Dietsche Warande en Belfort. Jaargang 144
(1999)– [tijdschrift] Dietsche Warande en Belfort–
[pagina 301]
| |
Wilma Stockenström
| |
[pagina 302]
| |
Ou gebouVerweerde gebou, onbeskut op 'n besige hoek,
leun ek agteroor met blouspieëlende oë,
weerloos teen die aantog van voetganger en motors.
Liefs neem ek die lewe in breë trekke waar. Motors
in roomyskleure om skewe kerke. Vragmotors
belaai met karkasse of kopkool. Konvooie lotelinge.
Bewyse van welvaart. Soms in parke
'n somerstorm van stuiptrekkende plante. Daagliks
die kontrapunt van skoppelmaaie. Bewys van vrede.
Afkyk het ek geleer: net wie nog jong is,
kyk met durf in die gesigte van mense.
A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan!
Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge
bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid,
oumensbewend onder my dun laag dagha.
skoppelmaaie: schommels dagha: metselspecie | |
[pagina 303]
| |
'N borsspeld syRitselend in hoekies, sy is die ritselende een.
Die vingers 'n hopie stokkies op die skoot.
Raai, as sy sou wou vertel van, ag,
bier, sandwiches en tennisfunksies en so.
Nou hoor jy net sipresgesuis, jy hoor net
droë fluistering. Die seningnekkie swaai,
die koppietjie, 'n stopkalbas met enkele
drade, wieg aanhoudend, aanhoudend
oor die in memoriams van geskenkies.
Daardie oë, daardie geslypte oë van haar
wat die lig breek en die ganse ouetehuis
rooipienkpers laat vonkel van gistersheid!
Dan pryk sy in haar hoek, 'n borsspeld sy,
en koeterwaals die ene steentjies en filigraan.
funksie: bijeenkomst | |
[pagina 304]
| |
Antieke spieëlSou die pou-oë van kolle,
die langsame verslaning
verweer wees teen die inneem,
ononderbroke, van in ovaal bestek
gesuspendeerde mure en ameublement
en die roeringe van mense?
Of is dít hoe uiteindelik
tyd self uitdoof: net maar
'n matter word na dieper silver
tot ook die spookasem van bloeisels
onopgeteken verwyl in die vaas?
Net maar 'n donkerder word
van minder neem minder gee
totdat ons verspieëlde kanse
in die swart stilstand ophou.
kol: plek spookasem: suikerspin | |
[pagina 305]
| |
Met my wysvingertopHoe graag sou ek die ligtheid wou ervaarGa naar margenoot+
van nie glo, woord nóg koeël weerstand bied,
ophou wanneer ophou moet en taan,
flikker selfs en selfs miskien vir oulaas,
eer ek stol tot waspoplyk, my asem sien
sigbaar vonk en dwarrelend verskiet,
miljarde kodepuntjies, 'n newelster,
lig nóg duister en digterwordend dalk.
Hoe graag sou ik die vinger wou verhef,
meteen die lug skeur en brandend lag
in die lig van verlore sonne en mane
skimmel al en droë wentelings van planete
vergeet verlaat; en dan hoe graag sou ek,
reusagtig groot, met my wysvingertop
die buitelyne van 'n mens sagkens trek,
teer en geduldig, want dit duur lank.
dalk: wellicht | |
[pagina 306]
| |
Dit is afstand doenOm
soos 'n vlieënde mier vlerke in bruin rame
oënskylik moeiteloos te laat vaar, veranderd
voort te kruip, ligter maar soveel kleiner,
onthef van ekstase en vir goed aards,
dit is afstand doen, dit is voortaan
gelyk loop en nooit meer opwaarts na lig,
verheerlikte heerlikheid van lig,
nooit meer te streef of selfs te soebat
om lig.
| |
[pagina 307]
| |
Dis mos 'n siektetoestandDis mos 'n siektetoestand dat die wêreldGa naar margenoot+
swymelemd oor die rand van my blik spoel.
Was my oë lawa-oë anorganies droog,
het polle gras gespruit. Het spruite geloop.
Te veel wat my oë dra, die net
ontkenning wat wil uitwis en wil
trane stort en Griet Verdrieterig
als oplos in sout en lafheid, dus
laat my droogweg konstateer:
volkomenheid is glansend kyk,
die môre mooi laat groter word
en eweneens die dag laat dowwer word
in die langskaduwimpers van die aand,
met tog die nagloei van ontroering, dan.
mos: immers, toch die spruit: de beek | |
[pagina 308]
| |
So ja, kots die rommel uit
Ga naar margenoot+ So ja, kots die rommel uit.
Bewaar jou wese in jou blouste
ravyne en wieg jou gediertes
op maat van die van die maan se luime.
Kus die land en kasty hom.
Stuur die skuwe glinstering van jou skole
om kaap en eiland en deur die fynste
kieunet dat alles soos 'n vuurstreep
in die stil vame verdwyn.
Kus die land en kasty hom.
Glimlag jou baaieglimlag en trek
dun mis daaroor, sag soos môrelig,
om die oneffenhede van blik en plastiek
kontoer te gee met jou groot geduld,
see, siel van die planeet.
|
|