Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 96]
[p. 96]

Afrikaans onse Skryftaal.

‘Onze orthographie, onze geheele grammatica, wat is zij dan eene aanwijzing van het peil der taal in onze dagen; maar wie zal het water, het eeuwig opwellend water terug houden, als het rijst; het stijgt en stijgt altijd, en als het onze schaal zal zijn te boven gegaan, zal het noodig zijn eene andere aan te leggen.’ - Beets, Sparsa, bl. 43.

Acht-en-veertigste stelling.

'n Taal is voertuig ver gedagte wisseling wedersyds; om te praat sowel as om te hoor, om te skrywe sowel as om te lees.

Hoe 'n tongval tot taal, en 'n spreektaal tot skryftaal word, ontleen ons an di vroeger reeds - angehaalde Voorlesing van Dr. Mielck, o'ergeneem uit di Tydskrif Onze Volkstaal, bl. 12: -

 

‘De taal van ieder volk is in haren oorsprong slechts die van den mond en het oor, d.w.z. zij bestaat slechts uit het geluid, dat de mond van den spreker voortbrengt en het oor van den hoorder opneemt. Eerst veel later, wanneer een volk - meestal door den aandrang van buiten - eigenaardige vormen der beschaving begint te ontwikkelen, volgt de schrijftaal, die daarna met weglating van den klank zich tot een ander zintuig, het gezicht, wendt. Het volk echter en zijne taal, die na zich van de schrijftaal te hebben los gemaakt als dialect met zijne tongvallen kan worden aangeduid, leven voort, ontwikkelen zich en

[pagina 97]
[p. 97]

veranderen, wel niet geheel vrij van den invloed van de taal der beschaving, maar eigentlijk toch zonder zich om deze te bekommeren. In de literatuur vertoont zich duidelijker, hoe het dialect zich langzamerhand steeds meer van de schrijftaal afscheidt, ten gevolge van veranderingen der toonaangevers onder het volk en naar machtige historische invloeden van buiten. Dan is de oude schrijftaal niet meer toereikend en uit het dialect, uit een tongval daarvan, ontstaat eene nieuwe schrijftaal.’

 

Vollens di stelling doet 'n taal 'n dubbele diens: -

om jou gedagtes an andere mé te deel; en
om di gedagtes van andere te verneem.

En albei dienste kan gedaan worde op 2 maniire: -

as spreektaal deur middel van di mond en di oor; en
as skryftaal deur middel van di hand en di oog.

Nou wel, as spreektaal is Afrikaans ver ons 'n gewoonte; di mond en di oor is gewend daaran. Maar di hand is nog ni gewend om dit te skrywe, en veral di oog is nog ni gewend om dit te lees ni. As jy ver di Afrikaner di eerste mal syn taal op skrif, of in druk wys, dan lyk dit ver hom vreemd; want wat by tot nog toe gelees het was in Hollans of Engels. Dog dis mar net vreemd ver syn oog. Neem diselfde stuk en lees dit ver hom voor, dan is daar niks vreemds in ni. Dis ni vreemd ver syn oor ni.

Omgekeer, 'n man kan byv. Latyn goed lees en skrywe. Mar as 'n ander met hom vlug Latijn sou praat, dan kan hy dit ni volg ni. Syn oog is wel daaran gewend, mar ni syn oor ni.

Ons wys dit duidelik an, omdat meer as een Afrikaner in begin seg: dis ver hom swaarder om Afrikaans te lees as Hollans. Natuurlik, want hy het so veul jare, van syn kindse dage af Hollans gelees, en nooit syn eie taal gelees ni. Mar laat hy sig 'n bitji oefen, dan sal hy gou siin hoe maklik dit gaan om syn eie taal te lees.

En temeer wys ons dit duidelik an, omdat dikwils deur onse teenstanders van di vooroordeel misbruik gemaak is, deur di Afrikaners te vertel: Hollans is makliker om te lees as Afrikaanse. En di arme man het al vergeet hoe maar hy in syn skooldage gehad het, en hoeveel klappe hy om syn ore gekry het, om te leer Hollans lees. As hy een-tiinde van di tyd wil besté an syn eie taal, dan sal hy siin hoeveul makliker hy dit sal lees.

[pagina 98]
[p. 98]

Mar uit di stelling moet ons nog 'n ander misverstand of vooroordeel wegneem. 'n Taal is ni net om di gedagtes van andere daardeur te verneem ni, mar net so goed om jou eie gedagtes daarin uit te druk. En hiir moet ons 'n ander misvatting wegneem. Party voorstanders van Hollans vertel an di Afrikaners: ‘Julie verstaan mos Hollans, waarom moet julle dan Afrikaans as taal wil hê? ’

Wel, ons het nooit geseg ons volk verstaan gen Hollans ni. Wel seg ons: hulle verstaan dit ni volkome ni; hulle voel ni ten volle wat hulle in Hollans lees en hoor ni. Mar wat ons wèl altyd geseg het, en nou ver goed hiir vas stel is: dat daar ni een uit duisend Afrikaners is wat behoorlik kan Hollans praat of skrywe ni.

Waarop kom dus di drogrede neer: ‘Dis ver di Afrikaner genoeg as hy mar 'n taal het waarin andere tot hom kan praat. Hy het ni 'n taal nodig om syn gedagtes in uit te druk ni!’

Afrikaners! weet julle wat di wat so redeneer van julle seg: ‘Di volk is nog onmondige kindertjiis; hulle moet mar stil sit anhoor op di skoolbanke wat ons ver hulle in Hollans of Engels wil vertel. Hulle is nog ni verstandig genoeg om hulle eie mening en gedagtes uit te spreek ni. Hulle moet mar 'n taal hê wat hulle kan verstaan, waarin ons ver hulle di les kan leer; hulle hoef ni 'n taal te hê waarin hulle in di publike lewe hulle kan uitspreek ni. Di enige taal wat hulle ken, Afrikaans, kan hulle mar in hulle huise onder makaar praat.’

Nogeens, ons stel hiir di feit duidelik vóór, dat uit di duisend Afrikaners daar skaars een is wat sig behoorlik in Hollans of Engels kan uitdruk; en dat dus digene wat Afrikaans teenspreek, op di grond ‘hulle verstaan tog Hollans,’ onse nasi beledig en verongelyk, as of hulle ni 'n taal nodig het om hulle mening kenbaar te maak ni.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken