Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Stelling LXII, LXIII.

Dit sal veul makliker wees om ons kinders eers hulle eie taal te leer en dan daarin verder te onderwys. Op di maniir sal hulle in 1 jaar meer leer as nou in 3, nou hulle eers 'n vreemde taal moet leer, om dan verder daarin onderwys te ontvang. - Veral Hollans is ver 'n Afrikaner 'n onleerbare taal. Van 1000 Afrikaanse kinders wat Hollans leer op skool, is skaars 1 wat goed Hollans ken, om dit maklik te kan spreek en suiwer te kan skrywe.

Stelling 62 is al weer so duidelik dat ons dit ni nodig ag daar meer o'er te sê ni. Mar as imand twyfel laat hy dan 'n eerlike proef neem. Laat hy 2 kinders neem van omtrent gelyke ouderdom, gelyke verstand, en wat eweveul ken. Ons is bereid om in so'n proef deel te neem, hoewel ons gen twyfel het omtrent di uitslag ni.

Mar in Stelling 63, en meermale, het ons Hollans 'n onleerbare taal genoem. Ons het ons verstout om te sê dat uit 1000

[pagina 120]
[p. 120]

kinders, wat Hollans leer op skool, skaars 1 is wat goed Hollans ken om dit maklik te kan spreek en suiwer te kan skrywe.

Wel hiir mag dit di skrywer wel weer toegelaat worde om iits uit syn eie ondervinding te vertel. En dan begin hy met hom self. Wel hy leer nou al Hollans van syn kindse dage af; hy leer dit nog al dag; en tog skaam hy hom ni om hiir openlik te erken, dat hy ni goed Hollans ken ni! As daar ooit 'n Afrikaner moeite gedaan het om Hollans te leer, dan is dit hy. As ooit 'n Afrikaner goeje Hollanse onderwysers gehad het, dan is dit hy. As daar ooit 'n Afrikaner baing met Hollanders omgegaan het, dan is dit hy. As daar ooit 'n Afrikaner baing in Hollans geskrywe het, dan is dit hy. En tog ken hy vandag ni goed Hollans ni!

Hy ken net soveul Hollans om te kan oordeel, dat hy dit ni goed ken ni; om te kan siin, dat andere geleerde Afrikaners dit oek ni ken ni; ja, dat heel weinige Hollanders (skaars 1 uit di 100) hulle eie taal goed ken. Hy het nog ni 'n Afrikaner gehoor wat altyd suiwer Hollans, sonder 'n fout, spreek ni, selfs ni op di preekstoel ni. Hy het nog mar min Hollans gelees wat deur Afrikaners geskrywe is waarin hy ni foute opgemerk het ni. Ja, hy het 'n menigte briwe gesiin van beskaafde Hollanders self, hiir en in Holland, wat ni vry is van taalfoute ni.

Om 'n sprekende voorbeeld te gé! Laas met uitkom van Europa skryf ons 'n stuk ver di pers o'er Bye-kultuur. Daarin kom toen enige min gebruikelike Hollanse woorde voor, waarvan ons di geslagte ni geweet het ni, en ons had gen woordeboek by di hand om dit op te soek ni. Mar daar was 'n Hollanse Professor van Amsterdam op di skip. Ons vra hom om ons tog di geslagte van di paar woorde te sê. Hy kon ni; en verklaar ons toen, dat hy self nog menigmaal di geslagte van woorde in 'n woordeboek moet opsoek!

Nouwel, wat moet ons nou onse arme kinders moor om so 'n onleerbare taal te leer?...

Molik seg imand: di skrywer hiirvan is dan oek mar dom as hy ni eens Hollans kan leer ni! Goed, ons het daar vrede mé. Mar dan sal daar wel meer sulke domme wees in ons land!

[pagina 121]
[p. 121]

En di vraag is hiir ni: Kan 'n enkele Afrikaner, sê mar 1 uit 1000, dit so vèr breng dat hy goed Hollans ken ni? Mar, is Hollans 'n bruikbare taal ver ons as skooltaal? En dan moet elke onbevooroordeelde erken: Né!

Neem nou mar net di kwessi van di geslagte. Daarop neem ons o'er uit 'n ni-gepubliseerde beoordeling van Professor van der Tuuk syn Hollanse Spraakkuns: -

 

‘Ons het altyd jammer ver enige Hollanse taalgeleerde as hy o'er di lamlendige geslagte begin. Bilderdijk kon net so min daarvoor afdoende reels gé as Johnson ver di uitspraak van di Engelse taal, - eenvoudig omdat dit onmolik is. Wel, di skrywer wy 9 bladsye an di geslagte. Hy gé 8 reels ver di manlike geslag, mar dan met 5 lyste van uitsonderings; 13 ver di vrouelike, natuurlik oek met 'n genoegsame voorraad uitsonderings om di reel te bevestig; en dan 9 reels ver di onsydige; en dan nog, as toegif, 8 reels of lyste van woorde wat meer as een geslag het. En as di arme leerling dit nou alles in syn kop het, dan kry hy ten slotte di anmoediging: ‘N.B. Deze lijst zou nog kunnen vermeerderd worden met een aantal dergelijke woorden, doch de bovenstaande zijn het meest in gebruik. Er zou verder nog veel te zeggen zijn over de geslachten, maar het gegevene achten we genoeg. Herhaalde oefening en groote opmerkzaamheid zijn de voorwaarden om langzamerhand thuis te raken in de geslachten der woorden.’ Armsalige troos! Al ken jy al di reels, dan is jy tog ni veul verder ni. Mar hoe kan 'n mens oek op sulke reels gaan. Behalwe al di uitsonderings is di reels self so onbestemd. Amper di helfte van di reels lui: ‘De meeste woorden op’......... ‘De meeste namen van’... ‘Een zeer groot aantal van’... ‘Zeer vele stammen van werkwoorden’... ‘Stammen van werkwoorden zijn meestal’... ‘Vele woorden op’...... ‘De meeste namen op’...... Wat breng dit di arme leerling nou verder dat hy weet vele woorde, wat so of so uitgaat of afgeleid is, is manlik, of vrouelik, of onsydig? Mar watter vele, en watter ni? Dan moet hy dit eers weer almal gaan leer. So kom dit eientlik daarop neer, dat jy tog mar van elke woord apart deur gebruik moet weet watter geslag dit is, of dan mar altyd weer jou woordeboek moet gaan naslaan, wat Hollanders self dan oek nog dikwils moet doen. Wat 'n segen dat ons di onredelike en onnuttige boel weg gesmyt het!...

Gen wonder dat di skrywer sê: ‘Er zou een dik boek vol te schrijven zijn alleen over de geslachten der Znw. Maar dit zou niet helpen.’ Tog het hy 'n goeie raad. Een ding moet hulle goed onthou: ‘De meeste Znw. in het Hollandsch zijn

[pagina 122]
[p. 122]

mannelijk; er zijn veel minder vrouwelijke en nog minder onzijdige dan vrouwelijke woorden.’

Ja, dis van groot belang om dit te weet. Di geleerde Professor het dit nog wel enkel en dubbel onderstreep. As 'n man weet dat di meeste woorde mannelik, minder vrouelik, en di minste onsydig is, - dan is hy al 'n hele end gevorder!’

 

Nou kom hiir nog in anmerking di rigting van di wat 'n eenvoudige Hollans ver ons hiir in Suid Afrika wil maak. Sal dit dan ni gaan ver skooltaal ni?

Wel, ons het di gemaakte taal nog ni gesiin ni. Dit is nog ní gemaak ni; en sal oek wel nooit gemaak worde ni.

Mar neem net di vollende 3 punte, om di taalmakers tot besinning te breng. Sal hulle di onderskeiding van geslagte, di verbuigings van di naamwoorde, en di vervoegings van di werkwoorde behou? Indien ja, dan sal di gemaakte taal ver ons net so onbruikbaar wees as Hollans; want di enkele mindere puntjiis van vereenvoudiging sal meer verwarring as vergemakliking anbreng. Indiin né, dan is dit ni langer Hollans ni; laat hulle dan mar liwers eenkeer Afrikaans neem.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken