Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 116]
[p. 116]

Afrikaans ons Skooltaal.

‘Di sorg ver di Volkstaal beskou ek as ten alle tye 'n heilige toevertroude pand en 'n allerbelangrikste voorreg van di hogere stande van di maatskappy. Elke man van opvoeding is verplig om dit tot voorwerp te maak van syn onafgebroke belangstelling, ten einde syn taal suiwer en volkome te bewaar, dit te praat, so vèr as dit in syn vermoge is, in al syn mooiheid en volkomenheid..... 'n Nasi, waarvan di taal ruw en barbaars word, moet op di rand van barbaarsheid wees met betrekking tot alle andere dinge. 'n Nasi wat toelaat dat syn taal tot niit gaan, verliis di beste helfte van syn verstandelike onafhankelikheid, en verklaar syn gewilligheid om op te hou met bestaan.’ - Schlegel, Gesch. der Litter., 10de Voorlesing.

Stelling LX, LXI.

Di moedertaal is di ware middel om di geesvermo'ens van kinders te ontwikkel, veral by onderwys. - 'n Vreemde taal as skooltaal in te voer is geesdodend, maak di kinders tot ape; leer hulle net om memori-lessiis na te praat.

Di 2 stellinge is oek so algemeen erkend, dat dit net nodig is om dit uit te spreek. Laat imand na England gaan en ver

[pagina 117]
[p. 117]

hulle daar gaan vertel: ‘Julie moet julle kinders eers Hollans laat leer en dan deur middel van Hollans hulle eie taal en andere leervakke.’ Of laat imand ver di Franse gaan wys maak: ‘Julle moet ni julle kinders deur middel van hulle moedertaal onderwys ni. Né, hulle moet eers Duits leer, en dan kan hulle in Duits di Franse taal leer.’ Of laat hy ver di Duitsers gaan leer: ‘Julle moet julle kinders eers Frans laat leer en dan verder laat onderwys deur middel van Frans’...

Wat denk julle sal di man syn lot wees? Regtig, hy gaat na di gekhuis toe!

En hiir is 'n menigte wat ver ons vertel: ‘Julle moet julle kinders eers Engels (of Hollans) laat leer, en dan deur middel van di taal - wat? - hulle eie taal leer? - Né, dit mag hulle gaarni! - Né, deur middel van di vreemde taal kan hulle alle andere wetenskappe leer!’

En di mense word ni na Robben Eiland toe gebreng ni!....

Mar nog erger, gaan vertel ver di Engelsman - ‘Jy moet mar jou kinders Hollans laat leer: Engels kom van self.’ Of ver di Fransman: ‘Jy moet mar jou kinders Duits laat leer, Frans ken hulle van self.’ Of ver di Duitser: ‘Jou kinders moet mar Frans leer, Duits ken hulle mos.’

Wat denk julle sal di man syn lot wees? - Hy kom ni met di gekhuis daaraf ni!

En hiir het ons dit al so dikwils gehoor: ‘Laat di kinders mar Engels leer; Hollans kom vanself! of Afrikaans is ni nodig ni; di ken hulle mos; laat hulle mar Engels en Hollans leer.’

En di mense wat so praat gaan ni alleen ni na Robben Eiland toe ni. Mar bly onse professore, predikante, en skoolmeesters?...

En wat is non di gevolg van onse kinders eers 'n vreemde taal te laat leer en dan later daarin verder te onderwijs? Oek in di opsig meen di skrywer reg te hê om saam te praat. Hy het 6 jare ondervinding gehad van skoolwerk as Superintendent van Onderwys in Transvaal, waar hy meteen di skole moes inspekteer oek. Daarby het hy gedurig, sowel voor as na di tyd, kennis geneem van di onderwys in di Vrystaat, Kaapkoloni en Natal, en dit weer vergelyk met di

[pagina 118]
[p. 118]

praktise toepassing van verskillende sisteme in Europa, deur persoonlik verskeie leerinrigtings, lage sowel as hoge, te be soek. Bowediin het hy di laaste 10 jare sig daarop toegelê om di vernaamste Hollanse, Engelse en Duitse boeke o'er opvoedkunde te lees.

En syn bevinding, wat di onderwys van onse kinders deur middel van vreemde tale betref, kom korteliks hiirop neer: -

dat onse kinders wat natuurlik verstand angaan eer voor as agter is ver Europése kinders in algemeen;

mar dat hulle baing tyd verloor op di maniir (soos ons verder sal antoon onder Stelling 62);

en di ergste is nog, dat hulle van begin af moet leer wat hulle ni verstaan ni, dus an memori-lessiis gewend word, en dus op laas ver hulle verbeel as jy mar veul ken, al verstaan jy dit ni goed ni, dan is jy 'n geleerde man.

Di gebruik van tale wat inderdaad ver di bevolking vreemd is, in di publike lewe, in Kerk en Staat, sowel as op skool, het ni alleen op ons skooljeug ni, mar op ons hele bevolking 'n uiters nadelige invloed uitgeoefen. Laat ons predikante byv. onpartydig getuig. Di mense kom uit di Kerk uit en sê: ‘Hoor, dit was 'n mooie preek!’ Mar vra nou ver hulle uit hoeveul hulle daarvan verstaan het, dan sal jy verbaas staan. Di mense lees 'n boek en sê: dis mooi; mar ondersoek tog hoeveul hulle werkelik daarvan begryp, dan sal jy tot insig kom van di kwaad. Skrywer hiirvan het dikwils byv. kinders uit di eerste klas van gewone lagere skole 'n hoofstuk uit di Bybel, of 'n stuk uit di Volksleesboek, laat lees en dan agterna gevra: wat hulle nou gelees het, en wat di betekenis van sommige woorde en uitdrukkings is; mar dan moet jy verbaas staan om te siin hoe min di kinders verstaan!

Di feit is: deur di gebruik van vreemde tale leer ons bevolking van jongs af om alles wat ‘geleerd’ is òf glad ni te verstaan ni, òf hoogstens mar half te begryp! Sodat ver di grote menigte 'n preek, of 'n voorlesing, of 'n stuk mar net heeltemal of halfpad onverstaanbaar hoef te wees om dit te laat bewonder as o so geleerd.

Laat elkeen wat met onse volksontwikkeling praktiis te doen gehad het hiir getuig, onpartydig getuig of ons ni reg het ni!

[pagina 119]
[p. 119]

‘Geesdodend’ ja is dit om 'n volk deur middel van 'n vreemde taal te onderwys. Mar as di arme kind dan eers twe vreemde tale moet leer voor hy tot di ware verstand en kennis kan kom, is dit dan 'n wonder, dat geleerdheid ver hom lewenslang gelyk staat met 'n vreemde, onverstaanbare wereld!...

Mag dit, kan dit 'n dag langer so bly? Sal ons langer toelaat dat onse skole moordenaarskuile bly waar di gees van ons kinders gedood, vermoord worde, in plaas van ontwikkel, opgeskerp, en sterk gemaak?

Wi durf sig noem 'n volksbeskawer wat met di geestesmoordery samewerk!...

Afrikaners, wil julle langer duisende ponde al jare betaal om di geesvermogens van julle kinders te laat versmoor en uitdoof deur vreemde tale, sodat di vreemdelinge ons altyd kan o'erheers? Ons wag op julle antwoord!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken