Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

O.

OEFENING: Oefening baar kuns; Oefening maak die meester: Deur oefening leer 'n mens: Practice makes perfect.
OES: Ons het hulle lelik geoes: Ons het hulle ver gewen: We gave them a sound beating.
Dit was maar 'n oes (oes-does) affêre: Dit was maar swak: It was a feeble affair.
[pagina 98]
[p. 98]
OLIE: Dis olie op die vuur: Die moeilikheid of toestand word daardeur erger: That's fuel to the fire.
Olie op die water gooi: Die harstogte laat bedaar: To throw oil on troubled waters.
OMKONKEL: Iemand het hom laat omkonkel: Hy het hom laat oorhaal: He allowed himself to be persuaded.
OMSIENTJIE: In 'n omsientjie (omsientjiestyd) sal ek terug wees: Ek sal gou terug wees: I shall be back in a minute.
OMSLAG: Vir iemand omslag maak: Moeite doen om iemand goed te onthaal: To put oneself out to entertain a person.
ONBEKEND: Onbekend maak onbemind: 'n Mens hou nie van 'n onbekende persoon of saak nie: Unknown, unloved.
ONBESPROKE: Van onbesproke gedrag: Van goeie gedrag: His conduct is without a blemish.
ONBETUIG: Hom nie onbetuig laat nie: So handel (b.v. deur baie te eet, praat ens.,) dat almal moet opmerk dat hy teenwoordig is: To give a good account of oneself.
ONBEWIMPEL: Iemand onbewimpel die waarheid sê: Reguit, sonder iets agter te hou: To tell a person one's mind.
ONDANK: Ondank is wêreldsloon: Wat 'n mens doen, word nie op prys gestel nie: The world pays with ingratitude.
ONDERDEUR: In 'n eksamen onderdeur kom: Nie deurkom nie: To be ploughed, or plucked, or spun.
Iemand onderdeur laat loop: Iemand berispe of straf: To reprimand or punish.
So onderdeur loer: Skelmpies kyk: To look with cunning eyes.
Sy begin al oor die onderdeur te loer: Begin al na die ander sekse te kyk: She is beginning to take notice of the other sex.
Iemand onderdeur spring: Iemand bedrieg: To deceive a person.
ONDERDUIMS: Onderduims wees: Nie openlik, eerlik wees nie: To be deceitful.
ONDERLIP: Sy onderlip hang òf 'n Mens kan van sy onderlip skoensole maak: Hy is nukkerig: He is in a bad mood.
ONDERSPIT: Die onderspit delf: Oorwin word: To come off second best.
ONDERVINDING: Ondervinding is die beste leermeester: Die beste manier om iets te leer, is om dit self uit te vind: Experience is the best master; experience makes fools wise.
ONGELUK: Daar is altyd 'n geluk by 'n ongeluk: 'n Ongeluk het ook 'n gunstige kant: Every cloud has a silver lining.
Die ongeluk sal jou haal (ry) as jy dit doen: Jy sal gestraf word as jy dit doen: The devil take you, if you do that.
[pagina 99]
[p. 99]
ONGENOOI: Ongenooide gaste hoort agter die deur met 'n bak (bord) vol bene: 'n Mens mag nie na 'n party gaan as hy nie genooi is nie: It is not etiquette to go where you are not invited.
ONKLAAR: Onklaar trap: In moeilikheid kom: To get into trouble.
ONKRUID: Onkruid vergaan nie: 'n Slegte persoon leef die langste: Ill weeds grow apace.
Altyd onkruid saai: Altyd dinge sê of doen wat ontevredenheid veroorsaak: To be ever causing trouble.
ONRAAD: Onraad merk: Gevaar vermoed: To smell a rat.
ONS: Een ons praktyk is beter as 'n pond teorie: Alles kom op doen neer, want net weet hoe help nie so baie nie: Practice is better than precept..
ONTDUIK: Iets ontduik: Iets vryspring: To evade.
ONWETEND: Onwetend sondig nie: As 'n mens onbewus iets doen wat verkeerd is, dan kan hulle hom nie daarvoor kwalik neem nie: A person cannot be blamed for a mistake done in ignorance.
OOG: Aldag oog-toe gaan: Gesê van iemand wat baie hou van drank: To be addicted to drink.
Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen: Gesê van iemand wat skeel kyk: To squint.
Uit die oog, uit die hart: As iemand weg is, word hy gou vergeet: Out of sight, out of mind.
Iemand (iets) in die oog hou: Besonder aandag aan 'n persoon (saak) wy: Iemand oppas: To keep an eye on somebody (something).
Jou oog op iemand hê: Hom nie vertrou nie; verlief wees op 'n dame: Not to trust someone; to be struck with a lady.
Dit val in die oog; Dit is in die ooglopend: Dit trek die aandag: It draws the attention of all.
Dit was vir hom 'n doring in die oog: Dit het hom baie gehinder: It was an eyesore to him.
Nie 'n oog toemaak nie: Nie slaap nie: Not to get a wink of sleep.
Al die omstandighede in die oog hou: Alles in aanmerking neem: Bear all the circumstances in mind.
'n Mens moet darem iets vir die oog ook hê: 'n Mens kyk nie net na deugde nie, maar ook na mooiheid: Not virtue alone, but beauty also counts.
Die oog van die meester maak die perd vet: As die eienaar self vir sy goed sorg is daar voorspoed: The master's eye makes the cattle thrive.
[pagina 100]
[p. 100]
Net vir een ding oog en oor hê: Net in een ding belangstel: To be interested in one thing only.
Wat die oog nie sien nie, deer die hart nie: As 'n mens iets nie weet nie, bekommer hy hom nie daaroor nie: What the eye does not see, the heart does not grieve over.
Op die oog: Na die uiterlik: Superficially.
Iemand onder vier oë sien: Hom alleen wil sien met die doel om hom te berispe: To see someone under the rose.
Hulle oë gaan oop: Hulle begin die kwessie te verstaan en insien dat hulle verkeerd is: They begin to discover the truth.
Iemand op sy oë speel: Iemand met die vuis slaan: To fight a person.
Niemand na die oë hoef te sien nie: Onafhanklik wees: To be independent.
Al die meisies se oë uitsteek: Almal jaloers maak: To arouse everyone's jealousy.
Die gevaar (moeilikheid) onder die oë sien: Nie vir iets bang wees nie: To look the facts in the face.
Groot oë maak: Verbaas kyk: To look up in surprise.
Sy oë is groter as sy maag: Hy is gulsig en daarom het hy meer gevat as hy kan eet: He has cut off a bigger chunk than he can chew.
Iemand se oë vol sand skop: Iemand mislei: To deceive.
Jy moet jou oë oop hou: Jy moet alle aandag aan die saak gee: You must attend very carefully.
Iemand begin ook al ogies te maak: Begin na die ander sekse te kyk: To take notice of the other sex.
OOGAPPEL: Die liefling: The apple of his eye.
OOGLEDE: Jy kyk alweer teen jou ooglede vas: Iets nie raak sien nie: You are not using your eyes.
OOGKLAPPE: Iemand oopklappe wil aansit: Iemand wil bedrieg deur net 'n deel van die waarheid te laat uitkom: To try to hoodwink a person.
OOM: Daar sit oom Kool: Daar het ons die skelm: There we have him.
OOP: Ons werk dat ons so ooplê: Ons werk baie hard (vinnig): We are working at full speed.
Iemand met oop arms ontvang: Iemand baie vriendelik en hartlik ontvang: To welcome a person very heartily.
OOP-EN-TOE: Hy het so oop-en-toe daar aangekom: Hy het in groot haas daar aangekom: He came there hurriedly.
OOPTREK: Iemand ooptrek: Iemand 'n pak slae gee: To give a hiding.
[pagina 101]
[p. 101]
OOR: Heeltemal oor wees: Baie aandagtig luister: To be very attentive.
Dis die een oor in en die ander uit: Dit word gou vergeet: To forget a thing as soon as you have heard it.
Iemand se ore hang: Hy is mismoedig: To be depressed.
Loop was jou ore: Aan iemand wat nie goed geluister het nie en dus vra dat iets herhaal sal word: Open your ears.
Dit het my ter ore gekom: Ek het dit gehoor: It has come to my knowledge.
Iets in die ore knoop: Iets goed onthou: To make a note of.
Lang ore hê: Baie nuus te hore kom: Somebody who comes to hear much news.
Sy ore sal tuit: Gesê van iemand van wie daar baie in sy afwesigheid gepraat word: His ears will tingle.
Sy ore uitleen: Na allerhande praatjies luister: To pay heed to all sorts of talk.
Iemand se ore van sy kop afeet: Baie eet: To sponge on another.
Bloos (rooi word) tot agter die ore: Baie bloos: To blush to the roots of your hair.
Iemand se kop tussen sy ore sit: Hom op sy plek sit: To keep a person in his place.
'n Paar wawiel-ore hê: Baie groot ore hê: To have very large ears.
Het jy pluisies in jou ore? Aan iemand wat nie die eerste keer hoor wat jy sê nie: Can't you hear?
'n Mens kan mielies in sy ore plant: Gesê van iemand wie se ore baie vuil is: His ears are very dirty.
OORBLUF: Heeltemal oorbluf wees: Heeltemal oorrompel wees: To be quite embarrassed.
OORGEHAAL: Oorgehaal sit vir iemand: Klaar wees om iemand goed te berispe: Ready to give someone a bit of one's mind.
OORHAND: Die oorhand kry: Die oorwinning behaal: To get the upperhand.
OORHOEKS: Hom oorhoeks werk: Hom heeltemal gedaan werk: To overwork oneself.
OORHOOP: Die twee lê gedurig oorhoop: Hulle maak altyd rusie: Those two are always at loggerheads.
OORKONKEL: Iemand 'n oorkonkel gee: Iemand 'n klap gee: To give somebody a box on the ear.
OORLAAI: Iemand oorlaai met werk: Hom meer werk gee as hy kan behartig: To overburden someone.
[pagina 102]
[p. 102]
OORLAMS: Dis 'n oorlamse vent: Baie skelm of slim: He's a smart fellow.
OORLAS: Tot 'n oorlas wees: Iemand baie onnodige moeite aandoen: To cause unnecessary trouble.
OORVEEG: Iemand 'n oorveeg (-vyg) gee: Iemand 'n klap gee: To give a person a box on the ear.
OOS: Oos, wes, tuis bes: 'n Mens se eie huis is maar die beste plek op die wêreld: There is no place like home; home sweet home; east, west home's best.
OOSTEWIND: Die man sal van die oostewind moet lewe: Hy het niks om van te lewe nie: As poor as a church mouse.
OPDOK: Iemand moet opdok: Hy moet betaal: He has to pay.
OPDONS: Iemand opdons: Iemand slaan of opdruk: To give a good hiding or to rebuke.
OPDRAAND: Dit maar opdraand kry: Dit maar swaar kry: To have a hard time.
Hoe steiler die opdraand, hoe nader aan die end: As 'n mens hom baie moet inspan dan kry hy gou klaar: It's darkest just before dawn.
OPGANG: Opgang maak: Naam maak: To become popular.
OPGESKEEP: Opgeskeep sit met iets of iemand: Nie van iets of iemand ontslae kan raak nie: To be saddled with.
OPKUIL (OPKYL): Iemand opkuil (opkyl): Iemand straf of berispe: To punish or rebuke.
OPROERIG: Moenie hulle oproerig maak nie: Moenie hulle kwaad maak nie: Don't kindle the fire.
OPSAAL: Iemand met werk opsaal: Hom baie werk gee: To pile work on someone.
OPSKEP: Opskep loer: Met etenstyd by iemand aankom: To visit people at mealtimes.
OPSKIET: Ons skiet goed op: Ons gaan goed vooruit: We are progressing favourably.
OPSKRAAP: Iemand opskraap: Iemand dwing om te betaal: To force someone to pay (his debts).
OPSKROEF: Iemand opskroef (opskraap): Hom dwing om sy skuld te betaal: To press a person to pay his debt.
OPSKUIF: Trou: To get married.
OPSLAE: Iemand slaan dat hy opslae maak: Hom geweldig slaan: To give someone a severe hiding.
OPSLUIT: Iets opsluit hê: Met alle geweld iets wil hê: To be determined on.
OPSPOOR: Iemand opspoor: Iemand soek: To trace somebody.
[pagina 103]
[p. 103]
OPSPRAAK: Iets het opspraak verwek: Veroorsaak dat die mense daarvan praat: To cause a sensation.
OPSTOPPER: Iemand 'n opstopper gee: Iemand 'n vuisslag gee: To give a person a smack.
OPVYSEL: Iemand (iets) opvysel: Iemand (iets) baie prys: To puff, extol.
ORRELSTRYK: Alles het orrelstryk gegaan: Alles het baie goed afgeloop: Everything came off with the greatest success.
OS: Van die os op die esel; Van die os op die jas: Van een onderwerp, sonder voorbereiding na 'n ander oorgaan: To ramble from one subject to another.
Soos 'n os neerslaan: Meteens hard op die grond val: To fall on the ground with all one's weight.
Ploeg met die osse wat ons het: Ons bes doen met wat ons het: To exploit what we have.
Jong osse inspan: Opbring: To vomit.
Hy span eers sy ossies goed agtermekaar: 'n Afwagtende houding aanneem: See which way the cat jumps.
OUD: Iemand vir oud en nuut straf: Iemand straf vir kwaad wat hy lankal en ook vir wat hy nou net gedoen het: To punish somebody for all his past sins.
'n Mens is nooit te oud om te leer nie: 'n Mens kan altyd iets leer, al is hy ook hoe oud: One is never too old to learn.
Oud voor sy tyd: Ouderwets wees of hom soos 'n oumens gedra: To be old-fashioned for one's years.
Ouer as twaalf wees: Ervare wees: Not as green as one might think.
Soos die oude songe, so piepe de jonge: Die kinders praat hulle ouers altyd na: As the old cock crows, so crows the young.
Die oudste word onterf: Iemand te kort doen: To cut one off with a shilling.
OUER: Ouers vra: Die ouers se toestemming vra vir 'n huwelik: To ask the consent of the parents.
OUGRAS: Iemand is in die ougras: Heeltemal verkeerd wees: To be on the wrong track.
OULAAS: Vir oulaas: Vir die laaste maal: For the last time.
OUMA: Jy sal jou ouma vir 'n eendvoël aansien: Kyk Eend.
OUMEIDE: Dit reën oumeide en (met) knopkieries: Dit reën baie of dit reën hard: It is raining cats and dogs.
OUPA: My oupa se hond en sy oupa s'n het saam aas weggesleep: Ons is baie ver langs famielie: We are distantly related.
[pagina 104]
[p. 104]
OUPAD: Jy is nou heeltemal in die oupad (gew. met toevoeging Columbus het nie die Kaap ontdek nie): Jy vergis jou heeltemal: You are quite off the rails; you are on the wrong tack.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken