Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

W.

WAAG: Wie nie waag nie, wen nie: Om iets uit te rig moet 'n mens iets onderneem: Faint heart never won fair lady; nothing venture nothing have.
'N WAAGHALS: Iemand wat baie waag: A dare-devil.
WAAGSKAAL: Iets in die waagskaal lê (gooi): Iets waag: To stake.
[pagina 157]
[p. 157]
Jou lewe hang in die waag- of weegskaal: Jou lewe is in gevaar: Your life is at stake.
WAAK: Waak by gesonde mense: Opsit: To spoon.
WAAI: Iemand 'n waai gee: Iemand 'n klap gee: To give a person a smack.
Niks met iemand (iets) uit te waai hê nie: Niks met 'n persoon (iets) te doen hê nie: To have nothing to do with a person (thing).
WAAR: So waar as parra (padda) manel dra: Dis regtig waar: As true as faith.
WAARHEID: Iemand goed die waarheid vertel: Iemand berispe: To give a person a bit of your mind.
Die waarheid in die aangesig slaan; Die waarheid bewimpel of verbloem: Nie sê soos dit is nie: To mince matters.
WAKKER: Wakker bly: Opsit: To spoon.
Dis 'n wakker kêrel: Hy is 'n pure man: A reliable person.
WAL: Iemand van die wal in die sloot help: Iemand uit een moeilikheid in nog 'n groter een laat kom: To help a person from the frying-pan into the fire.
WARM: Dis so warm dat die kraaie gaap: Dis baie warm: It is very hot.
Iemand word gou warm: Hy word gou kwaad: His anger is easily roused.
Iemand sit daar warmpies in: Hy is taamlik ryk: He is fairly rich; he is a warm man.
WATER: Iemand raak in diep water: Hy kom in moeilikheid: He is getting into trouble.
Die water van die see kan hom nie skoon was nie: Dis so'n groot fout, dat dit hom nooit vergewe kan word nie: The sea can't cleanse him.
Hulle lyk op mekaar soos twee druppeltjies water: Hulle lyk baie eners: They are as alike as two peas.
Water in die see dra: Iets doen wat heeltemal onnodig is: To carry coals to Newcastle.
Hy is 'n vabond van die eerste water: Hy is 'n regte skelm: He is a rogue of the first water.
Hy brand hom aan kou water: Oordrewe versigtig wees: A scalded cat fears cold water.
Iemand se mond laat water: kyk Mond.
Moenie vuil water weggooi, voor jy skone het nie:
Moenie iets wegmaak voor jy 'n ander het nie: Do not drop the substance for the shadow.
Daar sal nog baie water in die see loop: Nog baie sal gebeur: Lots of water will pass under the bridge.
[pagina 158]
[p. 158]
Dis water op sy meul: Dis net wat hy wil hê: That is grist to his mill.
Gods water oor Gods akker laat loop: Alles sy eie gang laat gaan: To let things slide.
Water in 'n mandjie bring (aandra): 'n Baie moeilike (hopelose) werk doen: To undertake a very difficult task.
In troebel water vis vang: Gebruik maak van 'n algemene verwarring om eie voordeel te behaal: It is good fishing in troubled waters.
Water op 'n eend se rug: Iets tevergeefs (b.v. 'n berisping): Water on a duck's back.
Die plan het in die water geval: Het misluk: The plan has fallen through.
Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond: In stil persone is daar meer as wat 'n mens dink: Still waters run deep.
'n Diamant van die suiwerste water: Van die beste soort; fynste kwaliteit: A diamond of the first water.
Water in 'n mens se wyn gooi: Minder hoë eise stel: To come down a peg or two.
WATERDRAER: 'n Waterdraer en houtkapper: 'n Persoon wat van ander afhanklik is en allerhande eenvoudige en vernederende soorte werk moet verrig: A hewer of wood and a drawer of water.
WATERLANDER: Toe kom die waterlanders: Hy begin toe te huil: The water-pumps were at work.
WATTER: Iemand weet van watter (waffer): Iemand weet hoe sake staan: He knows the ins and outs.
WAWIELORE: Groot bakore: Large conspicuous ears.
WAWYD: Iets wawyd oopsit: Iets heeltemal oopmaak: To open wide.
WEEG: Weeg jou woorde: Wees versigtig wat jy sê: Weigh your words.
WEER: Met iets in die weer wees: Heeldag oor iets praat: To talk about the same thing over and over again.
Kinders vir weer en wind laat rondloop (grootword of opgroei): Jou nie bekommer oor die opvoeding van jou kinders nie: To neglect the education of your children.
WEERKLANK: Iets het weerklank gevind: Dit het goeie gevoelens by 'n ander opgewek; dis goedgekeur: To find a response.
'N WEERWOLF: Iets waarmee 'n ander bang gemaak kan word: A bugbear.
[pagina 159]
[p. 159]
WEG: Die breë weg bewandel: 'n Sondige lewe lei: To lead a sinful life.
Goed met iemand oor die weg kom: Met iemand goed klaarkom: To get on well with a person.
WEET: Dis vir my om te weet en vir jou om uit te vind: Ek weet dit, maar sal jou nie sê nie: I know but I won't tell you.
'n Mens weet wat hy het, maar nie wat hy kry nie: 'n Mens weet nie wat die gevolge sal wees nie: Sure of the present, but not sure of the future.
WERD: Iemand gee (verkoop) dit waarvoor dit werd is: Iets vertel soos hy dit gehoor het en nie vir die waarheid instaan nie: To relate something without warranting the truth.
WÊRELD: Die wêreld is boos: Daar is baie moeilikheid in die wêreld; die wêreld dink altyd kwaad: The world draws uncharitable conclusions.
Die wêreld is klein: Gebruik as bekende persone mekaar toevallig ontmoet: The world is small (used when acquaintances meet unexpectedly.
Die wêreld skeur (deel): Weghardloop: To run away.
Na die ander wêreld: Dood wees: To be dead.
Die wêreld wys sy verkeerde (agter)kant: Alles lyk en loop verkeerd: The world seems upside down.
Iemand was by toe die wêreld gemaak is: Hy is baie slim; ironies bedoel vir iemand wat maak of hy so baie weet: He was there when the world was made.
Iemand ken sy wêreld: Hy weet hoe om hom te gedra: He knows a thing or two.
Die wêreld is 'n pypkaneel, elk suig daaraan en kry sy deel: Elkeen speel sy rol op aarde: All the world's a stage.
Dis 'n lawaai van die ander wêreld: Dis 'n groot lawaai: That is an unheard-of noise.
Iemand het die wêreld daaraan: Haat dit: He hates (execrates) it.
Die wêreld was toe te koud: Die beste wat hulle kon gee, was toe nie goed genoeg vir hom nie: Nothing was too good for him.
Die wêreld is syne: Hy is gelukkig; hy is baas: The sun shines for him.
Wêrelde aanmekaar praat: Regtig baie praat: To talk unceasingly.
[pagina 160]
[p. 160]
Wêreldsgoed is soos 'n hand vol vlieë: Tydelike dinge is nie blywend nie: Earthly possessions are not lasting.
WERK: Baie werk van iemand maak: Groot ophef van iemand maak: To make a great fuss about a person.
Wie nie werk nie, sal nie eet nie: As iemand te lui is om te werk, dan sal hy gebrek hê: No mill, no meal.
Werk maak sterk: Deur hard te werk, word 'n mens sterk en gesond: Work ennobles.
Iemand het meer werk as hare op sy kop: Het besonder baie werk: To have very much to do.
Werk op tyd, maak welbereid: As iets op die regte oomblik gedoen word, dan word baie moeilikheid daardeur voorkom: A stitch in time saves nine.
WESTE: Iemand is buite sy weste: Hy is bewusteloos: To be unconscious.
WET: Dis 'n wet van Mede en Perse: kyk Mede.
Iemand die wet voorskrywe:
Iemand sê wat hy moet doen en wat nie: To dictate to a person.
WIEG: Vir iets in die wieg gelê: Seker aangebore hoedanighede hê, wat 'n mens in staat stel om 'n seker werk goed te verrig: Bred for something.
WIEL: Iemand is 'n vyfde wiel aan die wa: Sy hulp veroorsaak net las: He is the fifth wheel to the coach.
Iemand in die wiele ry: Iemand hinder, teëwerk: To put a spoke in a person's wheel.
Sy jas is (hang) in die wiel: kyk Jas.
WIK: Die mens wik, maar God beskik: 'n Mens se planne kom nie altyd uit nie: Man proposes, but God disposes.
WIKS: Iemand wiks: 'n Pak slae gee: To give a hiding.
WIKKELWA: Ounooi se wikkelwa: Die trein: The train.
WIL: Teen wil en dank: Teen sy sin: Against one's will.
Waar 'n wil is, is 'n weg: As 'n mens net wil, dan kan hy baie doen: Where there's a will, there's a way.
Die wil vir die daad neem: Tog tevrede wees, al is die poging nie heeltemal 'n sukses nie: To take the will for the deed.
WILD: Iemand is so wild vir 'n ander soos 'n bok vir 'n skoot hael: Hy is baie bang vir die kêrel: To be scared of a person.
Wilde-eendejag: 'n Vergeefse onderneming: A wild goose chase.
WILLENS: Willens en wetens: Met opset: On purpose.
[pagina 161]
[p. 161]
WIND: Vir iemand wind sny: Iemand help: To lend a helping hand.
Wind maak; Iemand maak wind sonder stof: Groot praat: To be a wind-bag.
Vir wind en weer grootword: kyk Weer.
Goeie raad in die wind slaan:
Geen gebruik daarvan maak nie: To disregard sound advice.
Dit gaat iemand voor die wind: Hy is voorspoedig: He has the world on a string.
Dit sal hom nie windeiers lê nie: Dit sal hom voordeel bring: That will yield him good profit.
Waai die wind uit daardie hoekie? Staan sake so? Is that how the land lies?
Dit gaat maar wind-op met hom: Hy is nie alte voorspoedig nie: It is having an up-hill time.
Iemand waai met alle winde saam; soos die wind waai: Hy het nie 'n eie opienie nie: He agrees with everybody.
Iemand is deur die wind: Hy praat kaf: To talk nonsense.
Na wind kom reën: Na vrolikheid kom droefheid: Tears follow excessive joy.
Iemand het 'n windjie gehoor waai: Dit word vertel: It is rumoured.
Wie wind saai, sal storm maai: As iemand moeilikheid veroorsaak, dan word hy dikwels die slagoffer daarvan: Who sows the wind, will reap the whirlwind.
'N WINDBUKS: 'n Persoon wat net spog: A boaster.
WINDMEULE: Iemand het 'n klap (slag) van die windmeule: Hy is mal: There is something wrong in his top storey.
'N WINDORREL: 'n Lawaaierige niksbeduidende mens: An empty-headed person.
WINGERD: Deur die wingerd geloop: Dronk: Intoxicated.
WIT: Hy moes wit (soet) broodjies bak: kyk Brood.
Iemand is 'n witman:
'n Persoon op wie 'n mens kan staat maak: He is gentleman.
WOL: Meer lawaai as wol: Dis 'n groot gedoente oor 'n klein sakie: Much ado about nothing.
WOLF: Vir wolf skaapwagter maak: 'n Skelm persoon in 'n verantwoordelike posiesie plaas; 'n persoon oor wie self toesig moet gehou word, oor ander stel: To put a rogue in a responsible position; to put a cunning person in charge of others.
Iemand is 'n wolf in skaapsklere: 'n Huigelaar: A wolf in sheep's clothing.
[pagina 162]
[p. 162]
Huil met die wolwe in die bos: Hy skik hom na omstandighede: To blow hot and cold.
Eet soos 'n wolf: Gesê van 'n vraat: He is a glutton.
WOLHAAR: Hy hou sy lyf wolhaar: Hy is verlief: He is in love.
Wilde wolhaar-woorde: 'n Onverantwoordelike bewering: Irresponsible words.
WOLKE: In die wolke wees: Opgetoë wees van blydskap: To be beside oneself with joy.
WOLTOON: Spotnaam vir 'n Kolonialer: Nickname for an inhabitant of the Cape Province.
WONDERS: Iemand as (vir) wat wonders beskou: Dink dat iemand iets besonder is: To imagine someone to be a wonder.
WOORD: Altyd die laaste woord wil hê: Hy wil nooit ingee nie: He always wants to have the last say.
'n Groot woord: 'n Vloekwoord: A swear word.
Iemand sluk sy woorde in: Hy het sy woorde teruggetrek: To swallow one's words.
Die hoogste woord voer: Hy het die meeste te sê: To command all.
Die hoogste woord moet uit: Die geheim moet uitkom: The secret must be disclosed.
'n Man van sy woord: Hy doen wat hy belowe: He is as good as his word.
Iemand kan sy woord goed doen: Hy kan homself goed verdedig: He can defend himself very well.
Iemand met sy eie woorde vang: Iemand homself laat vaspraat: To catch a person with his own words.
Met iemand woorde kry (hê): Met iemand rusie maak: To quarrel with a person.
Van woorde tot dade oorgaan: Nie net praat nie, maar ook handel (veg): To come to blows.
Woorde wek maar voorbeelde trek: 'n Mens se goeie dade beteken meer as baie mooi woorde: Practice is better than precept.
WORS: 'n Wors het twee ente: 'n Mens kan elke saak uit twee kante beskou: There are two sides to every question.
So skaars as wors in 'n hondestal: Besonder skaars wees: Very scarce.
WORTEL: Iets met wortel en tak uitroei: Iets heeltemal uitroei: To root something out entirely.
Tot die wortel van die saak gaan: Die oorsaak of begin kry: To destroy root and branch.
WURG: Iemand wurg: Het met baie moeilikhede te doen: To have to contend with many difficulties.
[pagina 163]
[p. 163]
WYS: Wys wees: Parmantig, kwaai wees: To be impudent, disagreeable.
Iemand wys; Iemand wys waar Dawid die wortels gegrawe het: Iemand slaan, op sy plek sit: To give someone a dressing-down.
'N WYSNEUS: 'n Persoon wat hom verbeel dat hy baie weet: A wiseacre.
WYSIE: 'n Mens heeltemal van sy wysie af bring: 'n Mens heeltemal deurmekaar maak: To confuse a person.
WYN: Goeie wyn prys homself; goeie wyn het nie 'n krans nodig nie: Iets wat goed is, hoef nie geprys te word nie: Good wine needs no bush.
Wyn in die man, wysheid in die kan: As iemand dronk is, dan kan 'n mens nie by hom wysheid verwag nie: When the wine is in, wisdom is out.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken