Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar (1891)

Informatie terzijde

Titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
Afbeelding van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaarToon afbeelding van titelpagina van Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.82 MB)

Scans (25.68 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.29 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar

(1891)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Vyf-en-twintigste stelling.

Mar di Landstaal wortel oek in di geskiidenis van 'n volk.

Tot opheldering van di stelling geef ons eenige voorbeelde.

1. Deur di verre afstand en afbreking van gemeenskap met Holland het di behoudende aard van di Afrikaners hulle taal veul nader gehou an Hollans van di 17de en 18de eeuw as nuwer Wetse Hollans is. Dit het ons reeds onder di 10de Stelling opgemerk. So gebruik ons nog verskeie woorde uit ons Hollans wat di Hollander ni meer gebruik ni, soos kombuis ver ‘keuken,’ baatji ver ‘jas,’ onderbaatji ver ‘vest,’ ens. Ja, dis 'n uitgemaakte saak dat onse mense di oue Hollanse skrywers, soos à Brakel en Smytegelt beter verstaan as nuwe skrywers, soos Kuyper of Oosterzee.

[pagina 65]
[p. 65]

2. Dan het ons, hoe min oek, tog enige Franse woorde in onse taal gekry deur di Franse Vlugtelinge, soos andoeli, baljaar, differént, portevisite (deur), ens. Mar ons het meer uitdrukkings van di Franse taal o'ergeneem, byv. di dubbele ontkenning ni-ni ver ‘ne-pas,’ di ons-ons van ‘nous-nous’ (waar di Hollander ‘wy-ons’ gebruik, en waar di Fransman syn ‘nous’ in ‘ons’ en ni in ‘wy’ terug gesien het).

3. Daar moet 'n hele party Duitsers oek in di begin in di Koloni kom woon hê, want ons vind hiir 'n menigte Duitse famili-name, soos Hauptfleisch, Kruger, Hoffman, Oberholzer, ens. So vind ons dan oek enige, hoewel ni vele, woorde van Duitse afkoms, soos stewel, gewerskaf, dan-en-wan, vergange jaar, blits, ens.

4. Mar wat 'n mens oppervlakkig ni sou verwag ni, daar is meer Slamse of Oosterse woorde in ons taal opgeneem as Duitse en Franse same. Tog by nadenk is dit ni vreemd ni. Want, vereers vele Hollanse familiis wat hiir kom woon het was eers 'n tyd lank in Oos Indi'e en daar het hulle vele van di woorde angeleer. So het ons opgemerk in Holland in familiis wat lank in Oos Indi'e was, dat hulle vele van diselfde woorde daar gebruik wat ons hiir oek het. Dan word dit oek nog deur iits anders verklaar. Di Slamse is in di tyd mees hiirnatoe gekom ver aijas en koks; en sodoende het hulle op di kombuistaal en kindertaal veul invloed uitgeoefen. So het ons in di kombuistaal di woorde atjar, blatjang, boboti, borri, bredi, pinang, sosati, mébos, piringki, ens. En in di kindertaal, soos aija, alla! bakklei, bohaai, ens. Bowedien het ons nog enige Oosterse woorde in di gewone lewe, soos amper, baar en oorlam, baing, basaar, ens.

5. Soos reeds (onder Stelling 10) angemerk het ons verwonderlik min Engelse woorde tot nog toe in ons taal opgeneem. Tog is daar enige woorde sowel as uitdrukkings wat laat siin dat di Engelsman hiir amper 'n eeuw was, en wel as heerser. So is byv. verskillende spulletjiis wat di Engelse hiir ingevoer het bekend onder Engelse name, soos resiis, cricket, football, lawn tennis, (hoewel di spulletjiis sowel as di name mar by 'n betrekkelik klein gedeelte van ons bevolking bekend is), ens. Mar dan het ons oek enige uitdrukkings, soos di een, di ander een (hoewel ander oek van di Franse autre kan afkom), ingaan ver iits, enige mens kan dit doen, dit betaal ni, ens.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken