Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 102]
[p. 102]

Een-en-vyftigste stelling.

‘Di Skryftaal moet trag om van vreemdighede vry te bly en moet sig verder altyd vernuw (regenereer) uit di Spreektaal.’ - (Heyse.)

Di Stelling van Heyse is 'n algemeen erkende. 'n Aparte spreektaal en 'n aparte skryftaal is 'n onnatuurlike ding, soos duidelik aangetoon deur Whitney, Language and its Study, bl. 149 en 150: -

 

‘Beskawing en opvoeding is di kragtigste invloed om taalveranderinge teen te hou. Di minste verandering sal hy uitoefen wat geleer het om suiwer te praat na 'n ongeleerde reel, en wat gewend is om net so dikwils en net so natuurlik te skrywe as wat hy praat. Woorde, in hulle suiwere vorm en onafhaukelike bestaan, is te duidelik teenwoordig voor syn gees om deel te neem in hulle samesmelting of verandering. Daarom is di gevolg van 'n letterkundige opvoeding om 'n taal vas te stel in di toestand waarin dit gevinde word, om daaran te vers eker di voortdurende bestaan van di vorme wat dan in werking is by di ontwikkeling, mar teen te hou of heeltemal te belet dat dit enige andere anneem; om di heersende gewoontes tot onveranderlike wette te maak; en om di aard van di klanke te bewaar teen alles behalwe 'n uiters lanksame en verraderlike verandering.

‘Tot nog toe is di soort van behoudende invloed, in di wereldgeskidenis, net mar werkraam gewees binne di perke van 'n sekere soort van mense; 'n geleerde of priisterlike klas is di beskermer gewees van di nasionale letterkunde en di bewaarder van di taal waarin dit geskrywe is; terwyl albei vreemd en ongewoon geworde is an di algemene bevolking. Ontroof van di ondersteuning van di volk het di beskaafde dialek meteens begin om alle lewenskrag te verliis; want gen taal kan lewendig bly, wat ni beantwoord an al di oneindig verskillende behoeftes van 'n hele samelewing ni, en sig ni in alle dele na hulle veranderinge skik ni; dit is afgesny van syn natuurlike en noodsakelike groei sodra dit geskei is van di algemene gebruik en tot di afgesonderde eiendom van 'n sekere klas gemaak is. Op di maniir ontstaat daar onder diselfde volk twe aparte tale; di een 'n erfgoed van vroegere tyd, wat altyd stywer en ongemakkeliker word, en net mar bruikbaar ver sekere bisondere diinste; di ander di vrug van teenwoordige groei, wat styfdeur meer verskil van di eerste deur di werking van di gewone invloede van taalverandering; vol van onnou-

[pagina 103]
[p. 103]

keurighede en foute, as ons dit so wil noem, mar oek vol van 'n gesonde en kragtige lewe, wat dit in staat stel om op laas di geleerde of heilige dialek, waarvan dit 'n spruit is, omver te goi en syn plek in te neem. Dit was di oorsprong en dit di lot van alle geleerde dialekte wat in verskillende dele van di wereld bewaar is as “doje tale,” as middele van gedagtewisseling tussen geleerde mense, nadat hulle hulle karakter verloor het as spreektaal van 'n samelewing: byvoorbeeld, di oue Egyptise taal, wat lank opgehou is ver godsdiinstige gebruik, en geskrywe is in teken-skrif, nadat di taal en di letters albei in di volksgebruik 'n ander vorm angeneem het; di Zend, wat in bewaring was van di priesters van Faroaster syn leer; di Sanskrit, wat nou nog geleer word in di Brahminse skole van Indië, onder di Babel van nuwe tongvalle, wat daaruit afstam; di Latyn, di gewone taal van di geleerde deur heel Europa gedurende eeuwe waarin di latere vorme van di Romaanse tale, wat nou di voertuige is van 'n hogere beskawing as di van Griekenland en Rome, mar 'n barbaarse patois was. Elke dialek wat di voorwerp van letterkundige beskawing gemaak word staat bloot an di lot van Latyn; adelregering en uitsluiting (aristocracy and exclusiveness) het ten gevolg di eindelike omverwerping, in di taal sowel as in di staatkunde; di behoeftes en di belange van di menigte is belangriker as di van di weinige, en moet in di end dit win. Ware taalkundige Konservatisme bestaat in di vorming van 'n opgevoede en deugsame volksregering (democracy), in di opneming van di hele samelewing deur middel van 'n degelike en deurdringende opvoeding, in di behoorlike en gesonde bewaring van di angrenome spraak-gebruike van di suiwere spraak - en dan in toelating dat elke verandering wat moet en sal kom syn vrye loop te laat.’...

 

En wat Whitney hiirop laat volg is veral van belang, namelik dat di skeiding tussen spreektaal en skryftaal al kleiner word in onse tyd omdat di geleerdheid nou ni meer di uitsluitende eiendom is van seker geleerde klasse of priisterkaste ni, mar alweer ingaat onder di volk, en deur koerante en tydskrifte in di volkslewe ingaat. Ruimte belet ons alles oer te neem, mar ons verwys na bo vermelde werk, bl. 150 en 151.

En hoe is dit nou op di punt met Hollans gesteld? Hoor wat Professor van der Tuuk daarvan seg, in di Z.A. Tydschrift van Dec. 1883, bl. 279: -

 

‘O, hoeveel tijd is er niet nutteloos besteed met dat leeren van Grammatische regels aan kinderen! Hoe veel tijd wordt

[pagina 104]
[p. 104]

er waarschijnlijk nog tegenwoordig meê verkwist! Vooral in Zuid Afrika schijnt men algemeen van het denkbeeld doordrongen, dat kinderen, die onderwijs in hunne moedertaal moeten ontvangen, onmiddellijk met een “Grammar” voorzien moeten worden. “Mijn zoon moet grammaticaal Hollandsch leeren spreken en schrijven.” Herhaalde malen hoorde ik deze uitdrukking bezigen. “Grammaticaal Hollandsch schrijven” - zeer goed; niemand zal het wenschelijke en noodzakelijke daarvan ontkennen, doch “Grammaticaal Hollandsch spreken” - bah! Ik schroom niet om hem, die dit doet, een grooten pedant te noemen. Welk Hollander, of wie, die het Hollandsch goed verstaat, zal ooit zijn vriend komen vertellen: “Ik heb het huis des bakkers gekocht; zullen wij hetzelve gaan bezichtigen?” Of: “Hebt gij reeds aan uwen oom, den notaris, geschreven?” Ik herhaal, dat wie zoo spreekt, zich slechts bespottelijk maakt in de oogen van ieder beschaafd mensch. De naamvallen des, der, den, de afschuwelijke woorden hetzelve, dezelve, deszelfs, enz., het voornaamwoord gij, warden nooit in een gesprek tusschen personen van ontwikkeling en smaak gehoord. De naamvallen verdwijnen zelfs langzamerhand uit de schrijftaal en de beste schrijvers gaan hierin voor. Het voornaamwoord gij is in gemeenzamen stijl vervangen door jij of je, en in een deftig gesprek gebruikt men u, met het werkwoord in den 3den persoon: dus niet: U hebt gelijk, maar “U heeft gelijk”; niet: “U waart niet te huis”; maar U was niet te huis.’

 

Ons wil en hoef hier ni veul by te voeg ni. Alleen dit. Wi is nou di manne van agteruitgang en wi di manne van vooruitgang? Di wat ver ons 'n skryftaal wil opdring wat glad apart is van onze spreektaal, in gen lewende gemeenskap daarmé staan ni, en dos altyd verder daarvan afgaat? Of ons wat onse skr yftaal wil inrig na di vorm van di lewende spreektaal, om altyd in lewendige gemeenskap met di volksontwikkeling te bly? (Vergelyk Stelling 39).


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken