Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Ses-en-veertigste stelling.

Hoe eerder Afrikaans as offisiele taal erkend word, - waar Hollans dit nou nog is, en waar Engels te ver di oppergesag angeneem het, - hoe voordeliger ver di ontwikkeling van 'n eie Afrikaanse nasionaliteit.

Hoe eerder - hoe voordeliger. Ja, na wat vooraf gegaan is behoef di Stelling gen nader bewys ni.

Afrikaans moet erkend worde as offisiële taal. Dis wat ons as voorstanders daarvan nou an di orde stel. En daarvoor sal ons werk met alle kragte binne ons bereik. En hoe eerder ons dit kan verkry, hoe beter.

Tog is ons ni onredelik in onse eis ni. Vandag kan dit nog ni. Daar is nog heel wat voorbereidend werk te doen. Alweer

[pagina 94]
[p. 94]

stel ons daar 'n eer in om duidelik te verklaar, langs welke weg ons meen tot ons doel te geraak. Di saak is ons te gewigtig om nog omwege te maak. Ons seg wat ons meen, en meen wat ons seg. Daarop kan voorstander en teenstander reken.

Vereers sal di meerderheid van di bevolking wat Afrikaans praat sig moet uitspreek, dat hulle dit met ons eens is. Dus sal daar nog meer as tot nog toe op di volksgees in di rigting moet gewerk worde. Tot nou toe was ons doel net om di Afrikaner te laat verstaan: ‘Jy het 'n taal; di taal praat jy; di taal is ver jou onmisbaar; di taal is ver jou di beste; skryf di taal nes jy dit praat.’ Di grote werk het ons nou so vèr gebreng, dat ons reken dis nou di tyd om di twede hoofgedagte by di volk te laat ingang kry: ‘Di taal wat jy praat in jou huis, en op di mark, en in di Raadsaal, en wat jy lees in jou koerant, di taal moet erken worde as offisiële taal in di Skool, in di Staat, in di Kerk, en oral.’ Daartoe moet 'n begin gemaak worde met 'n Afrikaanse Taalkongres.

Verder, di taal moet tot eenvormigheid in skryfwyse gebreng worde. Daartoe is nodig veral 'n Taalkunde en Woordeboek. Wel, albei kan maklik genoeg uitgegé worde, en ons is daartoe bereid oek. Mar om dit meer gesag te gé behoor dit nagesiin en bekragtig te worde deur daartoe bevoegde persone, wat op so 'n Taalkongres moet benoem worde, vollens onse mening.

Dan, moet di taal geleer worde in onse skole. Daartoe sal ons verlof moet kry van di Departement van Onderwys. So vér ons di saak insiin sal dit ni nodig wees om enige wysigings in di skool wet te laat maak deur di Parlement ni. Hiir is mos ni vasgestel watter taalkunde, of woordeboek, of spelling moet gebruik worde op skole ni. Dus is dit ni 'n saak ver di Wetgeving ni; mar van regeling met di Superintendent van Onderwys. En as hulle wel Kaffertaal laat leer, waarom dan ni onse taal ni? Mog daar egter beswaar gemaak worde, dan gaat ons na di Regering; en as ons daar oek ni onse sin kry ni, dan na di Parlement. Mar di eerste saak is nou die nodige Leerboeke ver Afrikaans, en dan waar di publiik daar voor is, dit invoer in di skole.

Eers wanneer di skryftaal dus tot eenheid gebreng is, en wanneer dit geleer worde in di skole, dan sal ons verder gaan, en eis dat Afrikaans as offisiële taal sal erken worde oral waar

[pagina 95]
[p. 95]

Hollans dit nou nog is, en waar Engels te vèr sig di oppergesag toeëigen.

Dus ons eis is gen onredelike, gen voorbarige ni. Mar daarom des te beslister. Seg di voorstandere van Hollans en Engels: ‘Dit sal dan wel nog lank duur.’ Ons antwoord is: ‘Ja ons werk met di kalme bedaardheid van di man wat seker is van syn saak; en dit sal altemit ni so lank duur as julle denk ni; juis omdat onse taal so maklik is. As julle een van julle late so moes inwerk, ja, dan sal dit baing lank duur. Mar Afrikaans groei soos 'n inlandse boom, in syn eie grond en klimaat, wis en seker. Wil julle ons ni help ni; laat ons dan tog mar net vry en hinder ons ni. Dan is ons oek al te vrede.’ Nou, billiker kan ons eis tog ni wees ni!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken