Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

U.

UIL: Soos 'n uil op 'n kluit: Heeltemal alleen en verleë voel: To feel perplexed and lonesome.
Elkeen dink sy uil is 'n valk: Elkeen dink dat sy eie goed die beste is: Everyone thinks his geese swans.
UILSKUIKEN: Iemand is 'n uilskuiken (uil): Dom: A fool.
UILSPIEËL: 'n Uilspieël: 'n Persoon wat allerhande snaakse dinge doen: A clever rascal (the name of the hero of an old Teutonic romance).
Lyk soos 'n Uilspieël in die maanskyn: Gesê van iemand wat verspot en nie vanpas aangetrek is nie: Not dressed to suit the occasion.
UILTJIE: 'n Uiltjie knip (knyp): 'n Bietjie slaap: To take a nap; to take forty winks.
UITBASUIN: Iets uitbasuin: Iets oral rondvertel: To proclaim something everywhere.
UITBETAAL: Iemand uitbetaal: Iemand behandel soos hy jou behandel het: To pay back in one's own coin.
UITBLAKER: Alles uitblaker: Iets rondvertel: To trumpet about all one hears.
UITBLINK: Onder die ander uitblink: Die ander ver oortref: To put the others totally in the shade.
UITBOENDER: Iemand uitboender: Iemand uitdryf: To turn out of doors.
UITBOER: Hom heeltemal uitboer: Al sy besittings verloor: To lose everything.
UITBRANDER: Iemand 'n uitbrander gee: Iemand aanval, berispe: To lecture somebody.
UITDRAAI: Hom uit die werk draai: Allerhande verontskuldigings inbring, sodat hy nie die werk hoef te doen nie: To find an excuse not to do the work.
[pagina 143]
[p. 143]
UITERSTE: Die man lê op sy uiterste: Hy is gevaarlik siek: The man is dangerously ill.
Dis nou van die een uiterste na die ander; Van die een uiterste na die ander val: 'n Middelweg word nie gevolg nie: To fall into extremes.
'n Uiterste vabond: Baie ondeunde mens: A very mischievous person.
UITGEBAK: Iemand is uitgebak: Hulle het hom goed leer ken en het nie meer vertroue in hom nie: People have lost all confidence in him.
UITGEMAAK: 'n Uitgemaakte saak: 'n Saak wat in die geheim reeds beslis is: It was a predetermined, or cut and dried affair.
Iemand vir alles wat sleg is uitmaak: Iemand van allerhande slegte dade beskuldig: To accuse a person of everything that is bad.
'n Verloofskap uitmaak: Breek: To break an engagement.
UITGEPIETS: Fyn uitgepiets: Netjies maar taamlik swel aangetrek: Very well dressed.
UITHALER: 'n Uithaler (uithaal) perd (ens.): 'n Baie goeie perd: A very good horse.
UITHOOR: Iemand uithoor: Na alles luister wat iemand te sê het: Listen to every thing a person has to say.
UITKRUIP: Iemand sal moet uitkruip (uitspring): Hy sal al sy kragte moet inspan: To have to exert oneself.
UITLIG: Iemand uitlig: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
UITLOOI: Iemand uitlooi: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
UITOORLÊ: Iemand uitoorlê: Om deur beter planne iemand te oortref: To out-manoeuvre a person.
UITPAK: Oor die kêrel uitpak: Baie slegte dinge van iemand sê: To find fault with much in a person.
Sy het alles uitgepak: Sy het al haar geheime vertel: She told all her secrets.
UITPLUIS: 'n Saak uitpluis: Die waarheid omtrent 'n saak uitvind: To get to the bottom of a matter.
UITSIT: Iemand uitsit: Iemand se nooi afvry: To cut out a rival lover.
UITSKEI: Julle moet nou uitskei: Ophou: You must stop that.
UITSKUD: Iemand uitskud: Al sy geld van hom wen; al iemand se klere ens., neem (veral in oorlogtyd): To deprive someone of all he possesses.
[pagina 144]
[p. 144]
UITSOEK: 'n Uitsoek plaas, ens.: 'n Uitstekende plaas ens.: An excellent farm, etc.
UITSPANPLEK: Dit is anderkant my uitspanplek: Ek kan dit nie doen nie: I am not able to do that.
UITSTEL: Van uitstel kom afstel: Deur iets uit te stel word dit nooit gedoen nie: Procrastination is the thief of time.
UITSTOF: Iemand uitstof: 'n Pak slae gee, wen: To give a hiding.
UITTREK: Moenie jou uittrek voor jy gaan slaap nie: Moenie jou kinders alles laat erf, voordat jy dood is nie: Do not forget to care for yourself.
UITSUIG: Iemand uitsuig: Soveel geld uit iemand kry as maar moontlik is: To get as much money out of a person as possible.
UITTRAP: Iemand uittrap: Iemand berispe of slegsê: To reprimand.
UITVIKS: Iemand uitviks (wiks): Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
UITVIS: Iets uitvis: Iets probeer uitvind: To fish out something.
UITVRA: Van uitvra is die tronke vol: Moenie probeer uitvra nie, ek sal jou tog nie alles sê nie - dit kan my mos in moeilikheid bring: Ask no questions and you'll hear no lies.
UUR: Sy uurtjie het geslaan: Die tyd is daar dat hy anders sal moet maak; sy sterwensuur het aangebreek: His hour has struck.
Iets by die uur opsê: Baie lank aanhou: To keep on indefinitely.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken