Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies (1918)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
Afbeelding van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. PiekniekliedjiesToon afbeelding van titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.77 MB)

XML (0.10 MB)

tekstbestand






Genre

poëzie

Subgenre

liederen/liedjes


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

9. ‘Ander man se koffie.’

a. Lied en Spel: -

Hierdie is één van die piekniekliedjies, wat van engelse oorsprong is, maar in ons land verafrikaans is - in die geval gedeeltelik. So'n afrikanisering van vreemde liedjies is heeltemaal nie 'n seldsame verskijnsel nie. Deur die gedeeltelike verafrikaansing word die reisang 'n gemengde liedjie, wat ook dikwels voorkom in lande (soos die Elsas), waar één kultuur op 'n ander inwerk, en wat veral besondere bekoring het vir die olike, vrolike kaapse Hotnots!

Soos sij naam sê, is die spel 'n dans binne 'n kring van spelers. Dansgenote word hier deur die binnespelers gekies bij die derde reël van die engelse gedeelte - die dansie is 'n ‘setiés’, met twee passe links en twee regs, bij die ‘koffie’ en die ‘tee’, en 'n rondomtalie bij die ‘dogter’ (of die ‘pretty girlie’).

[pagina 36]
[p. 36]

b. Liedjie: -

a. Engelse deel.
 
(‘There's a rose in the garden for you, young man;
 
There's a rose in the garden for you, young man;
 
So choose the lady with the white dress on.
 
Some like coffee, some like tea,
 
Some like a pretty girlie just like me.’)
b.
 
‘Ander man se koffie, ander man se tee;
 
Ander man se dogter, die draai julle mee’

c. Variante: -

Soms is die dansgedeelte langer en word ook die volgende koeplette bij-gesing: -

 
‘Dis nie mijne nie, dis nie jouwe nie,
 
Dis ander man se goed, waar julle om strij.’
 
 
 
‘Hoog is die solder, laag is die vloer,
 
Mooi is die dogter, lelik is die moer.’
 
 
 
‘Hoender-kop-en-pootjies en tamatie-slaai,
 
Dis die nooientjie, wat ek mee wil draai.’

a. Aantekeninge: -

1.‘draai julle mee’: - ook ‘draai ek mee’.
2.‘Ander man se koffie, se tee, se dogter: - hier sit baje meer pit in als in die soetsappige woorde van die oorspronkelike engelse lesing. Want waarlik dit is ‘ander man se goed’, en bowe-al die ‘ander man se dogter’; en dit maak die geval juis so interessant.
[pagina 37]
[p. 37]
3.‘Nie jouwe nie’: gewoonlik gesing ‘nie joune nie’. ‘Joune’ is seker 'n analogie-vorm na die voorbeeld van die voorafgaande ‘mijne’: die ooreenkoms en die verskil werk die analogie-vorming in die hand.
4.‘Waar julle om strij’: ook wel ‘waar julle mee draai’ (vgl. bo), of ‘wat jij na vrij’. Dikwels word gesing ‘wat’ i.p.v. ‘waar’.
5.‘Die solder’: dit beteken gewoonlik in Afrikaans die ‘solderkamer’; hier is dit gelijk aan ‘sieling’ of ‘dak’; vgl. die woord ‘brandsolder’ en die bolandse ‘opsolder’, die tweede verdieping bo die ‘solder’ of ‘sieling’. Het ons hier misskien 'n herinnering aan die oorspronkelike dansplek - die voorhuis of wahuis?
6.‘Moer’: gewoonlik word hierdie vorm van die woord net in die geval van vee gebruik; of in uitdrukkinge soos ‘loop na jouw moer’; maar die eise van die rijm het afwijking hier noodsakelik gemaak.
7.‘Hoender-kop-en-pootjies’: 'n beskrijwing van die piekniekeetgoed, soos ‘ander man se koffie, ander man se tee’, 'n beskrijwing is van die drinkgoed. Hier word nooit gehoor ‘waar’ i.p.v. ‘wat’ nie.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

titels

  • Afrikaanse volksliedjies

  • over De oorsprong der Kaapsch-Hollandsche volksoverleveringen


landen

  • Zuid-Afrika


Over dit hoofdstuk/artikel

lied

  • Naar de Nederlandse Liederenbank

  • Naar de Nederlandse Liederenbank