Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina IX]
[p. IX]

Afrikaans ons Volkstaal.
71 Stellinge, deur S.J. du Toit, (Voorgedra op di Taalkongres, gehou an di Kaapstad op 31 Oktober 1890).

Afrikaans as taal.

1. 'n Taal is 'n organise, ni 'n meganise ding ni; iits wat gebore, mar ni gemaak word ni; iits wat altyd groei, en nooit kant-en-klaar is ni.

 

2. Di Taal is 'n portret van di gees en lewe van 'n volk, di afspigeling van di karakter en verstandsontwikkeling van 'n nasi. - (Da Costa).

 

3. Dus kan di Taal ni meer of minder ontwikkel wees as di volk wat dit praat ni; en kan dus by di ontwikkeling van 'n nasi ni agterbly ni, mar oek ni vooruit wees ni; hulle bly altyd gelyk. - (President Reitz)

 

4. Di Taalkunde is weer 'n portret van di Taal. Daar kan dus wel 'n Taal bestaan sonder Taalkunde, mar gen Taalkunde sonder Taal ni. Eers Taal, dan Taalkunde. - (Roorda).

 

5. Di Taal self is di hoogste wetgewer. Dus kan jy gen taalreels an 'n Taal voorskrywe ni, jy moet dit an di Taal ontleen. Di Skryftaal moet di Spreektaal volg, ni omgekeer ni.

 

6. Di vaste wet deur alle tale in alle eeue gevolg is vereenvoudiging, deur wegwerping van hinderlike buigingsvorme en uitgange, waardeur di taal bruikbaarder word ver gemaklike

[pagina X]
[p. X]

uitdrukkings van gedagtes. Op di maniir is di Germaanse tale veul eenvoudiger as di oue Indo-Germaanse taalstam waaruit hulle gespruit is; en is Hollans weer eenvoudiger as Duits, en Engels as Hollans, sodat Engels amper gen buigingsvorme o'ergehou het ni. - (Max Müller).

 

7. Di menigvuldigheid van buigingsvorme is dus gen bewys van di voortreflikheid van 'n taal ni. Di Boesman- en Namakwataal byv. het meer vorme ver di voornaamwoorde as enige Europése taal wat nog gepraat word. - (Dr. Bleek).

 

8. Di Afrikaanse taal het di vaste wet van vereenvoudiging gevolg en toon daarin 'n buitengewoon gesonde ontwikkeling; dit blyk uit beoordéling van onse taal na syn vorm en inhoud. - (Dr. Brill.)

 

9. 'n Taal kan beoordeel worde na syn inhoud en na syn vorm, vollens syn woordeskat en syn taalreels. By di eerste kom in anmerking di suiwerheid, kortheid, rykdom, sagtheid [en] welluidenheid, en by di twede di eenvoudigheid, reelmatig[he]id en eenvormigheid.

 

10. Wat suiwerheid angaan is di Afrikaanse taal vandag di suiwerste tak van di oue Germaanse of Dietse taalstam, waaruit soveule nuwe tale gespruit het.

 

11. Dat Afrikaans in kortheid uitmunt sal wel nimand ontken ni.

 

12. In rykdom behoef Afrikaans oek ni agter te staan ni, want ons het di hele ryke Germaanse taalskat om uit te put en di Afrikaner het syn praktise aard getoon om uit di skat ruim te put en di woorde ver syn doel te gebruik.

 

13. Wat sagtheid angaan het di Afrikaner in di uitspraak van Hollanse woorde, waar dit ver hom moeielik of hard was, di anstotelike letter versag of weggegoi. - (Dr. Brill.)

 

14. In welluidenheid munt Afrikaans veral vèr uit, vollens di beginsels daarvoor vasgestel in di algemene spraakleer en vergelykende taalkunde. Di twe hoofvereistes is menigvuldigheid en verskeidenheid van klanke, terwyl menigvuldigheid van medeklinkers 'n taal hard en gedurige herhaling van diselfde klanke 'n taal eentonig maak.

 

15. Nou van di Woordeboek na di Spraakkuns. Wat di vorm angaan het di Afrikaner di grootste eenvoudigheid en reelmatigheid in toepassing gebreng. - (Dr. Brill.)

[pagina XI]
[p. XI]

16. Mar veral seer opmerkelik is di eenvormigheid van di Afrikaanse Taal. Gen dialekte bestaan hiir soos byv. in Holland, waar di bevolking van een stad di van 'n andere stad ni verstaan ni. Van Tafelberg tot Soutpansberg praat di Afrikaner een taal. - (Dr. Brill).

Afrikaans as moedertaal.

17. Tereg spreek ons van Moedertaal en Vaderland: di land is deur di vaders verwerf tot 'n erfdeel ver hulle seuns, mar di taal word deur di moeders an di kinders geleer en so in stand gehou.

 

18. Ver behoud van di moedertaal is dus veral nodig te waak ver di opvoeding van di toekomstige moeders.

 

19. Di Engelse Meisiis-skole in ons land is di listigste en gevaarlikste anslag teen ons Moedertaal; dit verdring ons taal in di huisgesinne en vergiftig di fontein van ons nasionaliteit.

 

20. Daarom begin nou in di laste tyd di Engelse taal in ons huise in te dring en Engelse woorde ons taal te ontsiir.

 

21. Daar is mar een Moedertaal - di taal van ons hart - waarin 'n kind di eerste indrukke ontvang.

 

22. Di opdring van 'n vreemde taal en onderdruk van di Moedertaal kan ni anders as nadelig werk op di nasionaliteitsgevoel ni.

Afrikaans as landstaal.

23. Afrikaans is di taal van di massa van ons bevolking deur di hele Suid Afrika. - (Hoofdregter De Villiers.)

 

24. Di taal ontwikkel sig vollens landsaard en volksbehoefte.

 

25. Mar di Landstaal wortel oek in di geskidenis van 'n volk.

 

26. Di o'ergang hiir van Hollans tot Afrikaans is gelyk an di o'ergang van Angel-Saksiis tot Engels in Engeland. (Zuid Afrikaan). Dis inderdaad opmerkelik watter o'ereenkoms daar bestaan tussen Engels en Afrikaans wat angaan di maniir waarop di geskidenis van di nasi sig in albei gevalle op di taal afgedruk het. - (President Reitz.)

 

27. Deur syn maklikheid om te leer en syn diinstigheid ver ons land is Afrikaans di ware Landstaal ver alle volksklasse,

[pagina XII]
[p. XII]

di band van veréniging en samewerking, sowel ver Engelse en ander vreemde nasi is wat hiir kom as ver di kleurlinge hiir in di land.

 

28. Di Landstaal het 'n belangrike verhouding tot di toekomstige ontwikkeling en welvaart van di inwoners - (Hoofregter De Villiers.)

Afrikaans as volkstaal.

29. Di Taal is di Volk en di Volk is di Taal. Waar 'n volk, 'n nasionaliteit is, daar sal 'n taal wees. Taal en letterkunde hang onverbrekelik same met nasionaliteit. Albei groei same op. - (Dr. Brill.)

 

30. 'n Volk syn taal te ontrowe (op watter maniir oek) is in stryd met di volkereg, want daardeur strem jy di nasionale ontwikkeling en ontroof so'n nasi di voertuig van syn gedagte en di wysheid van syn voorvaders, uitgedruk in sinspreuke, spreekwoorde, ens.

 

31. Daarom laat 'n volk sig oek ni lig syn taal ontneem ni. Byv. in Wallis en Skotland is baing mense wat gen Engels spreek of verstaan ni. In Canada spreek 'n deel van di bevolking net Frans. In Elsas praat di boere Duits, hoewel hulle 200 jaar onder Franse bestuur gestaan het. - (Hoofregter De Villiers.)

 

32. Di boerebevolking hou di meeste vas an di volkstaal; dus sal dit lank duur en swaar gaan om Afrikaans hiir te verdring, want ons bevolking bestaan mees uit boere. - (Hoofregter De Villiers.)

 

33. - Totdat di Afrikaanse taalbeweging begin het was ons volk so goed as doofstom, want in gen een van di twé heersende tale, Hollans en Engels, kon hulle sig uitdruk ni; daarom moes hulle swyg op publike plase en in nuwsblaje.

 

34. Daarom kon di Engelsman en Hollander ons so maklik o'erheers - hoewel ons in natuurlike verstand hulle eer vooruit as agteruit is, - omdat hulle in ons land hulle taal gebruik, en ons taal nog ni erkend word ni.

 

35. Engels en Hollans het dan oek albei 'n bepaalde vijandige houding angeneem teen Afrikaans, en di jonge taal moes stry teen di twé gevestigde magte. - (Dr. Brill.)

[pagina XIII]
[p. XIII]

36. Dis egter puur verniit om Hollans in Suid Afrika te wil herstel. Alle pogings daartoe was nog 'n mislukking. - (Dr. Changuion.)

 

37. Hollans, - hoewel dit alles voor sig had in Staat, Kerk en Skool, - verliis dit tog dageliks meer teen Afrikaans, wat tot nog toe alles teen sig had.

 

38. Self Hollanders wat hiir kom woon, leer Afrikaans praat en hulle kinders leer makliker ons sagte as hulle harde taal. - (Hoofregter De Villiers.)

 

39. Di voorstanders van Hollans in Suid Afrika is dus di manne van agteruitgang en di voorstanders van Afrikaans di ware manne van vooruitgang.

 

40. Di Afrikaanse taalbeweging is dus prysenswèrdig selfs ver manne wat ni daarmé samegaan ni, ver so vêr dit diin om verstand en hart te tref van duisende ver wi gen andere taal verstaanbaar is ni. - (Hoofregter De Villiers.)

 

41. Rede ver vyandskap bestaan daar ni, want waarom kan ni twé tale naas makaar bestaan in een land ni? Dis mar di vraag of Afrikaans of Hollans sal bly bestaan naas Engels.

 

42. Dis di plig van almal wat teen di algeméne o'erheersing van Engels in Suid Afrika is, om same te werk tot behoud van di Volkstaal, hoewel hulle onderling verskil angaande di vorm.

 

43. Afrikaans het meer geskikheid daartoe, en oek meer lewenskrag teeno'er Engels hiir in Afrika as Hollans. - (Hoofregter Reitz.)

 

44. Afrikaans het sig dan oek nooit vyandig getoon teen Hollans ni, mar alle pogings tot behoud van Hollans teeno'er Engels ondersteun, in di o'ertuiging dat Hollans hiir tog di erfdeel is van Afrikaans.

 

45. Ondersteuning van di Afrikaanse taalbeweging is dus plig van elke ware Afrikaner, en meteen 'n toetsteen ver di waaragtigheid van syn patriotisme.

 

46. Hoe eerder Afrikaans as offisi'éle taal erkend word, - waar Hollans dit nou nog is, en waar Engels te vèr di oppergesag angeneem het, - hoe voordeliger ver di ontwikkeling van 'n eie Afrikaanse nasionaliteit.

 

47. Di verwagting van 'n eie nasionaliteit, 'n eie beskawing, 'n eie letterkunde, hiir in Suid Afrika (gekoester deur onse

[pagina XIV]
[p. XIV]

edelste en geleerdste manne) is dus glad ni 'n ydele droombeeld ni, mar 'n heerlike ideaal ver Jong Suid Afrika! - (Dr. Brill.)

Afrikaans as skryftaal.

48. 'n Taal is voertuig ver gedagte-wisseling wedersyds; om te praat sowel as om te hoor, om te skrywe sowel as om te lees.

 

49. Di Afrikaanse taalbeweging het dus skryf lus net so seer opgewek as leeslus, by 'n bevolking wat vroeger amper ni geskrywe of gelees het ni.

 

50. Di Afrikaanse taalbeweging het verder di proef gelewer dat ons taal seer geskik is ver digkuns sowel as ver prosa, ver letterkunde op ider gebiid.

 

51. ‘Di Skryftaal moet trag om van vreemdighede vry te bly en moet sig verder altyd vernuw (regenereer) uit di Spreektaal.’ - (Heyse.)

 

52. Di gesonde reel: ‘Skryf soos jy praat’ het di voorstanders van di Afrikaanse taalbeweging trou gevolg; en di boeki ‘Di Eerste Beginsels van di Afrikaanse Taal’ het di bewys gelewer hoe maklik ons taal onder reels te breng is.

 

53. Taalreels van 'n ander taal te ontleen en an 'n landstaal op te dring is 'n verswarende en knellende juk. Mar so is vele vorme van di Romaanse tale opgeneem in di Taalkunde van di Germaanse tale, byv. in Hollans. Di juk goi Afrikaners nou eenvoudig weg en groei ongehinder op in di vrye natuur. - (Roorda.)

 

54. Deur Afrikaans te beoefen as skryftaal, goi ons di Hollanse letterkunde ni weg ni; di Afrikaner wat goed syn eie taal kan lees en skrywe, sal met meer vrug Hollans lees as di wat dit ni kan ni. (Hoofregter de Villiers.) Sodra ons 'n eie letterkunde het, waarin sig ons nasionale bewussyn afspigel, toon ons 'n nasionale ontwikkeling kragtig genoeg ver 'n eie beskawing. Mar solank as ons by Holland ter mark moet gaan ver geestesprodukte en alles daar moet gaan leen, praat ons verniit van 'n eie nasionaliteit. - (Dr. Brill.)

Afrikaans as bybeltaal.

55. Di Bybel is by uitnemendheid 'n volksboek, oorspronkelik geskrywe in di volkstale.

[pagina XV]
[p. XV]

56. Di Bybelvertaling was by di meeste volke di middel om di volkstaal tot meerdere ontwikkeling en eenvormigheid te breng.

 

57. Di Bybel is di beste volksbeskawer, en het veral ver ons volk bisondere waarde as volksboek.

 

58. Di geskidenis leer dat byna by elke nasi, wat di Bybel in syn taal gekry het, 'n sekere mate van geestelike opwekking en sedelike veredeling plans gevind het, - seker 'n bewys van goddelijke goedkeuring van Bybelvertaling in alle tele.

 

59. Ons land het veul o'ereenkoms met Palestina, daarom sal di Bybel in Afrikaans ver ons veul verstaanbaarder en kragtiger wees.

Afrikaans as skooltaal.

60. Di moedertaal is di ware middel om di geesvermo'ens van kinders te ontwikkel, veral by onderwys.

 

61. 'n Vreemde taal as skooltaal in te voer is geesdoodend, maak di kinders tot ape; leer hulle net om na te praat, soos papegaaie, sonder te verstaan wat hulle geleer het.

 

62. Dit sal veul makliker wees om ons kinders eers hulle eie taal te leer en dan daarin verder te onderwys. Op di maniir sal hulle in 1 jaar meer leer as nou in 3, nou hulle eers 'n vreemde taal moet leer, om dan verder daarin onderwys te ontvang.

 

63. Veraf Hollans is ver 'n Afrikaner 'n onleerbare taal. Van 1000 Afrikaanse kinders wat Hollans leer op skool, is skaars 1 wat goed Hollans ken, om dit maklik te kan spreek en suiwer te kan skrywe.

 

64. Ons meeste kinders het so min tyd om skool te gaan, dat hulle net genoeg van Hollans en Engels leer om dit weer te vergeet, sodat hulle eientlik niks ken ni, terwyl as hulle di tyd in hulle moedertaal onderwys ontvang het, hulle heel wat nuttige kennis kon opgedaan hê ver hulle latere lewe.

 

65. Di Hollanse leerboekiis is ver onse kinders glad ongeskik. Ons moet 'n eie stel leerboekiis kry in ons eie taal.

Afrikaans as kerktaal.

66. Ons jonge predikante gebruik gen suiwer Hollans op di preekstoele ni. - (Hoofregter De Villiers.)

[pagina XVI]
[p. XVI]

67. Di kanseltaal is hiir nog enkel Hollans in vorm, mar Afrikaans in gees, so vèr as dit doel tref.

 

68. Ons kerkgaande mense verstaan o'er algemeen minder van Hollanse preke as erken word.

 

69. By kinderpreke moet ons predikante tog Afrikaans gebruik, om di harte van di jeug te raak.

 

70. Ver sendingwerk onder ons kleurlings is Hollans geheel ondoelmatig.

 

71. Dit sal ver verstand en hart van di groote meerderheid in ons gemeentes beter wees as lanksamerhand di preektaal sig hervorm na di spreektaal.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken