Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies (1918)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
Afbeelding van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. PiekniekliedjiesToon afbeelding van titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.77 MB)

XML (0.10 MB)

tekstbestand






Genre

poëzie

Subgenre

liederen/liedjes


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

B. Die volkslied.

Ons het hier egter te doen met 'n bepaalde liederesoort, en wel met die ‘Volkslied’, 'n benaming wat misskien misleidend is, omdat meer dan één soort lied daarmee aangedui word. So kan, b.v. met die benaming ‘Volkslied’ bedoel word die bepaalde lied of liedere, wat 'n volk bij sekere geleenthede sing ter ere van sij vorstehuis, vaderland of vrijheid, soos die bij ons in Suid-Afrika welbekende en geliefde Transvaalse of Vrijstaatse Volkslied, of die Nederlandse volksliedere: ‘Wien Neerlands bloed door de âdren vloeit’ en ‘Wilhelmus van Nassauen’. So'n volkslied, of Nasionale Hymne, is in sekere sin 'n geleentheidslied, wat die nasionaliteitsgevoel, wat sig veral bij gemeenskappelike bijeenkomste vertoon, moet vertolk

[pagina 13]
[p. 13]

Dit het dus 'n bepaalde doel en strekking, en is dikwels tot opgeblasenheid toe geswel van nasionale trots, selfverheffing en selfoorskatting, waaraan die volk in die reël self geen direkte skuld het nie, want dit was nie self die maker van sij eie Nasionale Hymne nie, maar wel 'n individuele digter, wat in 'n oomblik van hooggestemde besieling 'n volkslied gesmeed het op die aambeeld van 'n vurige gevoel van vaderlandsliefde. Maar juis daarom is 'n volk se Nasionale Hymne, na inhoud en toon beoordeel, gewoonlik allesbehalwe die suiwerste soort volkslied, wanneer aan die woord ‘volkslied’ 'n breëre betekenis toegeken word.

So'n breëre betekenis het die benaming ‘volkslied’, wanneer daarmee bedoel word sekere liedere, wat deur volksdigters gemaak is, en wat die volksideale en die volksgevoel so eenvoudig en verstaanbaar, so raak en populair, vertolk, dat die liedere leef in die volksmond en net so welbekend raak as die Nasionale Hymne self. 'n Digter wat sulke volksliedere maak, wat so'n vonk van volksgevoel opvang, moet self lewe met sij vinger op die polsaar van sij volk! Dit is die geaardheid van 'n groot deel van die Geuseliedjies uit die sestiende eeuw, soos Arent Dirckz. Vos se alombekende Geuseliedjie: -

 
‘Slaet opten trommele van dirredomdeyne,
 
Vive le Geus is nu de leus!
 
Slaet opten trommele van dirredomdoes,
 
Vive le Geus is nu de loes!’

So leef in die engelse volksmond, as 'n sprank van die engelse volksgees van maritinisme, Thomsons ‘Rule, Britannia!’ So'n soort volkslied is ook Jannie se afrikaanse liedjie:

 
‘Die wêreld, die is baje groot;
 
Dit weet die aap se stert.’
[pagina 14]
[p. 14]

Maar daar is 'n nog ruimere betekenis wat kan toegeken word aan die benaming ‘volkslied’, wanneer daarmee aangedui word sekere liedjies, waarvan die digters heeltemaal onbekend is, - liedjies, wat misskien nie eers deur digters gemaak is nie, maar wat gebore is uit en voortbestaan alleen in die volksmond, en wat vertolk wat daar omgaan in die siel en gebeur in die ervaringskring van die volk. Dit is waarskijnlik die suiwerste soort ‘volkslied’ hierdie - deur die volk, en vir die volk gedig: volkome ‘volkstümlich’!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

titels

  • Afrikaanse volksliedjies

  • over De oorsprong der Kaapsch-Hollandsche volksoverleveringen


landen

  • Zuid-Afrika