kyk: Nie raak sien nie; hoogmoedig wees: To be conceited.
As jy nie daar is nie word jou kop nie gewas nie: 'n Mens moet altyd op tyd wees: You must be punctual to have the full benefit of something.
Iemand laat nie op sy kop sit (trap) nie: Hy laat nie oor hom baasspeel nie: He is not to be fooled; he fights for his rights.
Sy kop verloor: Beheer oor homself verloor: To lose one's head.
Sy kop breek oor iets: Hom bekommer oor iets: To rack his brains over something.
Sy kop verloor: kyk Kop op hol.
Twee koppe is beter as een, al is een maar 'n skaapkop:
Twee persone kan beter iets doen as een: Two heads are better than one.
Kop-en-kop: Heeltemal gelyk uitkom: A dead heat.
Kopskote gee: Antwoorde gee wat tref: To reply to the point.
[pagina 75]
[p. 75]
Kopsku: Bang, omdat hy reeds sleg behandel is: Bridle-shy.
KORING: Ook groen koring op die land hê: Ook nog jong kinders hê, wat kan verkeerd gaan: Also have children who can still go wrong.
Dit is koring op sy meul: Dis net wat hy wil hê: That is grist to his mill.
'N KORRELKOP: 'n Nukkerige, rusiemakerige vent: A grumbler.
KORT: Te kort kom: Nie ver genoeg kom in die vervulling van sy plig nie: To fall short.
Kort van draad: Gou kwaad word: Quick-tempered.
Iemand te kort doen: Nie alles gee, wat hom toekom nie: To do an injustice.
Iemand kort hou: Iemand oppas, sodat hy nie kan maak, wat hy wil nie: To keep a tight hand upon a person.
Te kort skiet: Nie genoeg (krag) hê nie; die doel nie bereik nie: To fall short; to fail.
Iemand is kort gespan (vas, gekniehalter, gebaker): Word gou kwaad: Quick-tempered.
Dis hier te kort en daar te lank: Daar is allerhande besware en ekskusies: To raise many paltry objections.
Alles kort en klein slaan: Alles wil breek: To smash everything to atoms.
Kort en bondig: Kort en kragtig: Short and pithy.
KOS: Iemand die kos uit die mond kyk: Gebruik van 'n hongerige persoon, wat 'n ander staan en aangaap as hy eet: To stare at a person who is having his meal.
As die kos koud word, word die vrou warm: Die vrou word kwaad as die kos op die tafel is en die man sloer: The housewife gets annoyed when the dinner gets cold.
KOU: Sy hand nie in kou water steek nie: Hy leef gemaklik: To live comfortably.
Kou water op iemand se planne gooi: Iemand ontmoedig: To discourage somebody.
KOUDLEI: Iemand koudlei: Iemand op 'n geslepe manier bedrieg: To put a person off the scent.
KOUDSIT: Iemand koudsit: Iemand in iets oortref: To surpass somebody.
KOUS: Met die kous op die kop terugkom: Teleurgestel terugkom: To return with empty hands.
Iemand se kouse is vol ertappels: Is vol gate: His stockings are in holes.
[pagina 76]
[p. 76]
KOUTJIE: Eers die koutjie dan die vroutjie: Maak eers die huis klaar en trou dan: Provide the home, before you marry the girl.
KRAAI: Iemand staan of die kraaie sy kos opgeëet het: Verleë wees: Timid-looking.
Iemand voel soos 'n kraai met pouvere: Hy voel baie ongemaklik: To feel out of place.
'n Vlieënde kraai het altyd wat: 'n Persoon wat baie rondgaan, vind altyd iets uit of kry iets in sy voordeel: Jackals never go empty.
Elke swart kraai dink sy eier is die witste: 'n Persoon verbeel hom altyd, dat sy eie goed die beste is: Everybody thinks his own geese swans.
Deur die kraaie bespreek: Gesê van 'n baie maer dier: A lean, bony animal.
Die kraaie gaap; Geen kraai kan dit hou nie: Dit is baie warm: The weather is sultry.
So maer soos 'n kraai: Besonder maer: As lean as a rake.
KRAAK: Die wyn het 'n krakie: Die wyn is nie heeltemal goed nie: There is something wrong with the wine.
KRAAL: Dit is net so in my kraal: Net wat ek verlang: That suits me to a T.
In iemand se kraal kom: Probeer meeding waar 'n ander meen dat hy alleen reg het: To compete with someone who has the monopoly.
KRAAM: Nie in iemand se kraam te pas kom nie: Nie wat hy verlang nie: That does not suit his book.
KRAG: Ou kragte uithaal: Sy uiterste bes doen: To exert oneself to the utmost.
KREDIET: Iemand sê meer as wat hy krediet voor het: Gesê as iemand te ver gaan in sy bewerings en beskuldigings: To assert too much.
Iemand vir iets krediet gee: Meen dat iemand iets kan doen: To give a person credit for a thing.
KREEFTEGANG: Kreeftegang gaan: Agteruitgaan: To go backward.
KRETIE: Die Kretie en Pletie: Almal, selfs die laagste ook: Tom, Dick and Harry.
KREUPEL: Die kreupele wil altyd voordans: Mense wat niks met 'n saak te doen het nie en ook die minste daarvan weet, wil altyd die grootste sê daarin hê: The unskilled always have the most to say.
KRIEK: 'n Langasem kriek: Iemand wat gedurig oor dieselfde ding neul: A troublesome person.
[pagina 77]
[p. 77]
KRIMINEEL: Dit het krimineel (krap) gegaan: Dit het besonder swaar gegaan: It was uphill work.
KRIP: Iemand staan aan die krip: Hy het 'n goeie betrekking: To have a good position.
KRISMIS: Krismis kom net eenmaal in 'n jaar: Laat ons eet, drink en vrolik wees, want ons kan nie elke dag feesvier nie: Life is not all beer and skittles.
KROMHOUTSOP: Kromhoutsop gedrink hê: Dronk wees: To be tipsy.
KROES: Kroes voel (wees): Siekerig wees, lyk: To feel seedy.
KROKODILTRANE: Trane van geveinsde smart of berou: Crocodile tears.
KROON: Iemand na die kroon steek: Met iemand wedywer: To vie with a person.
Die kroon span: Ander oortref: To excel.
Die kroon op iets sit: Iets eervol voltooi: To finish splendidly.
Dit kroon alles: Dis nog die beste van alles: That crowns everything.
KROP: Dit steek in my krop: Dit hinder my: It goes against the grain.
'N KRUIDJIE-ROER-MY-NIE of Truitjie-roer-my-nie: 'n Nukkerige vent: A touchy fellow.
KRUIP: In sy skulp (skild, dop) kruip: Bang word; nie so'n hoë toon aanslaan nie: To come down a peg or two.
Voor iemand kruip: Hom bid en smeek; hom baie onderdanig wees: To cringe before a person.
Eers kruip, dan loop: Klein begin: Begin on a small scale.
KRUIS: 'n Paar kruisies (x) agter die rug hê: Al taamlik oud wees: To be well advanced in years.
KRUIT: Hou jou kruit droog: Berei jou goed voor vir die stryd: Keep your powder dry.
Kruit en vuur wees: Hulle is kwaaivriende: To be at loggerheads.
Iemand se kruit is nat: Gesê van iemand wat sy doel nie kan bereik nie: He won't realise his purpose.
KRUIWA: Iemand het 'n kruiwa: Iemand wat hom deur sy invloed vooruit help: To have someone to back you.
KRUMMEL: Krummels is ook brood: 'n Mens moet geringe dinge ook in ag neem: Small things also count.
KRY: Het jy dit of kry jy dit? Van iemand gesê, wat laf is en so ergernis veroorsaak: What is amusing you?
Iemand onder die klippe, ens., kry: Hom met klippe gooi, met 'n lat slaan: To throw stones at somebody, etc.
[pagina 78]
[p. 78]
KUIER: Iewers kuier: Iewers vry: To visit somewhere.
KUIKEN: Nog sommer 'n kuiken: 'n Pure kind: To be a mere child.
Moenie die kuikens tel, voordat hulle gepik is nie: Moenie op iets staat maak wat nog moet gebeur nie: Don't count your chickens before they are hatched.
KUIKENMOORD: Kuikenmoord pleeg òf Iemand vir kuikenmoord opbring: Gesê van 'n groot persoon, wat 'n kleiner een wat nie sy pertuur is nie, seer maak: To bully.
KUS: Te kus en te keur gaan: Te maak net soos 'n mens lekker kry: To indulge one's fancy.
KUIL: Graaf jy 'n kuil (put, gat) vir 'n ander, dan val jy daar self in: Wil jy 'n ander in die moeilikheid bring, dan oorval die ongeluk jou dikwels: Harm watch, harm catch.
KUNS: Dit is geen kuns nie: Maklik genoeg om te doen: That is easy enough.
KURANG: Kyk Kiering.
KUSSING: Op die kussing sit: Die regerende party wees: To be in power.
KWAAD: Die gaan van kwaad na (tot) erger: Dit word elke dag slegter: It becomes worse every day.
KWAADGELD: Vir kwaadgeld rondloop: Ledig rondloop en allerhande kwaad doen: To get into mischief through indolence.
KWAGGAPOLITIEK: Kortsigtige, dom politiek: Short-sighted politics.
KWALIK: Iemand iets kwalik neem: Ontevrede wees met iemand oor iets: To take exception to something.
KWANSEL (Verkwansel): Verkoop, verruil, mors: To barter, exchange, waste.
KWAS: Dit aan sy kwas kry: Die skuld vir iets dra: To bear the blame.
Na sy kwas skop: Baie bly wees: To be hale and hearty.
Dis baie van sy kwas: Dis iets wat hy sal voel: He will feel it.
KWIK: Jy kan kwik (kik) of kwak: Jy kan maak wat jy wil: You can do what you like.
KWINT: Iets (iemand) kwint: Slaan, doodmaak: To kill.

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken