Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

V.

VAAK: Vaak raak vir bang baas: Gesê van 'n kind wat maar gaan slaap, al is hy ook baie bang om alleen te gaan: Sleep conquers fright.
VAAL: Vaal van die honger wees: Baie honger wees: To be very hungry.
Vir 'n hele tydjie in die vaal rys wees: Lank op pad wees: To travel about for a long time.
'N VAALPENS: 'n Spotnaam vir 'n Transvaler: A nickname for a Transvaler.
VAALWATER: In iemand se vaalwater (vaarwater) kom: So handel dat iemand vir jou kwaad word: To fall in someone's disfavour; to get into hot water with someone.
In die vaalwater wees: In die moeilikheid wees: To be in a pickle, or in the soup.
VAAR: Iets laat vaar: Iets laat staan: To leave off with something or to leave off a habit.
[pagina 145]
[p. 145]
VAARTJIE: So vaartjie, so moertjie: Net soos die ouers: A chip of the old block.
VAATJIE: Uit 'n ander vaatjie tap: Anders praat as vantevore: To sing another tune.
VADERS: Iemand is tot sy vaders vergader: Is dood: To be gathered to one's fathers.
VADOEK: Ek is nie jou vadoek nie: Ek sal nie jou vuil werk doen nie: I am not going to do your dirty work.
VAL: In die val sit: Gevang wees: To be caught.
Dis net na dit val: Dit hang net af van wat gaan gebeur: It all depends on what is going to happen.
Iemand se val bewerk: Iemand se ondergang bewerk: To cause a person's ruin.
VANAAND: Kom ek nie vanaand (vandag) nie, dan kom ek môreaand: Skertsend gesê van iemand wat baie stadig werk of baie stadig gaan: Said in jest of a person who works or goes very slowly.
VANDAG: Iemand is nie (meer) vandag se kind nie: kyk Gister.
VANMELEWE (VANSLEWE): Vroeër: In bygone days.
VARK: Skree soos 'n maer vark: Baie hard skree: To scream loudly.
Iemand kan nie vark vang (keer) nie: Hy het baie krom bene: He is bandy-legged.
Daar soveel van weet as 'n vark van 'n borshemp (politiek): Heeltemal niks van iets weet nie: To know as little about it as one's little finger.
Iemand het nie al sy varkies in die hok nie; Iemand se bont varkie is weg: Hy is 'n bietjie mal: There is something wrong in his top storey.
So vet soos 'n vark: Gesê van iemand wat baie vet is: To be very fat.
Varke skuur hulle modder teen pilare af: Slegte mense beklad fatsoenlikes: Bad people slander the good name of others.
Iemand jaag varke aan: Dronk wees: To be intoxicated.
VASBRAND: In moeilikheid geraak: To get into straits.
VASGELAK: Sit of hy vasgelak is: Op dieselfde plek bly sit: To stick like a leech.
VASKEER: Iemand vaskeer: Iemand se argumente omver gooi: To drive a person into a corner.
VASTRAP: Moed hou en aanhou: To keep courage and persevere.
[pagina 146]
[p. 146]
VASTREK: Iemand vastrek: Iemand bedrieg; iemand vaskeer: To deceive someone; to overthrow someone's arguments.
VAT: Laat vat: Vlug: To take to one's heels.
Op iemand vat kry: Iemand onder jou invloed kry; iets kry waaroor jy iemand kan slegsê: To get a hold on somebody.
Iemand het op 'n vat gery: Gesê van iemand met krom bene: He is bandy-legged.
Vat jou goed en trek (Ferreira)! Gaan weg, laat vat: Pack up and clear off!
Hy tap nou uit heeltemal 'n ander vaatjie: Hy praat nou glad anders as tevore: He sings another tune.
Leë vate maak die meeste geraas (lawaai): 'n Persoon wat min beteken, praat altyd die grootste: Empty vessels make the most noise.
VEEL: Iemand nie kan veel nie: Iemand nie kan verdra nie: Not to be able to bear the sight of a person.
VEER: Pronk met anderman se vere (geleende vere): Pronk met iets wat nie syne is nie: To strut in borrowed plumes.
Die vere maak die voël: 'n Mens word na sy uiterlik geoordeel: Fine feathers make fine birds.
Hulle is voëls van enerse (dieselfde) vere: Hulle is van dieselfde geaardheid: Birds of a feather flock together.
Dis 'n veer in sy hoed: Hy het daardeur naam gemaak: It is a feather in his cap.
VEERTIEN: Iemand is hoog veertien: Dronk wees: To be intoxicated.
VEIL: Alles veil hê: Bereid wees om alles op te offer: To be willing to sacrifice everything.
VEL: Moenie die vel verkoop, voor jy die beer geskiet het nie: Moenie staat maak op iets wat nog moet gebeur nie: Don't count your chickens before they are hatched.
Uit sy vel kan spring van woede: Baie kwaad wees: To burst with anger.
Die vel van die ore trek: Iemand teveel geld laat betaal: To fleece a person.
Iemand op sy vel gee; Iemand vel: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
VELD: Uit die veld geslaan: Teleurgesteld, beskaamd wees: To be disconcerted.
Die veld behou: Oorwinnaar wees: To keep one's ground.
Die veld ruim: Verslaan word: To give ground.
[pagina 147]
[p. 147]
Teen die kwaad te velde trek: Die kwaad bestry: To combat the evil (etc.).
Op die veld van eer sterf: Op die slagveld: To be killed in action.
Van die veld: Sonder voorbereiding of afrigting; dood wees: Extempore; to be dead.
Veld win: Vooruitgang maak: To gain ground.
VERANDERING: Alle veranderings is nie verbeterings nie: Iets word nie juis verbeter deur dit te verander nie: All changes are not improvements; let well alone.
VERANTWOORDE: Baie te verantwoorde hê: Rekenskap gee van baie verkeerde dade: To account for many wrong-doings
VERBAND: Iets uit sy verband ruk: Iets apart en dus verkeerd beskou: To consider something not in its proper relation.
VERBROU: 'n Saak verbrou: 'n Saak heeltemal bederf: To muddle up an affair.
VERBY: Daar nooit verby kom nie: Maak wat 'n mens wil, maar dit sal gebeur; hy sal nie loskom nie: You won't escape that.
VERDAG: Iemand verdag maak: Probeer om die skuld op 'n onskuldige persoon te skuif: To bring someone under suspicion.
VERDUISTER (VERDONKERMAAN): Iemand het geld verduister (verdonkermaan): Hy het geld op 'n bedrieglike manier vir homself gevat: To embezzle money.
VERFOES: Die hele ding verfoes: Die hele ding bederwe: To spoil the whole thing.
VERGEETBOEK: In die vergeetboek raak: Iets heeltemal vergeet: It was pigeon-holed.
VERGEWE: Vergewe en vergeet: 'n Mens moenie haatdraend wees nie, maar die kwaad kwytskeld en so vergeet: Forgive and forget.
VERGRYP: Hom aan iets vergryp: Skuldig maak aan iets: To offend against; to violate.
VERHEK, VERSEG: Ek verhek (verseg) of ek dit doen: Ek sal dit nooit doen nie: ‘I'm blowed if I do that.’
VERJAAR: Iemand verjaar: Hou fees; lewe gelukkig: To feast; to be happy.
VERKEER: Waar jy mee verkeer word jy mee geëer: 'n Mens word geoordeel na die persone met wie hy omgaan: One is judged by one's friends.
VERKEERD: Iemand is weer heeltemal verkeerd: Hy is heeltemal onredelik: To be quite unreasonable.
[pagina 148]
[p. 148]
Iets verkeerd aanpak: Iets op die verkeerde manier wil doen: To set about a thing in the wrong way.
VERKLEURMANNETJIE: 'n Persoon wat kort-kort sy sienswyse verander: A turncoat.
VERKOOP: Iets verkoop vir dieselfde prys as wat hy dit gekry het: Die storie oorvertel soos hy dit gehoor het en nie vir die waarheid daarvan instaan nie: To relate something as told to one without warranting the truth.
VERLEP: Verlep lyk: Terneergedruk lyk: To look depressed.
VERLIEF: Verlief neem: Jou so goed as jy kan daarmee behelp: To have to put up with something.
VERMAAK: Ek is nie Vermaak se kind nie; Ek laat my nie vermaak nie: Ek laat my nie verleë maak oor iets wat 'n ander my nie wil gee nie: I am not envious of.
VERPAND: Sy woord daarvoor verpand: Op sy woord van eer: On his word of honour.
VERS: Iemand met vers en kapittel bewys: Met feite, baie sekuur: To give chapter and verse for.
VERSADIG: Versadig eers vrou en kind en sorg dan vir jou goeie naam: Versorg eers jou eie mense, voor jy ander help: Charity begins at home.
VÉRSENE: Die vérsene teen die prikkels slaan: Tevergeefs teenstand bied: To kick against the pricks.
VERSIGTIG: Iemand is versigtig: Hy is maar bang: To be a coward.
VERSIGTIGHEID: Versigtigheid is die moeder van wysheid: 'n Mens moet eers handel as hy die saak goed deurgedink het: Look before you leap.
VERSONDIG: Iemand versondig: Iemand kwaad maak: To tease somebody.
VERSOOL: Iemand versool: Iemand slaan: To give someone a dressing down.
VERSPOT: Die vent is regtig verspot: Hy praat onsin: He is absurd.
VERSTAANDER: 'n Goeie verstaander het 'n halwe woord nodig: Dis nie nodig om vir 'n skrander persoon die hele saak uiteen te sit nie: A nod is as good as a wink.
VERSTAND: My verstand staan stil: Ek kan dit nie begryp nie: I am at a loss to understand it.
Iemand iets aan sy verstand bring: Iemand iets duidelik maak: To make something clear to a person.
Iemand na sy verstand laat gaan (loop): Geen notiesie van iemand neem nie: To ignore a person.
VERSTEK: By verstek veroordeel: 'n Vonnis vel oor 'n beskuldigde wat afwesig is: To condemn by default.
[pagina 149]
[p. 149]
VERSWYG: Iets verswyg: Nie alles in verband met iets vertel nie: To leave something aside.
VERTEL: Ek laat my dit nie vertel nie: Ek glo dit nie: I don't believe that.
VERVOLG: Wie ander vervolg, staan self nie stil nie: As iemand 'n ander van 'n seker iets verdink, dan is hy self ook skuldig: Ill doers are ill redeemers.
VET: Vet en maer jare: Jare van voorspoed en teenspoed: Fat years and lean years.
Die vet van die land: Rykdom en weelde: The fat of the land.
Jy moet maar jou lyf vet smeer: Jy moet jou maar vir 'n pak slae klaarmaak: You can prepare yourself for a thrashing.
Iemand vet om die oë smeer: Iemand bedrieg: To deceive.
So goed as vet op 'n warm klip: Dit beteken maar min: Of little avail.
Laat hom maar in sy eie vet gaar bak: Jou nie met iemand bemoei nie: To let a person stew in his own juice.
Die kêrel is weer vet vandag: Hy waggel van dronkheid: He is intoxicated.
So waar as vet: Dis regtig waar: Truly.
Daar's nie vet aan hom te smeer nie: Tevergeefs doen 'n mens iets om hom te verbeter: It would be a waste of energy to try and reform him.
Die vet is in die vuur: Nou is die moeilikheid daar: The fat is in the fire.
VIERKANT: Vierkant teenoor mekaar staan: Hulle opienies verskil heeltemal: They are poles asunder.
VIERPERDEWA: Met die vierperdewa ry: Gaan trou: Going to be married.
VIERSPOOR: Uit die vierspoor: Van die begin: From the beginning.
VIN: Roer jou vinne! Maak gou! Be quick!
Nie 'n vin verroer nie: Niks doen om 'n persoon te help nie: Not to stir a finger.
VINGER: Iemand op die vingers tik: Iemand berispe: To rebuke someone.
Die vinger op die wond lê: Wys waar die fout is: To put one's finger on the sore spot.
Lang vingers hê: Gesê van 'n dief: To be light-fingered.
Deur die vingers sien: Maak asof 'n mens dit nie sien nie; nie kwalik neem nie: To connive at something.
[pagina 150]
[p. 150]
Gee 'n man 'n vinger, dan vat hy die hele hand: kyk Pinkie.
Iets op die punte van sy vingers ken:
Iets baie goed ken: To have it at one's finger-tips.
Die vingers (handjie) verbrand: Onwetend 'n fout maak en daarvoor boet: To atone for an unintentional mistake.
Nie 'n vinger verroer nie: Niks doen om 'n persoon te help nie: Not to stir a finger.
Jy kan dit op jou tien vingers aftel: Dis baie eenvoudig; daar is nie aan te twyfel nie: Plain and simple.
Deur die vingers laat glip: Iets mors, sonder om te weet hoe: To waste.
Tussen vinger en duim wegraak: Ongemerk verdwyn of wegraak: To disappear, to clear off on the sly.
VINKEL: Dis vinkel en koljander (gewoonlik met die toevoeging die een is so sleg soos die ander): Daar is tussen die twee dinge niks te kies nie; die twee persone is van dieselfde geaardheid: It is six of the one and half a dozen of the other.
VIOOL: Die eerste viool speel: Die baas wees; die meeste te sê hê: To rule the roost.
Twede viool speel: 'n Ondergeskikte rol speel: To play second fiddle.
'n Ou viool kan ook nuwe liedjies speel: Iemand wat oud is hou ook van iets moois: He has not lost his colt's teeth yet.
VIS: Vis nog vlees: Nie tot 'n party behoort nie; 'n nietige mens: Neither fish, flesh, nor fowl.
So fris soos 'n vis wees: Heeltemal gesond wees: Hale and hearty.
Drink soos 'n vis: Baie drink: To be addicted to drink.
Sit en visvang: Aan die slaap wil raak: To be very sleepy.
Op die droë grond visvang: Tevergeefs probeer om iets uit te vind: Trying to fish on dry ground.
Vis moet swem: As 'n mens vis eet, behoort 'n mens 'n glas wyn daarby te drink: Fish must swim thrice.
Soos 'n vis op droë grond: Magteloos, ontuis: Not feeling at home.
VISIER: Met 'n hoë visier skiet: Baie vergroot: To exaggerate.
VLAG: Die wit vlag opsteek: Oorgee, ingee: To surrender; to submit.
Die vlag stryk: Vir iemand ingee: To strike one's colours.
[pagina 151]
[p. 151]
'n Regte vlagwaaier: 'n Persoon wat net kan groot praat en verder niks doen nie: A braggard.
Die vlag dek die lading: Gesê van iets slegs of leliks, wat onder 'n mooi klinkende naam of die naam van 'n bekende geleerde op die mark gebring word: Free flag makes free bottom.
VLEES: Die weg van alle vlees gaan: Sterf: To go the way of nature, or the way of all flesh.
Die vlees is swak: 'n Mens is van natuur baie swak: The flesh is weak.
VLEIS: Goed in die vleis: Taamlik vet: In good condition.
Na die vleispotte van Egipte verlang: Terug verlang na 'n vroeër toestand van welvaart en geluk: To hanker for the flesh-pots of Egypt.
Moenie die vleis braai, voordat die wild geskiet is nie: Moenie op iets staat maak, voordat jy heeltemal seker is nie: Don't count your chickens before they are hatched.
VLERK: In sy vlerk by 'n nooi skop; Die vlerk by 'n nooi sleep: Na die nooi vry: To make love to a girl.
Hoër vlieg as sy vlerke lank is: kyk Hoër.
VLIEËR: Die vlieër gaan nie op nie: Die plannetjie wil nie geluk nie: That cock won't fight.
VLIEG: Van 'n vlieg (muggie) 'n olifant maak: Baie oordryf: To make a mountain of a mole hill.
Iemand 'n vlieg afvang: Iemand voorspring: To cut a person out.
Twee vlieë in een klap slaan: Dubbele voordeel behaal: To kill two birds with one stone.
Dit lyk of 'n vlieg oor sy neus geloop het: Hy is in 'n slegte humeur: To be in a bad mood.
Vlieë vang: Met die oop mond sit: To sit with open mouth.
Hoog vlieg en laag val: Op groot voet lewe en bankrot raak: To go up like the rocket and come down like the stick.
VLOOI: Van 'n vlooi 'n olifant maak: Baie oordryf: To make a mountain of a mole hill.
VLUG: Vlug is goed, maar begin betyds: As 'n mens van plan is om te vlug, moet hy vroegtydig wegkom: If you want to run away, begin in time.
VOEDSEL: Voedsel en deksel: Kos en kleding: Food and clothing.
VOËL: Solank as 'n voël vlieg kan 'n mens hom skiet: 'n Mens kan probeer om na 'n meisie te vry, al is sy verloof: A person is free to make love to an engaged lady.
[pagina 152]
[p. 152]
Soos 'n voël vlieg: Reguit: As the crow flies.
'n Ou voël met kaf vang: Probeer om 'n ervare persoon te bedrieg: An old bird is not to be caught with chaff.
Hulle is voëls van enerse vere: Hulle is van dieselfde geaardheid: They are birds of a feather.
Een voël in die hand is beter as tien in die lug: Dis beter om 'n klein deeltjie van wat 'n mens begeer te hê as glad niks nie: A bird in the hand is worth two in the bush.
'n Voël sing soos hy gebek is: Elkeen handel volgens sy geaardheid òf oordeel volgens sy verstand: Everybody speaks according to his lights.
Is daar 'n voëltjie onder jou hoed? Gesê aan iemand wat met sy hoed op die kop die huis ingestap kom: Why don't you take off your hat?
'n Voëltjie hoor fluit: Iets hoor sê: It is rumoured.
So vry soos 'n voëltjie op 'n takkie: Heeltemal vry wees: As free as a bird.
VOELHORING: Die voelhorings uitsteek: Probeer uitvind wat iemand se sienswyse oor 'n saak is: To sound a person.
VOËLVRY: Iemand voëlvry verklaar: Bepaal, dat elkeen iemand ongestraf mag doodmaak: To outlaw a person.
'N VOËLVERSKRIKKER: 'n Baie lelike persoon: A scarecrow.
VOET: Met die voet onder anderman se tafel sit: Afhanklik wees van 'n ander persoon: To be dependent on another person.
Hom uit die voete maak: Wegloop: To take French leave.
Voet in die wind slaan: Weghardloop: To take to one's heels.
Op groot voet lewe: Deftig lewe: To live in style.
Iets onder (met) sy voete vertrap: Iets nie opprysstel nie: Not to value.
Voet by stuk hou: Nie van sy plan afwyk nie, aanhou; nie afdwaal nie: To stick to the point.
Op staande voet iets doen: Iets dadelik doen: To do a thing on the spot.
Iemand die voet op die nek hou: Iemand onderdruk: To put one's foot on a person's neck.
Iemand die voet lig: Iemand in die geheim benadeel: To cut someone out.
Iemand met die voet lig: Iemand uitskop: To oust.
Sy voet in die stiebeul hê: Kyk Stiebeul.
[pagina 153]
[p. 153]
Op vrye voet stel: Vry laat: To liberate.
Op baie goeie voet wees: Vriendskaplik met mekaar leef: To be on good terms.
Een voet in die graf hê: Al baie oud: With one foot in the grave.
Voor die voet: Sonder om uit te soek: Without making exceptions.
Iemand het met die verkeerde voet uit die bed geklim: Vroeg al nukkerig wees: To get out of the bed with the wrong foot foremost.
Jou voet! Vriendskaplike skeldwoord: You are very much mistaken!
Iemand iets voor die voete gooi: Iemand verwyt: To cast something in a person's teeth.
Voete kry: So stilletjies verdwyn: To disappear.
Voete warm maak: Dans: To dance.
Voete in die aarde (grond) hê: Baie moeite en swarigheid opewer: To create difficulties.
Wit voetjie soek: Probeer om in iemand se guns te kom: To curry favour.
Voetjie vir voetjie loop: Baie stadig loop: To walk at a snail's pace.
Voetjie-voetjie speel: Stilletjies op 'n ander se voet trap om die aandag te trek (vernaamlik van verliefdes): To tread on another's foot on the sly in order to draw the attention (especially of lovers).
VOETSLAAN: Te voet loop: To ride shank's pony.
VOETSPOOR: Iemand se voetspoor (voetstappe) volg (druk): Iemand se voorbeeld volg: To follow in another's footsteps.
VOETSTAP: Iemand se voetstappe druk: kyk Voetspoor.
VOLBEK: Sy is al volbek: Sy is nie meer baie jonk nie: She is not as young as she was.
VOLK: Hou tot die volkies van die land kom: Gesê van iemand wat goed geëet het: He has had a good meal.
VOLSTRUIS: Iemand is soos (nes) 'n volstruis, waar hy kom is hy tuis: Hy maak hom gou tuis by vreemde mense; hy is met min tevrede: He makes himself at home everywhere.
'n Volstruis-maag hê: Gesê van iemand, wat enigiets kan eet sonder om siek te word: To have digestion like an ostrich.
Volstruispolitiek: 'n Baie dom politiek: A shortsighted policy.
VONNIS: 'n Vonnis vel: 'n Oordeel oor iemand uitspreek: To pass sentence.
[pagina 154]
[p. 154]
VOOR: Alles het sy voor en teë: Elke saak het twee kante: Everything has it good and bad points.
'N VOORBOK: Die leier: Cock of the walk.
VOORGROND: Op die voorgrond: Op die belangrike plek: To the fore.
VOORHAK: Iemand voorhak: Iemand help met geld of andersins: To assist a person.
VOORKOMING: Voorkoming is beter as genesing: Dis beter om iets te voorkom as om dit reg te maak wanneer dit eers gebeur het: Prevention is better than cure.
VOORKRY: Iemand voorkry: Hom berispe: To reprimand.
VOORLAND: Dis jou voorland: Jy sal dit maar moet doen: That is in store for you.
Bankrotskap was die voorland: Daar was baie bankrotspelery: Many people became insolvent.
VOORPERD: Iemand op wie 'n mens kan staat maak: A reliable person.
VOORPERDJIE: Die voorperdjie wees: Die eerste in kwaaddoen wees: To be cock of the walk.
VOORSLAG: Soos 'n voorslag wees: Gou, rats wees: To be very quick.
'n Voorslag bediende: 'n Vinnige en bekwame bediende: A smart servant.
Iemand onder die voorslag kry; Iemand onder die voorslag laat deurloop: Berispe, straf: To rebuke, punish.
VOORTOU: Die voortou neem (vat): Die leiding neem: To take the lead.
Die tyd vooruitloop: So na iets verlang, dat 'n mens byna dink dat dit al daar is: To anticipate something.
Vooruitreken is dubbel reken: Dit help nie om planne lank voor die tyd uit te werk nie, want hulle sal dalk moet verander word: Don't count your chickens before they are hatched.
VORENTOE: Hy boer (beur) vorentoe: Hy streef vooruit: He is making good progress.
VOUE: Iets in die beste voue (voeë) lê: Iets so aanneemlik moontlik voorstel: To represent something in the best light.
VRA: Vra is vry en weier daarby: Iemand kan enigiets vra maar dis nie te sê, dat hy dit sal kry nie: Asking is no sin. nor is refusing.
[pagina 155]
[p. 155]
VRAAT: Sê groetnis vir die vrate: Skertsend gesê aan iemand, wat verskriklik baie eet: Goodbye! (said to a glutton).
'n Vraat word nie gebore nie, maar gemaak: Deur baie te eet leer 'n mens om 'n vraat te word (gewoonlik gebruik van kinders wat aanhou om dieselfde kos te vra): Gluttons are not born, they are made.
VREEMDELING: 'n Vreemdeling in Jerusalem wees: Nie iets weet wat in jou omgewing gebeur het of algemeen bekend is nie: To be a stranger in Jerusalem.
VRIEND: Sê my wie is jou vriende en ek sal jou sê wie jy is: 'n Persoon kan maklik beoordeel word na die mense met wie hy omgaan: A man is known by the company he keeps.
VROEG: Jy sal moet vroeg opstaan: Jy sal al jou kragte moet inspan: You will have to work hard.
Vroeër of later: Dit sal op een of ander tyd gebeur: Sooner or later.
VROLIKHEID: Na vrolikheid kom olikheid: Na groot blydskap volg 'n huilery of droefheid (gewoonlik van kinders): Sorrow follows excessive joy (usually of children).
VRUG: Aan die vrug word die boom geken; Aan die vrug ken 'n mens die boom: 'n Mens leer iemand ken uit sy dade: A tree is known by its fruit.
Verbode vrugte: Iets wat nie geoorloof is nie: Forbidden fruit.
Verbode vrugte smaak die soetste: Dis lekker om iets ongeoorloofs te doen: Stolen waters (kisses) are the sweetest.
VRY: Iemand het vry losies: In die tronk wees: To be in gaol.
Hy het sy hande vry: Hy kan doen wat hy wil: He is free to do whatever he likes.
So vry soos 'n voël wees: Heeltemal vry en aan niks gebonde wees nie: To be free.
Dit is jou uit vrye genade toegestaan: Dis jou toegestaan sonder dat jy dit verdien het: This was granted you as an act of grace.
VRYSPRING: Iets vryspring: Iets nie hoef te doen nie: To evade.
VUIS: Uit (voor) die vuis praat: Onvoorbereid praat; sonder aantekeninge: To speak extempore; without consulting one's notes.
Iets voor die vuis neem: Iets neem sonder om uit te soek: To take something without choosing.
In sy vuis lag: In die geheim lag oor die ongeluk van 'n ander: To laugh in one's sleeve.
[pagina 156]
[p. 156]
VULLETJIE: Tafelberg was toe nog 'n vulletjie: Baie lank gelede: Very long ago.
VURK: Weet hoe die vurk in die steel (hef) steek (sit): Presies weet hoe sake staan: To know the ins and outs of a thing.
VUUR: Vir iemand deur die vuur loop: Gewillig wees om enige diens vir hom te bewys: To go through fire and water for a person.
Wie die naaste aan die vuur sit, word die warmste: 'n Persoon wat bevriend is met of famielie is van mense, wat gunste kan uitdeel, word die meeste bevoorreg: The relatives and friends of people in responsible positions get the first privileges.
Met vuur speel: Hom met gevaarlike sake bemoei: To play with fire.
Tussen twee vure sit: Nie weet watter van twee dinge hy moet doen nie: Between the devil and the deep sea.
Toe was die vuur in die gras: Toe het daar moeilikheid ontstaan òf toe het dit erger geword: The fat was in the fire.
Iemand is vuur en vlam: Hy is woedend; baie haastig: To be in a rage.
Iemand spoeg (spuug) vuur; Iemand spoeg (spuug) vuur en vlam: Hy gebruik vreeslike skeldwoorde; hy is baie kwaad: To swear like a trooper; to be in a rage.
Hulle kan nie langs een vuur sit nie: Hulle kan nie met mekaar klaarkom nie: They cannot hit it off with one another.
VUURDOOP: Die vuurdoop ontvang: Vir die eerste keer in 'n geveg wees: To receive one's baptism of fire.
VUURPROEF: Die vuurproef deurgaan: Deur moeilikhede met sukses gaan: To pass through the ordeal.
VUURMAAKPLEK: Dis bokant my vuurmaakplek: Dis meer as ek kan doen of begryp: It is above my comprehension.
VUURWARM: Iemand was weer vuurwarm: Baie dronk of kwaad wees: He was all aflame.
VYEBLARE: Voorwensels; ekskuse: Excuses.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken