Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 52]
[p. 52]

Afrikaans onse Moedertaal.

‘Ik zeg met N. “uwe moeder zult gij eeren, en zoo ook uwe moedertaal!” Is de taal geld, zij is ook een schat, een dierbare erfschat, dien wij zuiver en onvervalscht en met de rente, ja den woeker onzes ijvers moeten nalaten aan de nakomelingschap!’ - Beets, Sparsa, bl. 32.

Sewentiinde tot twe-en-twintigste stelling.

Tereg spreek ons van Moedertaal en Vaderland: di land is deur di vaders verwerf tot 'n erfdeel ver hulle seuns, mar di taal word deur di moeders geleer en in stand gehou. Ver behoud van di moedertaal is dus veral nodig te waak ver di opvoeding van di toekomstige moeders. Di Engelse Meisiis-skole in ons land is di listigste en gevaarlikste anslag teen onse Moedertaal; dit verdring onse taal in di huisgesinne en vergiftig di fontein van onse nasionaliteit. Daarom begin nou in di laaste tyd di Engelse taal in onse huise in te dring en Engelse woorde ons taal te ontsier. Daar is mar een Moedertaal - di taal van ons hart - waarin 'n kind di eerste indrukke ontvang. Di opdring van 'n vreemde taal en onderdruk van di moedertaal kan ni anders as nadeelig werk op di nasionaliteits gevoel ni.
[pagina 53]
[p. 53]

Tot so vèr het ons Afrikaans behandel as Taal, vollens di algemeene beginsels van spraakleer en taalstudie; daarom het ons elke stelling as grondwet afsonderlik behandel en ver elkeen getuigenisse van andere bijgebring. Dis nou ni meer nodig ni. Nou kom ons tot di meer praktise gedeelte, waar ons andere getuige ni kan inroep ni, omdat hulle nooit Afrikaans as onse Moedertaal, as onse Landstaal, as onse Volkstaal, as onse Skryftaal, as onse Bybel taal, as onse Skooltaal, en as onse Kerktaal, bestudeer het ni. En nou kan ons oek, ter wille van kortheid verskillende Stellinge same behandel.

Tog wil ons graag di woord gé, o'er Afrikaans as onse Moedertaal, an Hoofregter Reitz: -

 

‘Mocht hij het aan den anderen kant een “nadeel” achten, dat het Engelsch nog niet het barbaarsch Kaapsch patois vervangen heeft, in weerwil van tachtig jaren Engelsch bestuur, dan verzoek ik hem te bedenken, dat ofschoon de Noormannen Engeland zoo vele jaren lang overheerscht hebben - ofschoon de taal van Normandy de bij de wet vastgestelde taal was - in de geregtshoven, op de kansels, in het Parlement en op de scholen, de taal van Groot Brittannie op dit oogenblik niet Normandisch, maar Saksisch is en, waarom? Maken niet Macaulay, Hallam en Greasy het zoo klaar als den middag, dat het Engelsch zijn Angel-saksisch karakter, in spijt van Normaansch bestuur, behouden heeft, omdat het de taal was van des Engelschmans “huis en haardstede?”’

Elkeen van di 6 Stellings is belangrik genoeg om dit te neem as 'n teks ver 'n Volkspredikasi. Mar elkeen is so duidelik, dat dit geen verdere verklaring noodig het ni.

Seer gepas het di Genootskap van Regte Afrikaners tot sinspreuk in hulle wapen gesit: ‘Ver Moedertaal en Vaderland.’ En ni minder gepas het di Patriot tot sinspreuk gekies di vyfde gebod: ‘Eer jou vader en jou moeder, dat jou dage mag vermenigvuldig worde in di land wat Jehova, jou God, ver jou gegé het.’

En nog juister sit di Genootskap Moedertaal voor Vaderland. Reg so! Veral omdat daaro'er minder gedenk, en daarop minder gelet worde, moet ons Moedertaal juis voorop sit.

Vader en Moeder moet ons eer.

Onse Vaders deur di Vaderland wat hulle ver ons verwerf, ja met hulle bloed gekoop het, te beskerm, te bewaar, te ontwikkel, as 'n dierbare erfgoed.

[pagina 54]
[p. 54]

Onse Moeders moet ons eer deur Moedertaal, wat onse Moeders ver ons geleer het, wat hulle met warme moedersmelk ons laat indrink het onder liefkosings, waarin hulle ons di eerste lesse van deug en godsvrug ingeprent het, waarin hulle di eerste ver ons geleer het di liwe naam van onse Saligmaker, biddende op hulle skoot, uit te spreek, - deur di Moedertaal te bewaar, te beoefen, te verdedig as 'n heilige erfskat.

Di wat syn Vaderland verraai, of verkoop, an 'n vreemde indringer, wat seg ons van di? Wat 'n onuitwisbare brandmerk leg daar in di woord ‘landverraaier’!

Mar ni minder, eer nog meer, skuldig is di wat syn Moedertaal verraai en verruil ver 'n vreemde taal. En waar is 'n brandmerk, waar 'n naam sleg genoeg' ver so'n ‘taalverraaier’?...

En tog gaat di laaste verraad gedurig an. Mag ons hoop, dat ons hiermé di woord ‘taalverraaier’ ver goed in gebruikgebreng het, en dat dit voortaan di skandnaam sal wees van elkeen wat syn Moedert aal ni in eere hou ni!

Mar het onse Moeders by ons di eerste liefde ver ons taal so diep ingeprent, wi sal dit inprent by onse kinders, by di toekomstige geslag? Wi anders as onse dogters, di toekomstige moeders?

En daar is nou juis di gevaar wat ons bedreig. Om di rede moet ons waak, veral waak ver di opvoeding van onse dogters.

Mar wat siet ons? Deur ons hele land verrys meisiis skole, ja; mar hoedanig? Om di toekomstige moeders van ons volk op te lei? Né, onse dogters word daar in Amerikaans-Engelse gees en taal en sede opgelei! An di hoof daarvan staan van onse Nederduits Gereformeerde predikante! En di geld daartoe gé onse Patriotte! Di predikante gaat kollektereise maak deur di land. Hulle hou eers mooie preke om op di mense hulle gevoel te werk. En dan daarna gryp hulle diep in di sak.

Een sprekende voorbeeld het ons gehoor. In di gemeente van Calvinia kom so'n predikant by een van onse boere, om ver di oprigting van 'n Meisiisskool te kollekteer. Di boer baal 'n knapsakki vol goue ponde, en seg an di predikant: ‘Steek mar Meneer syn hand in, en soveul as Meneer in een slag kan uithaal kan Meneer neem!’ Hy gryp ruim; hy gryp

[pagina 55]
[p. 55]

diep! Meer as honderd pond het hy in een gryp uitgehaal en tel hy nou op di tafel.

Mar het di opregte, eenvou dige Boer toen wel kan denk, dat binnen weinige jare di skool meer meisiis sou vergiftig hê tot ‘taalverraaiers’ as di Meneer daar ponde uit syn sakki gegryp het!

‘Vergiftig’ ja, dis di woord. Di soort van verengelste meisiisskole vergiftig di huisgesin, di famililewe, di fontein van onse nasionaliteit. So lank as hulle in di Staat en publike lewe di Engelse taal op alle maniere ons volk opgedring het, was di gevaar ni so erg, di kwaad ni so dodelik ni. As di fontein mar suiwer bly! As di moeders mar hulle kinders in di Moedertaal opvoed, dan kryg ons altyd nuwe kragte by ver di taalstryd. Laat hulle mar in di stroom wat vergif goi, dit spoel weg, solank as di vrou mar suiwer bly.

Mar nou vergiftig hulle di fontein! Waar sal verder suiwer water vandaan kom?...

Daarom is di Engelse meisiis skole di listigste en gevaarlikste anslag teen onse Moedertaal, en dus oek teen onse Nasionaliteit! Let daar tog op! Hier is di fyne vergif in di fontein! Hier is di dood!

Reeds siit ons di gevolge daarvan. Tot nou toe werd di Engelse taal opgedring in di Parlement, Geregshof, Publike Kantore, ja in di gewone skole oek; en tog kon ons roem, dat ons ni alleen onse Moedertaal behou het ni, mar dat ons di erf skat suiwer bewaar het.

So lank as ons onse Moeders behou het, het ons oek onse Moedertaal behou.

En nou? Net omgekeer. Ons ywer ver Hollans in di Parlement, in di Geregshowe, Publike Kantore, by examens en oral. En ons het veul, byna dit alles gewin oek. En tog juis nou word ons taal ontsier, ja verpes met al di verengelste woorde en uitdrukkings onder di jonge mense wat in di skole opgevoed is. Nou hoor ons van: ons het ‘gewalk’ en by ‘Mrs.’ so en so ‘gecall’, en toen ons tuis gekom het, het ons eers ‘gesupper’ en toen ‘music’ gehad. Walgelik, siis!

Mar waarom, nou ons in di publike lewe o'erwinnings behaal ver Hollans, waarom dring Engels dan nou so sterk in onse taal self in?

[pagina 56]
[p. 56]

Omdat onse teenparty di slag listiger is as ons. So lank as ons daarbuite veg ver di regte van Hollans in di publike lewe, neem hulle onse dogters, voed di op in di Engelse Kosskole tot Engelse Moeders; dus as onse kinders en kindskinders eendag praat van hulle moedertaal, dan is dit Engels!

Wi is so verblind wat ni kan siin, dat hiir di byl geleg is an di wortel van onse Moedertaal en Nasionaliteit?...

Laat hy dan mar daar in di onderveld in een van di Afrikaanse gesinne gaan, waar di oudste dogter net terug kom uit een van di Engelse Meisiisskole, di Hugenoteskool van Wellington byvoorbeeld, di vrugbare moeder van sovele dogters!

Di sogenaamde ‘opgevoede’ Miss so en so wag ni eens tot sy eers moeder is ni, né sy begin somar dadelik. Di huis is ni goed genoeg ni, dit moet verbreek en verbou worde, of 'n nuwerwetse woning gebou worde. Di meubels is natuurlik nou oek ni goed ni; Pa moet nuwe meubels koop na di mode. 'n Klaviir moet daar wees, en natuurlik 'n hele party Engelse ‘music’ en ‘songs’ daarby. Hollans, og dis ni 'n taal om te sing ni; daar bestaat oek gen Hollanse musiik en lidere ni!

En nou di jongere broertjiis en sussiis, di opvoeding van di neem onse nuffi nou onder haar. Sy sal ver hulle leer, natuurlik soos sy self geleer is, in Engelse taal en gees. Of in sommige gevalle is dit selfs ver onse Miss... te vernederend. Né, Pa moet 'n ‘Governess’ neem. Sy ken 'n goeje. Sy sal skrywe daarom. Dan het sy meteen geselskap oek, want sy moet haar Engels ophou. Nou is di spul eers volmaak. Di kinders leer niks as Engels; hulle mag natuurlik in di huis niks as Engels praat ni.

Pa en Ma mag daar, per guns, nog Afrikaans praat vereers; mar alle pogings word in di werk gestel, om ver hulle oek so gou as molik en so maklik as molik is 'n bitji Engels te leer.

Nou kom by on se jonge Miss... jonkmans kuier. Daar is 'n knappe jonge buurman, 'n eerlike, werksame, en bemiddelde kereltji. Mar hy word bespot, want hy was ni op 'n ‘boarding school’ ni; hy is te lomp.

Eindelik kom daar 'n kereltji van di dorp af wat oek op Stellenbos op di ‘College’ was, en syn ‘matriek’ gemaak het. A ja, nou is di vloer te koud. Hulle gaat same ‘walk’ en ver 'n ‘ride’ en net nou mar is hulle ‘engaged’.

[pagina 57]
[p. 57]

Watter mo eder sal dit nou worde, en wat sal di moedertaal wees van haar kindere?

Ons het haar gesien as dogter, en dit was al walgelik en afskuwelik genoeg; ons wil haar liwers ni sien as moeder ni!

Leser, wat ons jou hier teken is ni denkbeeldig ni. Dis werkelikheid, vreselike werkelikheid!

Gaat di kwaad vort, verloor is dan onse Moedertaal, verlore onse Nasionaliteit!

Want dit is nog di ergste, met di Moedertaal verdwyn oek alle nasionaliteitsgevoel, alle liifde ver di voorgeslag, ver hulle sede en gewoonte, ver hulle beginsels en godsdiins.

En watter geslag word nou so'n jeug? Wat word van hulle? Engelse kan ons tog ni van hulle maak ni. Di Engelse vind dit wel mooi, dat ons hulle naäpers word, mar in hulle hart verag hulle sulke verengelste Afrikaners.

Ag, dat di oge tog betyds mog ope gaan! Laat ons tog di hande ineen slaan, om 'n eie nasionaliteit met 'n eie taal an te kweek!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken