Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Stelling XXXI en XXXII.

Daarom laat 'n volk oek ni lig syn taal ontneem ni. Byv. in Wallis en Skotland is baing mense wat gen Engels spreek of verstaan ni. In Canada spreek 'n deel van di bevolking net Frans. In Elsas praat di boere Duits, hoewel hulle 200 jaar onder Frans Bestuur gestaan het. - Di boerebevolking hou di meeste vas an di volkstaal; dus sal dit lank duur en swaar gaan om Afrikaans hiir te verdring, want onse bevolking bestaan mees uit boere.

Ver di stelling kan ons soveul getuige en bewyse bybreng as ons wil. Ons geef weer wat Hoofregter de Villiers seg in syn meer genoemde Voorlesing: -

‘Sal di taal van Holland syn heerskappy sui wer en onbevlek weer herstel? Of sal dit wees di taal van Holland, soos dit veranderd, of, soos sommige seg, bedorwe is deur di anraking met di taal van Engelse, Duitsers, Maleiers en Hottentotte, of deur di langsame gang van spraak verwisseling en klank ontbinding? Of sal di Engels oer albei voorgaande ségevier?

[pagina 79]
[p. 79]

Ver di meeste sal di antwoord op di vrage regte eenvoudig lyk. ‘Dit is 'n Engelse koloni’ sal hulle sê, ‘en vroeger of later moet Engels die taal van die bevolking worde.’ Met so te redeneer vergeet hulle egter dat di moedertaal van 'n land sig ni nes 'n ou verslyte stuk klere lat weggoi as dit uitgedien het ni; dat daar baing jare toe nodig is, eer 'n vreemde taal an 'n hele volk kan geleer worde, dat daar veule geslagte moet verbygaan voordat hulle daarme eie kan worde, en dat selfs na daarme eie te wees oue herinnerings en vooroordele voortdurend sal saam werk om di indringer teen te staan. Tot nog toe - hoe ongelooflik dit mag lyk - is daar mense, gebore, opgevoed en woonagtig in di Hooglande van Skotland en in Wallis, wat di Engelse taal ni verstaan of spreek ni. In Canada verstaat en spreek 'n gedeelte van di bevolking slegs Frans. In sommige wyke van di Elzas, wat omtrent twe ewe deur di Franse beset was, praat di landbouwers net Duits, en in 'n gedeelte van Friesland is di taal wat di bevolking spreek, glad onverstaanbaar ver di ingesetene van ander provinsiis van Holland.’

 

Dis genoeg, want dis mos historise feite, wat ni hoef herhaal te worde deur verskillende getuige ni. Mar hiir is nog 'n bisondere rede waarom dit swaar sal gaan en lank sal duur om onse Volkstaal hiir te verdring, wat ons noem in di 32ste Stelling. En tereg seg Hoofregter de Villiers op di punt: ‘Dis di boerebevolking wat altyd di meeste vashou an 'n taal, en ons land bestaat voornamelik uit 'n boerebevolking!’ Di gevolgtrekking leg dus voor di hand, dat dit daarom so min gebaat het en verder moeielik sal gaan, om onse taal te wil uitroei.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken