Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 98]
[p. 98]

Hoofstuk IX.
Jakob hoor dat syn Josef nog leef en kom in Egypte woon.

Nuus gaat so gau as die wind, seh die spreekwoord, en das waar ook. Die nuus dat Josef syn broers gekom het was ook gau in Egypte bekend. Josef vertel niks nie van die kwaad wat hulle aan hem gedaan het nie, hy laat maar alleen sien hoe bly of hy is dat syn vader nog leef en hoe lief hy hulle almal het. Die koning Faro was ook regte bly. Hy seh: Josef, jy mot jou ou vader laat haal en jou broers met hulle huissouwens mot almal by ons in Egypte kom woon. Hulle kan die vrugbaarste deel van Egypteland kry om in te woon. Josef sorg toe voor waens om syn vader en die huissouwens van syn broers te lat haal en hy gee ver hulle groot presente, soo as mooi kleere en geld, esels om alderhande kos voor syn vader te dra.

Soo trek hulle dan van Egypte weg na Kanaän. Jakob het al banje na syn kinders uitgekyk toe hulle een bietje lang wegblij. Hy was ook bang dat daar iets met Benjamin gebeur is. Maar daar kom syn kinders tog eindelik aan en dat met die blyje booskap: ‘Josef leef nog en hy is die groote heer wat koring verkoop in Egypte en wat oer die land regeer.’ Jakob kan dit onmoentlik gloo, want Josef is mos al soo lang dood, en hoe kan hy dan die ryke heer in Egypte wees? Maar toe hulle vertel op watte manier Josef hulle bekend is geworde, en voor hom die waens wys wat Josef gestuur het om voor hem af te haal, toe kan hy nie anders, maar hy mot gloo. Toe seh hy: ‘Dis genoeg, myn Josef leef nog. Ek sal voor hem gaan kyk en dan kan ek te vrede sterwe.’

Daar het nog een heele tydje mee omgegaan voor dat alles klaar is voor die groote tog na Egypte. Die vee mot almal by mekaar gemaak en vooruit gestuur en alles mot

[pagina 99]
[p. 99]

ingepak worde. Eindlik gaat die optog langsaam vort. Die ou Jakob en de kleine kinders ry op die waens, party op esels, en party loop te voet. Jakob was soo dankbaar ver God, dat toe hy uit Kanaän gaan, toe bou hy een altaar en offer offerande daarop soo as hy in vroer dae meer gedaan het. In die nag verskyn die Heere aan hem en seh: ‘Jakob, ek ben de God van Isak jou vader en ook jou God wat altyd voor jou gesorge het. Gaat maar gerus na Egypte, want Ek sal ook daar met jou wees om jou te seen. As jy sterwe sal jou liewe seun Josef jou ooe toedruk, en naderhand sal jou kinders en kleinkinders een banja groote volk worde.’ Toe was die ou Jakob vertroos, want nou weet hy dat God nog syn vrind is die met hem sel saam gaan.

 

Na een voorspoedige en aangename reis kom die heele geselskap eindlik in Egypte. Jakob syn kinders en kleinders was ses-en-sestig, buite nog die vrouwe van syn seuns. Toe hulle nou aangekom het gaan Juda vooruit om voor Josef te seh dat hulle gekom het. Josef laat soo daadlik syn mooi koets inspan om Jakob in die gemoet te ry. Soo as hy by hem kom, spring hij uit syn koets en loop na syn papa, (die ou man was al styf van ouderdom) en hy val om syn nek, en lang huil die twee voor hulle een woord kan praat. Weet myn kinders nog wanneer Josef de laaste keer syn papa gesoen het? Dit was toe hy met syn mooi baatje aan gestuur wort om naar syn broers te gaan kyk, en om te vra hoe hulle vaar. Die eerste wat Jakob kan praat was dit: ‘Josef! nou kan ek getroos gaan sterwe, want ek het jou tog nog weer gesien, myn kind. Og hoe banje verdriet het die arme Jakob nie in die tyd gehad nie, en nou was syn Josef, die hy al soo lang gedink het dat dood was, en waarom hy soo banje keer gehuil het, weer in syn arms.

 

Toe Josef hulle almal gegroet en verwelkom het, gaat hy om voor koning Faro te seh dat syn papa en famielje gekom het. Toe neem hy vyf van syn broers en breng hulle by die koning. Toe vra Faro: ‘Wat is julle ambag?’ Hulle seh toe: ‘Ons is veeboere wat in Kanaän woon,

[pagina 100]
[p. 100]

maar daar is geen gras voor ons vee nie en daarom versoek ons die koning met een woord van assieblief dat hij voor ons wil toelaat om in Gosen te woon.’ Toe seh Faro aan Josef: ‘Jy kan die beste deel van die land uitsoek en aan jou familje gee om te woon. As hulle wil kan hulle in Gosen woon, en is daar onder hulle knappe veeboere. laat hulle dan ook meteens voor myn vee zorg.’ Toe breng Josef syn ou vader by Faro. (In die ou tyd had die mense groote respek voor ou mense, wat nou maar al te banja versuim wort. (Lev. xix:32). Faro behandel Jakob ook regte eerbiedig. Myn kinders mot tog ook altyd ou mense met agting behandel! Toe Jakob by Faro kom, hou hy syn hande booe die koning zyn hoof en bid dat God hem mag segen. Jakob was soo dankbaar aan Faro voor al die goed wat hy aan syn Josef gedaan het. Die koning vra toe: ‘Jakob, hoe oud is jy al?’ Toe seh Jakob: ‘Honderd-en-dertig jaar; maar das nie soo oud as myn voorouwers geworde is nie. En al lyk dit een lange lewe, die tyd is tog maar kort gewees en vol van verdriet.’ Toe seen Jakob die koning weer.

 

Jakob en syn kinders gaat toe in Gosen woon. Josef woon nie by hulle nie, want Faro kan hem nie mis nie; maar myn kinders kan wel denk dat hy banja keer naar zyn papa gaan kuijer het. Seuventien jaar het Jakob nog in Egypte gelewe. Eindlik wort hy siek en hy weet dat hy sal dood gaan. Daarom laat hy voor Josef en al syn andere seuns roep om hulle voor syn dood nog te seen. Hy seen ook die twee seuns van Josef, Manasse en Efraim. Toe mot syn kinders beloof om hem nie in Egypte te begrawe nie, maar in Kanaän, by Abraham en Sara syn grootouwers en by Isak en Rebekka syn papa en mama, want waar hulle begrawe is daar het Jakob ook syn Lea begrawe.

 

Jakob het nog banja op syn doodbed gepraat. Hy seh hy wag op die saligheid van die hemel waar hy naar toe gaan na syn dood. Hy het ook geseh dat die Heere Jesus Christus in die wereld sal kom om voor sondaars gekruis te worde. En soo is syn siel na syn God gegaan. Syn

[pagina 101]
[p. 101]

kinders het syn liggaam in Kanaän, waar die famielje grafte was, begrawe. Ja kinders! soo'n groote lykstaasie het ons seker nog nooit gesien nie; want die halwe Egypteland syn mense het saam gegaan uit agting voor Jakob en Josef.

Toe hulle nou weer in Egypteland terug kom van die begraffenis, toe kry die broers van Josef een slegte gedagte en hulle she onder mekaar: ‘Josef was wel soo goed voor ons soo lang as papa nog geleef het en het nie voor hem wil verdriet aandoen nie, maar nou die ou man dood is nou sal hy ons nog straf voor al die kwaad wat ons aan hem gedoen het.’ Toe Josef hoor watter slegte gedagte syn broers van hem maak, toe was hy daar regte bedroef oer. Nee dat sal hy nooit doen nie; hy het hulle al soo lang vergewe. Daarom seh hy: ‘Mot nie bang wees nie; julle het wel kwaad teu my gedenk maar God het uit die kwaad goed laat kom. God het voor myn hierna toe laat kom om voor koring te zorge in die hongersnood. Ek sal voor julle net soo goed sorge as toe papa nog geleef het.’ En Josef het syn woord gehou ook. Tot syn dood toe het hy voor syn famielje gezorge. Hy was honderd-en-tien jaar oud toe hy gesterwe het, en syn siel is ook na die hemel gegaan. Voor dat hy gesterwe het, het hy voorseh dat syn famielje nog een maal sal terug gaan na Kanaän om die land as hulle eigendom te besit, en geseh dat syn beenders mot saam geneem wort om ook daar begrawe te wort.

En nou is die geskiedenis van Josef klaar, maar voor ek uitsky met schrywe, wil ek nog een woord aan myn Afirkaanse vrindjes seh tot


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken