Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies (1918)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies
Afbeelding van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. PiekniekliedjiesToon afbeelding van titelpagina van Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.77 MB)

XML (0.10 MB)

tekstbestand






Genre

poëzie

Subgenre

liederen/liedjes


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse volksliedjies. Deel 1. Piekniekliedjies

(1918)–S.P.E. Boshoff, L.J. du Plessis–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

C. Afrikaanse piekniekliedjies.

In Suid-Afrika is daar 'n betrekkelik groot hoeveelheid van hierdie laaste soort volksliedere aanwesig, wat die samestellers van hierdie bundeltjie ‘Afrikaanse Piekniekliedjies’ hoop om in 'n serie soortgelijke boekdeeltjies te versamel, waarvoor hul die belangstelling en die ondersteuning van die publiek vra en bij voorbaat verwag. Hier het ons dus alleen te doen met 'n bepaalde klas van hierdie soort volksliedere, en wel met ‘Piekniekliedjies’.

Hoe is hul ontstaan? Waar kom hul vandaan? Wat is hul ontwikkelingsgeskiedenis? Waar kom hul aan die of daardie bepaalde versvorm of versmaat?

Ons kan ons 'n voorstelling van die gang van sake maak; maar 'n waarskijnlikheidsbetoog is nog geen vasstelling van die wetenskappelike waarheid nie - solang as ons dit maar onthou.

Sodra die singstemming opgewek is op 'n piekniek, hef één persoon 'n bekende dansliedjie aan, en die piekniekers, onder die invloed van ‘Wein, Weib und Gesang’, al is dit op 'n afrikaanse piekniek gewoonlik net sonnewijn, sing mee: maar

[pagina 15]
[p. 15]

die woorde is gewoonlik op, terwijl die danslus nog wil deurdruk op daardie deuntjie! Maar die skeppingsdrang is aan die gang, en die arme en bene van die lewenslustige spelers het reeds die dansmaat van die vers opgevang, sal die stembande dan agterblij? Moenie glo nie! Daar dreun één nog 'n versreëltjie bij, 'n ander maak 'n tweede, of deur 'n derde word daar-en-dan op dieselfde dansmaat nog 'n spiksplinternuwe liedjie bij geimproviseer, en die dans gaan voort, deurgedruk op daardie deuntjie! Op 'n volgende piekniekgeleentheid word dieselfde skeppingsproses herhaal, en mettertijd word die liedjies oral deur die spelers versprei, sodat daar oral in die land nuwe liedjies ontstaan met lokale emendasies. Die verskillende variante, die onsin of ruwheid van die inhoud, die gebrek aan skoonheid - daarop word nie gelet nie; maar alleen op bepaalde rijmklanke of 'n bepaalde versmaat, waarbij alliterasie en assonansie sterk te pas kom. So is 'n pieknieklied gewoonlik 'n kind, nie van die individu nie, maar van die gemeenskap - net soos baje volksliedere. Omdat hierdie gemeenskap 'n piekniekgeselskap is, het die piekniekliedjies, met al hul onsin, tog bijna altijd die egte piekniekgeur, - piekniekwoorde en piekniekideeë. Wie het nie reeds op 'n afrikaanse buitepartijtjie bekende piekniekliedjies op so'n manier hoor verhaspel of verander nie? of 'n engelse liedjie gedeeltelik of geheel uit die vuis in Afrikaans hoor vertaal nie? of aan 'n algemene liedjie 'n lokale betekenis en wending hoor gee nie? Of, as daar skeppingstalent ontbreek, dan gaan dit soos met die ‘Nuwe Lied’: -

 
‘Omdat die lied nie verder gaan,
 
Begin ons maar weer van voor af aan -
 
Die nuwe lied!
 
Omdat ..... ens.’
[pagina 16]
[p. 16]

Dit verklaar die refrein in die meeste Afrikaanse Piekniekliedjies, wat soms, nes die ‘Nuwe Lied’, heeltemaal herhaal word.

Die Afrikaners is 'n danslutige volk, en vroeër, veel meer nog dan vandag, het hul in die Boland, en nie minder in die Onderveld nie, op die boereplase danspartijtjies gehou, soms in die ruime eet- of voorkamer, soms selfs in die spesiaal daarvoor ingerigte wahuis, waar hul dikwels, bij die afwesigheid van instrumentmusiek, die dans met liedjies moes begelei. (Hieroor sal in 'n volgende bundeltjie van ‘Dansliedjies’ gehandel word). Baje van daardie dansliedjies het in die loop van die tijd getrek, nes die boerevolk, - veld toe, en toe piekniekliedjies geword.

Hierdie opvattinge gee ons, misskien nie die enige, maar dan tog 'n moontlike en in baje gevalle die werklike, verklaring vir die ontstaan van die meeste afrikaanse piekniekliedjies, waarvan sommige op afrikaanse bodem gebore is, terwijl andere, soos die meeste dinge in Suid-Afrika, van oor die see geïmporteer, maar, wat met die meeste dinge hier te lande nie gebeur nie, hier in die sonnige suide genasionaliseer is. Of hierdie opvattinge werkelik opgaan vir die Afrikaanse Piekniekliedjies, kan die leser vir homself toets in die volgende bladsije.

Die versvorm en versmaat van hierdie soort liedjies word bepaal deur die dansmaat en speelwijse van die speletjies, waarbij hul gesing word, want ons het hier te doen met 'n vorm van ballade-poësie, dit is, 'n vorm van poësie, wat oorspronkelik waarskijnlik ontstaan is en vandag gedeeltelik nog gesing of geresiteer word in verband met dansbeweginge of dergelijke speletjies. Die volgende liedjies is egter nie die enigste afrikaanse dansliedjies nie, inteendeel is hul maar 'n klein deeltjie daarvan, soos die samestellers hoop om in 'n volgende boekdeeltjie aan

[pagina 17]
[p. 17]

te dui; maar hul is, sovèr ons kon naspeur, almaal piekniekliedjies, al is hul misskien nie àl die piekniekliedjies nie.

Hul is verskillend van afkoms, inhoud en versmaat, en daarom het ons hul ingedeel na die dansmaat of speelwijse, waarbij hul te pas kom, in a. Ring-danse, b. Rij-danse en c. Gemengde Speletjies, terwijl die benaming Rei-dans, d.i. koor-dans, vir die liedjies van a. sowel as vir die van b. en selfs vir enkele van c. ook geld.

Die feit dat die meeste afrikaanse piekniekliedjies dansliedjies is, is seker opmerkelik, en 'n mens sou misskien daaruit alleen al kon aflei dat die Afrikaners 'n danslustige volk is, wat die hoeveelheid dansliedjies wat in 'n volgende bundeltjie sal verskijn, bevestig. Dit lijk of die Ring-dans, wat ooreenstem met die engelse ‘ring-dance’, bij Afrikaners die voorkeur geniet, as 'n mens ten minste na die getalle moet oordeel.

Die Afrikaanse piekniekliedjies, in die meeste gevalle produkte van die gemeenskapsgees, is vir ons één van die uitdrukkingsvorme van die afrikaanse volksgevoel, naas die Afrikaanse Taal één van die uitdrukkingsmiddele van die afrikaanse volksgees, en één van die natuurlikste, al is dit dan ook naïefste, openbaringe van die nasionale kultuur en nasionale lewe, blommetjies op die vaderlandse veld gepluk, al is hul dikwels nouweliks meer dan deuntjies - ‘Lieder ohne Worte’!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

titels

  • Afrikaanse volksliedjies

  • over De oorsprong der Kaapsch-Hollandsche volksoverleveringen


landen

  • Zuid-Afrika