Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
DBNL Logo
DBNL Logo

Hoofdmenu

  • Literatuur & Taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Gebruiksvoorwaarden
    • Voorwaarden voor hergebruik
    • Disclaimer
    • Voor rechthebbenden
  • Over DBNL
    • Over DBNL
    • Contact
    • Veelgestelde vragen
    • Privacy
    • Toegankelijkheid

Informatie terzijde

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
Toon afbeeldingen van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0,77 MB)

XML (0,10 MB)

tekstbestand






Genre

poëzie

Subgenre

liederen/liedjes


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis– Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 5]
[p. 5]

[Deel 1(A)]

Met 'n gevoel van erkentelikheid vir sij baanbrekende arbeid op hierdie gebied dra ons hierdie werkie op aan die nagedagtenis van F. Th. Schonken, so vroeg aan sij volk en vaderland ontvalle.
[pagina 7]
[p. 7]

Voorwoord.

Ons leef teenwoordig in 'n tijd van kragtige opgroei van die nasionale selfbewusheid.

Vandaar misskien dat die idee bij die skrijwers ontstaan het om één van ons nasionale erfgoedere, die afrikaanse volkslied, aan ons volk voor te stel in 'n splinternuwe pakkie van toeligtende aantekeninge; vandaar ook dat ons durf hoop op belangstelling vir hierdie werk.

In die eerste plek is dit bedoel vir die jong Afrikaners wat nog die geluk het om deel te kan neem aan 'n piekniek. Hulle, hoop ons, sal deur nadere kennismaking met hulle eie geesteskindere, dit meer waardeer en daarom die vreemde indringers, wat nog so volop aanwesig is op hierdie erf, die deur wijs, of liewer, hul in die pad steek - na hul eie ‘home-country’.

Maar ook vir die Afrikaners wat nie meer piekniekers kan wees nie, hoef ons werk nie onverskillig te wees nie.

Immers ons liedjies verteenwoordig 'n afrikaanse kultuurvorm, soals in die inleiding aangetoon word, en is beliggaam in die suiwere afrikaanse volkstaal - die afrikaanse rasgenie, die afrikaanse veldwind en sonnebrand adem en geur en gloei daarin - dis soos die kaapse wijne, 'n produk van die son, die lug, die grond en die Boervolk van Suid-Afrika.

[pagina 8]
[p. 8]

Prof. Boshoff was verantwoordelik vir die organisasie en die inleiding, waarvan ek paragraaf (d) geskrijf het. Van die liedjies is deur hom bewerk nommers 2, 4, 6, 10, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20 en 24; en deur mij nommers 1, 3, 5, 7, 8, 9, 11, 12, 21, 22, 23.

Natuurlik is bij alles onderling oorleg gepleeg.

Ten slotte mag ek nie nalaat nie om mij dank uit te spreek aan Mnr. G.S. Preller, die mij belangstelling gewek het vir die afrikaanse volkslied. Ook is dank verskuldig aan Mnr. Pierneef vir sij tietelbladtekening.

En hiermee moet ons boekie dan die afrikaanse wêreld in! Die hoop van die skrijwers is dat hij baje vriende op sij loopbaan sal ontmoet en die weg sal berei vir sij boeties wat hom misskien sal volg.

 

L.J. du P.


Vorige Volgende

Over het gehele werk

titels

  • Afrikaanse volksliedjies

  • over De oorsprong der Kaapsch-Hollandsche volksoverleveringen


landen

  • Zuid-Afrika