Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige

Stellinge LXVI-LXXI.

Ons jonge predikante gebruik gen suiwer Hollans op di preekstoele ni. - Di kanseltaal is hiir nog enkel Hollans in vorm, mar Afrikaans in gees, so vêr as dit doel tref. - Ons kerkgaande mense verstaan o'er algemeen minder van Hollanse preke as erkend word. - By kinderpreke moet ons predikante tog Afrikaans gebruik, om di harte van di jeug te raak. - Ver sendingwerk onder ons kleurlinge is Hollans geheel ondoelmatig. - Dit sal ver verstand en hart van di grote meerderheid in ons gemeentes beter wees as lanksamerhand di kanseltaal sig hervorm na di spreektaal.

Ons gé di laaste 6 Stellings same, omdat ons ni glo dat imand ernstig beswaar teen een daarvan sal maak ni, en 'n erkende saak is ni nodig te bewys ni.

Wat ons van meer belang ag, is om duidelik en di lig te stel, dat dit Rooms is om in di godsdiins vas te hou an 'n verouderde taal, wat di volk ni meer goed verstaan ni, terwyl di Protestantse Kerke almal di beginsel erken het, dat di Kerk di gewone spreektaal wat ver almal verstaanbaar is, moet gebruik ver alle godsdiinstige doeleindes. Ons haal daartoe an een getuigenis uit di belydenisskrifte van di Gereformeerde en twe uit di van di Engelse Kerk.

Di krag van di protestantse beginsel is dan oek so sterk gevoel, dat juis op onse preekstoele en godsdiinstige vergaderings di Hollanse taal al ongemerk so afgedaal het, dat party van di voorstanders van eenvoudig Hollans dit wil noem di Kanseltaal.

Mar watter taal sal dit nou afgé as elkeen mar di Hollanse taal op syn eie maniir vereenvoudig, eientlik verknoei! So

[pagina 126]
[p. 126]

het ons byv. predikante van di preekstoel hoor bidde, in di Onse Vader: ‘Vergeef ons onze schulden, gelijk ook wij vergeven onze schuldenaren,’ in plaas van ‘onzen schuldenaren,’ sodat hulle eientlik vertel, dat hulle ni an hulle skuldenare vergeef wat di an hulle skuldig is ni, mar hulle vergewe met gif! As hulle eenkeer Afrikaans sou anneem, dan sou hulle sulke flaters ni maak ni. Mar nou hulle dit wil laat deurgaan ver Hollans, is dit ver di wat enigsins Hollans ken, meer as anstotelik.

Of om 'n ander voorbeeld te neem. Dikwils hoor ons di predikante afkondig: ‘ik ben verzocht bekend te maken,’ ens. waar dit moes wees: ‘mij is verzocht bekend te maken,’ ens. Mar hoe selde hoor ons di laaste! En hoeveul verstaan selfs di verskil tussen di twe uitdrukkings!

Mar waartoe sal ons voorbeelde vermenigvuldig? Elkeen verstaat dit, as idereen by di godsdiins di Hollanse taal sal vereenvoudig soos hy wil, dan sal ons preekstoel, op laas in plaas van 'n leerstoel 'n toren van Babel wees om spraakverwarring te veroorsaak.

Dis buiten twyfel, dat di predikante wat di doelmatigste preek juis di is, wat di meeste in di gees van ons spreektaal ingaan, en sig daarna skik. Mar waarom sal ons dan nou oek ni liwers eenkeer di spreektaal tot eenvormigheid breng en dan erken as Kerktaal ni?

Waarlik, hiir is di saak te ernstig, om sig deur vooroordeel van di regte pad te laat terug hou; Dit geld hiir di ewige belange van onsterfelike sile! Laat elke professor, predikant, sendeling en evangelist tog biddend 1 Cor. 14:2-39 lees, en veral let op vs. 18 en 19: -

‘Ik dank mijnen God, dat ik meer vreemde talen spreek, dan gij allen; maar ik wil liever in de gemeente vijf woorden spreken met mijn verstand, opdat ik ook anderen moge onderwijzen, dan tien duizend woorden in eene vreemde taal.’


Vorige

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken