Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Stelling LVIII, LIX.

Di geskidenis leer dat byna by elke nasi, wat di Bybel in syn taal gekry het, 'n sekere mate van geestelike opwekking en sedelike veredeling plaas gevind het, - seker 'n bewys van goddelike goedkeuring van Bybelvertaling in alle tale. - Ons land het veul o'ereenkoms met Palestina, daarom sal di Bybel in Afrikaans ver ons veul verstaanbaarder en kragtiger wees.

Stelling 58 is gegrond op algemene bekende historise feite en behoef dus gen uitvoerige bewyse ni.

Mar Stelling 59 verdiin enige toeligting.

Non kyk vereers Palestina is 'n bergagtige land nes Suid Afrika, daarom is onse taal oek veul geskikter om di menigvuldige bybelse woorde en uitdrukkings terug te gé as Hollans, omdat di Hollander op 'n platte land woon en dus mar min

[pagina 114]
[p. 114]

woorde in gebruik het ver di gedagte van hoogte en laagte: So, staan in di Statevertaling di woord berg ver 4 Hebreeuse woorde, heuwel oek ver 4, rots ver 5, en hoogte gansegaar ver 18 Hebreeuse woorde; an di ander kant staan dal en vallei elkeen ver 4, kloof ver 5, en laagte ver 7 Hebreeuse woorde. Dus het di Hollanse vertalers mar 8 woorde gehad om 51 Hebreeuse woorde daarin te vertaal. Natuurlik geef di 8 woorde ni al di verskeidenheid terug wat di 51 Hebreeuse woorde uitdruk ni. Mar ons het onder Stelling 24 ni minder as 118 woorde gegé waarin ons seker is dat di fijnste gedagtes van di 51 Hebreeuwse woorde maklik kan terug gegé word.

Mar so is daar verskillende punte waarin di Afrikaner beter di bybelse woorde en terme sal kan terug gé as di Hollander. Byv. di aartsvaders het 'n swerwende herderslewe gely en het in tente gewoon nes onse voortrekkers; daarom het ons oek daarin meer verskeidenheid van woorde en uitdrukkings. Hiir moes di Hollander al weer met een woord leger 4 Hebreeuse woorde vertaal, en di werkwoord legeren oek ver 4 Hebreense woorde: waar di Afrikaner met woorde soos lager, kamp, lêplek, tent opslaan, lager trek, inkamp, ens., di Hebreeuse woorde veul beter sal kan vertaal.

Iits anders, Holland is 'n waterryke land. Daarom het hulle met di enkele woord riviir 6 Hebreeuwse woorde vertaal, waar di Afrikaner met 'n land vol rivire, spruite, waterloge, slote, ens. veul beter di oorspronkelike mening kan uitdruk.

In verband hiirmé het ons opgemerk dat di Hollanse vertalers ni minder as 7 Hebreeuse woorde vertaal met di woord droogte, omdat hulle in Holland ni verstaan wat droogte is, soos in Palestina en Suid Afrika ni. So kon blykbaar di berymer van Ps. 42 ni di betekenis vat van di woorde: ‘gelyk een hert schreeuwt naar de waterstroomeo, alzoo schreeuwt mijne ziel tot u, o God!’ Daarom voeg hy daar wat in, wat di hele krag en betekenis wegneem deur dit te berym:

 
‘'t Hygend hert, de jagt ontkomen,’ ens.

Nou di woorde ‘de jagt ontkomen’ is ingelas, omdat di digter in Holland sig ni kan begryp hoe 'n hartbees van dors na water kan skré ni anders as omdat di jagter hom lank rondgeja het, want anders Holland is vol water; hy kon mos oral suip.

[pagina 115]
[p. 115]

Mar dis ni di gedagte van di psalmis ni. Né, Ps. 42 word nader verklaar deur Ps. 63 en daar heet dit: ‘mijne ziel dorst naar U in een land, dor en mat, zonder water.’ Ons ken hiir in Suid Afrika wel sulke streke, waar di arme hartbees dors en skré na water, sonder dat di jagter hom moeg geja het. En dis di toestand waarin di siil van di Psalmis blykbaar verkeer het.

Voorbeelde van di aard sou ons kon vermenigvuldig. Dog genoeg tot opheldering van onse stelling.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken