Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

J.

JA: Ja en amen sê op alles: Alles maar goedkeur; met alles instem: To agree to everything.
Iemand is 'n jabroer: Iemand wat nie 'n eie mening het nie: A person who agrees to everything.
Die jawoord kry: Deur 'n nooi aangeneem word: To be accepted by a girl.
JAAG: As jy iemand jaag, dan staan jy self nie stil nie: As iemand 'n seker fout by 'n ander soek, dan is hy self nie daarvan vry nie: Ill doers are ill deemers.
JAKKALS: 'n Jakkals: 'n Skelm persoon: A sly person.
Jakkals prys sy eie stert: Aan iemand gesê wat homself prys: To blow one's own trumpet.
[pagina 62]
[p. 62]
'n Kaal jakkals: 'n Armsalige mens, iemand wat niks besit nie: A poor fellow.
Hoe kaler jakkals, hoe groter stert: Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste: The poorer the man, the greater his boast.
Jakkals verander van hare, maar nie van nukke (streke) nie: 'n Mens ontgroei nooit sy ingebore karaktertrekke nie: The leopard does not change its spots.
Dis bo my jakkals: Dis meer as wat ek kan doen: That is more than I can do.
'n Tweestert jakkals: 'n Persoon wat van opienie verander net om voordeel daaruit te trek: A turncoat.
Die jakkalse trou: Gebruik as dit reën, terwyl die son skyn: The fairies are baking.
Jakkalsdraaie maak: Allerhande voorwensels aanvoer, om uit 'n moeilikheid te geraak: To make all sorts of excuses to get out of trouble.
Vol jakkalsstreke: Gebruik van 'n geslepe persoon: To be cunning.
JAKKER: Iemand jakker die hele dag rond: Loop rond: To gad about the whole day.
JAKOB: Die ware Jakob: Die regte kêrel of ding: Mr. Right.
Jakob vry na Rachel om Lea te kry: Hy is teleurgestel in sy planne: To be disappointed.
JAKOPEWEROË: Oë wat uitpuil: To have protruding eyes.
JAN: Jan Rap en sy maat: Almal, selfs die laagste ook: Tom, Dick and Harry.
Met Jan Tuisbly se karretjie gaan: By die huis bly: To stay at home.
Jan Salie: 'n Niksbetekenende persoon: A stick-in-the mud.
Jan en alleman: Almal: All the world and his wife.
Mal Jan onder die hoenders: kyk Hoenders.
'n Regte ou Jan Pampoen:
'n Niksbeduidende vent: A regular stick-in-the-mud.
Beter bang (blo) Jan as dooi (oorlede) Jan: 'n Mens moenie te dapper wees nie (sê die bangbroek): Better a live dog than a dead lion.
Jantjie wees; Jantjie se baadjie aanhê: Jaloers wees: To be jealous.
JAPIE: 'n Simpel Japie: 'n Baie eenvoudige mens: A simpleton.
JAPSNOET: 'n Regte japsnoet: 'n Persoon wat hom gedurig met 'n ander man se sake bemoei: A meddler.
JAS: Iemand se jas is in die wiel: Iemand is in moeilikheid: To be in trouble.
[pagina 63]
[p. 63]
JERUSALEM: 'n Vreemdeling in Jerusalem: Onbekend wees met wat in mens se onmiddellike omgewing gebeur: To be a stranger in Jerusalem.
By Jerusalem begin: 'n Mens moet eers sy eie sake in orde bring, of sy eie mense help, voordat hy ander hulp verleen: To begin at Jerusalem.
'n Jerusalemse ponie: 'n Weeluis: A bed-bug.
JOB: Job se geduld en Salomo se wysheid: Baie geduld en bekwaamheid besit: Much patience and wisdom.
So geduldig soos Job: Baie geduldig: As patient as Job.
So arm as Job: Hy besit niks nie: Poverty-stricken.
'n Jobstrooster: Iemand wie se troos maar min help: A Job's comforter.
'n Jobstyding kry: 'n Droewige tyding ontvang: To get a message of ill-luck.
JONK: Sy nooi is jonk dood: Spottend gesê van 'n persoon wat nie 'n nooi kan kry nie: Humorously used of a person who cannot win the hand of a girl.
Jonk gewend, oud gedoen: 'n Mens behou die gewoontes van sy jongdae: Once a use and ever a custom.
JONKER: Hoe kaler jonker hoe groter pronker: Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste: The poorer the man, the greater his boast.
JONGKÊREL: Sy lyf jongkêrel hou: Maak of hy nog ongetroud is: To pretend to be unmarried.
JOOD: Hy is 'n Jood: Suinig en geldgierig: He is a miser.
'n Vark uit die Jood slaap (eet, ens.): Gevaarlik baie slaap: To sleep, etc., very much.
Jode en Samaritane hou nie gemeenskap nie: Hulle kom nie goed met mekaar klaar nie: Jews and Samaritans do not have intercourse with each other.
Dit gaan soos in 'n Jodekerk: Almal praat gelyk: It is a Polish diet.
JOSIE: Die Josie in wees: Baie kwaad wees: To be very angry.
JUDAS: 'n Verraaier, 'n vals vriend: A Judas.
JUDASKUS: Kus van verraad: A traitor's kiss.
JUDASSTREEK: Verraad: Treachery.
JUKSKEI: 'n Orige jukskei: Iemand of iets wat maar van baie min waarde is: To be the fly on the wheel.
'n Klein jukskei met 'n groot knop: Iets (iemand) wat 'n mens orals kan gebruik: Something very serviceable.
Jukskei breek: Moeilikheid veroorsaak: To cause trouble.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken