Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies (1918)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
Afbeelding van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. PiekniekliedjiesToon afbeelding van titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.77 MB)

XML (0.10 MB)

tekstbestand






Genre

poëzie

Subgenre

liederen/liedjes


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 11]
[p. 11]

Inleiding.
Afrikaanse piekniekliedjies.

A. Die lied.

Waarskijnlik verteenwoordig die ‘Lied’, of, nouwkeuriger uitgedruk, die ‘sanglied’, d.i. die lied wat gesing word, die oervorm van alle poëtiese ‘genres’. Dat die lied waarskijnlik die grondvorm was van die hedendaagse groot verskeidenheid lyriese digsoorte, sal seker niemand betwijfel nie, dat dit volgens 'n gangbare opvatting die kernpunt gevorm het van die dramatiese digkuns uit die oudheid, hoef bijna nie aan herinner te word nie, en dat dit moontlik ook die uitgangspunt was van die epiese poësie van Grieke en Germane, word vandag tamelik algemeen aangeneem.

Dit is dan ook bes begrijpelik, want die ‘Lied’ is die natuurlikste, naïefste en direkste digterlike uitingsvorm van menselike gevoel, want wat is eenvoudiger en natuurliker, dan dat die menselike gevoel, hooggespanne deur die op-en-neer beweginge van liefde of lijde, sig spontaan uit in die gelijkgestemde klank-

[pagina 12]
[p. 12]

trillinge van 'n lied van lief of leed? Immers ‘waar die hart van vol is, loop die mond van oor’. Vandaar dat Jespersen in die gevoels- en gemoeds-uiting van die sanglied nie alleen die oervorm van alle poësie, maar selfs die oorsprong van die menselike taal, gesoek het. Die nagtegaal in die bos, die kat op die huisdak en die babetjie in die wieg - almaal sing, op hul eie manier, hul liedjies van liggamelike of geestelike lief of leed - ‘Lieder ohne Worte’! En die mens? die nugtere verstandsmens?

 
‘Ach,’ sê Heine, ‘wenn sie nur Herzen hätten!
 
Herzen in der Brust, und Liebe,
 
Warme Liebe in dem Herzen.’ -

Ja, liefde, warme liefde in die hart, of 'n enkele golfslag van ongeveinsde gevoel, laat selfs die nugterste verstandsmens deuntjies opdreun - ‘Lieder ohne Worte’!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

titels

  • Afrikaanse volksliedjies

  • over De oorsprong der Kaapsch-Hollandsche volksoverleveringen


landen

  • Zuid-Afrika