Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 1]
[p. 1]

Afrikaans ons taal.

‘O de spraak is de ziel; de hoorbare ziel. Wat vraagt men waar de zetel der ziel zij! De ziel is in de stem; de buigbare, de alles uitdrukkende, alles schilderende, het stoffelijke aan het onstoffelijke verbindende stem. Die stem ingehouden en als naar binnen gekeerd, en wij denken; die stem uitgestroomd en hoorbaar gemaakt, en wij spreken.’ - Beets, Sparsa, bl. 6.

Eerste stelling.

'n Taal is 'n organise, ni 'n meganise ding ni; iits wat gebore, mar ni gemaak word ni; iits wat altyd groei, en nooit kant-en-klaar is ni.

Di stelling is so helder as di daglig, so vas as di Drakensberg. Dis in di taalstudi net so 'n grondstelling as in wiskunde: dat 'n deel kleiner is as syn geheel; en in rekenkunde: dat 2 maal 2 vier is.

Tog, omdat daar soveul is wat o'er di taalkwessi praat sonder di eerste beginsels van spraakleer te verstaan, sal ons dit nog wat meer onder di oge stel. En dan begin ons, soos ons verder meesal sal doen by andere stellings, met getuigenisse van andere. Want ons is mos ni 'n Dokter of Professor in di Lettere ni, en teenswoordig word meer gekyk na di graad

[pagina 2]
[p. 2]

en titel van di persoon as na di grondigheid van di bewysvoering.

Wat andere seg.

‘Groei en verandering maak di lewe van 'n taal uit, soos dit op alle andere plekke di onafskeidelike gesel en teken van lewe is... Dis di grondslag, waarop di hele behandelingswyse van taalstudi berus.’ - Whitney, Language and its Study, p. 32 en 33.

‘De taal is geen gekristalliseerde zoutpilaar, maar een levende en zich bewegende stroom. De taal heeft een eeuwige jeugd, en leeft telkens een nieuw leven en, zoolang als haar polsslag gaat en er adem in haar mond is, zullen wij nieuwe ontdekkingen doen, nieuwe gissingen wagen, nieuwe regelen daaruit afleiden.’ - Beets, Sparsa, bl. 43.

Wat ons tot opheldering byvoeg.

Di stelling seg: ‘'n Taal is 'n organise, ni 'n meganise ding ni,’ ens. Ons het di baster-woorde moet gebruik, om ons mening kort uit te druk, mar onse taal hou ni van vreemde woorde ni, soos ons later sal sien. Ons sal nou liwers met 'n beeld duidelik maak wat ons bedoel.

'n Taal is ni soos 'n stoel of 'n tafel wat jy eenkeer kan klaar maak, soos jy dit wil hê, en wat dan net so bly ni. Né, 'n taal is nes 'n boom wat groei, en eers takke, en dan weer takke, en altyd meer takke gé. As 'n boom ni meer groei ni, is hy dood. So oek met di tale. Latyn is 'n doje taal, daarom bly dit net soos dit is. Mar Hollans en Engels is lewendige tale, en daarom groei en verander hulle nog al dag. Vergelyk mar Hollans en Engels van 200 of 300 jare gelede met di van vandag, en kyk dan!

Daarom word 'n taal oek nooit kant-en-klaar ni. So lank as daar mense is wat so'n taal praat, ontwikkel en groei di taal nog altyd.

Mar hieruit volg nog iets anders. Daarom is di verskillende tale oek ni apart, van makaar afgeskei ni. Kyk, 2 stoele of twee tafels kan langes makaar staan, mar hulle is heeltemal apart Mar so is dit ni met di takke van 'n boom ni. As jy hulle van makaar af los skeur, is almal dood. So met di tale. Dis een boom met baing takke. Di spraakleer of vergelykende taalstudi het in di laaste tyd angetoon, dat as

[pagina 3]
[p. 3]


illustratie
TAALBOOM, VAN NOACH TOT VANDAG.


[pagina 4]
[p. 4]

jy terug gaat na di afkoms van di tale, dan word hulle al minder, tot jy op laas mar 2 of 3 takke het, en dan volg natuurlik di stam. En omgekeerd, as jy van di stam af begin kryg jy eers 2 of 3 takke, wat elkeen sig weer verdeel in takke, en di weer, met 'n groei wat nog altyd vort gaat.

So lei di teenwoordige taalstudi ons terug na di eenheid van di menselike geslag. So sal di wetenskap uit di tale self di bewys moet lewer, dat God uit een bloed di hele menselike geslag gemaak het. Onder taalgeleerde is dit nou di vraag: of hulle al so vêr terug nagegaan het tot by 2, of by 3 hooftakke. Sommige seg 3, wat enkele verbind an di 3 seuns van Noach, di stamhoofde van di Sondvloed, namelik; di Arise (Jafeth), di Semitise (Sem), en di Turanise (Cham). Andere erken mar di 2 eersgenoemde, en seg, di derde is eintlik ni een Tak ni, mar 'n vermenging van takke, waarom hulle di afstamming nog ni kan vasstel ni. Om ons lesers nou 'n denkbeeld te ge van di vertakkinge van di Taalboom, neem ons di Arise Tak, met syn afdelings of vertakkings, waartoe onse taal behoor, en gé dit hi er naas as 'n Stamboom, so vereenvoudig as molik is. Bekyk nou di Taalboom en let op hoe di tale uit makaar vertak is. (Ons het dit ontleen an Canon Farrar, Language en Languages, bl. 373). Ons geef 2 opmerkings daarby: -

1. Afrikaans is di suiwerste afstammeling van di Germaanse Tak, soos ons later sal antoon, daarom geef ons dit as 'n direkte spruit daaruit, nader nog as Hollans of Duits.

2. Engels is 'n vermenging van di Germaanse en Romaanse Takke, daarom het ons dit moet voorstel as 2 lote van di 2 Takke wat an makaar gegroei het. Mar eintlik is Engels 'n mengelmoes, wat jy glad ni onder een of ander klas kan breng ni. Hoor wat seg di grote taalgeleerde, Max Muller, daarvan: -

‘Daar is molik gen taal so vol woorde, wat blykbaar afgeleid is van bronne, wat di vêrste van makaar verwyder is, soos Engels ni. Dit lyk of elke landstreek van di wereld uit syn woorde-fabriek 'n party woorde angebreng het na di verstandelike mark van England. Latynse, Griekse, Hebreuse, Celtise, Saxise, Deense, Franse, Spaanse, Italiaanse, Duitse, - ja, selfs Hindostaanse, Malaaise, en Sinese woorde - leg deur makaar vermeng in di Engelse woordeboek. Geoordeel na di

[pagina 5]
[p. 5]

woorde alleen, is dit onmolik om di Engelse taal te rangskik by enige andere van di erkende stamme en takke van di menselike spraak.’ - Max Müler, Lectures on the Science of Language.

 

En dan seg di Engelse: Afrikaans is 'n brabbeltaal!!!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken