Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

N.

NA: Iemand te na kom: Iemand beledig: To insult someone.
NAAKTE: Die naakte waarheid vertel: Die hele waarheid: The whole truth.
NAALD: 'n Mens kan hom deur 'n naald trek: Hy is baie netjies gekleed: He is well dressed.
Op naalde en spelde sit: Hy is baie haastig: He is sitting on pins and needles.
'n Draad vir elke naald hê: Altyd 'n antwoord gereed hê: To have a ready tongue.
Van 'n naald tot 'n koevoet: Alles: From a needle to an anchor.
Jy steek 'n naald in die Here se oog: Gesê van 'n persoon wat op Sondag met 'n naald werk: You should not sew on Sundays.
[pagina 94]
[p. 94]
NAAM: Iets vir die naam doen: Net vir die skyn: To do something for show.
Die naam dra: Beskou word as: To be looked upon.
'n Pak slae (ens.) is jou naam: Jy sal 'n pak slae kry: You may be sure that you will get a hiding.
Die kind by die ware naam noem: Alles ronduit sê, sonder om dit te omskryf: To call a spade a spade.
NAAMDRAER: 'n Kind wat na 'n besonder persoon vernoem is: Namesake.
NAAT: Op die naat van sy rug lê: Plat op die rug: To lie flat on his back.
NABEROU: Naberou is galberou (swaarberou): Berou kom as 'n daad reeds gedoen is en dan veroorsaak dit baie verdriet: Remorse comes too late.
NADER: Hoe nader hoe doller: Hoe nader 'n ding kom, hoe meer opgewonde: The nearer the event, the more excited.
NAEL: Laat nael: Vinnig weggehardloop: To take to one's heels.
NAELSKRAAP: Dit was so naelskraap, òf Dit het naelskraap gegaan: Dit het byna gebeur: That was a close shave.
NAG: So lelik soos die nag: Baie lelik: To be very ugly.
Lyk soos een wat met die nag-trein gekom het: Baie slordig lyk: Very untidy looking.
So donker soos die nag: Baie donker: Pitch dark.
Die Kaffer is so swart soos die nag: Baie swart: The Kaffir is as black as soot.
'n Nagwolf: 'n Persoon wat saans laat rondloop: To loaf about at night.
NASLEEP: 'n Nasleep van iets: Die gevolge van: The consequences.
NAT: Iemand se twak is nat: kyk Twak.
Nog nat agter die ore wees:
Nog baie jonk wees: To be a greenhorn.
Sopnat, (waternat, water-slik-sop-nat of pap-sop-nat) iewers aangekom: Heeltemal nat wees: To be drenched to the skin.
Iemand is lekker nat: Is dronk: To be tipsy.
NATUUR: Die tol van die natuur betaal: Sterf: To die.
NEK: Iemand het 'n dik nek: Is hoogmoedig: To be conceited.
Deur sy nek praat: Onsin praat: To talk through one's hat.
Iemand in die nek kyk: Iemand bedrieg: To deceive.
Op iemand se nek lê: Iemand onkoste en ongerief veroorsaak: To inconvenience people by staying with them.
[pagina 95]
[p. 95]
Iets deur die nek trek: Iets eet of drink: To eat or drink.
Iemand se nek breek: Iemand ruïneer: To ruin somebody.
Sy nek in die strop steek: Hy het hom in 'n moeilikheid begewe: To run one's head into a noose.
Sy nek is in die strop: Hy is in moeilikheid: To be in trouble.
Iemand 'n nekslag gee: Hom 'n slag gee wat hom heeltemal te gronde rig: To deal someone a decisive blow.
NERF: Dit was op die nerf na; Die nerf het geskeel: Dit het maar min geskeel: Within an ace.
Fyn (dun) van nerf wees: Baie fyn-gevoelig wees: To be very sensitive.
NES: Hulle skop al nes: Hulle maak al klaar om te trou: They are preparing to get married.
Jou eie nes vuilmaak: Jou eie mense slegsê: To foul one's own nest.
NET: Agter die net vis (-vang): Te laat kom vir iets: Come a day after the fair.
NEULKOUS: 'n Neulkous (-pot): 'n Vervelige vent: A bore.
NEUS: Tussen neus en vinger verdwyn: Sommer so skelm, ongemerk verdwyn: To take French leave.
Iemand iets onder die neus vrywe: Iemand iets verwyt: To reproach a person for something.
Iemand steek sy neus orals in: Hy bemoei hom met dinge wat hom nie aangaan nie: He pokes his nose into everything.
Iemand staan op sy neus en kyk: Baie teleurgesteld of verleë: To be disappointed or embarrassed.
Iemand aan die neus lei: Met hom doen wat jy wil: To lead a person by his nose.
Nie verder sien as sy neus lank is nie: Nie vooruit dink nie: He cannot see any further than his nose.
Teen sy neus vaskyk: Gesê van iemand wat baie onoplettend is of iets nie raaksien nie: To be very inobservant.
Onder sy neus lê: Baie naby kom: To lie under his very nose.
Sy neus daarvoor optrek: Dit verag: To sneer at a thing.
Loop met die neus in die lug: Hoogmoedig wees: To walk with one's nose in the air.
Dit was so by sy neus verby; Dis neusie verby: Gesê van iemand wat nie gekry het, wat hy wou gehad het nie: He just missed it.
[pagina 96]
[p. 96]
Hy stap (loop) agter sy neus aan: Iets doen sonder om te dink: To wander about.
Iets in die neus kry: Suspiesie kry: To get wind of something.
Wie sy neus sny (skend), skend sy aangesig: As 'n mens sy volk of famielie slegmaak, dan veroordeel hy homself: Don't cut off your nose to spite your face.
Eers neus, dan bril: Grootmense moet voor kinders gehelp word: Adults first, then children.
NEUT: Dis 'n harde neut om te kraak: Dis 'n baie moeilike werk: It is a very hard task.
Nie iets vir dowe (dowwe) neute doen nie: Hy doen dit met 'n spesiale doel: To work for a special object.
NIKSNUTS: 'n Persoon wat niks beteken nie: A good-for-nothing sort of fellow.
'N NIMROD: 'n Jagter: A Nimrod.
NOAG: Dit kom uit Noag se ark: Dit is baie oud of outyds: It is very old or ancient.
Van Noag se sap gedrink hê: Dronk wees: To be intoxicated.
NOMMER: Iemand op sy nommer sit: Iemand berispe: To rebuke a person.
Die klere is net mooi nommer-pas: Dit is net die regte grootte: The clothes fit to a T.
NOOD: Sy nood by iemand kla: Iemand sy moeilikhede vertel: To unburden one's troubles.
Nood leer bid: 'n Moeilikheid maak 'n mens vindingryk: Necessity is the mother of invention.
As die nood aan die man kom: As daar moeilikhede kom: If the worst comes to the worst.
Van die nood 'n deug maak: Hom na die tyd en omstandighede skik: To make a virtue of necessity.
In die nood leer 'n mens jou vriende ken: Iemand wat ook onder moeilike omstandighede jou steun, is 'n ware vriend: A friend in need is a friend indeed.
Nood breek wet: As 'n mens in die nood is, steur hy hom nie aan gewoonte of aan wat reg is nie: Necessity knows no law.
As die nood die hoogste is, is die redding (uitkoms) naby: As die moeilikhede op die ergste is, kom daar gewoonlik uitkoms: It is darkest just before dawn.
NOOIT: So nooit-as-te-nimmer; Nooit ofte nimmer; So nooit as nooit: Dit sal nooit gebeur nie: That will never happen.
[pagina 97]
[p. 97]
NOOT: 'n Noot rek soos 'n voorslag-riempie: 'n Musieknoot baie lank rek: To keep a note longer than is necessary.
Jy is 'n ou noot in die psalm: Jy wil altyd saampraat, al weet jy niks van die saak nie: You always want to have a say although you know very little.
'n Noot laer sing: Nie meer sulke hoë eise stel nie òf so hoogmoedig wees nie: To eat humble pie; to sing small.
Baie note op sy sang hê: Baie te sê hê: To have much to say.
Werk dat die krom note hom haal: Baie hard werk: To work very hard.
NOPPIES: In sy noppies voel: Baie gelukkig en tevrede voel: To be in high feather; to be as pleased as Punch.
NOUSTROP: Nou-strop trek: Swaarkry: To have a hard time.
NUGTER: Op sy nugter maag: Nog voor hy geëet het: The first thing in the morning.
Nugter weet: Dis heeltemal onseker: Goodness knows.
NUL: Van nul en geen waarde: Gladnie waarde hê nie: To be of no use at all.
Maar 'n groot nul wees: Baie min beteken: To be a good-for-nothing.
Iemand het uitgevind dat nul nul is: Hy weet hoe sake staan: He knows what is what.
In die jaar nul: Nooit nie: Never.
NUUS: Dis ou nuus: Dis lankal bekend: That is old news.
Iemand is 'n nuusdraer: Lief om 'n ander te verklik: A tell-tale.
Geen nuus, goeie nuus: As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, dan kan hy seker wees dit gaan goed: No news good news.
NUUTS: Daar is niks nuuts onder die son nie: Dieselfde verskynsels kom onder ander vorme weer voor: There is nothing new under the sun.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken