Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

P.

PAAI: Iemand paai: Met mooi woorde iemand probeer tevrede stel of tot bedaring bring: To soothe a person.
PAAIBOELIE: Dis maar 'n paaiboelie: Dis bedoel om iemand bang te maak: It is a mere bugbear.
PAAIE: Die ou paaie verlaat: Die ou sedes en gewoontes verlaat: To forsake the old ways (customs).
PAAL: Nie die paal haal nie: Nie die doel bereik nie: Not to reach one's goal.
Paal en perk stel: Dit kragtig teenwerk: To put a check on.
PAD: 'n Pad deur die opponente loop: Hulle maklik wen: To give a sound licking.
Iemand in die pad steek: Iemand ontslaan of afsê: To give a person the sack.
In die pad staan: Hinder: To be in the way.
Met iemand 'n paadjie loop: Iemand slaan of berispe: To punish or rebuke a person.
PADDA: So skurf as 'n padda: Baie skurf: Very scurfy.
Lyk soos 'n opgeblaasde padda: Kwaad lyk: To be much annoyed.
Van 'n padda (skilpad) vere probeer pluk: Die onmoontlike wil kry: To try to do the impossible.
'N PADDASLAGTER: Gesê van 'n baie stomp mes: A very blunt knife.
PADLANGS: Padlangs loop: Eerlik handel: To act in an honest way.
Padlangs praat: Reguit wees: To be straightforward.
PADLOPER: 'n Regte ou padloper: Iemand wat rondloop sonder werk: A regular tramp.
PAG: Maak asof hy al die wysheid in pag het: Maak asof hy alleen slim is: To pretend to be mighty clever.
PAK: Pak kry: Ver verloor: To get a thorough beating.
'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt: 'n Kind moet gereeld gestraf word: Spare the rod and spoil the child.
'n Pak van iemand se hart: 'n Hindernis wat weggeneem is: A load off one's shoulders.
Elkeen moet sy eie pakkie dra: Elkeen moet sy eie moeilikhede dra: Everyone must bear his own burden.
[pagina 105]
[p. 105]
PAL: Pal staan: Vas, onbeweeglik wees: To stand firm.
PALJAS: Paljas dra: Toor: To practise magic.
PALM: Die palm wegdra: Die oorwinning behaal: To gain the victory.
PALMIETSOP: Baie jong wyn: Unfermented wine.
PAMPERLANG: By iemand pamperlang òf Pamperlangpraatjies verkoop: Deur mooi woordjies in iemand se guns probeer kom: To flatter a person.
PAMPOEN: Nie vir 'n kou pampoen skrik nie: Nie sommer skrik nie: Not to be frightened by trifles.
'n Pampoen-bril ophê: Nie iets sien wat vlak voor jou lê nie: To walk with your eyes shut.
PAN: In die pan hak: Almal doodmaak: To cut to pieces.
PANNEKOEK: So plat soos 'n pannekoek: Baie plat: As flat as a pancake.
PANTOFFEL: Die arme kêrel staan onder die pantoffel (of onder pantoffel-regering): Sy vrou speel die baas oor hom: The poor fellow is under petticoat government; he is hen-pecked.
PAP: As dit pap reën moet jy skep: 'n Mens moet van elke geleentheid gebruik maak: Strike while the iron's hot.
'n Pap kêrel: Iemand op wie jy nie kan reken nie: A milksop.
Praat of hy warm pap in sy mond het: Baie onduidelik praat: To talk indistinctly.
Pap voel: Gedaan, afgemat voel: To feel worn out.
Pap word altyd warmer gekook as dit geëet word: 'n Saak word altyd erger gemaak as wat dit regtig is: People always exaggerate.
As die pap dik is, brand dit aan: As 'n persoon baie omgang het met 'n ander, begin hy hom te verag: Familiarity breeds contempt.
PAPBROEK: 'n Persoon op wie 'n mens gladnie kan staat maak nie; iemand sonder beginsels: A coward; a man without principles.
PAPELELLEKOORS: 'n Voorgewende siekte: A feigned illness.
PAPIER: Papier is geduldig: 'n Mens kan enige onsin skryf: Paper won't blush.
PAPLEPEL: Dit met die paplepel ingee: Dit van jongsaf leer: To take it in with one's mother's milk.
Sy ouma die paplepel leer vashou: 'n Ervare persoon probeer leer: To teach your grandmother to suck eggs.
PAP-KLAAS: 'n Persoon op wie 'n mens nie kan staat maak nie: A real milksop.
[pagina 106]
[p. 106]
PAPPOT: So lang as die lepel in die papot staan (draai): Solank as ons nog kos het om te eet: While we have food we are contented.
'n Mens moenie almal uit een pappot wil eet nie: Twee famielies moenie onderling wil trou nie: Two families should not intermarry.
PARTE: Iemand parte speel: Iemand kul: To play a trick upon a person.
PARTY: Party kies vir iemand: Aan sy kant staan, hom verdedig: To side with a person.
Party mense dink: Daar is mense wat dink: Some think.
Party getrek: Voordeel probeer trek: To take advantage of.
PAS: Dit kom goed te (van) pas: Dis net wat nodig is: That comes in very handy.
Iemand die pas afsny: Iemand verhinder om sy planne verder voort te sit: To take the wind out of a person's sails.
PASOPPENS: Jy moet in jou pasoppens trap (bly): Jy moet versigtig wees, dat jy niks verkeerds doen nie: You have to mind your P's and Q's.
PASPOORT: Iemand sy paspoort gee: Iemand ontslaan of afsê: To give somebody the sack.
Meen dat hy 'n paspoort hemel-toe het: Dink hy is baie beter as ander mense: To think yourself far superior to others.
PATAT: Met die hele mandjie patas (patatas) te voorskyn kom (op die lappe kom): Die hele ding vertel net soos dit gebeur het: To bring out the whole story.
PÊ: Pê voel: Gedaan, afgemat voel: To feel seedy.
Nie pê kan sê nie: Baie verleë wees: He cannot say boo to a goose.
PEER: Met die gebakte pere bly sit: Opgeskeep sit met iets: To be saddled with.
PEETJIE: Loop na jou peetjie (peet): Gaan na die hoenders: Go to the devil!
Ek het my ou peetjie (peet) daar afgewag: Ek het baie lank daar gewag: I waited there for a very long time.
PEIL: 'n Mens kan nie op hom (iets) peil trek nie: 'n Mens kan nie op die persoon (ding) staat maak nie: Not to be able to rely upon a person (thing).
PEN: Hy ry (is) aan die pen: Hy word berispe vir wat hy misdaan het: To have to account for.
PENKOP: 'n Jong, onervare persoon: An inexperienced youth.
[pagina 107]
[p. 107]
'N PENLEKKER: Iemand wat sy lewe met die pen maak: A pendriver (clerk).
PENORENT: Penorent loop (ens.): Heeltemal regop: To walk up straight.
PENS: Met pens en pootjies (plat): Heeltemal; met sy hele liggaam: With his whole body (vulgar).
PEPER: Dis peper en sout: Die twee dinge het dieselfde uitwerking: These two things are practically the same.
Iemand peper gee: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a thrashing.
PEPERDUUR: Baie duur: To be very dear.
PEPERKOP: 'n Persoon met kroes hare b.v. 'n Kaffer: A person with curly, bushy hair e.g. a Kaffir.
PEPERKORRELTJIES: Die klompies kroes hare van 'n Kaffer of gekleurde: The tufts of curly, bushy hair of a Kaffir or coloured person.
PEPERKORRELTJIESKOP: 'n Kaffer of kleurling: A Kaffir or coloured person.
PERD: Die kar voor die perde span: Verkeerd te werk gaan: To put the cart before the horse.
'n Verkeerde perd opsaal: 'n Verkeerde ding doen: To put one's money on the wrong horse.
'n Ou perd kry ook lus vir groenvoer: 'n Ouerige mens hou ook van iets lekkers: He hasn't cast his colt's tooth yet; he still has a sweet tooth.
'n Perd het vier bene en hy struikel ook (gewoonlik met die byvoeging) ‘wat nog te sê 'n mens met een tong’; òf 'n Perd met vier pote struikel, laat staan (wat van) 'n mens met een tong: Elke persoon verspreek hom partymaal: To err is human.
Die gewillige perd moet die las dra: Die gewilliges moet alles doen: Those who are willing have to bear the brunt.
'n Gegewe perd moet 'n mens nie in die bek kyk (sien) nie: 'n Mens mag 'n geskenk nie beoordeel nie: One must not look a gift-horse in the mouth.
Die perd wat die hawer (voer) verdien, kry dit nie; Die perd wat die korrels verdien, kry baiemaal die strooi: Verdienste word nie altyd beloon nie: One beats the bush and another catches the bird.
Die maerste perd skop die seerste: Wat 'n mens die minste verwag, gebeur dikwels: The unexpected often happens.
[pagina 108]
[p. 108]
As die perde horings kry: Nooit nie: Never.
Iemand is oor sy perdjie getel: Gesê van iemand wat te veel geprys word: He is haughty as the result of excessive praise.
Die perdjie het maar net gespring: Gesê aan 'n klein kind om hom te paai as hy geval het: Never mind.
Iemand is baie gou op sy perdjie: Hy word gou kwaad: To be easily annoyed.
PERDEDUIWEL: 'n Persoon, wat goed perd ry of perde moor: An able horseman or a person who is very severe on horses.
PERDESTERTHARE: Steil, reguit hare: Straight hair.
PERDFRIS: Heeltemal fris en gesond: Quite healthy and sound.
PÊREL: Jou pêrels vir (voor) die swyne (varke) gooi (werp): Iets doen vir 'n persoon wat jou daad nie werd is of waardeer nie: To cast pearls before swine.
Dis 'n pêrel van 'n meisie: Dis 'n baie goeie meisie: She is a jewel of a girl.
PERSKES: Dis oor met jou perskes: Jy soebat verniet, jy sal dit nie kry nie: You ask in vain.
PEUSELWERKIES: Niksbeduidende werkies: Little odd jobs.
PEUTER: Jou met allerlei dinge bemoei: To poke your nose into something.
PIEKEL: Oorbring: To move, carry.
PILAAR: 'n Sterk ondersteuner van een of ander saak: A staunch supporter of some or other cause.
PIEP: Die piep hê: Hom verbeel dat hy siek is: To have the pip.
PIEPERIG: Pieperig wees: Kleinserig of swak wees: To be weak or sensitive.
PIET: Piet, Poul en Klaas: Almal, sonder om uitsonderinge te maak (met die bygedagte - al die skurke en slegtes): Tom, Dick and Harry.
PIK: Laat pik: Vlug: To take to one's heels.
Wie met pik omgaan, word daarmee besmet: As 'n mens slegte maats het, dan word hy onwillekeurig deur hulle beïnvloed: Evil communications corrupt good manners.
PIL: Dis 'n bitter pil om te sluk: Iets onaangenaams, wat gedoen moet word: Something unpleasant that has to be endured.
'n Pil verguld: 'n Onaangename iets aantreklik probeer maak: To sugar a pill.
PIMPEL: Pimpel en pers geslaan wees: Vol kneusplekke geslaan wees: To be covered with bruises.
[pagina 109]
[p. 109]
PINKIE: Sy les op sy pinkie ken: Hy ken sy les baie goed: To have one's lesson at one's finger tips.
Iemand om jou pinkie (vinger) draai: Iemand heeltemal onder jou invloed hê: To twist a person round one's finger.
Gee 'n man die pinkie (vinger) dan vat hy die hele hand: 'n Persoon is gewoonlik nooit tevrede met wat hy mag doen nie, maar eien hom meer toe: If you give him an inch, he will take an ell.
PITTE: Baie pitte hê: Baie ryk wees: To be very rich.
PLAAS: Daar is al 'n plaas deur iemand se keel: Deur te veel te drink, het hy al sy plaas verloor: He has lost his farm through drink.
PLAN: 'n Plan is 'n boerdery: As 'n mens eers 'n goeie plan agtermekaar het, dan kan hy enige ding doen: The planning of an undertaking is the main thing.
PLANK: Planke saag: Baie hard snork: To snore very loudly.
So dun as 'n plank wees: Baie honger wees: To be very hungry; as hungry as a hunter.
PLAT: So plat soos 'n pannekoek: Baie plat: Very flat.
PLATGOOI: Weghardloop: To run away.
'N PLATJIE: 'n Persoon wat allerhande grappies op 'n ander uithaal: A regular imp.
PLATLOOP: Die hele plek platloop: Orals soek: To walk the whole place.
'n Werk platloop (kafloop): 'n Werk gou doen: To finish a task quickly.
PLATRIEM: Iemand platriem (of met die platriem) gee (inlê): Hom 'n pak slae gee: To give somebody a thrashing.
PLATSAK: Platsak wees: Nie geld hê nie: To be hard-up.
PLEK: Iemand op sy plek sit: Iemand berispe: To give a person a bit of your mind.
PLESIER: Plesier is nes 'n jong komkommer, as jy hom pluk verlep hy sommer (Pres. Reitz): Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet: ‘Pleasures are like poppies spread, you seize the flow'r, its bloom is shed’.
PLOEG: Die hand aan die ploeg slaan: Werk of begin te werk: To put the shoulder to the wheel.
Hy het in die grond (stof, ens.,) geploeë: Hy het lelik geval: He had a bad fall.
PLOOI: Iets in die regte plooie gooi: Iets so aanneemlik moontlik maak: To represent something in the best light.
[pagina 110]
[p. 110]
PLUIMPIE: Iemand 'n pluimpie gee (steek): Iemand prys vir sy goeie werk: To compliment a person.
PLUIMSTRYK: Iemand pluimstryk: Iemand vlei: To flatter.
POETS: Iemand 'n poets bak: Iemand iets onaangenaams laat ondergaan: To play a trick on somebody.
POLITIEK: Met politiek werk: Oulik te werk gaan: To set about something diplomatically.
POLS: Iemand se pols voel; òf Voel hoe iemand se pols klop; òf Iemand pols: Iemand uitvra om te sien wat sy sienswyse omtrent 'n saak is: To sound a person.
PONTIUS: Iemand van Pontius na Pilatus stuur: Iemand rond en bont stuur: To send a person from pillar to post.
POOT: Dis jammer dat so'n poot moet vrot: Gesê van iemand wat baie mooi skryf: 'Tis a pity that the writer of such an excellent hand has to die.
Die kêrel skrywe vir jou 'n poot: Hy skrywe baie lelik: He has an awful scrawl.
Pootjie gee: Op 'n lustelose manier iemand met die hand groet: To shake hands in a listless way.
Pootuit wees: Moeg, gedaan wees: To be dead tired.
Hou jou pote tuis: Moenie dit doen nie: Hands off!
Op eie pote staan: Onafhanklik wees: To be independent.
Pote-uit (bene-uit) raak: Bankrot raak: To go insolvent.
POP: 'n Mooi pop: 'n Mooi meisie: A beautiful girl.
Die poppe is aan dans: Die moeilikheid het begin: The fat is in the fire.
Iemand wil pop speel: Gebruik van 'n persoon wat na 'n jong meisie vry: He wants to play with dolls (said of a person who courts a young girl).
POSITIEWE: Nie by sy positiewe nie: Mal wees: There is something wrong in his top-story.
Weer by sy positiewe gekom: Weer tot bewussyn gekom: To regain consciousness.
Sy positiewe bymekaar hou: Goed die saak oordink; sy gedagte bymekaar hou: To use all one's wits.
POT: Die pot was verspeel: Die kans was verby: The chance is lost.
Die pot aan die kook hou: Dinge aan gang hou: To keep matters going.
Die pot verwyt die ketel, dat hy swart is; òf Die pot verwyt dit ketel en hulle is ewe swart: 'n Ander 'n fout verwyt wat jyself baie maak: The pot calls the kettle black.
[pagina 111]
[p. 111]
Die pot verteer: Die uitgawe vergoed: To pay the piper.
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry tog 'n deksel: Die lelikste (gebreklikste) man of vrou kry tog iemand om mee te trou: Every Jack shall have his Jill.
Sy eie potjie krap òf Sy eie potjie skraap: Vir homself sorg: To provide for yourself.
In die kleinste potjies bewaar mens die beste salf: Waardevolle dinge is altyd skaars en word dus in klein dingetjies bewaar: The best goods are packed in the smallest parcels.
Iemand het potte gelek: Gesê van iemand wat 'n vuil plek aan sy gesig het: There is a dirty mark on his face.
POUL: Poul en Piet en Klaas: Kyk Piet.
PRAAT: Praat van die ding! Reken bietjie! Well, I never!
Sy praat was seker op: Gebruik van 'n persoon wat iets dwaas sê: I am sure he had nothing more to say.
Praat gou want ek woon ver: Moenie so langdradig wees nie, ek is haastig: Come to the point.
Praatjies vul nie gaatjies nie: Dit help nie om te praat nie, 'n mens moet handel: It is no use talking.
Praatjies vir die vaak (varke) verkoop: Oor allerhande niksbeduidende sake praat: To discuss matters of minor importance; tittle-tattle.
PROEF: Iemand op die proef stel: Iemand aan 'n ondersoek onderwerp: To put to the test.
PROFEET: 'n Profeet is nie in sy eie land geëerd nie: 'n Man van verdienste word in sy eie land nie so geëer as in die buiteland nie: A prophet has no honour in his own country.
Die ou profete is dood en die jonges eet brood: 'n Mens kan nie op enigeen se voorspelling staat maak nie: A false prophet.
PROP: Op die proppe kom: Sy verskyning maak; ter sprake kom: To put in his appearance; to come up for discussion.
PROSEDEER: As iemand jou prosedeer vir jou koei, gee die kalf daarby: As iemand hof-toe gaan dan ly hy skade, al wen hy ook nog sy saak: A person carrying on a lawsuit can be sure of loss even though he is the winner of the case.
PROSES: Kort proses met iemand gemaak: Iemand sonder veel gepraat sy straf toedien: To give one short shrift.
PRUIM: Iemand kan nie pruim sê nie; Iemand sê nie pruim nie: In 'n geselskap sit, maar nie deel daaraan neem nie; baie sedig wees: Can't say boo to a goose.
[pagina 112]
[p. 112]
PUBLIEK: Dis 'n publieke leuen; Hy het publiek gelieg: Dis heeltemal seker, dat hy nie die waarheid vertel het nie: There is not the slightest doubt that it is a lie.
PUNT: Op die punt staan: Kant en klaar wees: To be on the point of.
Iets op die punte van die vingers ken: Iets baie goed ken: To know something thoroughly.
PUNTENÉRIG: Baie puntenérig wees: Baie op sy eer gesteld wees; dis moeilik om hom tevrede te stel: To be easily offended; not easily pleased.
PURE: Hy is 'n pure man: Hy is deur-en-deur 'n goeie man: He is every inch a gentleman.
PUT: Wie 'n put graaf vir 'n ander, val daar self in: As 'n mens 'n persoon in ongeleentheid wil bring, dan kom hyself daarin: Harm watch, harm catch.
PYL: Soos 'n pyl uit die boog wegspring: Baie vinnig wegspring: To start off very quickly; like an arrow from a bow.
Vir 'n plek pyl: Reguit na 'n plek hou: To make straight for a place.
PYP: 'n Lelike pyp rook: 'n Lelike stelletjie aftrap; iets vernederends ondergaan: To be played a nasty trick.
Na iemand se pype dans: Alles doen wat 'n andereen wil hê: To dance to another's tune, or piping.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken