Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

T.

TA: 'n Regte ou ta: Baie onbeskof: An uneducated, uncivilised person.
TAAI: Iemand 'n taai klap gee: Iemand 'n harde klap gee: To give a hard smack.
So taai soos 'n ratel: Baie taai wees: To be very hardy; as tough as leather.
Iemand taai sê: Iemand berispe: To give a person a bit of one's mind.
Iemand taai tammeletjie gee: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a thrashing.
TAAL: Nie taal of tyding (teken) van iemand hoor nie; Taal nog tyding ontvang: Geen nuus kry nie: To get neither sound nor sight of a person.
TAALINDOENA: Iemand wat op taalgebied taamlik outokraties optree: An induna or autocrat in matters relating to spelling, etc.
TABERNAKEL: Iemand op sy tabernakel gee: Iemand 'n pak slae gee: To give a person a hiding.
[pagina 137]
[p. 137]
TAFELBERG: Toe Tafelberg nog 'n vulletjie was: Kyk Vulletjie.
TAK: Iemand se tak: Iemand se nooi: Someone's fiancée.
Hoog in die takke: Baie dronk: Very drunk.
TAMATIESTRAAT: In tamatiestraat wees: Hy is laat; hy sal dit nie kry nie: He has got a hope!
TAMMELETJIE: Iemand tammeletjie gee: Iemand slaan: To give a hiding.
TAND: Iemand se tande voel: Iemand se bekwaamheid of kennis toets: To sound a person.
Oumense (Grootmense) se tande tel: Gesê van 'n kind wat met oop mond sit en luister as grootmense gesels: Said of a child who is continually in the company of grown-up people.
Met lang tande eet: Met teësin eet: To eat with reluctance.
Vir iemand die tande wys: Vir iemand kwaad word: To show one's teeth.
Sy tande slyp: Hom klaar maak: To look forward to.
TANG: 'n Mens kan hom nie met 'n tang aanraak nie: Hy is baie vuil: He is so dirty, you can't come near him.
TAPYT: Op die tapyt bring: Ter sprake bring: To bring up for discussion.
TAS: Dit vat aan 'n man se tas: Dit kom 'n mens duur uit: That is rather expensive.
TEE: In iemand se tee blaas: Iemand se nooi van hom afvry: To cut out a rival suitor.
TEENSTRIBBEL: Teenstand bied: To offer resistance.
TEER: Iemand teer en veer: Iemand teer en dan vol vere gooi: To tar and feather a person.
TEERKWAS: 'n Streep van die teerkwas weghê: Hy het swart bloed in sy are: To have a touch of the tar-brush.
'N TEERPUTS: 'n Slordige, niksbeduidende kêrel: A mean, dirty fellow.
'N TEERTOU: 'n Vuil vent: A dirty fellow.
TEL: In tel wees: Populêr, in die mode wees: To be popular.
Iemand moet op sy telle pas: Hy moet versigtig wees: To be careful.
'N TELEGRAAFPAAL: 'n Baie lang en skraal persoon: A regular broomstick.
TELLING: In tien tellings was hy terug: Hy was baie gou terug: He was back in a minute.
TENT: Sy tent iewers opslaan: Hom daar gaan vestig: To pitch one's tent.
[pagina 138]
[p. 138]
'N TERGGEES: Iemand wat ander besonder baie kan pla: A tease.
TERING: Die tering na die nering sit: Die uitgawe na die inkomste reël: To cut one's coat according to one's cloth.
TESTAMENT: Iemand kan sy testament maar laat maak: Hy sal daar baie sleg van af kom: He is going to come off the second best.
TEUEL: Die vrye teuel gee: Hom laat maak soos hy wil: To allow one a free hand.
Die teuel laat skiet: Minder streng behandel: To give some rope.
TIEN: Tien teen een: Dis absoluut seker: Ten to one.
TIER: Ou tier! 'n Uitdrukking van bewondering of spot: Bravo! Well done!
TIERLANTYNTJIES: Allerlei versiersels; onnodige bog: Trash; knick-knack.
TIERMELK: Iemand het tiermelk gedrink: Hy is dronk: To be intoxicated.
TITTEL: Geen tittel of jota nie: Heeltemal niks nie: Not an iota.
TJANKBALIE: 'n Kind wat baie gou huil: A cry-baby.
TJEKBOEKBOERE: Groot, welaf boere: Wealthy farmers.
TJOEKIE: Tronk: Prison.
TJOEPSTIL: Heeltemal stil: To be as still as a mouse.
TJOU-TJOU: 'n Tjou-tjou spul: 'n Slegte affêre of klomp: A feeble lot.
TOEDOEN: Sonder sy toedoen: Sonder dat hy iets daaraan gedoen het: Without his assistance.
TOEKA: Van toeka se tyd af: Van lankal af: From time immemorial.
TOET: Die ding lyk soos toet, was hy beter dan was hy goed: Die ding (die man) beteken nie veel nie: It is not worth much.
'n Toet: 'n Niksbeduidende mens: A nonentity, a good-for-nothing.
TOE-OOG: Iets toe-oog doen: Dit maklik doen: Without the least effort.
TOERTJIE: Dit was 'n hele toertjie: Dit het baie moeite gekos: It caused some trouble.
TOETRAP: Iemand lelik toegetrap: Iemand lekker kul: To cheat someone.
TOKTOKKIE: Toktokkie speel: Met behulp van 'n lyn en 'n gewiggie aan 'n deur klop en as die deur oopgemaak word, doodstil bly: To play tick-tock.
TOLVRY: Sonder om iets te betaal of oor te kom: Free of duty; to go free.
[pagina 139]
[p. 139]
TONG: 'n Tong soos 'n skeermes: 'n Baie skerp tong: A sharp tongue.
Iemand onder die tong kry: Iemand berispe: To give someone a bit of your mind.
Hy het sy tong verloor: Hy sê niks nie: He does not utter a word.
Sy tong is gebonde: Hy mag niks sê nie: He is tongue-tied.
Iemand is met die tong-riem gesny; Goed met die tong slaan: Hy is glad met die tong: He has the gift of the gab.
Die woord is op my tong: Dit sal my netnou byval: It is on the tip of my tongue.
TOON: Tone trap is rusie soek: As 'n mens iemand se tone trap, is dit 'n teken dat hy wil baklei: To court trouble.
Op iemand se tone trap: Iemand beledig: To offend someone; to tread on a person's corns.
Die toon aangee: Die leiding gee: To set the fashion.
'n Hoë toon aanslaan: 'n Aanmatigende houding aanneem: To ride the high horse.
'n Lae toon aanslaan: Nie veeleisend wees nie: To sing pretty small.
TOOR: Wat het jy getoor? Wat het jy gemaak? What have you done?
TOP: Van top tot toon (teen): Van kop tot voete: From head to toe.
Top! 'n Tussenwerpsel om 'n ooreenkoms te bekragtig: Done!
TOR: Moenie so aan my tor (torring) nie: Moenie so aan my lol nie: Do not bother me so.
'n Regte ou tor: 'n Slegte onopgevoede mens: He is an uneducated, uncivilized person.
TOU: Hulle gesels aan die tou: Hulle gesels lekker sonder om op te hou: They are having a pleasant and unbroken conversation.
Op die tou blaas: Die osse aanmoedig: To encourage oxen by shouting.
Iemand laat tou (riem) spring: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
Tou opgooi: Moed verloor; dood gaan: To lose courage; to die.
Die tou styftrek: Aanhou, met erns vorentoe beur: To persevere, to strive forward.
Iemand onder die tou (ketting) uithelp: Iemand uit sy moeilikheid help: To help someone out of his difficulty.
[pagina 140]
[p. 140]
Oor die tou trap: Iets doen wat verkeerd is: To overstep the line.
TOULEIER: Die beste touleier sit op die voorbok: As 'n persoon 'n werk nie self hoef te verrig nie, dan verbeel hy hom altyd dat hy dit besonder goed kan doen: Bachelor's wives and old maids' children are the best trained.
TOU STAAN: In 'n ry staan en so sy beurt afwag: To form a queue.
TOUWYS: Iemand touwys maak: Hom leer: To break in a person for certain work.
TRAAN: Dit gaat nog maar ou traan: Op die gewone manier: Still as usual.
In sy trane swem: Baie huil: To bathe in his tears.
Iemand huil lang trane: Baie spyt hê oor wat hy gedoen het: To be crying tears of remorse.
Trane met tuite huil: Baie huil: To weep bitterly.
TRALIES: Agter die tralies sit: In die tronk wees: To be in prison.
O TRANENDAL! Hoe treurig gaan dit nie! How sad!
TRANKIEL: Iemand is trankiel: Baie gesteld wees op seker dinge: To be particular.
TRANSPORT: Loop of hy die transport van die plaas in sy sak het: Baie hoogmoedig wees: To be very conceited.
'N OU TRAP-IN-DIE-WATER: 'n Onhandige persoon: An awkward person.
TRAPSOETJIES: Loop soos 'n trapsoetjies; Iemand is 'n trapsoetjies: Hy is baie stadig: To walk like a snail.
TREIN: Dis nog nie trein-tyd nie: Gesê aan iemand wat onnodig haastig is: Don't hurry, there's ample time.
Hulle kom met die stadige trein: Hulle sal eers laat kom: They are sure to be late.
'N TREKPLEISTER: 'n Persoon van wie mens baie hou ('n kêrel of nooi): An attraction; a loved one.
TROEF: Iemand lelik troef: Teenmaatreëls teen iemand se planne neem; iemand 'n goeie antwoord gee: To checkmate a person, to counter his plans.
TROMP: Iemand tromp-op loop: Iemand sonder omweë berispe: To rebuke without ceremony.
Tromp-op: Naby; sonder om korrel te vat: Near; point-blank.
TRONK: Van nuuskierigheid is die tronk vol: Nuuskierigheid veroorsaak allerhande moeilikheid: Ask no questions and you'll hear no lies.
TROU: Trou is nie perde koop nie: 'n Mens moet sake goed oorweeg eer hy in die huwelik tree: One should consider things carefully before getting married.
[pagina 141]
[p. 141]
Trou is niks nie, maar die lank hou: Skertsend gesê as 'n mens bedoel dat die man en vrou dalk moeg vir mekaar kan word: Marriage is not the main thing, but to live together for a long time.
TRUG, TRU, TROEI: Vir niemand trug, tru, troei staan nie: Met sukses teen enigeen kan meeding: To stand back for no one.
TRUITJIE-ROER-MY-NIE: kyk Kruidjie-roer-my-nie.
TUIG: In die tuig (juk) sterf: Sterf terwyl 'n mens nog sy gewone werk doen: To die in harness.
TUIN: Iemand om die tuin lei: Iemand kul: To lead a person by the nose.
TUISBLY: Met Jan Tuisbly se karretjie saamgaan: Gladnie saamgaan nie: To stay at home.
TURF: Iemand se turf sit: Hy slaag nie in sy doel nie: He does not succeed in his plans.
TWAALF: Iemand is ouer as twaalf: Hy laat hom nie maklik kul nie: He is not easily deceived; he was not born yesterday.
Iemand prys die dag nooit voor twaalfuur in die nag nie: Hy is versigtig en spreek nie 'n oordeel uit, voordat hy heeltemal seker is nie: He expresses an opinion only after mature deliberation.
TWAK: Jou twak is nat: Jy kan jou doel nie bereik nie: You cannot manage it.
Iemand is 'n ou twak: 'n Slegte mens: A good-for-nothing.
Nie 'n pyp twak werd nie: Niks werd nie: A nonentity.
Iemand verkoop twak: Hy praat onsin: He talks nonsense.
Laat hom maar sy twak op sy eie manier kerwe: Laat hom maar maak soos hy wil: Let him go his own way.
TWEE: Weet dat tweemaal twee vier is: Weet hoe sake staan: To know what is what.
TWISAPPEL: 'n Punt van geskil: An apple of discord.
TYD: Tyd is geld: Tyd is baie waardevol: Time is money.
Die tyd uitkoop: Die tyd op die beste wyse gebruik: Make the most of one's time.
Die tyd (Vader Tyd) sal ons dit leer: Deur uit te stel en na te dink, kry 'n mens dikwels 'n oplossing vir 'n moeilike saak: Time will bring the solution.
Sy tyd is verby: Gebruik van iemand wat deur ouderdom of onbekwaamheid nie meer die leiding neem nie: He has had his day.
[pagina 142]
[p. 142]
Wie nie is (pas) op sy tyd, is sy maaltyd kwyt: 'n Mens moet altyd op tyd wees as hy iets wil hê: If you are not in time you lose your meal.
Na (kom) tyd, kom raad: As 'n mens eers lank oor 'n saak nagedink het, dan kry hy dikwels raad: In space comes grace.
Ander tye ander mense: Die mens verander met die tyd: Other times, other manners.
TYDING: Geen tyding goeie tyding: As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, dan kan hy seker wees, dat dit goed gaan: No news good news.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken