Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Viir-en-twintigste stelling.

Di taal ontwikkel sig vollens landsaard en volksbehoefte.

Di stelling is gegrond op 'n algemene beginsel, wat ons eers laat verklaar en ophelder deur Whitney (Language and its Study, bl. 138): -

 

‘Di bisondere manire en afdelings van taalverandering is so verskillend dat ni een oorsaak, of soort van oorsake, di almal kan te weeg breng ni, of op hulle almal gelyk invloed kan uitoefen ni, hetsy om hulle te verhaas of te vertraag. Mar di eenvoudigste en begrypelikste invloed is di wat uitgeoefen word deur veranderinge in uiterlike omstandighede, natuurlike omgewing, lewenswyse, geestelike en liggamelike werksaamheid, sedes en gewoontes. Daarom sal ons vereers daarop let. Hoe kragtig sulke oorsake op 'n taal werk kan molik beste angetoon worde deur 'n uiterste geval te neem. Veronderstel 'n ongeletterde Engelse famili word neergesit op 'n koraaleiland in di Stille Suid Sé, en daar gelaat, afgesonderd ver enige geslagte. Hoeveul van onse taal sal meteen onnodig begin te worde ver hulle! Alles wat in verband staat met afwisseling van tonele, soos berg en dal, rotse en rivire; met verskil van jaargetye, van warmte, van lugsgesteldheid; met di rykdom van di direryk en planteryk; met veelvuldigheid van ondervinding, van grondstoffe, van voortbrenging, - en veel meer wat onnodig is om op te som... En na verloop van genoegsame tyd ver al di oorsake om hulle uitwerking te maak, sal di rykdom van di Engelse taal verminder wees tot 'n armoede wat kan vergelyk worde met sommige onder di teenwoordige Polynésise tongvalle. Mar veronderstel an di ander kant, dat 'n Polynésise famili neergesit worde in 'n land soos Ysland, tusschen grootse en verskrikkelike tonele, onder ontelbare verskeidenhede van di natuur, waar harde werk en versigtige voorsorg, wat alle sedelike en liggamelike kragte van di mens vereis, nodig is om di lewe te bewaar en drageljk te maak - veronderstel dat hulle in staat is sig te skik na di vre-

[pagina 61]
[p. 61]

selike verandering, hoe gou sal hulle taal ni groei in name en uitdrukkings van voorwerpe, ondervindinge, gewaarwordinge, verhoudinge!’

 

Onder Stelling 12 het ons reeds angetoon hoe di Afrikaner syn taal gewysig het na syn landsaard en volksbehoefte; mar meer bepaald om te laat verstaan dat onse taal deur di verandering ni armer geworde is ni, mar ver ons land en ver onse toestonde en ver onse behoeftes rijker en dienstiger is as Hollans. Mar hiir is nou di tyd om di Stelling nader toe te lig.

a. Vereers dan di verandering na landsaard. Holland is 'n vlak land, Afrika is 'n bergagtige land; Holland is 'n lage land, Afrika is 'n hoge land; Holland is 'n waterryke land, Afrika is 'n droge land; Holland is 'n koue land, Afrika is 'n warme land. Jy kan jou amper ni 'n groter teenstelling tussen twe lande denk ni.

Het di verandering gen invloed op di taal uitgeoefen ni? Natuurlik; hoe kon dit anders?

So het ons 'n hele boel Hollanse woorde weggegoi, wat ons hier ni nodig het ni, soos: dijken, grachten, vaarten, polders, aanlegplaats, overzetveer, en al sulke woorde.

Mar an di ander kant het ons 'n buitengewone rykdom van woorde om di verskillende vorme van hoogte en laagte, berge en dale uit te druk, waarvan di ‘ongesoute’ Hollander di fyne mening ni sal kan vat ni. Ons geef hier 'n proeflysi van di benamings eers ver berge en dan ver dale, met di grondwoord voorop, en afleidings en samestellings agteran.

1. Berg: Suurberg, Waterberg, Skurweberg, Winterberg, Blouberg, Oroenberg, Towerberg, Hexberg, Donkerberg, Sneeuwberg, Pêrdeberg, Tafelberg, Witsenberg, Tierberg, Drakensberg, ens. Natuurlik is di samestellings eindeloos; mar ons geef net di waarin elkeen 'n aparte denkbeeld uitgedruk word, byv. Suurberg is waar di gras suur is ver véwei; Waterberg, 'n berg wat baing fonteine en waterlope geef, teeno'er soveul droge berge; - Skurweberg, 'n berg wat erg ruw en vol los klippe is, nog iets anders as Kransberg, wat uit vaste rotskranse bestaat, ens.

2. Kop: Sneeuwkop, Spitskop, Pramkop, Kranskop, Platkop, Swartkop, Witkop, Rooikop, Renosterkop, Vaalkop, Boskop, Swawelkop, Leeuwkop, Vegkop, Suikerboskop, Koppi-

[pagina 62]
[p. 62]

Alleen of Koppi Enkel, ens. Ons sou di verbindings eindeloos kan vermenigvuldig, mar ons geef ook hiir, en in vollende nommers, uit di samegestelde benamings wat 'n bisondere gedagte uitdruk.

3. Rant: Bosrant, Witwatersrant, Suikerbosrant, Kliprant, Rooirant, Gatsrant, Grasrant, ens.

4. Hoogte: Skuinshoogte, Remhoogte, Helshoogte, Sandhoogte, ens.

5. Krans: Aasvo'elkrans, Middagkrans, Rooikrans, ens.

6. Rug: Platrug, Vlakrug, Langrug, ens.

7. Nek: Langnek, Waboomsnek, Onhoutsnek, ens.

8. Bult: Suurbult. Klipbult, Sandbult, ens.

9. Heuwel: Windheuwel, Klipheuwel, Slangheuwel, ens.

10. Plaat: Klipplaat, Sandplaat, ens.

11. Opdraand en afdraand.

12. Afsit, Maanhaar, Toring, Knop, Voet, Hang, ens.

N.B.! Di laaste is almal woorde wat afsonderlike denkbeelde uitdruk, byv. 'n Afsit is wat di Hollander sou noem 'n terras, so is party berge met trappe gebou; 'n Maanhaar is di bergrug waar di water sig verdeel nes 'n pêrd syn maanhare op syn nek an weerskante toeval, ens.

Daar is dus nou 18 aparte woorde, ver di gedagte van hoogte, met 59 verbindings, elkeen met 'n aparte betekenis. Laat ons nou weer di gedagte van daling of laagte neem.

1. Laagte: Langlaagte, Braklaagte, Turflaagte, Grootlaagte, ens.

2. Kloof: Langkloof, Diepkloof, Donkerkloof, Boskloof, Waterkloof, Ouk loof, Groenkloof, Houtkloof, Platkloof, Doornkloof, ens.

3. Hoek: Slanghoek, Donkerhoek, Franshoek, Banghoek, ens.

4. Vlei: Rietvly, Ruigtevly, Pêrdevly, Voolvly, Water-uintjiesvly, ens.

5. Pan: Graspan, Soutpan. Brakpan, Poupan, ens.

6. Vlakte: Turfvlakte, Springbokvlakte, ens.

7. Moot, Kom, Duik, Sloot, Spruit, Dal, ens.

Hier is dus weer 12 aparte woorde, met 29 verbindinge, wat elkeen 'n aparte gedagte uitdruk. Ons kan di lysi nog baing vermeerder, mar genoeg ver ons doel. Hier het ons nou 118 woorde gegé, waarvan ons seker is, dat di Hollander in Hol-

[pagina 63]
[p. 63]

land ni di helfte verstaat van di fynheid van betekenis wat di Afzikaner daaran heg di.

b. Mar di taal ontwikkel sig oek vollens volksbehoefte. Daarvan geef ons oek enige staaltjiis tot opheldering. Ons is gen sévarende nasi ni, daarom het ons oek ni di menigte van skeepsterme wat di Hollander gebruik ni. Ons vraag ni by ontmoeting, nes di Hollander. ‘Hoe vaart u;’ - mar nes di Duitser: ‘Hoe gaat dit nog?’

In plaas van di skip en di skuit is by ons di ossewa, en di pêrdewa gekom, waarmé di Afrikaner di land ingetrek het (want ons het gen bevaarbare rivire of spoortreine gehad ni). Daarvoor het di Afrikaner woorde uitgedenk om syn lange spanne yé agtemakaar in te span en te drywe, soos hot en haar, hotweg en, haarweg, hotom en haarom, hot-agter en haar-agter, hot voor en haar-voor, hot-naas-voor en haar-naas-voor, hot-naas-agter en haar-naas-agter, hot-op-ses en haar-op-ses, ens.

So praat di Afrikaner van uitspan, aftuig, uittuig, los-maak, laat rol, inspan, optuig, afhaak, inhaak, voorhaak, koppel, koppelstok, koggelstok, valsjuk, ophalen. skopriem, sambok, aapstêrt, samboksweup, voorslag, agterslag, ens. - woorde wat di Hollander òf ni verstaan ni, òf anders verstaan.

c. Mar om same te vat, onse hele lewenskoers en ontwikkeling is anders, en dit het oral op di taal sig laat voel. Ons klimaat is anders: in plaas van vriezen en vorst, praat ons van kapok en ryp. Ons kinderwereld is anders, di kinderspulletjies is anders, selfs di Hollanse woord ver kat, wat so dikwils in kinderboeke voork om, maak di werkiis hier ver ons onmolik. Onse boere praat hier in verband met hulle damme van 'n toeloop en uitloop wat di Hollander ni in di woorde set ni. So sou ons kan vortgaan. Mar dit sou 'n boek op sig self uitmaak. Ons geef hiir nog enige woorde wat di Afrikaner in 'n ander betekenis gebruik as di Hollander:

ordéntelik, Hollans gangbaar, tamelijk.
wys, Hollans slecht gehumeurd.
tronk, Hollans gevangenis.
klomp, Hollans troep, menigte.
stamp, Hollans tegen iets stooten.
stoot, Hollans duwen.
[pagina 64]
[p. 64]
skoon, Hollans zuiver, rein.
vermaak, Hollans jaloezie opwekken.
omloop, Hollans beet nemen, bedriegen.
slim, Hollans geleerd, verstandig.
knap, Hollans wellevend, goed gemanierd.
borstrok, Hollans corset.
bok, Hollans geit.
aapstêrt, Hollans zweep (soort van)
aardig, Hollans vreemd, raar.

Mar waarom sal ons verder gaan! Dan sal ons 'n hele woordeboek moet skrywe. In di opsig het Prof. Mansvelt 'n goeje boel boustof versamel in syn ‘Kaapsch-Hollandsch Idioticon,’ hoewel hy (natuurlik, as vreemdeling, wat syn informasi mees van skoolkinders moes verkry) op verskeie plekke tog mistas.

Di wat nog sig verbeel, dat Afrikaans en Hollans een taal is moet mar lees di grappige en tog degelike stukke van o'erlede Meneer A. Pannevis (waarskynlik di grootste taalgeleerde wat Afrika ooit gesiin het en di eerste verklaarde voorstander van di beoefening van Afrikaans as skryftaal) in di Z.A. Tijdschrift, Nos. 32 en 116 (Nieuwe Reeks), onder di hoof: ‘Taalmoeielijkheden van een pas aangekomen Hollander.’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken